Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Winter- en Somerdrag

Neem kennis dat alle leerders van graad 1 - 7 self mag besluit wanneer hulle winter- of somerdrag wil dra. Belangrik is dat die regte drag gedra moet word.

JvR Sosiale Media

Die skool se amptelike Instagram- en Facebookblad is onlangs geloods met die doel om ons unieke skool te bemark en aan ‘n wyer gehoor bekend te stel. Volg ons gerus op Instagram en Facebook en deel dit met julle vriende.
*In ooreenstemming met die skool se Privaatheid- en Fotobeleid, sal leerders se reg op privaatheid steeds beskerm word. Foto’s van ons Jannies se dag-tot-dag bedrywighede by die skool sal steeds slegs vir ouers via JvR-Kiek beskikbaar wees.

AKADEMIE

Eksamenrooster: Mei / Junie 2024

Volg die skakel of kliek op die foto hier onder om die eksamenrooster in PDF oop te maak.

Studiekursus 2024 Graad 4-7: Kwartaal 2

KULTUUR

Senior Koor: Inligting en Oefentye

Volg gerus die skakel vir 'n inligtingsbrief rakende verwikkelinge in die senior koor en nuwe oefentye.

SPORT

Skaaktoernooi Interskole: 13 April 2024

Volg die skakel of kliek op die foto hier onder vir die inskrywingsvorm.

ALGEMEEN

Ouerskapwerkswinkel: 25 April 2024

Ons wil al ons ouers/voogde motiveer om hierdie besondere werkswinkel wat op Donderdagaand, 25 April, om 18:00 – 20:00 in die skoolsaal plaasvind, by te woon. Lynette Beer en Antoinette Steyn is ‘n gedugte span wat baie ervare in hul onderskeie velde is. Hierdie werkswinkel bied dan ook aan ons as ouers/voogde geleentheid om te reflekteer op ons ouerskapstyl en maniere te vind om ons kind(ers) beter te verstaan.

Die kaartjies is @ R55 slegs op Karri beskikbaar. Indien jy dalk vriende van buite ons skoolgemeenskap wil nooi (wat ons aanbeveel!) vir lekker saam lag en luister, want met hierdie sprekers kan mens ‘n entoesiastiese aanbieding te wagte wees, kan jy vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za) kontak om ‘n spesiale betaling te organiseer indien jy dit nie op jou Karri-profiel kan betaal nie.

Sien uit om jou daar te sien!

Marinda Brink

Veiling 2024: Uitnodiging

Glansryk in Wit!

Ons het hierdie tema vir 2024 se veiling gekies omdat dit tot ‘n universele eienskap van die mensdom spreek – die behoefte aan gemeenskap. Die tema simboliseer dat ons diversiteit omarm en dat ons saam sterker is as wat ons apart is, omdat ons ons unieke talente met mekaar deel.
“Alles in wit”-partytjies het die afgelope klompie jare al gewilder geraak, onder meer danksy die elegante Dîner en Blanc-byeenkomste wat in Frankryk begin het. Met hul wit uitrustings as ‘n simbool van hul samesyn, bring hierdie sjiek partytjies mense van diverse agtergronde byeen. Terwyl 'n bietjie pret en intrige ingeweef word, vier hul die mensdom se vermoë om saam positiewe verandering teweeg te bring. Die tema herinner ons ook daaraan dat daar altyd meer is wat ons in ons menslikheid verbind as wat ons verdeel. Die tema sluit daarom goed aan by ons skool se leuse, “Wees Jouself”.

Ons moedig gaste vanjaar aan om in wit te skitter as ‘n simbool van ons gemeenskapsbande en die lig wat ons uitstraal. Ons is opgewonde oor hierdie elegante en betekenisvolle tema, maar jou teenwoordigheid is vir ons belangriker as jou uitrusting. As jy dus verkies om in ander kleure te skitter, wees gerus dat ons jou steeds met ope arms sal verwelkom.

Kom ons skep saam ‘n atmosfeer van inklusiwiteit, vreugde en bowenal hegte gemeenskap. Ons sien uit daarna om jóú daar te hê – presies nes jy is! Ons kan nie wag om almal daar te sien nie!

Doughnutverkope: 19 April 2024

Kaperjolle 2024 is om die draai!

