Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Prysuitdeling: Gr. 4 - 7 Veelsydigheid of besonderse prestasie op sport- en kulturele gebied

Alle leerders wat besonderse prestasies behaal het of veelsydigheid toon op sport- en kulturele gebied kan in aanmerking kom vir 'n spesiale prys by die prysuitdeling. Voltooi asb. die VORM en handig die vorm teen Vrydag, 19 November, by juf. Lucia de Jager in. Hardekopieë van die vorm sal aan leerders uitgedeel word.

Jan Kas Open: 30 Oktober 2023

Ons is baie opgewonde om uiteindelik die skool se klerewinkel, Jan Kas, Maandag, 30 Oktober, te open! Neem kennis van die volgende reëlings:
  1. Die klerewinkel se tye is as volg:
    • Maandae: 07:00 - 08:30
    • Dinsdae: 13:00 - 14:30
    • Woensdae: 07:00 - 08:30
    • Donderdae: 13:00 - 14:30
  2. Die klerewinkel sal nie buite hierdie ure oopmaak nie, ook nie op spesiale versoek nie. Respekteer asb. hierdie tye.
  3. Jy kan vanaf Maandag op die aanlyn winkel items bestel. Ons sal Maandag die skakel vir die aanlyn winkel aan ouers stuur.
  4. Jy sal slegs kan bestel indien daar voorraad is.
  5. Bestellings sal binne 2-3 dae aan jou kind gegee word.
  6. Sodra jou kind die bestelling gekry het, sal jy 'n e-poskennisgewing ontvang om te sê dat dit afgelewer is.
  7. Indien jy iets wil omruil wat jy bestel het, moet jy dit asb. binne 7 dae doen of ten minste met Jan Kas kontak maak indien jy nie binne 7 dae by Jan Kas gaan uitkom nie.
  8. Indien jy nie by die winkel kan uitkom nie en onseker is van 'n grootte, stuur jou kind tydens die ure wat die winkel oop is om iets te kom aanpas.
  9. Enige bestellings wat voorheen by Eda geplaas is, moet steeds deur Eda aan jou gelewer word. Jan Kas hanteer slegs bestellings wat vanaf 30 Oktober geplaas is.
  10. Indien jy enige vrae het, stuur 'n e-pos aan jankas@jvrprim.co.za. Daar is nie 'n telefoonnommer vir Jan Kas nie, kommunikasie sal slegs per e-pos geskied.

AKADEMIE

Klas-/graadskuiwe vir 2024

Om akademiese uitmuntendheid te verseker, moet die skool sorg dat die onderwysers by die regte graad en klas ingedeel word. Ons beskou dit as ‘n groei geleentheid om onderwysers volgens hul sterkpunte en vaardighede aan te wend. Sien hier onder die aanpassings vir 2024:

Eksamenrooster: November 2023

Ouers wat inteken op leerders se e-pos of Teams

Ouers wat op leerders se e-pos of Teams inteken, kan moontlik 'n kennisgewing van Microsoft af kry wat vra vir meer inligting voordat jy verder kan gaan met die intekenproses. Wanneer jy voortgaan, gaan jy die opsie gegee word om 'n selfoonnommer aan die rekening te koppel om te gebruik as 'n "multifactor authentication" metode. Dit gaan egter maak dat jou kind by die skool gaan sukkel om in te teken, omdat 'n kode dan na jou selfoon gestuur gaan word voordat hy/sy kan inteken.

Maak asb. seker dat jy onderaan die blokkie eerder kies "choose another method" en dan die "security questions" opsie kies. Maak ook asb. seker jou kind weet wat die antwoorde is en dit maklik sal kan onthou.

Indien jy reeds jou selfoonnommer aan jou kind se rekening gekoppel het, sal hulle wanneer hulle by die skool sukkel om in te teken gehelp word om die "multifactor authentication" te herstel.

Indien jy sukkel om verby die blokkie wat jou vir 'n selfoonnommer vra te kom, stuur gerus 'n skermgreep met jou kind se naam en van na suzaan@jvrprim.co.za.

KULTUUR

Kooroptredes Nov. & Des.

Baie dankie aan al die ouers vir hulle mooi ondersteuning met ons Koorfees. Die kinders het pragtig gesing en ons is baie trots op hulle. Die beoordelaars het 'n baie positiewe verslag met baie komplimente gegee.

Ons volgende twee optredes is die Kerssangdienste. Hou asb. die datums oop:

Sondagaand, 26 November - Tamboerskloof, NG Kerk
Sondagaand, 3 Desember - Drieankerbaai, NG Kerk

Koorlede sal albei aande WIT dra en nie skoolklere nie.

