Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Skooltye volgende week: 19 en 20 Maart 2024

Maandag sal gewone skooltye geld.

Dinsdag, 19 Maart:

13:00 (gr. 1-3)
13:15 (gr. 4-7)

Woensdag, 20 Maart:

10:30 (gr. 1-3)
10:45 (gr. 4-7)

Markdag: 19 Maart 2024

Markdag vind Dinsdag, 19 Maart, vanaf 12:00 tot 12:45 plaas. Dit is die grondslagfase se beurt om markdag aan te bied. Leerders word herinner dat hulle nie klappers of lewende hawe mag verkoop nie. Karri sal vanaf Vrydag tot Maandagmiddag om 14:00 oop wees om 'n tafel te bespreek indien jou kind(ers) in graad 1-3 iets by die markdag wil verkoop.

Meneer Stoman verlaat JvR

Dit is vir ons baie hartseer om aan te kondig dat mnr. Warren Stoman, na 'n bietjie meer as 5 jaar, ons skool aan die einde van dié kwartaal verlaat. Hy gaan ‘n nuwe avontuur aanpak en verlaat ongelukkig vir nou die onderwys. Ons wens hom alle voorspoed toe en wil hom hartlik bedank vir die groot bydra wat hy in die tydperk tot die skool gemaak het asook vir die wonderlike rol wat hy in baie Jannies en personeel se lewens gespeel het. Ons wens vir mnr. Warren alle voorspoed toe en gaan hom baie mis.

Dit is dan vir ons baie aangenaam om aan te kondig dat mnr. André Lourens mnr. Stoman se graad 7-registerklas en vakke (Engels FAL en Tegnologie) gaan oorneem. Ons wens hom alle sterkte met sy nuwe rol toe en ons weet sommer dat hy ‘n groot sukses daarvan gaan maak!

Ons sien ook uit om vir Keenan Faro by ons te verwelkom. Hy is in mnr. Lourens se plek as LO-onderwyser aangestel.

Ouerbesoeke: 8 en 9 April 2024

Op 8 en 9 April vind daar ouerbesoeke plaas. 15 Minuut-afsprake sal met onderwysers gemaak kan word om oor jou kind(ers) se akademiese vordering of emosionele welstand te gesels.

Volg hierdie stappe om ‘n afspraak te maak:
  1. Volg die skakel vir die Besprekingsbladsy.
  2. Kies die graad waarin jou kind is.
  3. Onder “Select Staff”, kies die onderwyser met wie jy ‘n afspraak wil maak. *Neem kennis dat André Lourens in Warren Stoman se plek in graad 7 aangestel is.
  4. Op die kalender, gaan na April en kliek op 8 / 9 April.
  5. Kies die tydgleuf wat jou sal pas. Indien daar geen tydgleuwe meer beskikbaar is nie, stuur gerus ‘n boodskap op WhatsApp of per e-pos aan die betrokke onderwyser om ‘n alternatiewe tyd te reël.
  6. Rol af op die bladsy en vul jou naam, e-posadres, kind se naam en enige addisionele kommentaar in.
  7. Jy sal ‘n bevestiging van jou afspraak per e-pos ontvang.
  8. Indien jy die afspraak wil skuif of kanselleer, volg die stappe in die e-pos.
  9. Jy kan tot en met 24 uur voor ‘n afspraak nog bespreek, verander of kanselleer.
  10. Om te sien watter onderwyser bied watter vak aan, sien gerus die personeelblad op die webtuiste.
Die skool verdaag op 8 en 9 April vroeër: 12:45 (gr. 1-3) en 13:00 (gr. 4-7)
Die bus sal om 13:10 vertrek.

KULTUUR

Musiekkonserte: 18 en 19 Maart 2024

Ons herinner graag al ons ouers/voogde aan ons Musiekkonserte wat volgende week Maandag- en Dinsdagoggend plaasvind. Ons nooi almal uit om die musiek saam met ons in die skoolsaal te kom geniet!

Die graad 6 en 7-musiekleerders sal in kwartaal 2 ‘n geleentheid kry om hulle stukkies in ‘n konsert te speel.
  • Maandag, 18 Maart: 08:00-08:30 Grade 1P, 1S, 1T, 2C, 2T
  • Maandag, 18 Maart: 08:45-09:15 Grade 2U en 3C
  • Maandag, 18 Maart: 09:30-10:15 Graad 3E en 3TB
  • Dinsdag, 19 Maart: 08:00-08:30 Graad 4C, 4H, 4LR
  • Dinsdag, 19 Maart: 08:45-09:15 Graad 5F
  • Dinsdag, 19 Maart: 09:30-10:15 Graad 5S en 5W

Musiek-ouervergaderings: Kwartaal 2

Die Musiekdepartment wil graag ‘n geleentheid vir ouers/voogde skep om hul kind(ers) se musiekonderwyser te ontmoet. Ons wil hierdie tyd gebruik om met ouers/voogde te gesels oor hul kind se musieklesse en om ook te luister na wat julle graag met ons wil deel. Algemene kwessies soos musiekeksamens, Eisteddfods, lestye, oefenroetines, en algemene vordering en verwagtinge, is van die belangrike punte wat ons graag met ouers wil bespreek.

