Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Jan Kas: Skool sweetpakbroeke

Beste Ouer/Voog

Sekere groottes van die sweetpakbroeke is tans min of uit voorraad. Daar is 'n probleem met die invoer van die lap en gaan dalk nog 'n rukkie vat voor ons weer voorraad het. Indien dit die geval is dat jou kind(ers) nog nie 'n sweetpakbroek het nie en die groottes wat hulle benodig uit voorraad is, dra gerus die ou sweetpakbroek indien julle dit nog het, of koop 'n donkerblou sweetpakbroek by 'n ander handelaar (dit kan dan gedra word tot dit te klein is, selfs al lyk dit nie presies soos ons s'n nie). Jammer vir die ongerief!

AKADEMIE

Wêreldboekedag: 23 April 2024

Trek aan soos jou gunsteling-boekkarakter! Die beste kostuum per graad sal 'n prys ontvang.

Graad 1-3: 23 April
Graad 4-7: 24 April

Studiekursus 2024 Graad 4-7: Kwartaal 2

Junior Suidoosterfees-uitstappies

Ons skool is spesiaal uitgenooi om die Junior Suidoosterfees (22 – 24 April) by die Kunstekaap (Operahuis) by te woon.

Om die enigste Afrikaanse laerskool in die stadskom te wees, is voorwaar ‘n voorreg, maar terselfdetyd ‘n reuse verantwoordelikheid. Ons streef daarna om ons leerders te bemoedig om Afrikaans te bly praat en lees.

Ons is hierdie kwartaal deel van die ATKV se storieleesfeesprojek waartydens elke graad uitgesoekte Afrikaanse leesboeke gekry het om deur te lees. Leerders moet teen middel Julie die boeke klaar gelees het om tydens klastyd te stem vir die boeke waarvan hulle die meeste hou.

Ons is dan ook deur die Suidoosterfees genooi om Maandag, 22 April, - Woensdag, 24 April, die onderskeie Junior programme by te woon om Afrikaans lewendig te hou. Daar is daagliks 1400 leerders wat die onderskeie programme bywoon. Jou kind het ‘n toestemmingsbrief ontvang wat jy moes onderteken om toestemming te gee dat jou kind die program mag bywoon en ook om van die skool se busvervoer gebruik te maak.

Maandag, 22 April – Gr. 1-3
Dinsdag, 23 April – Gr. 4-5
Woendag, 24 April – Gr. 6-7

Volg die skakel vir die program.

Ons wil graag as ‘n skool vir gr. 4, 5 en 7 hierdie kwartaal die geleentheid gee om self broodjies te kom smeer wat ons Maandagoggend aan leerders sal uitdeel wat die Suidoosterfees se program gaan bywoon. Hierdie broodjies word spesifiek vir skole gegee wat voedingskemas het en nie Maandag by hul skool sal wees om hul pousekos te ontvang nie. Personeel sal ook help met die voorbereiding van hierdie ete. ‘n Groot dankie aan die Welwillendheidskomitee wat aan die stuur is van hierdie projek. Wonderlik om ‘n honger magie vol te maak vanuit warm, vol harte!

Eksamenrooster: Mei / Junie 2024

Volg die skakel of kliek op die foto hier onder om die eksamenrooster in PDF oop te maak.

KULTUUR

Senior Koor: Inligting en Oefentye

Volg gerus die skakel vir 'n inligtingsbrief rakende verwikkelinge in die senior koor en nuwe oefentye.

ALGEMEEN

Jan Kas: Swart Woolworthssakke

Baie dankie aan almal wat gereeld sakke vir Jan Kas skenk, dit werk baie goed! Indien julle ekstra Woolworthssakke by die huis het en bereid is om dit te skenk, hou asb. aan om dit na Jan Kas of Suzaan Coetzee se kantoor te stuur. Ons het altyd nog nodig. Baie dankie!

Kaperjolle 2024 vind môre plaas!

Saterdag, 20 April, 12:00 tot 18:00, by die Laerskool

‘n Pretdag vir oud en jonk!
  • Straatkos-kompetisie - kom proe en help beoordeel! (Sien besonderhede hier onder)
  • Kosstalletjies: Chip 'n Dip, boereworsrolletjies, Butler’s pizza, Ardis hamburgers en shawarma’s (vir voorafbestelling op Karri), en Oompa Loompa Treats
  • Lekkergoedland
  • Huppelland Kinderland met toesig vir 3 tot 9-jariges
  • "Quad" speletjies
  • Spookhuis
  • Uitspan-zone vir groter kinders
  • Musiek
  • Kroegarea

Ouerskapwerkswinkel: 25 April 2024

Ons wil al ons ouers/voogde motiveer om hierdie besondere werkswinkel wat op Donderdagaand, 25 April, om 18:00 – 20:00 in die skoolsaal plaasvind, by te woon. Lynette Beer en Antoinette Steyn is ‘n gedugte span wat baie ervare in hul onderskeie velde is. Hierdie werkswinkel bied dan ook aan ons as ouers/voogde geleentheid om te reflekteer op ons ouerskapstyl en maniere te vind om ons kind(ers) beter te verstaan.

Die kaartjies is @ R55 slegs op Karri beskikbaar. Indien jy dalk vriende van buite ons skoolgemeenskap wil nooi (wat ons aanbeveel!) vir lekker saam lag en luister, want met hierdie sprekers kan mens ‘n entoesiastiese aanbieding te wagte wees, kan jy vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) kontak om ‘n spesiale betaling te organiseer indien jy dit nie op jou Karri-profiel kan betaal nie.

Sien uit om jou daar te sien!

Marinda Brink

Doughnutverkope: 26 April 2024

Veiling 2024: Uitnodiging

Glansryk in Wit!

Ons het hierdie tema vir 2024 se veiling gekies omdat dit tot ‘n universele eienskap van die mensdom spreek – die behoefte aan gemeenskap. Die tema simboliseer dat ons diversiteit omarm en dat ons saam sterker is as wat ons apart is, omdat ons ons unieke talente met mekaar deel.
“Alles in wit”-partytjies het die afgelope klompie jare al gewilder geraak, onder meer danksy die elegante Dîner en Blanc-byeenkomste wat in Frankryk begin het. Met hul wit uitrustings as ‘n simbool van hul samesyn, bring hierdie sjiek partytjies mense van diverse agtergronde byeen. Terwyl 'n bietjie pret en intrige ingeweef word, vier hul die mensdom se vermoë om saam positiewe verandering teweeg te bring. Die tema herinner ons ook daaraan dat daar altyd meer is wat ons in ons menslikheid verbind as wat ons verdeel. Die tema sluit daarom goed aan by ons skool se leuse, “Wees Jouself”.

Ons moedig gaste vanjaar aan om in wit te skitter as ‘n simbool van ons gemeenskapsbande en die lig wat ons uitstraal. Ons is opgewonde oor hierdie elegante en betekenisvolle tema, maar jou teenwoordigheid is vir ons belangriker as jou uitrusting. As jy dus verkies om in ander kleure te skitter, wees gerus dat ons jou steeds met ope arms sal verwelkom.

Kom ons skep saam ‘n atmosfeer van inklusiwiteit, vreugde en bowenal hegte gemeenskap. Ons sien uit daarna om jóú daar te hê – presies nes jy is! Ons kan nie wag om almal daar te sien nie!

JvR Sosiale Media

Die skool se amptelike Instagram- en Facebookblad is onlangs geloods met die doel om ons unieke skool te bemark en aan ‘n wyer gehoor bekend te stel. Volg ons gerus op Instagram en Facebook en deel dit met julle vriende.
*In ooreenstemming met die skool se Privaatheid- en Fotobeleid, sal leerders se reg op privaatheid steeds beskerm word. Foto’s van ons Jannies se dag-tot-dag bedrywighede by die skool sal steeds slegs vir ouers via JvR-Kiek beskikbaar wees.

TERUGVOER

Redenaarskompetisie Terugvoer: 10 &11 April 2024

Die graad 1 - 7-leerders het verlede week aan die interne redenaarskompetisie deelgeneem en ons omtrent van verskillende sake oortuig!

