Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

26 April, 2024 - Sivvies 07:45-14:00
26 April, 2024 - Toets: Aardrykskunde ass. (gr. 4 - 6), NW (gr. 7) 07:45-09:10
26 April, 2024 - Landloopwedloop: Sweet Valley 14:15-15:15
27 April, 2024 - Hokkie: o.9 en o.10 Seuns en Dogters Toernooi Laerskool Tableview (WEG) 00:00-23:59
27 April, 2024 - Hokkietoernooi: o.9 & o.10 Seuns en Dogters by Laerskool Tableview. 00:00-23:59
27 April, 2024 - Keenen Faro (Onderwyser) verjaar 00:00-23:59
29 April, 2024 - Netbal: o.7-o.13 Monte Vista (TUIS) 00:00-23:59
30 April, 2024 - Graad 6-uitstappie: Wonderdal Science Centre 08:00-14:00
1 Mei, 2024 - Werkersdag 00:00-23:59
2 Mei, 2024 - Hokkie Dogters: Milnerton (TUIS) 00:00-23:59
2 Mei, 2024 - Hokkie Seuns: Milnerton (WEG) 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Ursula Williams (Nasorg) verjaar 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Hokkie: Edgemead 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Toets: Wiskunde (gr. 4 - 7) 07:45-09:10
3 Mei, 2024 - Uitstappie gr. 5 en 6: Peter and the Wolf by Artscape 10:30-12:30
3 Mei, 2024 - Landloopwedloop: Camps Bay 14:15-15:15
4 Mei, 2024 - HS JvR Reünie-naweek 00:00-23:59
7 Mei, 2024 - Algemene Kennistoets 07:45-08:15
10 Mei, 2024 - Hokkie: Sportdag Mikro (Tuis) 00:00-23:59
10 Mei, 2024 - Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) 07:45-09:10
10 Mei, 2024 - Landloopwedloop: Vishoek 14:15-15:15




>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Die afgelope week was ‘n lekker voorsmakie vir ons Jannies van die opwindende wintersportprogram wat volgende kwartaal voorlê.

Ons o/13A-netbal- en rugbyspanne het vanaf 11 - 12 Maart 2022 aan die Bulfeestoernooi in Porterville deelgeneem. Ons eerste rugbywedstryd teen Hoërskool Piketberg wen ons 19 - 7 terwyl die onverwagte reën salig oor ons neerdaal en die dorre aarde heerlik voed. Ek kon myself nie keer nie en het saam met mnr. André (afrigter) en die reserwes op en af langs die rugbyveld gestap om die seuns aan te moedig terwyl die donderweer sy eie bekoring bring en ons lekker sopnat reën. Ons o/13A-netbalspan onder leiding van juffrouens, Ischké en Shahneé, moes egter eers wag tot die reën heelwat later die middag stop voordat hulle kon speel. Die dogters kon eenvoudig net nie meer wag om te speel nie en draf die opposisie sommer kaf deur Hoërskool Porterville 20 - 1 en Hoërskool Calvinia 22 - 4 te wen. Ons o/13A-rugbyspanne speel toe verder nog 2 wedstryde, verloor ongelukkig teen Hoërskool Porterville 19 - 38 nadat ons halftyd 0 - 24 agter was en wen egter Saterdagoggend 15 - 0 teen Hoërskool Calvinia. Baie dankie en baie geluk aan die spelers en toegewyde afrigters. Julle maak ons baie trots!
Graag versoek ek dat julle gereeld die skool se kalender raadpleeg aangesien ons beplan het om vanjaar aan meer sportwedstryde/dae oor naweke of op Saterdae deel te neem. Daar is veral op Saterdae gedurende Mei-maand heelwat sportaktiwiteite en een wat vir my uitstaan is die driehoekige sportdag (netbal en rugby) op Saterdag, 21 Mei, te F.D. Conradie in Prince Alfred Hamlet, indien julle ‘n lekker gesinsnaweek daarvan wil maak en akkommodasie wil bespreek. Verder gaan ons ook op jul ‘nommer druk’ om ons te help met vervoer na en van die sportvelde. By voorbaat dankie vir julle hulp in die verband.

