Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 5 April 2024

Hiermee ‘n hartlike welkom terug by die skool. Ek glo dat almal die welverdiende ruskansie ten volle geniet het en ‘n geseënde tyd saam met familie en vriende, veral oor die Paasnaweek, spandeer het. Ek is so dankbaar dat almal veilig terug is na die vakansie, veral weens die paaie wat die tyd van die jaar buitengewoon besig is en dikwels tragies, as gevolg van motorongelukke, kosbare lewens eis.

Die skool het skaars begin en sommer op dag een van die nuwe kwartaal skop ons af met die wintersport buitemuurse program op ‘n warm Woensdagmiddag om vroegtydig voor te berei vir ‘n besige sportkwartaal wat voorlê. Verder was dit ook my voorreg om die kwartaal met ‘n saalbyeenkoms te kon begin. My saalboodskap het gehandel oor eerlikheid - een van ons kernwaardes - en waarom dit belangrik is om altyd die waarheid te vertel. Laat jul kind/ers julle gerus die legendariese verhaal van Casius Insectus, ‘n lewenheersbesie (ladybird), wat ek met hulle gedeel het, vertel. Min leerders het egter die Afrikaanse woord vir die pragtige besie geken. Baie geluk aan Marcus Sieberhagen (gr. 1) wat vir my tydens die saalbyeenkoms die korrekte Afrikaanse woord vir ‘n "ladybird" kon noem. Ek glo daar is baie volwassenes wat soos ek aanvanklik nie geweet het dat ‘n "ladybird" in Afrikaans ‘n lewenheersbesie is nie. Die lewensles uit die stories handel oor eerlikheid en betroubaarheid. Kinders hou van stories en my ervaring is dat kinders lewenslesse makliker deur middel van storievertelling leer. Ek glo dat stories ‘n mens se brein stimuleer, nie net om die woorde en die storie te hoor nie, maar dit ook te beleef. Storievertelling word wêreldwyd aangewend om individue op ‘n informele wyse te onderrig. Maak gerus van storieverteling gebruik om jou kind/ers belangrike lewenslesse te leer en in dieselfde proses hul mondelinge en geskrewe geletterdheid te verbeter. Spesifieke storievertellings kan kinders help om hul leefwêreld en omgewing beter te verstaan. Kinders kan aanklank vind by sekere gebeure in ‘n storie en veral hoe karakters wat probleme ondervind het, dit oorkom het. Gebruik gerus vir ouma en oupa om hiermee te help. Hulle ken baie stories propvol waardevolle lewenslesse.

Dis heerlik om te noem dat mnr. André Lourens nou voltyds Engels Eerste Addisionele Taal en Tegnologie onderrig en ook as een van ons gr. 7-registeronderwysers optree. Ons verwelkom op hierdie noot ook amptelik ons nuwe LO-onderwyser, mnr. Keenan Faro, wat vanaf 08 April 2024 by ons gaan aansluit. Ons wens vir hom alle voorspoed en sukses toe en mag hy baie vervulling by ons skool ervaar.
En dan is dit spesiaal om vir juf. Nicola (gr. 1) terug te verwelkom na haar kraamverlof. Ons is bly om te verneem dat dit baie goed met baba Alex en haar man, Jean, gaan.

Volgende week (week 2) is ‘n besondere besige week wat onder andere die volgende insluit:
  • Maandag, 08 April: Ouerafsprake
  • Dinsdag, 09 April: Ouerafsprake
  • Woensdag, 10 April: Interne Redenaars EN o.7 - o.13 Netbalwestryde tuis teen Curro Durbanville.
  • Donderdag, 11 April: Interne Redenaars
  • Vrydag, 12 April: o.13 Hokkiewedstryde (seuns & dogters) te Laerskool Van Riebeeckstrand EN Landloopwedloop te Zwaanswyk Akademie
  • Saterdag, 13 April: Netbaltoernooie (o.7 - o.13) te LS Tableview, Sunningdale en Kampsbaai EN o.7 - o.13 Rugby te LS Sunningdale.
Verder is ek baie opgewonde om die volgende rakende die bouprojekte by die skool met julle te deel:
  • Die opgradering van die ou biblioteek na ‘n nuwerwetse mediasentrum loop klopdisselboom. Daar word 24/7 alreeds vanaf 15 Maart aan die projek gewerk en ons glo dat dit teen einde van volgende week afgehandel sal wees. Die nuwe, moderne fasiliteit sal enige persoon inspireer tot kreatiwiteit asook om die moderne spasie daagliks te gebruik om te lees en te ontspan. Ons kan nie meer wag om die nuwe mediasentrum amptelik te open nie.
  • Kontrakteurs is ook laasweek aangewys om die leerontwikkelingsentrum asook die bou van die balletsaal by Huppelland te begin. Die amptelike bouplanne van die balletsaal is uiteindelik deur Stad Kaapstad goedgekeur en ons kan nie wag om die spreekwoordelike grond te breek nie. Hou gerus die spasie dop vir meer inligting. Groot dankie aan Stephen Hitchcock (ouer by Huppelland asook ‘n BR-Lid) vir sy leeue-aandeel in beide die twee projekte (balletsaal en leerontwikkelingsentrum).
Graag sluit ek af met die volgende stelling oor waardes deur Roy Disney en wens ek vir julle ‘n wonderlike naweek en ‘n voorspoedige kwartaal 2 toe:

"It is not hard to make decisions
when you know what your values are."

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

VIR AANDAG

Ouerbesoeke: 8 en 9 April 2024

Op 8 en 9 April vind daar ouerbesoeke plaas. 15 Minuut-afsprake sal met onderwysers gemaak kan word om oor jou kind(ers) se akademiese vordering of emosionele welstand te gesels.

Volg hierdie stappe om ‘n afspraak te maak:
  1. Volg die skakel vir die Besprekingsbladsy.
  2. Kies die graad waarin jou kind is.
  3. Onder “Select Staff”, kies die onderwyser met wie jy ‘n afspraak wil maak. *Neem kennis dat André Lourens in Warren Stoman se plek in graad 7 aangestel is.
  4. Op die kalender, gaan na April en kliek op 8 / 9 April.
  5. Kies die tydgleuf wat jou sal pas. Indien daar geen tydgleuwe meer beskikbaar is nie, stuur gerus ‘n boodskap op WhatsApp of per e-pos aan die betrokke onderwyser om ‘n alternatiewe tyd te reël.
  6. Rol af op die bladsy en vul jou naam, e-posadres, kind se naam en enige addisionele kommentaar in.
  7. Jy sal ‘n bevestiging van jou afspraak per e-pos ontvang.
  8. Indien jy die afspraak wil skuif of kanselleer, volg die stappe in die e-pos.
  9. Jy kan tot en met 24 uur voor ‘n afspraak nog bespreek, verander of kanselleer.
  10. Om te sien watter onderwyser bied watter vak aan, sien gerus die personeelblad op die webtuiste.
Die skool verdaag op 8 en 9 April vroeër: 12:45 (gr. 1-3) en 13:00 (gr. 4-7)

SPORT

Somer Buitemuurse Sportprogram 2024

thumbnail of Somer Buitemuurse Sportprogram 2024

ALGEMEEN

Kaperjolle 2024 is om die draai!

Saterdag, 20 April, 12:00 tot 18:00, by die Laerskool

‘n Pretdag vir oud en jonk!
  • Straatkos-kompetisie - kom proe en help beoordeel! (Sien besonderhede hier onder)
  • Kosstalletjies: Chip 'n Dip, boereworsrolletjies, Butler’s pizza, Ardis hamburgers en shawarma’s (vir voorafbestelling op Karri), en Oompa Loompa Treats
  • Lekkergoedland
  • Huppelland Kinderland met toesig vir 3 tot 9-jariges
  • "Quad" speletjies
  • Spookhuis
  • Uitspan-zone vir groter kinders
  • Musiek
  • Kroegarea
Kaartjies is reeds op Karri beskikbaar! Betaal vooraf die volgende:

Betaal teen Dinsdag, 16 April, vir die voorafbestelde etes:
  • R165.00 - Wagyu “smash” kaasburger met tjips
  • R150.00 - Panko gekrummelde hoenderburger en tjips
  • R150.00 - Falafel shawarma en tjips
  • R160.00 - Hoender shawarma en tjips
(Daar sal wel alternatiewe ete opsies soos pizza’s en boereworsrolle wees.)

Teen Donderdag, 18 April:
  • R100.00 - Toegangfooi vir volwassenes (sluit straatkoskompetisie-proe en beoordeling in, teen die agtergrond van “live” musiek): Sitplek aan die tafels is beperk, so kom vroeg!
  • R230.00 - Kinder vermaak "combo" gee onbeperkte speeltyd in die area waarop die "combo" van toepassing is, byvoorbeeld spookhuis, en nog vele meer (meer besonderhede volg).
  • R80 - graad 6 en 7 eksklusiewe “chill” zone
Kaperjolle Straatkos-kompetisie:

SKRYF 'N SPAN IN!

ons hou dan mos
van lekkerlip kos,
kom kook bietjie bos
aan jou eie straatkos

Kliek op die foto hier onder vir die reëls van die kompetisie en 'n skakel na 'n WhatsApp-groep om in te skryf.
Kaperjolle Wit Olifant-tafel:

Doughnutverkope: 12 April 2024

Jan Kas Tweedehands

Jan Kas verkoop tweedehandse skoolklere!

Hoe dit werk:
  • Ouers wat tweedehandse klere het wat te klein is vir hul kind(ers) en bereid is om dit aan die skool te skenk, kan die gewaste klere na Jan Kas toe bring of saam met leerders skool toe stuur (na Suzaan Coetzee se kantoor toe). Merk asb. die sak waarin jy dit stuur met "donasie" indien moontlik.
  • Tweedehandse items wat nog in 'n goeie toestand is, sal deur die skool teen 'n laer prys aan ouers verkoop word.
    • Dit sal op die aanlyn winkel wees, gemerk as tweedehandse klere (kies gerus die Tweedehandse-filter) om te sien watter items en groottes tweedehands beskikbaar is.
    • Ouers kan dit dan aanlyn of fisies in die winkel kom koop.
    • Tweedehandse klere kan ongelukkig nie omgeruil word nie.
    • Ouers aanvaar dat tweedehandse items moontlik 'n haakplekkie of merkie op kan hê.
    • Kyk asseblief uit vir die titel en simbool wat tweedehandse items van nuwe items onderskei.
  • Klere wat a.g.v. hul toestand nie verkoop kan word nie, sal op ander maniere hergebruik word.
  • Ons is besig om 'n platform te ontwikkel, waar ouers items wat hulle nie wil skenk nie, maar eerder verkoop, kan adverteer. Ander ouers kan dan met die verkoper in verbinding tree om reëlings te tref vir die koop daarvan. Meer besonderhede hieroor sal later volg.

Kleiduifskietkompetisie: 18 April 2024

Datum: 18 April 2024
Waar: Valley Gun Club, Agter Paarl
Kostes: R10 000 per span van 5 persone
Kontak: karla@alivefoundation.co.za
Ten bate van Alive Foundation en Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedingstrust.

TERUGVOER

Karu Rademeyer en Emma Snijders presteer in Aksienetbal

Karu Rademeyer en Emma Snijders het gedurende die laaste skoolweek van verlede kwartaal die o.13-Western Cape Coastal-aksienetbalspan by die interprovinsiale toernooi te Alberton, Gauteng verteenwoordig.

Die dogters het vir ’n week lank teen sterk opponente te staan gekom, maar is trots dat hulle die silwer medalje kon terugbring Kaap toe! Karu en Emma is beide ook ’n paar keer as speler van die wedstryd aangewys.

Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek

Kliek HIER vir advertensies van die week

Email Marketing Powered by MailPoet