Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Klerebank van 1 - 20 Okt. 2023 gesluit

Die klerebank sal vanaf 1 – 20 Oktober vir alle aankope (aanlyn en in persoon) gesluit wees. Tydens hierdie periode neem die skool die voorraad by Eda oor en die nodige stelsels en strukture word in plek gestel om skooldrag maklik aan almal beskikbaar te stel. Ons waardeer elkeen se geduld met hierdie proses. Ons sal nader aan die tyd alle ander besonderhede bekendstel.

Skooler: SPORT-kontakgroepe

Ons wil 'n beroep op ouers doen om in Skooler te gaan kyk of al die sportgroepe waaraan kinders behoort onder Messages gelys is.
  1. Maak Skooler oop.
  2. Gaan na Messages en kliek op die pyltjie aan die regterkant van die balkie.
  3. Gaan kyk of al die nodige sportgroepe daar gelys is.
  4. Indien jy meer as een kind in die skool het, doen dieselfde op hul profiel(e).
  5. Indien al die groepe nie gelys is nie (bv. jou kind neem aan hokkie deel, maar jy sien nie enige hokkiegroepe nie), stuur 'n boodskap op die Algemene groep op Skooler of 'n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za met jou kind se naam, van, graad en watter sportsoort hy/sy aan deelneem wat nie in jou kontakgroepe verskyn nie.
  6. Indien jy sportgroepe sien waaraan jou kind nie meer deelneem nie, kan jy my ook kontak om die groep af te haal van jul profiel.

KULTUUR

Dramatye tydens somersport

Gr. 1 - 3
Maandag 14:30 - 15:30
Woensdag 14:10 - 15:00
Vrydag 13:00 - 14:00

Gr. 4 - 7
Maandag 15:30 - 16:30
Woensdag 15:00 - 16:00
Vrydag 14:00 - 15:00

Koorfees: 17 Oktober 2023

Albei ons kore tree 17 Oktober om 19::00 by die Weskus Koorfees op.
  • Dit word hierdie jaar by Laerskool Table View aangebied.
  • Kaartjies is op die Karri-toep teen R80 te koop.
  • Kinders onder 3 wat op hul ouers se skote sit, kry gratis toegang.
  • Ons skool kry slegs 'n beperkte aantal kaartjies, so gou spring!!
  • Die afsnydatum vir kaartjie-aankope is 27 September.

ALGEMEEN

Roomyse te koop: 22 September 2023

SA Kinderhuis verjaar!

Prysuitdeling bekers 2023

Kan alle leerders wat verlede jaar bekers by die prysuitdeling ontvang het, dit asseblief so gou as moontlik terugbring skool toe. Onthou asseblief ook dat leerders self daarvoor verantwoordelik is om die beker te laat graveer. Alle bekers kan na die biblioteek gestuur word. Baie dankie!

The World Needs a Father CT: 13 - 15 Oct 2023

Kliek HIER vir meer inligting en vir die vorm wat jy kan voltooi indien jy belangstel.

Bok-Vrydag

Ter ondersteuning van die Springbokke by die Rugby Wêreldbeker, mag leerders elke Vrydag tot en met die einde van die kwartaal groen met geel sivvies aantrek.

TERUGVOER

Jannies deel van Tosca-produksie

Drie Jannies, Jacob Venter, Karu Rademeyer en Abigail Fourie, is deel van die produksie, Tosca, by die Kunstekaap Opera Huis. Die produksie is van 12 tot 17 September op die planke en kaartjies is op Computicket beskikbaar. Baie geluk aan hierdie drie Jannies!

MathArt Kunskompetisie 2023

Die Nelson Mandela Universiteit bied die afgelope vyf jaar ‘n nasionale kunskompetisie aan vir leerders van gr. 7 tot gr. 12. Hierdie jaar se tema was MATHEMATICS IN AFRICA: PAST, PRESENT, FUTURE (‘n uitdagende een!). Leerders moes ‘n kunswerk maak wat die tema uitbeeld en wat wys hoe Wiskunde en Kuns bymekaar aansluit. Hulle moes dan daarby ‘n geskrewe deel inhandig oor watter tipe Wiskunde hulle gebruik het en hoe dit by die tema aansluit.

Die eerste paar rondtes van beoordeling vind aanlyn plaas, waarna die finaliste se fisiese werke na die NMU gestuur word vir die finale beoordeling. Voor die pryswenners aangekondig word, word die werk deur verskeie wiskundiges en kunskenners beoordeel. Hierdie jaar was daar ‘n rekordgetal inskrywings landwyd en ons is ongelooflik trots op die volgende leerders se prestasie:

Silwer: Neil Heyns en Katia van Wyk
Brons: Zuletha Ferreira, Mieke Huysamen en Eddie Quixley
  • Neil beeld die Groot Vyf uit en lewer kommentaar op stropery: die afname in getalle van diere soos renosters en die gevolglike styging in waarde van renosterhorings.
  • Katia se werk fokus op die Wiskunde in finansies en handeldryf: van ‘cowrie’ skulpe en goud in Timbuktu tot die uitbeelding van ‘apps’ wat kriptogeld beheer.
  • Zuletha ondersoek afstande: Sterrekunde en die Sutherland teleskoop (SALT)
  • Eddie se werk verwys onder andere na die Egiptiese piramiedes, Sterrekunde en MeerKAT in die Noord-Kaap.
  • Mieke sien Wiskunde in die heksagone van byekorwe en verbind dit met die potensiële gevaar wat die ‘Africanised bee’ inhou vir die getalle van gewone bye.
Danksy hierdie leerders se talent en toegewydheid, ontvang Laerskool Jan van Riebeeck ‘n toekenning vir die skool met die 2de meeste pryswenners landwyd!

Die prysuitdeling het Maandag, 4 September, by die P.J. Olivier Kunssentrum te Stellenbosch plaasgevind en die leerders is vergesel deur hulle ouers en ‘n baie trotse juffrou Rentia.

Antjie Samuel Eisteddfod klavieruitslae 2023

Baie geluk aan Antjie Samuel wat 2 medaljes in die Klavierafdeling gewen het! Sy wen die Unisa medalje en dan borg Unisa volgende jaar haar eksamen. Sy het ook die medalje in haar Graadgroep gewen. Ons is baie trots op haar!!

WOW-Spelfees 2023 Provinsiale wenners

Skaakuitslae: 8 September 2023

Die o.13-span het hul laaste ligawedstryd teen Houtbaai Internasionale skool op Vrydag, 8 September, gespeel. Ons is trots om te noem dat die span 5-1 gewen het. Ons het goed in die liga gevaar en sien uit daarna om volgende jaar weer deel te neem.

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 15 Sept. 2023

Die Bokke het hul wêreldbeker-rugbyveldtog goed afgeskop deur die Skotte 18 – 3 te klop tydens hul eerste wedstryd op Sondag, 10 September, te Stade De Marseille. Ek is seker daarvan dat dit almal se hoogtepunt van die naweek was. Dit is dus belangrik dat jy vandag weer "#Bok-Friday" ten volle ondersteun deur jou springboktrui, of ‘n springbok t-hemp of net iets groen en goud met trots aantrek om die Bokke te ondersteun in hul soeke na glorie. Mag die Bokke die naweek teen Roemenië vir al die ander spanne wys ‘waar Dawid die wortels gegrawe het’.
Op Vrydag, 04 September, het ek al ons gr. 1’s na HS Jan van Riebeeck vergesel om vir elke matrikulant ‘n spesiale kaartjie vir goeie eksamen-wense in die saal te oorhandig. Dit het ons gedoen net voordat hulle met Wiskunde en Wiskundige geletterdheid begin skryf het. Ons gr. 1’s het die pragtigste boodskappe geskryf wat ‘n kosbare glimlag op elke matrikulant se gesig veroorsaak het en ook sommer in die proses die eksamenstres verlig het. Een van die boodskappe het soos volg gelees: "Ek weet wiskunde is baie, baie moeilik, maar ek weet jy kan!". Hierdie tipe van uitreik na die HS Jan van Riebeeck gaan ‘n jaarlikse instelling word. Volgens die gr. 1’s was dit die beste uitstappie van hul lewe, want hulle kon die ‘groot’ skool besoek. Ons wens HS Jan van Riebeeck se matrikulante alles van die beste vir jul rekord-eksamen toe asook die nasionale seniorsertifikaat-eksamen aan die einde van die jaar.
Op Saterdag, 09 September, het 19 van ons leerders aan die jaarlikse WOW-spelkompetisie se provinsiale rondte te Stellenbosch deelgeneem en soos oudergewoonte puik gevaar, Baie geluk aan die volgende vyf leerders wat vir die Nasionale kompetisie gekwalifiseer het:

Graad 1: Wrensch Silvis (2de)
Graad 4: Ghia Perreira (3de)
Graad 5: Katryn Silvis (1ste) en Amelie van der Walt (2de)
Graad 6: Isabella Marais (4de)

Ons wens vir hulle alle voorspoed en sterkte vir die nasionale rondte toe. Julle maak ons baie trots en ons hou styf duimvas. Baie dankie Ilse-Marié, Raché en Erick wat ons leerders vergesel het.

Baie geluk en sterkte aan die volgende drie leerders wat in die kinderkoor vir die produksie Tosca by die Kunstekaap Opera Huis vanaf 12 –17 September optree:

Karu Rademeyer
Abigail Fourie
Jacob Venter

Ons is baie trots op julle drie en ons weet dit het baie harde voorbereiding geverg.

Hierdie week het die kwartaallikse boekverkoping vanaf 11 – 12 September in ons biblioteek plaasgevind. Baie dankie aan al die leerders wat dit ondersteun het en geniet julle nuwe leesstof terdeë. Baie dankie Marlize vir al die puik reëlings om die dag moontlik te maak.

Alhoewel die weer net eenvoudig nie wil saam speel nie, want die lente het nog nie sy opwagting in die pragtige Moederstad gemaak nie, het ons die afgelope week alreeds met somersportoefeninge begin. Ons moedig al ons Jannies aan om aan ‘n somersport deel te neem en hope pret te hê.

Graag sluit ek af met die onderstaande aanhaling van Kirsten Armstrong (Olimpiese goue medaljewenner vir fietsry) met die fokus op dankbaarheid en positiewe denke. Ek wens vir julle ‘n wonderlike naweek toe.

"When we focus on our gratitude,
the tide of disappointment goes out and
the tide of love rushes in!"

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek

Kliek HIER vir advertensies van die week

Email Marketing Powered by MailPoet