Ons nooi ouers/voogde daarom uit om enige van jou kind(ers) se musieklesse gedurende kwartaal 2 by te woon. Kontak asseblief die betrokke musiekonderwyser om die tyd te bevestig sodat ons die nodige voorbereiding vir die ontmoeting kan tref. Die tydsgleuf vir ‘n musiekles is 30 minute, alhoewel ‘n afspraak nie noodwendig die volle tydsduur hoef te beloop nie.

Ons sien baie uit daarna om ouers in die musiekdepartement te verwelkom en hoop om almal deur die loop van kwartaal 2 hier te sien.

Ek lys ons musiekonderwysers se kontakbesonderhede:
  • Rolene van Zyl | rolene@jvrprim.co.za
  • Ben Reynecke | ben@jvrprim.co.za
  • Larah Eksteen | info@larah.co.za
  • Shannon Cook | shannonsjb@gmail.com
  • Paul Richard | paulrichard07041986@gmail.com
  • Brent January | brentjanuary1305@gmail.com
  • Estelle Slabber | eeslabber@gmail.com
  • Helecia Groenewald | helecia@gmail.com

Muzkanda Musiekprogram

Muzkanda Kids begin volgende kwartaal by Laerskool Jan van Riebeeck as ‘n buitemuurse aktiwiteit en ons kan nie wag om hulle by ons te verwelkom nie!

Muzkanda Kids is ‘n unieke opvoedkundige musiekwaarderingsprogram wat fokus op die ontwikkeling van musikale vaardighede by jong kinders. Die program is spesifiek vir die moderne Suid-Afrikaanse musikale omgewing geskep met liedjies, stories, en speletjies wat by die wêreld pas waarin ons kinders grootword.

Die program is ‘n wonderlike manier om jou kind aan musiek bloot te stel en dit is ‘n uitstekende grondslag vir die ontwikkeling van basiese musikale vaardighede. Kinders word ook bekendgestel aan al die verskillende musiekinstrumente, wat ‘n ideale inleiding is vir jou kind om later met gefokusde individuele musieklesse te begin.

Vir meer inligting, besoek hul webblad: muzkanda.co.za of kontak gerus vir Rina by rinsch@rgjs.org.za.

Koste: R900 per kwartaal

ALGEMEEN

Vakansiesorg: 22 Maart - 2 April 2024

thumbnail of VAKANSIESORG Maart-APRIL 2024
Volg asb. die skakel vir meer inligting en die inskrywingsvorm vir vakansiesorg.

Jan Kas: Sportsakke

Neem kennis dat ons 'n paar sportsakke ontvang het indien party ouers daarvoor gewag het. Bestel gerus aanlyn of kom maak 'n draai in Jan Kas tydens winkelure:

Maandae & Woensdae: 07:00 - 08:30
Dinsdae & Donderdae: 13:00 - 14:30

Jannies Karwas: 19 Maart 2024

  • Welwillendheid Fondsinsameling
  • 19 Maart 2024
  • 09:00 - 12:00
  • @ Laerskool JvR Nuwe Kerkstraatparkeerarea
  • R100 per motor / R40 net vir vensters
  • Slegs SnapScan, geen kontant

Lion's Club Paaseierskenkings

Ons wil baie graag weer vanjaar Kaapstad se Lion’s Club help om paaseiers vir minderbevoorregte kinders in te samel. Dit sal wonderlik wees as elke leerder minstens een paaseier vir ons kan bring en dit in die emmer wat in Adri se kantoor staan, kan plaas. Hulle verkies die eiers wat die malvalekker aan die binnekant van die sjokolade het. Dit kom ook in ‘n string van vier of in verpakkings van 24 en meer. Ons wil vra dat die paaseiers voor of op Vrydag, 15 Maart, skool toe gebring word.

Kaperjolle 2024 is om die draai!