Op Dinsdag, 15 Maart, het juffrouens Marinda, Lucia en Andri deur middel van rolspel vir die Intersenfaseleerders ‘n waardevolle boodskap oor ons waarde van die maand, naamlik Omgee tydens ons weeklikse saalbyeenkoms gelewer. Omgee moet nie net lippetaal wees of iewers as ‘n kernwaarde op ‘n pragtige bord in ‘n instansie pruik nie, maar eerder daagliks uitgeleef word. Tydens die saalbyeenkoms het ons ook die voorreg gehad om deur Jolene en Nicola, verteenwoordigers van LEAPS (Lamberts Elands Animal Protection Services) toegespreek te word. Hierdie nie-winsgewende dierewelsynsorganisasie bedien diere in nood in die areas van Elandsbaai, Lambertsbaai en Vredenburg. Hulle het mooi vir die Jannies verduidelik watter tipe werk hulle veral in die informele nedersettings verrig en waarom dit so belangrik is om behoorlik na diere om te sien. Hulle red, rehabiliteer en herhuisves hawelose en verwaarlose diere. Ons hele veldtog om kos vir troeteldiere in te samel word aan hulle geskenk. Baie dankie aan al ons ouers en voogde wat reeds ‘n bydrae in die verband gemaak het. Baie dankie aan juffrou Nicola wat vir ons die belangrike uitreikprojek bestuur.

Graag wens ek vir julle ‘n lekker ontspanne langnaweek toe aangesien daar op Maandag, 21 Maart, Menseregtedag gevier word. Laat ons nooit die betekenis van Menseregtedag in die Suid-Afrikaanse konteks vergeet nie, want dit verwys na die basiese regte en vryhede waarop alle Suid-Afrikaners geregtig is wat die reg tot lewe en vryheid, vryheid van denke en uitdrukking insluit. Ek sluit af met ‘n bekende stelling van die ontslape Desmond Tutu: "My humanity is bound up in yours, for we can only be human together".

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

ALGEMEEN

Skooltye volgende week, 22 - 25 Maart

Neem kennis van die volgende:
  • Maandag - vakansiedag
  • Dinsdag - skool verdaag vroeër
12:45 (Gr.1 - 3)
13:00 (Gr.4 - 7)
  • Woensdag - normale skooldag
  • Donderdag - skool verdaag vroeër (+ sivvies)
13:00 (Gr.1 - 3)
13:15 (Gr.4 - 7)
  • Vrydag - skool sluit (+ sivvies)
10:30 (Gr.1 - 3)
10:45 (Gr.4 - 7)

* Die bus vertrek altyd 5 minute na graad 4 - 7 verdaag word.

Klerebank

Dankie aan almal wat winterbestellings betyds geplaas het. Indien nog iets vir die winter benodig, bestel asb. so spoedig moontlik aanlyn. Daar is die afgelope jaar tekorte in sekere materiale en ons verwag toenemende prysverhogings hierdie jaar.

Hiermee die skakel om die skoolbaadjie aanlyn te koop:

https://www.treadleclothing.co.za/product/jacket-regular/

Skoolbaadjies en graad 7-oortruie is beskikbaar, maar laat slegs bestellings borduur.

Winterskoolklere:
  • Loer gerus in die ouerhandleiding en webtuiste vir meer inligting of kom na die Klerebank.
  • Langmouhemp sonder ‘n sakwapen met ‘n das.
  • Kan ‘n trui of skoolbaadjie met embleem bo-oor dra.
  • Langbroeke
  • JvR grys kouse OF swart ondeursigtige broekiekouse
  • Sportklere ('JvR' gemerk) bly dieselfde reg deur die jaar.
  • Bestellings vir hokkiekouse en WEDSTRYDHEMDE (hokkie en netbal) moet geplaas word voor die skool sluit.
Klerebanktye:
  • 07:20 - 08:00 Maandae en Woensdae
  • 13:30-14:20 Dinsdae en Donderdae, maar nie wanneer die skool vroeër uitkom nie.
Merk van items:
  • Dit veroorsaak geweldige frustrasie onder die vrywilligers as items nie gemerk is nie of onduidelik gemerk is met selfs ‘n enkele letter.
  • Party name is onleesbaar uitgewas of het name op van kinders wat nie meer in die skool is nie.
  • Skenkings moet asseblief nie in kaste geprop word nie. Stuur na ontvangs of na die Klerebank.
  • Gaan asseblief alle items dringend by die huis na en merk dit goed.

