Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Ouerbesoeke: 31 Julie en 1 Augustus

Op 31 Julie en 1 Augustus vind daar ouerbesoeke plaas. 15 Minuut-afsprake sal met onderwysers gemaak kan word om oor jou kind(ers) se akademiese vordering of emosionele welstand te gesels. Volg hierdie stappe om ‘n afspraak te maak:
  1. Volg die skakel vir die Besprekingsbladsy.
  2. Kies die graad waarin jou kind is.
  3. Onder “Select Staff”, kies die onderwyser met wie jy ‘n afspraak wil maak.
  4. Op die kalender, gaan na Julie of Augustus en kliek op een van die twee datums hier bo genoem.
  5. Kies die tydgleuf wat jou sal pas. Indien daar geen tydgleuwe meer beskikbaar is nie, stuur gerus ‘n boodskap op Skooler of per e-pos aan die betrokke onderwyser om ‘n alternatiewe tyd te reël.
  6. Rol af op die bladsy en vul jou naam, e-posadres, kind se naam en enige addisionele kommentaar in.
  7. Jy sal ‘n bevestiging van jou afspraak per e-pos ontvang.
  8. Indien jy die afspraak wil skuif of kanselleer, volg die stappe in die e-pos.
  9. Jy kan tot en met 24 uur voor ‘n afspraak nog bespreek, verander of kanselleer.
  10. Om te sien watter onderwyser bied watter vak aan, sien gerus die personeelblad op die webtuiste.
Die skool verdaag op 31 Julie en 1 Augustus vroeër: 12:45 (gr. 1-3) en 13:00 (gr. 4-7)
Die bus sal om 13:10 vertrek.
Geen sport sal plaasvind nie.

AKADEMIE

Akademiese Week: 25 Aug - 2 Sept 2023

Dis ‘n KUNS om ‘n jannie te wees …

Gedurende 25 Aug. – 2 Sept. 2023 vier ons die KUNS van jannie-wees. Dit verg omtrent ‘n spesiale KUNS om ‘n jannie in murg-en-been te wees. Tydens hierdie week staan die ‘akademiese rooster’ soos ons dit ken, stil. Ons wyk van die verpligte KABV-kurrikulum af en gebruik ‘n lekker wye tema (Die KUNS van jannie-wees) om op verskeie areas met ons kern besigheid waarmee ons skool spog en uiters trots is nl. AKADEMIE te integreer. Ons bied die geleentheid aan ons personeel en ouers om betrokke by hierdie week te wees. Hierdie holistiese week sal baie pret en leersame geleenthede verseker. Om blootstelling en leergeleenthede aan leerders te bied sonder dat hulle besef dat hulle met akademie en leer besig is, is die KUNS.

Ons het ‘n soortgelyke week vier jaar gelede aangebied waartydens die klem op Sport in Akademie geplaas is. As gevolg van die sukses van aktiwiteite van daardie week het ons skool besluit om die daaropvolgende jaar hokkie as ‘n formele sport by ons skool aan te bied.

Die idee met vanjaar se Akademiese week is nie noodwendig om iets nuut na afloop van die week by die skool te implementeer nie, maar eerder om Akademie met verskillende leerareas rondom die woord KUNS te integreer. Om daardeur ons skoolgemeenskap te verryk en verder te bou aan die unieke, besondere kultuur wat Laerskool Jan van Riebeeck van ander skole onderskei. Die balans waarna ons skool jaarliks streef, word hiermee gevier, want dit verg ‘n spesiale KUNS om ‘n Laerskool Jan van Riebeecker te wees!

Ek rig ‘n ope uitnodiging aan jou as ouer/voog om betrokke by hierdie week se program te raak - as toeskouer, deelnemer of selfs aanbieder. Hou asb. hierdie ruimte dop, want daar sal weekliks verdere inligting rondom al die bedrywighede van die week geplaas word.

