Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

So breek die einde van ‘n lang en besige, maar opwindende kwartaal aan. Vandag ontvang elke leerder sy/haar rapport om erkenning te ontvang vir hul harde werk, toewyding en deursettingsvermoë die afgelope kwartaal. Ek wil graag die leerders gelukwens en komplimenteer met hul spograpporte. Ons is saam met julle as ouers/voogde baie trots op jul kinders se akademiese vordering en –prestasies. Geniet nou die welverdiende vakansie om sommer alles te doen wat jy die afgelope tyd as gevolg van die eksamen nie voor tyd gehad het nie.

Ons sporttoerspanne het op Maandag, 19 Junie, so net na 08:00 op ‘n luukse bus na die Suid-Kaap vir ‘n weeklange sporttoer vertrek. Die eerste stop en wedstryde het op dieselfde dag teen LS Swellendam geskied waar die hokkiespanne hul eerste toerwedstryde gespeel het. Die o.13A-seunshokkiespan het ongelukkig 1 – 2 verloor, maar die o.13A-dogterspan het daarvoor opgemaak en 1 – 0 gewen. Die toer het dus op ‘n goeie noot afgeskop en nie eers die gure weer kon hul geesdrif demp nie.
Laat my asseblief toe om ons personeel hartlik te bedank vir hul harde werk en toewyding die afgelope kwartaal om te verseker dat ons Jannies hul volle potensiaal bereik. Dit was ‘n besige kwartaal vol sportaktiwiteite en lekker geleenthede soos die kleiduifskiet, kaperjolle en die suksesvolle veiling. Indien jy refleksie rakende die afgelope kwartaal sou wou neem, staan daar een ding soos die spreekwoordelike paal bo water uit en dit is SUKSES. Daarvoor is ons baie dankbaar en wil graag ons dinamiese Beheerraad hartlik bedank vir hul effektiewe leiding en kosbare tyd om saam met die EXCO (bestuurspan) Laerskool Jan van Riebeeck na hoër hoogtes te lei sodat ons trotse skool as een van die voortreflikste skole in die land kan vestig. ‘n Skool kan slegs suksesvol wees indien sy ouers/voogde aktief betrokke is, en dit is waarvoor ons skool staan – betrokke ouers/voogde wat net die beste vir hul kinders en die skoolgemeenskap wil hê. Mag ons die spesiale etos by die skool asook die unieke band tussen leerders, ouers/voogde en personeel vir nog baie lank koester! Solank ons onsself kan wees, sal die Laerskool Jan van Riebeeck van krag-tot-krag gaan. Laastens, maar nie die minste nie, baie dankie aan Louise en haar wonderlike span by Huppelland wat ongelooflike werk doen om die Huppellanders so mooi vir die laerskool voor te berei.

Baie dankie aan die musiekdepartement (Helecia, Ben en Estelle) vir die pragtige musiekkonserte wat op Dinsdag, 20 Junie, in skooltyd aangebied is. Baie dankie en geluk aan die musiekleerders wat ons met hul talente trakteer het. Julle maak ons baie trots! Baie dankie ook aan die ouers/voogde asook oumas en oupas wat die geleentheid kom ondersteun het.

Graag sluit ek af met die volgende stelling van Arianna Huffington rakende dankbaarheid en wens vir julle ‘n wonderlike en welverdiende vakansie toe. Wees veilig. Ons kan nie wag om al die Jannies op 18 Julie terug by die skool te verwelkom nie:

“Living in a state of gratitude is
the gate way to grace.’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Trotse Jan van Riebeeck-span

Die Hoër- en Laerskool Jan van Riebeeck word hierdie jaar omtrent bederf met ‘n eerste. Adrian en Mieke Huysamen verteenwoordig hul gesin deur hierdie jaar elkeen ‘n hoofleierrol in hul onderskeie skole te vertolk. Adrian, die Hoofseun vir 2023 (HS JvR), en sy sussie, Mieke, as Hoofdogter vir 2023 (LS JvR). Hoe kosbaar is dit nie vir ons Jan van Riebeeck-span om dit saam met die Huysamen-gesin te vier nie!

VIR AANDAG

Ouerbesoeke: 31 Julie - 1 Augustus 2023

Neem kennis dat ons in die eerste week van kwartaal 3 die skakel sal stuur sodat ouers afsprake met onderwysers kan maak. Dagboek solank die datums waarop dit sal plaasvind.

KULTUUR

Hoërskool Jan van Riebeeck-Kunstefees: 1 - 4 Augustus

Hoërskool Jan van Riebeeck nooi ons leerders uit om in te skryf vir hul tweede Kunstefees wat vanjaar vanaf 1 tot 4 Augustus 2023 aangebied word. Volg die skakels vir meer inligting en die inskrywingsvorm.

Stuur gerus enige navrae na kunstefees@janvanriebeeck.co.za.

ALGEMEEN

Vakansiesorg Junie - Julie 2023

Volg die skakel vir vakansiesorginligting en -inskrywingsvorm.

TERUGVOER

Leerders presteer in Ritmiese Gimnastiek: 17 Junie 2023

Drie graad 3 leerders, Antjie Samuel, Nina Burger en Maia du Toit het Saterdag, 17 Junie, aan Level 2 Ritmiese Gimnastiek WP -Kampioenskappe deelgeneem. Antjie en Nina het silwer medaljes gekry en Maia goud. Hulle is al drie so trots en ons ook, welgedaan Jannies!

Nasorg kwartaalafsluiting: 21 Junie 2023

Die nasorgleerders het op Woensdag, 21 Junie, baie pret by hul kwartaalafsluiting gehad. Twee groot springkastele is in die saal opgerig en leerders het die hele middag gehad om lekker te speel en te spring. Na al die reënweer en binne pouses die afgelope week, het almal dit ekstra baie geniet! Baie dankie aan Madri vir die inisiatief en dat jy en jou span uit jul pad gaan om dit vir ons Jannies wat in die middae by die skool bly, lekker te maak!

Unisa Klaviereksamens 2023: uitslae

Baie geluk aan hierdie twee leerders wat uitstekend in die Unisa-Klaviereksamens gevaar het:
Karu Rademeyer - Graad 1 - 76%
Antjie Samuel - Voor-Graad 1 - 88%

Ons is baie trots op julle!

Kliek HIER vir advertensies van die week

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Email Marketing Powered by MailPoet