SPORT

Swemgala: 3 November 2023

Volgende Vrydag, 3 November, bied ons ‘n aflos-swemgala by die skool aan. Dit begin om 15:00 en sal ongeveer om 16:30 klaar wees.

Dit is ‘n wonderlike geleentheid waar baie van ons leerders die kans kry om te kan deelneem.

Alle swemmers sal Maandag, 30 Oktober, die finale reëlings ontvang.

Volg die skakel of kliek op die foto vir die volledige program vir die dag met elke leerder wat swem se naam. Laat weet so spoedig moontlik vir mnr. Hanekom op die Skooler swemgroep of per e-pos indien jou kind(ers) nie kan swem nie.

ALGEMEEN

Jan Kas-versoek

Ons wil graag dit sover moontlik vermy om plastieksakke vir Jan Kas-klerebestellings aan te koop. Indien julle ekstra swart Woolworths sakke tuis het, stuur dit gerus saam skool toe. Die registeronderwyser sal dit na Jan Kas stuur. Baie dankie!

Roomysverkope op Vrydae

TERUGVOER

Krieketuitslae: 25 Oktober 2023

o.11A-krieket het Woensdag, 25 Oktober, teen Herzlia Highlands gespeel. Herzlia het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. JvR het hulle uitgekry vir 55 na 15 beurte. Ons het die lopies vinnig afgeslaan na 8 beurte en wen die wedstryd met 9 paaltjies. Baie geluk aan Vincent Oosthuizen wat as speler van die wedstryd aangewys is. Die volgende spelers het baie goed gevaar:

Vincent Oosthuizen: 8 lopies na 3 beurte en 3 paaltjies
Luke Willows: 11 lopies na 3 beurte en 1 paaltjie
Nicholas Marais - 10 lopies na 3 beurte en 3 paaltjies
Rafa Lamprecht - 17 nie uit nie. Rafa het ook twee pragtige sesse geslaan.

Ons is baie trots op die manne!

Daniella Boshoff en Leah de Kock presteer in Paarl Talentkompetsie

Daniella is op 11 November as 'n finalis in 'n Paarl Talentkompetisie benoem nadat sy einde September aan 'n oudisie deelgeneem het. Sy gaan binnekort aan die gala-aand te Laerskool WA Joubert in die Paarl deelneem.

Leah de Kock is ook 'n top 10 finalis in die juniorafdeling en is die enigste instrumentalis tussen 9 sangdeelnemers.

Baie geluk, Daniella en Leah! Ons hou vir julle duimvas.

Karu en Pieter Rademeyer presteer in Redenaars

Karu en Pieter Rademeyer het die afgelope naweek die Wes-Kaap by die finale ronde van die nasionale Radikale Redenaarskompetisie in Johannesburg verteenwoordig.

Pieter het aan die graad 4 Engelse poësie- en prosa-afdeling deelgeneem en goed gevaar. Karu is as die algehele wenner in die graad 6-prosa-afdeling aangewys.

Baie geluk. Ons is trots op julle!

Karu en Emma presteer in aksienetbal

Karu Rademeyer en Emma Snijders het verlede week die nuus ontvang dat hulle albei WP-aksienetbalkleure verwerf het. Hul neem vroeg volgende jaar aan die nasionale toernooi in Alberton, Gauteng deel. Baie geluk!

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 27 Oktober 2023

Vandag is nie sommer net weer die gewone "#Bok-Vrydag" nie! Vandag gaan ons groot om die Springbokke voluit te ondersteun in hul soeke na roemryke glorie om vir die 4de keer as die Wêreldbeker-wenner uit die stryd teen New Zealand te tree. Die 'Rassie-plan' moet eenvoudig net môreaand teen die All Blacks beter uitgevoer word. Die naelskraap oorwinnings met 16 – 15 teenoor die arrogante Engelse asook teen die Franse Hane het menigte bokondersteuners se senuwees behoorlik opgekyl. Die Bokke het teen Engeland weereens nie hul beste spel op die dag gelewer nie, maar hulle het vir 80 minute gespeel en in hulself geglo. Nooit het hulle paniekerig geraak nie en dit terwyl alles op die dag verkeerd geloop het. Die Engelse spelers was die spreekwoordelike kaartmannetjies op die veld en het hard probeer om die Bokke te ontsenu. Die Springbokke het ons veral die afgelope 2 weke beslis ‘n paar belangrike lewenslesse geleer en ek kan kortliks dit soos volg saamvat:
  • Moet nooit moed opgee nie, glo in jouself en bly gefokus!
  • Deursettingsvermoë word beloon.
  • Wees nederig, handhaaf jouself en stel altyd ‘n voorbeeld al loop dinge nie volgens jou verwagtinge nie.
  • Wees aanpasbaar en dankbaar.
Ons wag al sedert 1995 vir nog ‘n spesiale finaal teen die All Blacks en dit realiseer môreaand om 21:00 in Parys te Stade de France. Alhoewel Parys bekend staan as die die stad van liefde, gaan daar beslis bittermin liefde tydens die wedstryd wees, maar wel wedersydse respek tussen die twee merkwaardige spanne. Jy het nie meer ‘n keuse nie, vandag op "#Bok-Vrydag" en môre moet jy asseblief jou springboktrui, of ‘n springbok t-hemp, of net iets groen en goud moet aantrek of jouself laat groen verf om die Bokke ten volle te ondersteun. Mag die Bokke die naweek geskiedenis maak en ons land weer verenig oor alle kulture en hoop gee vir ‘n beter Suid-Afrika waar daar dringende aandag aan armoede, misdaad en korrupsie gegee moet word. "Go Bokke Go, just one more time. Together we are stronger!"

Op Dinsdag, 24 Oktober, het ons vir die eerste keer ‘n suskesvolle mini-krieketdag by die Conradieveld aangebied. Die volgende skole uit ons onmiddellike omgewing het deelgeneem:
  • Laerskool Kampsbaai
  • Laerskool Llundudno
  • Laerskool Kronendal
  • Laerskool Houtbaai
  • Reddam House
Op Donderdagaand, 19 Oktober, het Huppelland hul jaarlikse kunsuitstalling in die opgegradeerde klubhuis aangebied. Louise en haar span het hulself weereens oortref met die pragtigste uitstalling van ons leerders se kinderkuns wat Huppelland-ouers kon aankoop. Dit vorm ook deel van die gewilde onthouboeke. Louise het vanjaar die volgende skilders gebruik en die verskillende grade het hul eie kunswerke daarop baseer:
  • Shakes Tembani (Gr. 00)
  • Ruschka du Toit (Gr. 0)
  • Michael Taylor (Gr. R)
Ons Huppelland-ouers het die aand in groot getalle opgedaag, selfs die weer het saamgespeel met een van die mooiste en windlose aande in die Moederstad. Die lekker samesyn en omgee-kameradie onder die ouers was amper tasbaar. Die bouprojek by Huppelland is amper voltooi en vroeg volgende jaar hoop ons om bouprojeknommer 2 te begin, naamlik die bou van ‘n balletsaal, nuwe ingang en ontvangsarea. Hierdie projek word ook deur ‘n weldoender befonds waarvoor ons baie dankbaar is.

Verlede naweek was Hoërskool Jan van Riebeeck se 50ste reünie m.a.w. die matrikulante van 1973. Twaalf van hulle was vanaf gr. 1 by die laerskool en ek het die voorreg gehad om hulle Vrydagmiddag, 20 Oktober, by die laerskool te ontmoet en vir ‘n kort toer deur die skool te vergesel. Wyle mnr. du Preez was destyds die laerskoolhoof en merkwaardig was al die stories en staaltjies wat hulle rakende hul laerskoolloopbaan met my gedeel het.
Die opwinding is baie groot met die opening van Jan Kas (ons eie nuwe klerewinkel) op Maandag, 30 Oktober. Die ou konsertstoor is opgegradeer tot ‘n pragtige en funksionele klerewinkel. Die hele projek sluit ook die loods van die Jan Kas aanlyn aankope platform wat deur Marié Cruywagen (BR-Lid en ouer van ons skool) ontwerp is om juis skooldragaankope so gerieflik moontlik vir ouers/voogde te maak. Ons is haar baie dankbaar vir al die tyd en werk wat sy by die skool insit. Groot dankie ook aan ons OOV-Voorsitter, Coreen Scholtz, asook Elmarie Erasmus wat met die voorraadoorname en voorbereiding van Jan Kas gehelp het. Baie dankie ook aan Marinda, Liesel (finansies) en Suzaan wat ook hard agter die skerms gewerk het om die sukses van die projek te verseker. Suzaan gaan vir ons Jan Kas bestuur en beman.

Dit is dan my voorreg om met julle te deel dat Raché de Goede-Turner vanaf 01 Januarie 2024 amptelik deur die departement (WKOD) as ons nuwe Hoof van die grondslagfase aangestel is. Baie geluk en welverdiend, Raché. Sterkte met die groot taak wat voorê.

Graag sluit ek af met ‘n bietjie pitkos en gebruik die volgende bekende aanhaling van Walt Disney. Mag julle ‘n wonderlike naweek geniet terwyl ons styf duimvas hou dat die Springbokke die naweek geskiedenis gaan maak.

"Laughter is timeless,
Imagination has no age,
Dreams are forever"


Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek

Kliek HIER vir advertensies van die week

Email Marketing Powered by MailPoet