Markdag, 24 Maart

Markdag vind op Donderdag, 24 Maart, plaas. Dit kos R15 om 'n tafel te beman. Besprekings vir 'n tafel sal later vandag op die Karri-toep tot en met Woensdag 12:00 gemaak kan word. Leerders is verantwoordelik vir hul eie kleingeld. Die markie sal vanaf 12:00 tot 12:30 bedryf word.

Advertensies in die nuusbrief

Ons wil julle graag aanmoedig om die advertensies aan die onderkant van die nuusbrief dop te hou. Daar is weekliks nuwe advertensies en sluit gereeld privaat buitemuurse sportaktiwiteite of kultuurgebeurtenisse in.

Persone wat graag iets in die nuusbrief wil adverteer, kan 'n e-pos stuur aan suzaan@jvrprim.co.za. Dit kos R150 om 'n advertensie vir 'n week op ons webtuiste te laai en een keer in die nuusbrief te laat verskyn.

Paaseiers

Ons wil baie graag weer vanjaar Kaapstad se Lions Club help om paaseiers in te samel vir minderbevoorregte kinders. Dit sal wonderlik wees as elke leerder minstens een paaseier vir ons kan bring en dit in die emmer wat in Adri se kantoor staan, kan plaas. Hulle verkies die eiers wat die malvalekker aan die binnekant van die sjokolade het. Dit kom ook in 'n string van vier of in verpakkings van 24 en meer. Ons wil vra dat die paaseiers voor of op Woensdag, 23 Maart, skool toe gebring word.

Verlore Goedere Uitstalling

Alle verlore goedere sal Woensdag, 23 Maart, vanaf 12:30 - 15:30, agter die skool onder die bome uitgestal word. Ouers is welkom om te kom kyk. Alle verlore skoolklere wat nie teen Donderdag, 24 Maart, opgeëis is nie, sal vir fondse aan die tweedehandse klerebank geskenk word. Alle ander verlore items sal vir welwillendheid geskenk word.

Versoek:
Maak asb. seker jou kind(ers) se items is duidelik gemerk met hul naam, van en korrekte klas. Items wat by die tweedehandse klerebank gekoop word, moet ook asseblief oor gemerk word. Duidelik gemerkte items kan makliker aan hul eienaars terugbesorg word.

Vir enige navrae stuur gerus vir Annami Gerber 'n e-pos na biblioteek@jvrprim.co.za.

AKADEMIE

Ouerbesoeke, 6 & 7 April

Volgende kwartaal is daar weer 'n geleentheid vir ouers/voogde om leerders se onderwyser(s) te kom sien. Om 'n afspraak te maak, kliek HIER of op die foto hier onder om die vorm in te vul. Volg asb. hierdie stappe wanneer jy die vorm invul:
  1. Kies die fase waarin jou kind is.
  2. Kies die onderwyser met wie jy 'n afspraak wil maak en kliek "Next".
  3. Kies slegs een tyd. Indien daar geen tye oor is nie, beteken dit al die tye is reeds bespreek. In dié geval, kies "No more options" sodat die onderwyser weet om jou te kontak indien daar 'n kansellasie is.
  4. Kliek "Submit". Die tyd wat jy gekies het, is jou afspraak - dit is nie voorlopig nie.
  5. Jy sal 'n bevestiging per e-pos met die tyd wat jy gekies het, ontvang. Indien nie, gaan kyk gerus in jou "Spam".
  6. Indien jy meer as een onderwyser wil sien, kliek op "Submit another response".
  7. Indien jy die tyd wil verander, gaan in by die bevestiging e-pos en kies "Edit response" of vul weer die vorm in en stel Suzaan Burger per e-pos in kennis (suzaan@jvrprim.co.za).
  8. Vir enige vrae, stuur 'n e-pos aan Suzaan of kontak die betrokke registeronderwyser.