Saterdag, 20 April, 12:00 tot 18:00

‘n Pretdag vir oud en jonk!
  • Straatkos-kompetisie - kom proe en help beoordeel! (Sien besonderhede hier onder)
  • Kosstalletjies: Chip 'n Dip, boereworsrolletjies, Butler’s pizza, Ardis hamburgers en shawarma’s (vir voorafbestelling), en Oompa Loompa Treats
  • Lekkergoedland
  • Huppelland Kinderland met toesig vir 3 tot 9-jariges
  • "Quad" speletjies
  • Spookhuis
  • Uitspan-zone vir groter kinders
  • Musiek
  • Kroegarea
Kaartjies sal binnekort op Karri beskikbaar wees! Betaal vooraf die volgende op Karri:

Betaal teen Donderdag, 18 April:
  • R100.00 - Toegangfooi vir volwassenes (sluit straatkoskompetisie-proe en beoordeling in, teen die agtergrond van “live” musiek): Sitplek aan die tafels is beperk, so kom vroeg!
  • R230.00 - Kinder vermaak "combo" gee onbeperkte speeltyd in die area waarop die "combo" van toepassing is, byvoorbeeld spookhuis, en nog vele meer (meer besonderhede volg).
  • R80 - graad 6 en 7 eksklusiewe “chill” zone
Betaal teen Dinsdag, 16 April, vir die voorafbestelde etes:
  • R165.00 - Wagyu “smash” kaasburger met tjips
  • R150.00 - Panko gekrummelde hoenderburger en tjips
  • R150.00 - Falafel shawarma en tjips
  • R160.00 - Hoender shawarma en tjips
(Daar sal wel alternatiewe ete opsies soos pizza’s en boereworsrolle wees.)

Kaperjolle Wit Olifant-tafel:
Kaperjolle Straatkos-kompetisie:

ons hou dan mos
van lekkerlip kos,
kom kook bietjie bos
aan jou eie straatkos

Kliek op die foto hier onder vir die reëls van die kompetisie en 'n skakel na 'n WhatsApp-groep om in te skryf.

TERUGVOER

Netbaluitslae te Porterville: 8 Maart 2024

Vrydag, 8 Maart het die netbal-Jannies aan die jaarlikse bulfees te Porterville deelgeneem. Hier volg die netbaluitslae:

0.11A
Wen Pomario 11-3
Wen Wesbank 10-9
Wen Piketberg 8-1
Wen Porterville 10-2

0.12A
Wen Vredenburg 16-3
Wen HP Williams 8-6
Wen Pomario 13-9
Wen Noord-Eind 14-3

0.13 A
Wen Porterville 25-3
Wen Vredenburg 19-2
Verloor Wesbank 13-14
Wen Piketberg 14-6

Baie geluk met hierdie puik uitslae!

Netbaluitslae: 11 Maart 2024

Die netbaldogters het Maandag teen Fanie Theron gespeel. Die uitslae was soos volg:

0. 13A wen 32-3
0.13B wen 12-3
0.12A wen 20-5
0.12B wen 3-2
0.11A wen 7-4
0.11B wen 4-2
0.11C wen 3-0
0.10A verloor 5-7
0.10B wen 2-1
0.10C verloor 1-2
0.9A wen 11-1
0.9B wen 5-2

Baie geluk, Jannies!

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 15 Maart 2024

Kwartaal 1 begin nou vinnig einde se kant toe staan met nog ‘n suksesvolle afsluiting van ‘n akademiese week. Week 9 is soos die res van die kwartaal gekenmerk deur verskeie aktiwiteite wat plaasgevind het. Die week het op Maandag, 11 Maart 2024, met netbal-ligawedstryde weg teen Laerskool Fanie Theron in die Noordelike voorstede afgeskop. Ons netbalspanne het tydens die snikhete dag hulle puik van hul taak gekwyt deur 10 van die 12 wedstryde te wen. Ek wil nie ‘n spesifiejke span uitsonder nie, maar ‘n eerste span van ‘n skool gee maar altyd die sogenaamde pas aan en stel die standaard, dus baie geluk aan die o.13A’s en juf. Ischké met hul puik oorwinning van 32 – 3.

Sommige ouers mag dalk nie weet nie, maar ek was voorheen die skoolhoof van Laerskool Fanie Theron en dit was nogal op ‘n manier nostalgies en ironies om na meer as 3 jaar die skool weer te besoek om ons Jannies daar te gaan ondersteun. Ek was omtrent vriendelik deur hul leerders, personeel en ouers ontvang. Dit was ‘n baie spesiale ervaring, veral weens die feit dat hul leerders my nog steeds onthou het en my spontaan kom groet het om te hoor hoe dit gaan. Dit is weer aan my bevestig dat ek vir seker die beste beroep in die wêreld gekies het. Ek is dankbaar dat ek die geleentheid het om op soveel jong leerders se lewens ‘n positiewe impak te hê, wat ‘n wonderlike voorreg!

Om skoolhoof te wees, is nie altyd maklik nie. Dit is ‘n groot verantwoordelikheid, die verwagtinge is hoog en die skoolhoof speel onder andere ‘n kardinale rol in die etos wat by die skool gevestig word. Ek sien skoolhoofskap as ‘n absolute roeping en nie net ‘n beroep nie! Die werksbevrediging wat ek by Laerskool Jan van Riebeeck geniet, is kosbaar en ek sal dit vir ewig koester. Dalk het julle al gewonder hoe my dag as Skoolhoof lyk en waarmee ek myself besig hou. Sommer so bietjie tong-in-die-kies: volgens die leerders werk ek nie as ek nie agter my lessenaar sit nie. Vir seker vereis administrasie, kommunikasie en veral die onderwysdepartement baie van my tyd, maar dit is vir my baie belangrik om tyd vir leerders, ouers/voogde en personeel te maak. Ek glo dat uitnemende skoolhoofde alle besluite rondom sy/haar leerders neem m.a.w. besluite moet altyd geneem word in die beste belang van die leerder(s) en nie wat die beste vir die ouers/voogde of personeel is nie. Ouers/voogde het dikwels hiermee ‘n probleem, maar as skoolhoof moet ek en my bestuurspan (EXCO) alle faktore asook almal se belange in ag neem. Ek nooi julle weer uit dat indien ‘iets’ jou by die skool pla om vir my ‘n e-pos te stuur of kom drink by my ‘n lekker koppie koffie en dan gesels ons daaroor.

Daar was Woensdagmiddag, 13 Maart, groot opwinding by die skool met die aankoms van ‘n 95-ton hyskraan wat ‘n mobiele klaskamer agter die biblioteek vanaf die parkeerarea agter die skool oor ‘n afstand van 45 meter kom plaas het. Die presisie waarmee die klaskamer in posisie geplaas is, gaan my verstand ten bowe. Dit was ‘n wonderlike ervaring om die hyskraanoperateur met sy assistente in aksie te sien. Die doel van die mobiele klaskamer is om tydelik die sportkantoor te akkommodeer, aangesien die leerontwikkelingsentrumprojek (soos genoem in die nuusbrief van 19 Januarie 2024) binnekort gaan afskop. Die leerontwikkelingsentrum gaan gevestig word in die boonste gang oorkant die gr. 6- en gr. 4-klaskamers. Dus gaan juffrouens Marinda, Suzaan, die sportkantoor en die afrolkamer moet skuif. Hierdie opwindende projek gaan spasie voorsien vir leerders met akademiese-, emosionele- en sosiale uitdagings of enige ander leerder wat angstig voel, kan die veilige spasie onder toesig geniet. Laat my weer toe om Whitey en Annallise Basson asook Mari Kushner hartlik te bedank wat die projek befonds. Ons is julle baie dankbaar. Ek sal julle op hoogte hou sodra die projek amptelik afskop asook die logistieke reëlings wat daarmee gepaard gaan.
Vanmiddag om 14:00 skop nog ‘n opgraderingsprojek af. Ons huidige biblioteek word vanaf 15 Maart tot 05 April tot ‘n nuwerwetse media- en digitale sentrum opgradeer waar ons leerders ondere andere in ‘n moderne omgewing kan gaan navorsing doen, take voltooi en natuurlik gaan dit ‘n spasie bied wat ons leeskultuur verder uitbou en ons leerders inspireer om meer te lees. Ons is so opgewonde en kan nie wag vir die langverwagte verbetering nie. Laat my toe om Ton en Anet Vosloo hartlik te bedank vir hul ruim borgskap wat die opgradering moontlik maak.

Woensdagaand, 13 Maart, het die gewilde somersokkie vir ons gr. 5 – 7-leerders in die saal plaasgevind. Ons leerders was baie opgewonde en pragtig getooi vir die spesiale sosiale geleentheid. Die saal was stylvol deur juf. Mardry en die gr. 7-leerders opgemaak, saam met die beligting en musiek was dit vir seker die perfekte venue en sokkie. Baie dankie aan al die onderwysers wat toegesig gehou asook gehelp het met die braai om die aand die smaaklike boereworsrolle aan die leerders te voorsien.
Graag sluit ek dan af met die volgende aanhaling weer oor groei-ingesteldheid en wens ek vir julle ‘n wonderlike naweek toe:

“With the right mindset,
we can't lose,
we either practice what we’ve learned,
or we learn what we need to practice!’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek

Kliek HIER vir advertensies van die week

Email Marketing Powered by MailPoet