Baie geluk aan die volgende leerders wat ons skool by ATKV se eerste ronde gaan verteenwoordig:

Gr. 1 - 3
Jean-Jacques Rossouw
Petronella Gouws
Mia Bothma
Jan-Jurie Fourie
Lua Groenewald
Amalie Janse van Rensburg
Kitty Partner
Christina du Toit

Gr. 4 - 5
Pieter Rademeyer
Stef Nel
Ella van der Walt
Mia-Lynn Podesta

Gr. 6 - 7
Sabine Barnard
Karu Rademeyer
Isabella Marais
Elisabet Marais
Colleen Draghoender
Emma Snjiders
Abi Fourie
Stella Zulch

Netbaluitslae: 17 April 2024

Woensdag, 17 April, het die Jannies teen Laerskool Totius gespeel. Die tellings is soos volg:

0.13A - verloor 17-18
0.13B - wen 13-3
0.12A - wen 18-6
0.12B - wen 3-1
0.12C - gelykop 2-2
0.11A - verloor 3-8
0.11B - wen 15-0
0.10A - wen 13-1
0.10B - wen 2-1
0.9A - wen 8-1
0.9B - wen 9-0
0.8A - verloor 1-5
0.8B - verloor 2-3
0.7A - wen 3-0
0.7B - gelykop 0-0
0.7C - gelykop 0-0

Netbaluitslae: 13 April 2024

Saterdag, 13 April, was die Jannies omtrent bedrywig. Daar is netbalwedstryde te Kampsbaai, Sunningdale en Table View gespeel. Ons is trots op elke Jannie wat die naweek hul beste gegee het. Die uitslae is soos volg:

JvR vs Sunningdale
0.7A verloor 0-1 (oranje)
0.7B wen 1-0 (blou)
0.7C wen 2-0 (wit)
0.8A gelykop 1-1
0.8B gelykop 1-1
0.9A wen 7-1
0.9B wen 5-0

JvR vs Kampsbaai
0.10B verloor 1-19
0.10C verloor 3-12
0.11B wen 7-3
0.11C wen 7-2
0.12B verloor 2-8
0.12C wen 8-2
0.13B verloor 14-17
0.13C wen 10-5

JVR by Table View-toernooi:
0.10A
JvR vs Sunningdale - wen 5-0
JvR vs Destinatus - wen wen 8-2
JvR vs Vredekloof - wen 11-0
JvR vs Table View - verloor 3-6
Eindig eerste in die poel en speel uit teen Table View.

0.11A
JvR vs Table View - wen 8-6
JvR vs De Kuilen - wen 8-2
JvR vs Mikro - gelykop 7-7
JvR vs Gene Louw - verloor 4-12
Eindig tweede in die poel en speel teen Gene Louw.

0.12A
JvR vs Destinatus - wen 17-3
JvR vs Curro Durbanville - wen 14-2
JvR vs Edgemead - wen 11-5
JvR vs De Kuilen - wen 8-1
JvR vs Sunningdale -wen 8-2
JvR vs Gene Louw - verloor 5-12
Eindig eerste in die poel en speel uit teen De Kuilen. Wen hulle gemaklik en speel teen Gene Louw in die finaal.

0.13A
JvR vs Curro Durbanville - wen 12-3
JvR vs Sunningdale - wen 17-3
JvR vs Parrow Oos - verloor 6-8
Eindig tweede in die poel en speel uit teen Gene Louw - Verloor 5-13

Baie geluk aan juffrou Lucia de Jager en haar 0.12A-span wat Saterdag silwermedaljes by die toernooi gewen het. Ons is ongelooflik trots op julle.

Rugby-uitslae: 13 April 2024

Ons rugbyspanne het Saterdag, 13 April, teen Sunningdale te staan gekom en baie goed gevaar. Sien die uitslae hier onder:

o. 7A 3-1 (w)
o. 7B 7-2 (w)
o. 8A 2-0 (w)
o. 8B 5-2 (w)
o. 9A 0-2 (v)
o. 9B 0-6 (v)
o. 11A 0-43 (v)
o. 11B 44-0 (w)
o. 13A 24-19 (w)

Hokkie-uitslae: 11 & 12 April 2024

Ons jaarlikse ligawedstryde het afgeskop en ons het teen Laerskool Van Riebeeckstrand gespeel. Die seuns het tuis gespeel en die dogters weg. Ons het baie goed gevaar en ons is opgewonde dat ons o.7’s en o.8’s hierdie jaar deel van die liga vorm!