Saterdag, 20 April, 12:00 tot 18:00, by die Laerskool

‘n Pretdag vir oud en jonk!
  • Straatkos-kompetisie - kom proe en help beoordeel! (Sien besonderhede hier onder)
  • Kosstalletjies: Chip 'n Dip, boereworsrolletjies, Butler’s pizza, Ardis hamburgers en shawarma’s (vir voorafbestelling op Karri), en Oompa Loompa Treats
  • Lekkergoedland
  • Huppelland Kinderland met toesig vir 3 tot 9-jariges
  • "Quad" speletjies
  • Spookhuis
  • Uitspan-zone vir groter kinders
  • Musiek
  • Kroegarea
Kaartjies is reeds op Karri beskikbaar! Betaal vooraf die volgende:

Betaal teen Dinsdag, 16 April, vir die voorafbestelde etes:
  • R165.00 - Wagyu “smash” kaasburger met tjips
  • R150.00 - Panko gekrummelde hoenderburger en tjips
  • R150.00 - Falafel shawarma en tjips
  • R160.00 - Hoender shawarma en tjips
(Daar sal wel alternatiewe ete opsies soos pizza’s en boereworsrolle wees.)

Teen Donderdag, 18 April:
  • R100.00 - Toegangfooi vir volwassenes (sluit straatkoskompetisie-proe en beoordeling in, teen die agtergrond van “live” musiek): Sitplek aan die tafels is beperk, so kom vroeg!
  • R230.00 - Kinder vermaak "combo" gee onbeperkte speeltyd in die area waarop die "combo" van toepassing is, byvoorbeeld spookhuis, en nog vele meer (meer besonderhede volg).
  • R80 - graad 6 en 7 eksklusiewe “chill” zone
Kaperjolle Straatkos-kompetisie:

SKRYF 'N SPAN IN!

ons hou dan mos
van lekkerlip kos,
kom kook bietjie bos
aan jou eie straatkos

Kliek op die foto hier onder vir die reëls van die kompetisie en 'n skakel na 'n WhatsApp-groep om in te skryf.
Kaperjolle Wit Olifant-tafel:

TERUGVOER

Emma Snijders presteer in Skaak

Emma Snijders gaan WP verteenwoordig by die Nasionale skaakkampioenskap op 4-5 Mei. Die kampioenskap sal by Curro in Langebaan plaasvind. Baie geluk, Emma! En sterkte, ons hou vir jou duimvas.

Netbaluitslae: 10 April 2024

Woensdag, 10 April, het JvR teen Curro Durbanville netbalwedstryde (tuis) gespeel. Die uitslae is soos volg:

0.7A verloor 0-1
0.7B verloor 0-1
0.7C verloor 0-1
0.8A verloor 0-8
0.8B verloor 0-6
0.9A wen 11-0
0.9B wen 4-2
0.10A wen 4-3
0.10B verloor 1-3
0.10C verloor 1-5
0.11A wen 12 -4
0.11B wen 5-2
0.11C wen 3-2
0.12A wen 15-1
0.12B verloor 4-5
0.13A wen 17-14
0.13B wen 5-3
0.13C wen 11 -0

Dit was moeilike wedstryde teen Curro gewees, maar die Jannies het hulle nie laat onderkry deur die geraas van die skare of halftydtellings nie. Ons is baie trots op elke speler. Dankie aan die ouer(s)/voog(de) wat ons Jannies so pligsgetrou by elke wedstryd ondersteun.

Graag nooi ons al die ouer(s)/voog(de) uit om die Jannies te kom ondersteun volgende week te Laerskool Totius. Dit gaan ons moeilikste ligawedstryd wees.

Kyle Meissenheimer presteer in Karate

Kyle Meissenheimer is gekies om as deel van die WP-karatespan aan die JKA SA Kampioenskappe in Mei te gaan deelneem. Om dit moontlik te maak, het sy ouers 'n fondsinsameling begin en hulle sal dit baie waardeer as iemand iets wou bydra.

Kim Meissenheimer
0786582207
kim.meissenheimer@gmail.com

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 12 April 2024

Die Kaap van Storms het beslis die naweek van 6 tot 7 April sy naam behoorlik gestand gedoen met sterk winde en stormweer wat genadeloos oor ‘n wye gebied verwoesting gesaai het. Dakplate van skole, huise en besighede is afgewaai, verskeie bome is ontwortel, glasvensters is deur die sterk winde uitgewaai, elektriese kabels is deur die sterk winde uitgeruk wat tot brande gelei het terwyl paaie en brûe weggespoel is. Dit het veroorsaak dat verskeie skole in die Wynland, Helderberg en Overberg vanaf 08 – 09 April gesluit was. Genade was groot vir Laerskool Jan van Riebeeck aangesien ons geboue en dakke geen skade opgedoen het nie. Slegs enkele bome by Huppelland se parkeerarea is omgewaai en moes ons baie takke en blare by beide die laerskool en Huppelland verwyder. Ons gebede gaan uit aan die gemeenskappe wat as gevolg van die stormweer baie skade opgedoen het.

Op Saterdag, 06 April, het ons aan die jaarlikse o.10-netbaltoernooi te Laerskool Durbanville deelgeneem wat puik georganiseer is. Ons o.10A-span het baie goed gevaar. Hulle wen hul eerste wedstryd 10 – 1 teen LS Bellville-Noord, verloor ongelukkig 5 – 8 teen LS Welgemoed, maar wen die 3de wedstryd 15 – 0 teen LS Totius. Ons opposisie vir die 4de wedstryd het ongelukkig nie opgedaag nie. Baie dankie en geluk aan juff. Anika en Marlize asook ons o.10A-netbaldogters wat die dag as ware ambassadeurs opgetree het. Julle maak ons baie trots! Baie dankie ook aan die ouers asook oumas en oupas wat die dag kom ondersteun het.
Dan ‘n groot dankie aan al ons ouers/voogde wat gedurende 8 – 9 April die ouerafsparke by hul kind/ers se onderskeie onderwysers bygewoon het. Ons waardeer julle tyd en belangstelling in jul kind/ers se akademiese vordering. Ons skool poog altyd om saam met julle as ouers/voogde as ‘n span te werk en in die proses te verseker dat elke Jannie sy/haar potensiaal kan bereik. Hierdie kollektiewe ondersteuning aan ons leerders is deel van die spreekwoordelike wenformule, naamlik ouers/voogde + opvoeders = suksesvolle leerders! Leerders wie se ouers/voogde aktief in hul kind/ers se lewens betrokke is, is gelukkige kinders wat floreer tydens hul skoolloopbaan. Moet nooit jou teenwoordigheid as ‘n ouer/s by skoolfunksies, langs die sportveld of tydens kultuuroptredes onderskat nie. Navorsing toon dat ouerbetrokkenheid hul kind/ers se skoolbywoning, skoolprestasies, sosiale vaardighede en algemene gedrag verbeter. Ek is dus julle baie dankbaar en dit is ‘n riem onder die hart om julle so gereeld by die skool of langs die sportveld te sien.

Tydens Dinsdag, 09 April, se saalbyeenkoms is ons deur ‘n spesiale gas al die pad van Indië, naamlik mnr. Kumar besoek. Hy is ‘n kunsonderwyser by ‘n laerskool in New Delhi met meer as 3 000 leerders. Hulle akkommodeer tussen 90 –100 leerders per klas en dit plaas dinge weer in perspektief en is ons dus baie dankbaar vir die kleiner klasse by ons skool. Hy het ‘n demonstrasie oor Indiese papierkuns gelewer en ons leerders het aan sy lippe gehang. Hy gebruik gekleurde ‘tissue’ papier, rol dit op, gebruik dan ‘n doodgewone skêr en met ‘n eenvoudige knip hier en ‘n knip daar gebruik hy die papier as ‘n medium om verskeie 2D en 3D-voorwerpe te maak. Ons leerders was vas oortuig dit is towerkuns, maar dit was bloot ‘n demonstrasie van ‘n unieke vaardigheid waaroor hy beskik. Hy besoek ook ander openbare skole in die Wes-Kaap.
Baie geluk aan ons netbalspanne wat 10 van die 18 wedstryde op Woensdag, 10 April, tuis teen Curro Durbanville gewen het. Ons eerste netbalspan (o.13A) het kwartaal 2 met ‘n puik 14 -17 oorwinning in hulle nuwe wedstryddrag afgeskop. Dit was die derde ligawedstryd vir die jaar en ‘n titaniese stryd. Ons beste wense vergesel die wintersportspanne vir al die wedstryde wat die kwartaal voorlé.
Graag sluit ek af met die volgende stelling oor ouerbetrokkenheid deur Jane D. Hull en wens ek vir julle ‘n wonderlike naweek toe:

"At the end of the day,
the most overwhelming
key to a child’s success
is the positive involvement of parents."

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek

Kliek HIER vir advertensies van die week

Email Marketing Powered by MailPoet