Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Vakansiedag: 1 Mei 2024

Woensdag, 1 Mei, is Werkersdag en sal daar nie skool wees nie.

AKADEMIE

Eksamenrooster: Mei / Junie 2024

Volg die skakel of kliek op die foto hier onder om die eksamenrooster in PDF oop te maak.

Studiekursus 2024 Graad 4-7: Kwartaal 2

KULTUUR

Musiekkonsert vir graad 6 en 7-musiekleerders

Op 13 en 15 Mei 2024 hou ons graad 6 en 7-musiekleerders 'n musiekkonsert. Dit is ‘n wonderlike geleentheid waar hulle die afgelope twee kwartale se harde werk met vriende en familie kan deel. Ons leerders is nie verplig om deel te neem nie, maar ons moedig almal aan om die geleentheid te gebruik.

Die konserte sal in graadverband plaasvind. Sien asseblief die spesifieke datums en tye hier onder.

Ons nooi alle ouers, familie en klasmaats uit om te kom luister en die middag saam met ons te geniet.

Graad 6: Maandag, 13 Mei @ 14:15 – 15:00
Graad 7: Woensdag, 15 Mei @ 14:15 – 15:00

Indien daar graad 6 of 7-leerders is wat buite die skool musieklesse neem en graag aan die musiekkonsert wil deelneem, stuur asseblief ‘n e-pos aan juf. Rolene: rolene@jvrprim.co.za

UNISA Musiekeksamens en Kaapse Afrikaanse Eisteddfod (Instrumentele Afdeling)

Ons deel graag die sluitingsdatums vir inskrywings vir die UNISA Musiekeksamens en die Kaapse Afrikaanse Eisteddfod (Instrumentele Afdeling) hier onder:

UNISA Musiekeksamens: 10 Mei 2024 (afsnydatum vir inskrywings van JvR-musiekleerders is 3 Mei 2024)

Kaapse Afrikaanse Eisteddfod (Instrumentele Afdeling): 7 Mei (afsnydatum vir inskrywings van JvR-musiekleerders is 3 Mei 2024)

Musiekleerders wat by die skool musiekonderrig ontvang, sal ingeskryf word op grond van die betrokke musiekonderwyser se diskresie rakende gereedheid vir die eksamen of eisteddfod. Ouers of musiekonderwysers van leerders wie buite die skool musiekonderrig ontvang, is self verantoordelik vir eksamen en Eisteddfod inskrywings. Kontak gerus vir juf Rolene vir enige verdere navrae.

ALGEMEEN

Jan Kas: Wit JvR-sokkies in voorraad

Jan Kas het weer wit JvR-sokkies in voorraad indien daar ouers is wat hiervoor gewag het.

Jan Kas aanlyn winkel

The World Needs a Father Evening: 2 Mei 2024

The World Needs a Father Evening
Met Cassie Carstens
Die rol van Pa-wees is nie ‘n maklike een nie, maar uiters belangrik vir ons kinders. Min van ons maak tyd om onsself te verbeter om ‘n beter pa te wees. Kom volgende Donderdag, ons gesels oor die doel van Pa-wees en wat ons kinders werklik nodig het.

TERUGVOER

Netbaluitslae: 24 April 2024

Woensdag, 24 April, het die netbaldogters teen Laerskool De Tyger gespeel. Die tellings is soos volg:

0.13A wen 27-3
0.13B wen 22-0
0.12A wen 27-1
0.12B wen 4-0
0.11A wen 11-9
0.11B wen 7-0
0.11C wen 7-0
0.10A wen 10-0
0.10B wen 5-0
0.9A wen 13-1
0.9B wen 4-0
0.8A wen 3-0
0.8B verloor 1-3
0.7A verloor 1-2
0.7B wen 1-0

Baie geluk met hierdie puik uitslae!

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 26 April 2024

Alhoewel dit amper ‘n week later is, bly Kaperjolle steeds op almal se lippe. Hierdie jaarlikse en gewilde pretdag het op Saterdag, 20 April, plaasgevind en is onomwonde die hoogtepunt op die skoolgemeenskap se kalender. Kaperjolle bied soveel aktiwiteite en pret vir oud en jonk. Die leerders het hulle gate uit geniet en ‘n hoogtepunt was om die ‘skrikwekkende’ spookhuis te besoek. Leerders het in lang rye gestaan om die opwinding te ervaar, veral as daar ‘n kans is dat ‘n sogenaamde spook aan jou been kan vat. Die spookhuis se gewildheid sal nooit oor die jare taan nie en sal vir geslagte nog kinders fasineer. Die spookhuis is vanjaar kreatief deur die leerderraad in die senior seuns se badkamers aangebied.

Verskeie van ons ouers het tydens kaperjolle aan die straatkoskompetisie deelgeneem. Hulle stalletjies was fraai versier. Ek was nie ‘n beoordeelaar nie, maar is in die afgrond bederf met smullekker happies van verskeie straatkosdisse. Die verskeidenheid disse was hemels en die kompetise was baie sterk. Baie geluk aan Marta se span wat met die louere weggestap het.

Die opkoms van ouers en kinders was verstommend en spreek weer boekdele van die karakter van ons skoolgemeenskap wanneer dit by die ondersteuning van skoolaktiwiteite kom. Die weer het vanjaar perfek saamgespeel, met kostalletjies sonder einde, "live" musiek in die agtergrond, ‘n groot markiestent met gemaklike sitplek om heerlike kos en wyn te geniet. Hierdie kombinasie saam met omgee-mense maak die perfekte resep vir ‘n onvergeetlike ervaring. Ek is uiters trots en dankbaar dat ons ouers/voogde die skool in alle opsigte ondersteun en saam trots op ons puik skool is. Dit dra onder andere kollektief by dat ons skool net van krag-tot-krag gaan. Graag wil ek ons OOV-Voorsitter, Coreen Scholtz, en haar span asook al die ouers, voogde en personeel wat so hard gewerk het om die sukses van die Kaperjolle te verseker, hartlik bedank.
Op Donderdag, 18 April, het ons jaarlikse Kleiduifskietkompetisie by die Gun Valley Skietbaan te Agter-Paarl plaasgevind. Die weergode het vanjaar besluit om nie soos in die verlede gure weer te stuur nie. Baie dankie aan Safari Outdoor wat jaarliks as die hoofborg optree. ‘n Hartlike dank aan Stephanie le Roux en Ria Hertzog wat die gewilde dag vir die 4de agtereenvolgende jaar gereël het. Die geesdrif en samesyn onder ons ouers het soos ‘n paal bo water uitgestaan.

Op Maandagoggend, 22 April, het leerders, ouers/voogde en personeel ingespring om 1 400 toebroodjies vanaf 06:30 – 07:45 in die saal voor te berei wat ons aan minderbevoorregte skole dieselfde dag te Kunstekaap uitgedeel het. Weereens nog ‘n trotse oomblik om te sien hoe veral leerders bereid is om te help en hulle werklik omgee vir mense in nood. Die skole aan wie ons die toebroodjies oorhandig het, bestuur voedingskemas by hul onderskeie skole en is onder geweldige finansiële druk om hul leerders daagliks van kos te voorsien. Uit die aard van die saak het hulle ons bydrae opreg waardeer en kon ons dankbare glimlagte op verskeie van hul leerders se gesigte plaas. Dit laat my opnuut besef hoe bevoorreg ons as skoolgemeenskap is, want heel moontlik hoef ons nie te stres waar ons volgende maaltyd vandaan sal kom nie. Mag die gawe van dankbaarheid deel van ons lewe word as ‘n mens net weer besef wat God vir ons skoolgemeenskap uit genade doen.

Baie dankie aan ons vyf ouers (Merwe Scholtz, Hugo van den Heever, Susan van der Walt, Marié Cruywagen en Stephen Hitchcock) wat op ons nuwe Beheerraad dien vir hul teenwoordigheid tydens Dinsdag, 23 April, se saalbyeenkoms. Baie dankie aan ons Voorsitter van die Beheerraad, naamlik Merwe Scholtz, wat aan die leerders konteks gegee het rakende die rol van die beheerraad by die skool en hoe daar kollektief saam met die skoolhoof asook EXCO hard gewerk word om die skool na nog hoër hoogtes te neem tot voordeel van ons leerders.

Wêreldboekedag is ook ‘n hoogtepunt vir leerders en opvoeders en die week is dit behoorlik op Dinsdag en Woensdag by die skool gevier. Dit gee vir die leerders die geleentheid om soos hul gunsteling boekkarakter aan te trek. Ons leerders het die geleentheid behoorlik aangegryp en daar is ‘n skouspel van boekkarakters opgelewer om sodoende hul liefde vir boeke en hul gunsteling boekkarakters uit te leef. Leerders het van vroeg af vir my in my kantoor hul spoggerige kostuums kom wys. Baie dankie aan al ons ouers/voogde wat gehelp het met die maak van die pragtige kostuums sodat die boekkarakters letterlik lewendig kon word.
Laat my toe om die volgende leerders sterkte toe te wens vir die finale WP-Netbalproewe wat môre plaasvind:
  • Cato Terblance (o.11)
  • Anouk van der Linde (o.11)
  • Stella Pansegrouw (o.12)
  • Chanelle van Wyk (o.12)
Geniet die netbalproewe en wat ookal die uitslag mag wees, ons bly nog steeds baie trots op julle!

Ons skool is werklik geseënd in baie opsigte en dit gaan werklik baie goed met ons skool en Huppelland, daarom sluit ek af met die onderstaande dankbaarheidsjoernaal en wens ek vir julle ‘n wonderlike naweek toe:

“As jy geluk wil vind,
vind eers Dankbaarheid.
Dankbaarheid is die tonikum
teen ontnugtering en bitterheid’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek

Kliek HIER vir advertensies van die week

Email Marketing Powered by MailPoet