Seuns:
O.7B 5-0 (w)
O.7A 1-0 (w)
O.8B 1-1
0.8A 5-1 (w)
O.9B 0-4 (v)
O.9A 0-0
O.10B 1-1
O.10A 0-2 (v)
O.11A 0-2 (v)
O.13A 0-1 (v)

Dogters:
O.7B 0-5 (v)
O.7A 0-5 (v)
0.8B 3-0 (w)
O.8A 1-4 (v)
O.9B sy 0-10 (v)
O.9A 1-3 (v)
O.11A 3-2 (w)
O.13B 1-0 (w)
O.13A: 2-0 (w)
Ons eerstespanne het Vrydagmiddag aan Van Riebeeckstrand se toernooi deelgeneem. Ons het teen groot skole te staan gekom en puik gevaar. Ons dogters-eerstespan het al hul wedstryde gewen en gelykop teen VRS gespeel. Ons seuns-eerstespan het les opgesê en twee van die drie wedstryde in die doodsnikke verloor.

0.13-dogters uitslae:
vs Overberg 1-0 (w)
Vs Milnerton 4-0 (w)
vs Van Riebeeckstrand 0-0

o.13-seuns uitslae:
vs Overberg 0-1 (v)
vs Milnerton 0-0
vs Van Riebeeckstrand 0-1 (v)

Landloopuitslae: 12 April 2024

Die leerders het aan hul eerste landloopwedloop vir die seisoen te Zwaanswyk Akademie deelgeneem. Die Jannies het baie mooi gehardloop! Baie geluk aan almal wat deelgeneem het. Die volgende leerders het in die top 20 van hul ouderdomsgroep geëindig het:

Lukas Loubser o.9 - 6de
James Steyn o.9 - 18de
Ynes Samba Kabassidi o.12 - 11de

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 19 April 2024

Die wintersportwedstryde is in volle swang en sommer binne die eerste 2 weke van die nuwe kwartaal is skoolaktiwiteite behoorlik aan die gang. Opvallend hoe die wintersportgeleenthede deur ouers/voogde asook oumas en oupas ondersteun word, amper asof dit die skoolgemeenskap nader aan mekaar bring en veral op ‘n Saterdag ervaar ‘n mens die positiewe sportgees en kameraderie onder ouers en voogde. Verlede Vrydagmiddag het ons o.13A hokkiespanne (seuns en dogters) aan ‘n hokkietoernooi te Laerskool Van Riebeeckstrand deelgeneem. Ons spanne het hulle baie goed van hulle taak gekwyt en graag maak ek melding van die dogters wat 2 van die 3 westryde gewen het en hul laaste wedstryde teen Laerskool Van Riebeeckstrand gelykop gespeel het. Ons seunspan het ook net 0 – 1 teen Laerskool van Riebeeckstrand verloor. Laerskool Van Riebeeckstrand is ‘n heelwat groter skool as ons en weereens kon ons kompeterend wees alhoewel ons ‘diepte’ met die aantal spelers beperk is. Op Saterdag, 13 April, het ons netbalspanne aan 33 wedstryde te Laerskole Sunningdale, Tableview en Kampsbaai deelgeneem. Ons wen 20 van die 33 wedstryde, speel 5 gelykop en verloor slegs 8 van die netbalwedstryde – ek dink dit is merkwaardig en wil graag al die netbalafrigters en -spelers hartlik gelukwens met die prestasie.
Ons o.7 - o.13 Rugbyspanne het ook op Saterdag, 13 April, weg teen Laerskool Sunningdale gespeel. Baie geluk aan ons o.13A-rugbyspan wat hul titaniese stryd 24 – 19 gewen het. Ons opposisie het verseker groter seuns gehad met meerderheid gr. 7-leerders terwyl ons span hoofsaaklik uit gr. 6-seuns bestaan. Welgedaan aan ons afrigters, mnre. Erick en André, asook die seuns wat ‘n klipharde wedstryd vir mekaar en die skool gespeel het.
Dit is dan vir my ook aangenaam om nie net oor sport verslag te lewer nie, maar veral dat daar ‘n opwindende tyd vir die skool se Senior Koor voorlê. Dit is vir ons ‘n groot voorreg om die toonaangewende koordirigent, Leon Starker, as deel van ons koorspan te verwelkom. Die toevoeging van sy gespesialiseerde kennis en vaardighede, maak dit moontlik om in samewerking met mnr. Ben en juf. Rolene te streef na nuwe hoogtes. Net soos ons ons sportspyskaart uitgebrei en ‘n nuwe sportkultuur gevestig het, beplan ons ook om ‘n uitnemende koor- en musiekkultuur by Laerskool Jan van Riebeeck te vestig. Leon se fokus en bydrae sal wees om aandag aan die uitbou van spesifieke vaardighede te skenk, wat insluit stemontwikkeling en bladlees. Dus vir ons koorvisie om te realiseer, is dit belangrik om meer oefentyd aan die koor toe te staan en daarom verander ons Senior Koor se oefentye vanaf 16 April soos volg:

Dinsdag: 12:40 – 14:10
Donderdag: 07:45 – 08:15

Ons het hierdie tye spesifiek gekies, en die skool se rooster so aangepas dat dit nie met enige akademie, sport, kultuur of buitemuurse aktiwiteite bots nie. Ons verwag daarom van ons Senior Koorlede om volkome toegewyd te wees en die kooroefeninge getrou by te woon. Ons kan slegs as ‘n gemotiveerde en gedissiplineerde span die doelwit van sukses bereik. Alhoewel harde werk by tye van die koorlede verwag gaan word, weet ons dat ons besig is om te skaaf aan ‘n produk waarop ons as Jannies trots kan wees! Baie dankie dat julle ons ondersteun in die verband en ons sien uit na ‘n blink toekoms vir ons kore, wat skitter met nuwe geleenthede vir optredes, deelname aan Eisteddfods en kompetisies, en moontlike koortoere.
Vanaf 10 – 11 April het ons die jaarlikse interne redenaarskompetisie gehou. Ons gr. 1 - 7-deelnemers het hulle puik van hul taak gekwyt. Ek bly verstom oor ons leerders se selfvertroue, woordeskat en kommunikasievaardighede. Om van so ‘n jong ouderdom te skaaf aan ‘n vaardigheid waar jy die gehoor moet dwing om na jou te luister en van jou standpunt te oortuig, is nie vir almal beskore nie, maar tog slaag ons leerders dit met vlieënde vaandels. Ek glo vas dat redenaars leerders aanspoor om hul breinkrag tot die maksimum te gebruik, veral as hulle skielik ‘n gedeelte van hul toespraak vergeet het, dan moet hulle vinnig op hul voete kan dink en improviseer. Baie dankie en geluk aan juf. Andri wat die redenaars met soveel passie bestuur en ons leerders bemagtig om bekwame sprekers te word.

Môre vind die gewilde Kaperjolle vanaf 12:00 plaas en ‘n mens kon reeds die afgelope week al die opwinding aanvoel. Die leerders kan nie meer wag om aan al die speletjies en vermaak deel te neem nie. Baie dankie aan die OOV-voorsitter, Coreen Scholtz, haar OOV-span asook al die ouers/voogde wat ingespring het om te verseker dat dit weer ‘n reuse sukses sal wees. Kom geniet die kosbare samesyn, straatdiskompetisie en kosstalletjies wat smaaklike disse te kope bied. Die weer gaan ook môre beter as laasjaar saamspeel en ek sien baie uit om julle almal môre by die pretdag vir oud en jonk te ontvang!

Ons skool is so geseënd in baie opsigte as ons na al die suksesse en vooruitgang die afgelope tyd kyk. Laat ons altyd nederig bly. Ek sluit af met die volgende stelling oor nederigheid deur Gordon. B Hinckley en wens ek vir julle ‘n wonderlike Kaperjolle en naweek toe:

“Being humble means recognizing
that we are not on earth
to see how important we can become,
but rather to see how much DIFFERENCE
we can make in the lives of others’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek

Kliek HIER vir advertensies van die week

Email Marketing Powered by MailPoet