Vir nou is twee goed belangrik:
  1. Hou die datum op jou kalender oop en raak gerus saam met ons opgewonde!
  2. Indien jy voel dat jy graag betrokke wil raak, kontak my gerus (Marinda Brink: marinda@jvrprim.co.za). Enige talent, inligting, diens wat jy aan ons leerders kan oordra of jou kennis van ‘n spesifieke onderwerp wil deel, sal ‘n reuse bydrae by ons program kan maak. Dis altyd so lekker indien daar ‘n ouer/voog is wat iets vir ons leerders kan leer of demonstreer of aanbied. Enige voorstel is welkom. Voorbeelde om aan te dink: Dis ‘n KUNS om kuns te waardeer; die Geskiedenis van KUNS; Dis ‘n KUNS om jouself te beskerm, te beveilig; Om gesond te bly, is ‘n kuns; Dis ‘n KUNS om (interessante sport/vaardigheid) te bemeester; Om te kan skryf, is ‘n KUNS, om ‘n verskil in ander mense se lewens te maak is ‘n KUNS, ens.
Onthou dat ons fokus is om af te wyk van die gewone en om ander, interessante inligting te deel deur heerlike aktiwiteite en leergierige blootstelling te beplan.

Hier volg ‘n lys van bedrywighede wat reeds vir die week beplan is:
  • Vrydag, 25 Aug: Ouma- en oupadag met Elsabe Daneel as gasspreker (Die KUNS om in die onthou-gange van ouma en oupa te wandel). Kaartjies binnekort op Karri te koop. (Vir die grootouers)
  • Woensdag, 30 Aug:
    • Gr. 6 & 7-leierskappraatjie met Lindie Strydom as gasspreker (Die KUNS om leierskap te ontwikkel)
      (Vir ons senior leerders)
    • Jannies Talent (Die KUNS om talente te ontwikkel) – kaartjies binnekort op Karri te koop
      (Vir die gesin)
  • Donderdag, 31 Aug: Personeelopleiding (Sensoriese integrasie en die KUNS om dit aan te spreek (vir die onderwysers)
  • Vrydag, 1 Sept: Loslit-dag (Die KUNS van omgee) Kaartjies binnekort op Karri te koop (vir die leerders)
  • Vrydag en Saterdag (1 – 2 September): Sportafsluiting: Sport vs Laerskool Welgemoed. Inligting volg later.
  • Saterdag, 2 Sept.: Damesontbyt met Lindie Strydom (en nog ‘n verrassing) (Die KUNS van vrou-wees) Kaartjies binnekort op Karri te koop.
*Joga vir ons leerders word reeds ook beplan en sal oor verskeie dae aangebied word.

KULTUUR

Kooroptrede saam met Jak de Priester by Groote Kerk: 1 Aug 2023

Op kort kennisgewing gaan ons kore volgende Dinsdagaand, 1 Augustus, saam met Jak de Priester by die Groote Kerk sing. Dit word deur Hoërskool Jan van Riebeeck aangebied. St Cyprians koor sal ook sing. Die kore van Hoërskool en Laerskool Jan van Riebeeck gaan die gehoor met 'n verskeidenheid werke betower. Die vertoning sluit 'n optrede deur die Jak de Prister in en die aand word op 'n hoogtepunte afgesluit met 'n massa-kooroptrede saam met Jak.

Kaartjies - indien nie vooraf uitverkoop nie - sal ook by die deure beskikbaar wees!
  • Kaartjies is R80 en kan op Quicket of by die deure gekoop word.
  • Koorlede dra almal sweetpakke en tekkies.
  • Die Seniorkoor sal op die galery sit.
  • Die Juniorkoor sit by hul ouers.
  • Koorlede moet om 17:00 aanmeld vir 'n klanktoets.
  • Die program begin om 18:30 en sal om ongeveer 20:00 eindig.
  • Koorlede oefen asb. alleen by die huis: "Hiep hiep hoera, Suid Afrika" van Jak de Priester.
  • Ouers moet ASB. nie kinders later as 20:15 kom haal nie.
Hoop om julle almal daar te sien!

Koor: Reëlings 2023

  1. Na vele oorweging is daar besluit dat die kore hierdie jaar in hul sweetpakke en tekkies sal optree. Indien jou kind iets nie het nie, leen asb. by maats vir die geleenthede.
  2. Ons is op kort kennisgewing genooi om deel te wees van 'n koorkonsert by die Groote Kerk saam met Jak de Priester. Die voorlopige datums is 1 of 2 Augustus, dit sal nog bevestig word. Wees net solank bewus hiervan. Ons besluit volgende week of ons hieraan gaan deelneem.
  3. Die Weskus Koorfees is hierdie jaar by Laerskool Table View. Die datum vir ons skool is nog nie vasgemaak nie, maar dit sal tussen 16 en 19 Oktober wees.
  4. Daar is 2 Kerssangdienste waar ons kore gaan optree:
    • Tamboerskloof NG Kerk - datum sal nog bekend gemaak word (moontlik Sondag, 26 November)
    • Drieankerbaai NG Kerk - 3 Desember om 19:00
    • By die Kerssangdienste dra die koorlede almal WIT klere - dit lyk so feestelik!

Jannies Talent 2023

Jannies Talent is om die draai! Hou asb. 30 Augustus oop vir die "glansryke" aand!
  • Ouers sal binnekort in kennis gestel word wanneer hulle kaartjies op die Karri-toep kan koop.
  • Kaartjies sal R100 vir volwassenes en R50 vir kinders wees. Kom geniet die heerlike gesinsaand.

ALGEMEEN

Bring-en-Raai 2023

  • 11 Augustus 2023
  • Stuur 'n e-pos aan karienzulch@gmail.com en bespreek 'n tafel vir 'n span van 8 spanlede teen R1800 per tafel.

TERUGVOER

Karu Rademeyer presteer by Redenaars

Karu het vir die redenaarsafdeling by Radikaal 4de in die Wes-Kaap geëindig. Hulle het die Saterdag in Worcester slegs die afdelingwenner aangekondig, maar in die vakansie die finale lys met uitslae ook aangestuur. Sy het in twee ander leesafdelings gewen waarvoor sy in Oktober nasionaal toe gaan. Baie geluk, Karu!

Netbaluitslae: 26 Julie 2023

Baie geluk aan die Netbaldogters se uitstekende uitslae van hul wedstryde teen Rallim Prep en Zonnebloem Woensdag, 26 Julie!

o.9A: JvR vs Rallim prep gelykop 4-4
0.9B: JvR vs Rallim prep wen 9-0
o.10: JvR vs Rallim prep wen 20-4
o.11A: JvR vs Rallim prep wen 31-2
0.11B: JvR vs Rallim prep wen 6-3
o.12A: JvR vs Rallim prep wen 26-5
0.12B: JvR vs Zonnebloem A wen 17-1
o.13A: JvR vs Rallim prep wen 50-3
0.13C: JvR vs Zonnebloem A wen 6-1
0.13B: JvR vs Rallim prep wen 8-0

Hokkie-uitslae: 27 Julie 2023

Ons hokkiespanne het Donderdag hul eerste ligawedstryd vir die kwartaal gespeel. Ons het teen Reddam House Durbanville gespeel.

Seuns
9A: 4-0
10A: 4-1
11A: 8-1
13A: 6-0

Dogters
9A: 0-0
9B: 0-0
10A: 5-0
11A: 9-0
13A: 1-0

Ons is trots op ons goeie begin vir die kwartaal!

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 28 Julie 2023

Die einde van week 2 het so skielik sy verskyning gemaak en laat ‘n mens weereens besef hoe vinnig tyd verby snel. Dit voel skaars of die skool na die lekker wintervakansie heropen het, en hier staan ons aan die einde van week 2. Die anderkant van die munt is dat tyd nog vinniger verby gaan wanneer jy pret het, en dit is presies wat by ons wonderlike skool gebeur. Ons Jannies leer, speel sport en beoefen kultuur terwyl hulle pret het om net hulself te wees. Baie dankie aan al die personeel wat help dat ons die spesiale etos en kultuur by ons skool omhels sodat ons in die proses seker maak dat ons Jannies hul skoollewe terdeë geniet.

Verlede naweek het ons o.10 - o.13-hokkiespanne (seuns en dogters) suksesvol aan die LS Stellenbosch se hokkietoernooi deelgeneem. Die week begin die netbal-, hokkie- en rugby ligawedstryde. Die sportkalendar vir die kwartaal is vol gepak met sportwedstryde, toernooie asook die jaarlikse interskole wat weg teen LS Dirkie Uys te Moorreesburg vanaf 18 – 19 Augustus plaasvind. Ek versoek dus die ouers/voogde om gereeld ons kalender te raadpleeg om sodoende nie op die opwindende sport- en kultuuraktiwiteite uit te mis nie.

Gisteroggend met die aanvang van die skooldag het ek die voorreg gehad om na die senior koor te luister terwyl hulle oefen vir hul optrede saam met Jak de Priester op Dinsdagaand, 01 Augustus, by die Groote Kerk. Hulle het ongelooflik mooi gesing en my dag kon nie op ‘n beter noot begin het nie. Baie dankie en geluk aan juf. Helecia en mnr. Ben met die kore wat dag-na-dag net beter en beter sing soos hulle meer gereeld oefen en optree. Maak dus seker dat julle nie die spesiale optrede volgende week mis nie.

Op Vrydag, 21 Julie, het Stephanie le Roux gereël dat 13 van ons behoeftige leerders se oë by Tomlinson Oogkundiges getoets word. Esna van der Walt en Suna Karsten (almal oud-ouers) het die oogtoetse behartig. Ons was baie verbaas om te hoor hoeveel van die leerders ‘n brilvoorskrif benodig - 9 van die 13 leerders benodig ‘n bril. Party van die leerders het regtig hoë brilvoorskrifte nodig en ons hoop om ‘n verbetering in hul skoolwerk te sien. Tomlinson oogkundiges spesialiseer in kindervisie en doen jaarliks oogsiftingstoetse by verskeie skole in Kaapstad. Hiemee wil ons vir Esna en Suna vir die oogtoetse asook Stephanie wat al die rame en lense gerëel het, hartlik bedank vir die pragtige gebaar om ons behoeftige leerders te help.

Vandag is dit Groendag by die skool, ons vier die afskop van die Vroue Netbal Wêreldbeker wat in die Moederstad plaasvind. Hiermee wil ons, ons nasionale netbalspan voluit vir die hele toernooi ondersteun. Ons ondersteun ook graag die Bokke wat môre teen Argentinië in Johannesburg rugby speel. Daarom nooi ons ons ouers/voogde/au pairs uit om vandag Groen te dra ter ondersteuning van ons nasionale netbal- en rugbyspanne en sommer in die proses lekker gees te vang en nasie te bou!

Laat my ook toe om onderskeidelik vir Beulah (Snoepiebestuurder) en haar man Andrew Magerman hartlik geluk te wens met hul troue wat op 08 Julie plaasgevind het asook Suzaan en Gerrit wat verlede naweek verloof geraak het. Ons beste wense en ‘n wonderlike toekoms saam vergesel hulle.

Graag sluit ek dan af met die volgende stelling oor dankbaarheid en wens vir al die sportspanne wat oor die naweek gaan deelneem sterkte toe. Mag almal ‘n wonderlike naweek saam met jul gesinne geniet.

“Dankbaarheid is die kortste weg na Geluk.’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir advertensies van die week

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Email Marketing Powered by MailPoet