Navorsingsprojek: Funda Wande Evaluasie

Ons is so bevoorreg om deel van 100 ander skole te wees wat aan 'n navorsingsprojek (Funda Wande Intervensie Evaluasie) deelneem. 10 Lukrake leerders in graad 4 en 7 is Maandag, 7 Maart, deur eksterne beamptes uit hul klasse onttrek om eksterne evaluasie af te lê. Geen voorbereiding was hiervoor nodig nie. Graad R en 1 sal op Dinsdag, 22 Maart, ook hieraan deelneem. Ons is baie bly dat ons met hierdie navorsing kan help.

KULTUUR

Musiekkonsert: 22 Maart

Ons herinner julle graag aan die musiekkonserte in die saal op Dinsdag, 22 Maart:

Graad 1 en 2 - 08:30
Graad 3 - 10:30

Almal is welkom om dit by te woon.

SPORT

Sportklinieke 22 - 24 Maart vir ALMAL

Gedurende die week van 14 - 17 Maart het ons met die winterbuitemuurseprogram begin. Gedurende die laaste week van skool wil ons die geleentheid gebruik om aan al ons leerders, ongeag of hulle aan ons naskoolse program deelneem of nie, aan verskillende sportkodes se vaardighede bloot te stel. Ons sal van buite afrigters gebruik maak om addisionele vaardighede aan te leer en in te skerp.

Die program vir die week is as volg:

Dinsdag, 22 Maart
08:00 - 10:00 Netbal Gr. 6 en 7
08:00 - 10:00 TAG Rugby Gr. 6 en 7, Conradieveld

Woensdag, 23 Maart
08:00 - 10:00 Netbal Gr. 2 en 3
08:00 - 10:00 TAG Rugby Gr. 2 en 3, Conradieveld
10:30 - 12:30 Netbal gr. 4 en 5
10:30 - 12:30 TAG Rugby gr. 4 en 5, Conradieveld

Donderdag, 24 Maart
08:00 - 10:00 Netbal, Gr. 1
08:00 - 10:00 TAG Rugby, Gr. 1, Skoolveldjie

Die dae waarop 'n graad aan 'n spesifieke kliniek deelneem, mag hulle met hul LO-klere skool toe kom. Hierdie klinieke is ook aanvullend tot die LO-kurrikulum.

Winter Buitemuurse Sportprogram 2022

Kliek op die foto vir die program.
2022-Buitemuurse-program - Winter sportprogram (2)-1

Johan Symington presteer in skietkompetisie

Johan Symington het onlangs aan hierdie jaar se eerste Wes-Kaap .22 SA Precision Rifle kompetisie in Atlantis deelgeneem en uitstekend gevaar. Gedurede die kompetisie skiet deelnemers met .22 kaliber gewere vanaf verskeie praktiese posisies na "gongs" op afstande wat wissel tussen 40m en 200m.

Hy het nie net die hoogste telling van die jong skutte behaal nie, maar ook die algehele hoogste telling van die sowat 62 skutte op die dag geskiet – selfs beter as sy eie pa!

Baie geluk, Johan!

Ruben Eksteen voltooi Kaapstad Fietstoer op tandem

Ruben Eksteen het Sondag, 13 Maart, saam met sy pa die 109 km Kaapstad Fietstoer op 'n tandem in 4h49 voltooi. Om jou eerste Kaapstad Fietstoer op 10 jarige ouderdom agter die blad te hê, is 'n groot prestasie, maar des te meer so in 2022. Dit was sopnat van die wegspring af vir die eerste 70km - beslis 'n ervaring wat karakter bou en wat hy nog lank sal onthou. “Gelukkig kon ons vir hot chocolate in Noordhoek stop,” sê Ruben. “Dit het gehelp om die koue te verdryf – en my tande laat ophou klap. Daarna was Chapmans Peak eintlik lekker.” Baie geluk, Ruben!

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies 18 Maart 2022

Kliek HIER vir die Jannies besigheidsregister

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet