Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

19 April, 2024 - Rugby: o.7 - o.13 Curro Durbanville (TUIS) 00:00-23:59
19 April, 2024 - Toets: Engels (gr. 4 en 6), Afrikaans (gr. 5 en 7) 07:45-09:10
20 April, 2024 - Kaperjolle 12:00-18:00
21 April, 2024 - Marietjie de Kock (OLSO) verjaar 00:00-23:59
21 April, 2024 - Annet Wilke (Terapeut) verjaar 00:00-23:59
22 April, 2024 - Graad 1-3 uitstappie: Junior Suidoosterfees 08:00-13:00
23 April, 2024 - Graad 4-5 uitstappie: Junior Suidoosterfees 08:00-13:00
23 April, 2024 - Wêreldboekedag 08:00-14:00
23 April, 2024 - Skrywersbesoek Gr. 1-6 - Wendy Maartens 08:30-09:00
24 April, 2024 - Netbal: o.7-o.13 De Tyger (WEG) 00:00-23:59
24 April, 2024 - Rugby: Laerskool Edgemead (TUIS) 00:00-23:59
24 April, 2024 - Graad 6-7 uitstappie: Junior Suidoosterfees 08:00-13:00
25 April, 2024 - Hokkie Seuns: Sunningdale (TUIS) 00:00-23:59
25 April, 2024 - Hokkie Dogters: Sunningdale (WEG) 00:00-23:59
25 April, 2024 - Oueraand 18:00-20:00
26 April, 2024 - Sivvies 07:45-14:00
26 April, 2024 - Toets: Aardrykskunde ass. (gr. 4 - 6), NW (gr. 7) 07:45-09:10
26 April, 2024 - Landloopwedloop: Sweet Valley 14:15-15:15
27 April, 2024 - Keenen Faro (Onderwyser) verjaar 00:00-23:59
27 April, 2024 - Hokkietoernooi: o.9 & o.10 Seuns en Dogters by Laerskool Tableview. 00:00-23:59
27 April, 2024 - Hokkie: o.9 en o.10 Seuns en Dogters Toernooi Laerskool Tableview (WEG) 00:00-23:59
29 April, 2024 - Netbal: o.7-o.13 Monte Vista (TUIS) 00:00-23:59
30 April, 2024 - Graad 6-uitstappie: Wonderdal Science Centre 08:00-14:00
1 Mei, 2024 - Werkersdag 00:00-23:59
2 Mei, 2024 - Hokkie Seuns: Milnerton (WEG) 00:00-23:59
2 Mei, 2024 - Hokkie Dogters: Milnerton (TUIS) 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Hokkie: Edgemead 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Ursula Williams (Nasorg) verjaar 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Toets: Wiskunde (gr. 4 - 7) 07:45-09:10
3 Mei, 2024 - Uitstappie gr. 5 en 6: Peter and the Wolf by Artscape 10:30-12:30
3 Mei, 2024 - Landloopwedloop: Camps Bay 14:15-15:15




>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Kan julle glo, vandag is dit reeds die 2de week nadat die skool sy deure vir die akademiese jaar geopen het. Tyd vlieg ongelooflik vinnig verby. Roetine word weer stadig maar seker deel van ons leerders se daaglikse lewe en dit is verblydend om die stralende gesiggies te sien wat soggens by die skool opdaag.

Vandag is ‘n baie spesiale dag, want vandag is dit Jannies Jooldag om die 100 + 1 bestaansjaar van ons trotse skool te vier. Die pandemie het ons feesvieringe in 2021 totaal bederf, maar vandag beplan ons om die spreekwoordelike rooi tapyt uit te rol wat verskeie pret aktiwiteite insluit om ons Jannies te bederf. Aktiwiteite sluit in waterglyplank, "putt-putt", hindernisbaan en sportkaskenades vir die gronslagfase leerders terwyl die Graad 4 tot 7-leerders met swemkaskenades, balspeletjies, sportkaskenades, toutrek en "minute to win it" vermaak gaan word. Ek glo die Jannies gaan hul gate uit geniet en hou gerus die JvR-Kiek dop vir foto's. 100 + 1 Feesvieringe vir ouers/voogde geskied dan op Maandag, 31 Januarie, vanaf 18:00 by die skool met ‘n spog kunsuitstalling van die leerders se kunswerke wat die 100 jaar se geskiedenis en ryk tradisies van die skool uitbeeld. Moet asseblief nie die spoggeleentheid misloop nie.

Volgende week skop ons met die buitemuurse program af. Ek doen ‘n beroep op al ons leerders om aan al die sport- en kultuuraktiwiteite deel te neem. Ons weet almal dat buitemuurse aktiwiteite fiksheid, konsentrasie, deursettingsvermoë, dissipline, spierontwikkeling en samehorigheid ontwikkel.

Baie dankie aan ons ouers wat so getrou die afgelope week die ouerinligtingsaande bygewoon het. Graag daag ek julle uit om aktief betrokke by jou kind se skoolwerk te wees. Betrokke ouers verbeter hul kind se skoolprestasies en die kinders voel akademies meer bekwaam. Belê in jou kind se toekoms deur tyd te maak met jou kind rakende sy/haar skoolwerk. As skoolhoof verstaan ek die waarde wat betrokke ouers se waarde is. Onthou dat my deur altyd oopstaan.

Vandag is dan ook my 2de verjaardag by die skool wat dié dag nog meer spesiaal maak. Ek is egter bekommerd dat die leerders dink die spesiale Jooldag is deel van my verjaardag, want dan skep dit ‘n verwagting dat die pret aktiwteite elke jaar op my verjaardag gaan geskied.

Op Dinsdag, 25 Januarie, het ons weer met normale saalbyeenkomste begin wat voorheen met die pandemie nie moontlik was nie. Dit was dan my voorreg om die Intersenfase leerders (Gr. 4 - 7) en personeel toe te spreek. My boodskap het oor dankbaarheid gehandel. Volgens die HAT is dankbaarheid die gevoel van waardering wat ‘n mens tevredenheid gee. Ek versoek ons hele skoolgemeenskap om te probeer om met meer dankbaarheid te leef, veral met die lesse wat die pandemie wat ons die afgelope tyd geleer het. Ek glo verder dat dankbare mense gelukkige mense is en gelukkige mense is diensbaar tot die mensdom. Kom ons maak ‘n gewoonte om mense te bedank, want om dankie te sê is ‘n erkenning aan die mensdom.

Ons is so dankbaar dat dit baie beter met Kolya gaan aangesien hy nie meer in die Hoë Sorgeenheid van die hospitaal is nie. Ons bid vir sy spoedige en volkome herstel.

Graag sluit ek af met die bekende aanhaling van Mary Davis:
"The more grateful I am, the more beauty I see."

Geniet die naweek!
Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

ALGEMEEN

OOV-klasverteenwoordigers 2022

Kan jy goed organiseer? Wil jy graag help om die lewe makliker en lekkerder vir almal by Laerskool Jan van Riebeeck te maak of het jy ander eienskappe wat ons by die OOV nodig het?

Kontak asb. vir Ria Hertzog (oov@jvrprim.co.za of 082 320 3288) as jy bereid is om op die OOV te dien of met enige vrae.

100 +1 Feesvieringe en Kunsuitstalling

Ons kan uiteindelik Maandagaand, 31 Januarie, ter viering van ons skool se 100 + 1 verjaardag lekker saam kuier. Ons (slegs ouers/voogde en onderwysers) ontmoet mekaar stiptelik om 18:00 in die skoolsaal waarna kos en drankies buite die saal beskikbaar sal wees. Ons sal die koskaartjies (soos deur Karri bestel) vanaf 17:30 voor die saal beskikbaar hê. Dit verseker dat dit nie verlore raak nie. Die kunsuitstalling is dwarsdeur die skool. Jy is welkom om teen jou eie tyd rustig daarna te kyk.

AKADEMIE

Sinchroniseer skool se kalender(s)

Indien jy onseker is hoe om die skool se algemene kalender en/of die Gr.4-7 taak-en toetsrooster kalenders met jou eie kalender te sinchroniseer, volg die gepaste skakel hieronder (ook beskikbaar aan die bokant van ons webtuiste). Volg dan die instruksies in die grys blokkies wat op jou van toepassing is.

Algemene kalender
Graad 4 taak- en toetsrooster
Graad 5 taak- en toetsrooster
Graad 6 taak- en toetsrooster
Graad 7 taak- en toetsrooster

Indien jy steeds nie regkom nie en graag die kalender op jou selfoon/rekenaar se kalender wil hê, stuur gerus 'n e-pos na suzaan@jvrprim.co.za.

KULTUUR

Redenaars 2022

Die beplanning vir 2022 se redenaarsprogram het reeds verlede jaar begin. Indien enige iemand oor die vakansie besluit het hulle sien wel kans vir hierdie goeie uitdaging, moet jy asseblief teen Dinsdag, 1 Februarie, vir Andri Baird ‘n e-pos stuur (andri@jvrprim.co.za).

Sluit asb. die volgende inligting by die e-pos in:

• Naam en van (leerder)
• Graadgroep 2022

Verdere inligting sal per e-pos aan almal gekommunikeer word.

Baie dankie!

SPORT

Swemgroepe

Volg die skakel na die swemblad op ons webtuiste en volg die gepaste skakel om te sien in watter swemgroep jou kind(ers) ingedeel is. Indien daar "no more options" langs jou kind se naam staan, beteken dit hy/sy het nog nie plek nie, maar ons sal julle kontak sodra daar 'n plek oopgaan. Stuur gerus 'n e-pos na sport@jvrprim.co.za indien jy enige vrae het.
SWEMBLAD

Buitemuurse program: Kwartaal 1 2022

Die buitemuurse program vir die eerste kwartaal sal op Maandag, 31 Januarie, begin. Ons gaan wel met ons tennisranglys spelers vroeër begin ter voorbereiding van hul eerste wedstryde.

Let asb. daarop dat ons hierdie kwartaal saam met St Cyprians se leerders op die Gardens rugby & football klub se velde atletiek gaan oefen. Die Hoërskool gaan binnekort met herstelwerk op hul velde begin en dit sal dan nie beskikbaar wees nie. Leerders sal steeds met die bussies vervoer word of ouers/voogde kan hulle kom aflaai en optel by die veld.

Ons gaan ook die kwartaal afskop met die O/12 & O/13-netbalproewe. Leerders wat hierdie jaar vir die spanne wil speel, moet die proewe bywoon sodat ons spanne kan finaliseer. Sien asb. die webkalender vir datums. Meer inligting sal met spelers gekommunikeer word.
2022-Buitemuurse-program - Somer 1-1

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies 28 Jan 2022

Kliek HIER vir die Jannies besigheidsregister

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet