Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Toets van Vrydag, 1 Sept., uitgestel

Die Geskiedenistoets wat geskeduleer is vir gr. 4 - 6 vir Vrydag, 1 September, sal met een week uitgestel word a.g.v. die akademiese week. Hierdie toets sal nou op Vrydag, 8 September, geskryf word. Die gr. 7's se Geskiedenistoets word ook uitgestel, maar daar sal aan hulle gekommunikeer word wanneer hulle dit sal skryf aangesien hulle 'n Tegnologietoets op Vrydag, 8 September, skryf.

Skooltye 28 Aug. - 4 Sept. 2023

Leerders gaan tydens Akademiese Week sport in skooltyd beoefen. Daar sal dus geen sport na skool wees nie. Maandag, 4 Sept, verdaag die skool vroeër a.g.v. 'n personeelopleiding.

Maandag, 28 Aug.:

Netbal / Rugby
12:00 - 13:00
o.7 - o.9

Dinsdag, 29 Aug.:

Hokkie
11:30 - 12:30 (o.7 - o.9)
13:00 - 14:00 (o.10 - o.13)

Woensdag, 30 Aug.:

Netbal / Rugby
11:30 - 12:30 (o.7 - o.9)
13:00 - 14:00 (o.10 - o.13)

Maandag, 4 Sept.:

Skool verdaag vroeër
12:45 (graad 1 - 3)
13:00 (graad 4 - 7)

AKADEMIE

Akademiese Week 2023: Aktiwiteite

“Juffrou, waarom gaan ons soveel lekker dinge doen as dit die akademiese week is?” vra ‘n leerder aan my terwyl ek die advertensies in die gange aanbring.

“Akademie is lekker! Dis waarom ons lekker dinge doen,” was my antwoord op hierdie vraag.

Dis net hier waar ek besef het watter belangrike rol ons huidige ingesteldheid teenoor akademie speel: Die visie vir ons skool se akademie is om ‘n geïntegreerde, interaktiewe omgewing te skep waarbinne leerders veel meer as net die voorgestelde KABV (CAPS) kurrikulum onder die knie het. Ondersteuning, intervensie, blootstelling en verryking speel alles ‘n kardinale rol in die leerproses.

Met die akademiese week op ons voorstoep is die uit einde om vir ‘n week die ‘normale’ skoolprogram opsy te plaas om sodoende onderwysers en leerders die vryheid te bied om op verskillende maniere en vlakke te leer. Ons betrek dan ook ons breër skoolgemeenskap deur interessant gesprekke, inligting, opleiding, ens. aan te bied.

Dit verg ‘n spesiale KUNS om ‘n jannie te wees!

Die week begin amptelik vandag met ouma- en oupadag asook ‘n spesiale sivviedag … KUNS is … Ons eindig ons week met ‘n hoogtepunt af … kaskarresies bly maar altyd net ‘n groot lekkerte.

Dankie vir die ondersteuning en entoesiasme oor leer en die lekkerte rondom dit.

Marinda Brink

KULTUUR

Jannies Talent 2023 is hier!

Dis hier! Het jy al jou kaartjie op Karri bespreek??
  • Wanneer: Woensdagaand, 30 Augustus, om 18:30
  • Opwindende talent!
  • Lekker eet- en drinkgoed te koop
  • Bring die hele gesin!
Sien jou daar!

ALGEMEEN

JvR-Kiek

Die skool het 'n platform waarop ons foto's van skoolaktiwiteite deel. Indien jy nog nie daarop ingeteken het nie, of graag 'n e-poskennisgewing wil ontvang wanneer ons iets geplaas het, volg gerus hierdie skakel vir instruksies: JvR-Kiek

Prysuitdeling bekers 2023

Kan alle leerders wat verlede jaar bekers by die prysuitdeling ontvang het, dit asseblief so gou as moontlik terugbring skool toe. Alle bekers kan na die biblioteek gestuur word. Baie dankie!

Loslitdag: 1 September 2023

*Plakkers gaan van volgende week af op Karri beskikbaar wees.

Vrydag, 1 September 2023, is Loslitdag!
  • Tema: Share a smile
  • Trek bont en kleurvol aan!
  • Betaal R20 vir 'n loslitdagplakker om Vrydag, 1 September, sivvies aan te trek!

TERUGVOER

Abigail Fourie presteer in Gimnastiek

Abigail Fourie het op 12 Augustus aan WP se distrikskompetisie vir Ritmiese Gimnastiek deelgeneem. Sy het onderskeidelik 'n podium posisie vir "freehand" en "lint" verwerf en sy het op die dag algeheel 3de geëindig. Sy neem op 26 Augustus aan WP-proewe deel.

Baie geluk, Abigail. Ons hou duimvas vir die 26ste!

Interskole 2023: Uitslae

Netbal:

Saterdag, 19 Aug., was dit weer tyd vir ons jaarlikse interskole teen Laerskool Dirkie Uys. Die kompetisie was nie maklik nie, veral nie met passievolle ouers langs die baan nie, maar ons dogters het nie dat dit hulle onderkry nie. Alle spanne het baie goed gevaar. Volgende jaar is ons weer reg vir hulle!

o.7A verloor 1-6
o.7B verloor 0-2
o.7C wen 2-1
o.8A wen 7-4
o.8B wen 2-1
o.8C verloor 1-2
o.9A verloor 7-4
o.9B verloor 7-2
o.10A verloor 6-10
o.10B wen 7-2
o.11A wen 17-10
o.11B verloor 3-9
o.11C verloor 1-5
o.12A verloor 14-15
o.12B wen 21-5
o.13A wen 28-15
o.13B wen 11-5
o.13C wen 5-4

Hokkie:

Ons hokkiespanne het Vrydag teen Dirkie Uys te staan gekom vir ons jaarlikse Interskole en het hul uitstekend van hul taak gekwyt. Baie dankie aan al ons ouers en ondersteuners wat langs die veld was om ons aan te moedig. Hier volg ons uitslae:

Hokkie Seuns:

o.7 verloor 0-8
o.8 verloor 1 - 16
o.9A verloor 2-5
o.9B verloor 0-1
o.10A 2-2
o.10B wen 6-0
o.11 wen 2-1
o.13 wen 4-0

Hokkie Dogters:

o.7 verloor 2-3
o.8 verloor 0-6
o.9 verloor 2-3
o.10 4-4
o.11 wen 3-2
o.13 wen 6-0

Rugby:

Saterdag, 19 Augustus, het ons rugbyspanne gewys dat rugby nie net in die platteland gespeel word nie. Die o.7 - o.9-spanne kon ongelukkig nie hulle wedstryde wen nie, maar het deurgans goeie rugby gespeel waarop hul afrigters ongelooflik trots was. Die o.11A-span het toe die bordjies verhang en die o.13A-span kon die dag afsluit deur geskiedenis te maak en vir die eerste keer op Dirkie Uys se tuisveld te wen.

Baie dankie vir al die ondersteuning wat die ouers aan die rugbyprogram bied deur te sorg dat die leerders betrokke en toegewyd is. Ons sien uit na JvR se rugbytoekoms.

o.7B wen 5-1
o.7A verloor 0-8
o.8B verloor 0-7
o.8A verloor o-4
o.9B verloor 0-6
o.9A verloor 2-5
o.11A wen 19-14
o.13A wen 27-14

Frank van der Walt presteer in Rugby

Ons het Woensdag die nuus gekry dat Frank van der Walt opgeneem is in die WP o.12-oefengroep. Hierdie groep bestaan uit die twee spanne wat die WP o.12 A en B spanne gaan verteenwoordig in Riversdal by die kustoernooi tydens die eerskomende skoolvakansie. Frank raak dan ook die skool se eerste WP-verteenwoordiger in rugby sedert 2013. Baie geluk Frank! Jou harde werk is beloon. Baie geluk ook aan die trotse ouers, naamlik Franci en Nel, ons is saam met julle trots op sy prestasie.

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 25 Augustus 2023

Ek probeer normaalweg nie om al die fokus in my weeklikse nuusbriewe rakende skoolsport te hou nie, maar ek glo dat ek my plig sal versuim indien ek nie die afgelope Interskole teen Laerskool Dirkie Uys te Moorreesburg uitsonder nie.

Al die opwinding, positiewe energie en afwagting, en glo vir my daar was baie, het begin op Maandag, 14 Augustus, met die afskop van die Geesweek. Die spreekwoordelike kersie op die koek was die ‘Groot Brag’ wat Vrydagoggend vanaf 09:00 – 10:00 in die saal plaasgevind het. Vanjaar het die geeskomitee 'GROOT' gegaan en almal se verwagtinge oortref met die omvang van die 'Groot Brag'. Dis begin met ‘n spesiale video waarin al die personeel hul onderskeidelike dansies uitvoer as deel van die geesvang asook om ons leerders sterkte vir die Interskole toe te wens. Dit is weereens ‘n bewys van die goeie gees wat onder die personeel heers asook hul omgee karakter wat baie kosbaar is. Die Hoërskool Jan van Riebeeck was ook deel van die funksie en onder leiding van hul Interskole-rasieleiers het ons sommer heerlik in die saal saamgesing en behoorlik geesgevang. Baie dankie aan mnr. Rademeyer wat ook die verrigtinge bygewoon het. Na afloop van die voorstelling van ons eerste spanne is daar ‘n baie spesiale video aan ons leerders vertoon waarin verskeie Protea-netbal- en -hokkiespelers asook Springbokke ons spanne sterkte vir die naweek toegewens het. Cheslin Colbie en Manie Libbok was deel van die video en dit was net eenvoudig die hoogtepunte vir die meeste leerders. Ek wens ons het genoeg spasie in die saal gehad om ook ons ouers te nooi om saam met ons die ongelooflike funksie te kon ervaar. Graag bedank ek die Geeskomitee onder leiding van juf. Shahneé wat eenvoudig ons wildste verwagtinge rakende geesweek en 'Groot Brag' oorskry het. Ek glo dat ons leerders hierdie 'Groot Brag' vir nog baie jare sal onthou. Ek is vas oortuig dat as jy nie tydens die 'Groot Brag' geesgevang het nie, sal daar bittemin goed in die wêreld wees wat jou sal laat geesvang.

Ons wintersportspanne het deur die bank goed oor die 2 dae van interskole presteer met die hokkiewedstryde wat op Vrydag, 18 Augustus, en die rugby- en netalwedstryde wat op Saterdag, 19 Augustus, plaasgevind het. Dit is altyd lekker vir ons stadsbewoners om die pad na die platteland te vat en vanjaar as gevolg van die goeie winterreën was die landskap en omgewing idilies mooi. Die kontras tussen die jong groenkoringlande, die blaarlose wingerde en geel kanola-lande maak die rit na Moorreesburg die moeite werd. Verfrissend was die heerlike plattelandse gasvryheid en ons is al twee dae met met ope arms deur hul leerders en ouers ontvang. Selfs die weer het saamgespeel en kon ons lekker meeding tydens die sonnige dae en heerlik smul aan smaaklike lekkernye wat net die platteland kan bedien. Laat my toe om al ons eerste spanne (dogtershokkie, seunshokkie, netbal en rugby) hartlik geluk te wens met hul puik oorwinnings. Soos ek dit verstaan het die eerste spanne oor die naweek geskiedenis gemaak aangesien dit nog nie voorheen gebeur het nie en veral nie weg nie. Tellings en uitslae is beslis nie al waaroor interskole gaan nie, maar eerder oor sportmansgees, deursettingsvermoë, spanwerk, toets van jou karakter en die geleentheid vir ons leerders om nuwe vriende te maak. Natuurlik is ek baie trots op die suksesvolle naweek, maar ek is meer trots op ons leerders se gedrag op en van die veld af, hoe hulle sportmansgees uitleef asook hoe hulle die opposisie met die grootste respek hanteer het. Ons as skoolgemeenskap kan uiters trots op ons leerders en afrigters vir hul onberispelike gedrag wees terwyl daar baie druk op beide is. Baie dankie aan die massa ouers wat die interskole ondersteun het. Dit was so lekker om julle daar saam met jul kinders te sien. Wel gedaan Laerskool Jan van Riebeeck! Mag ons alyd nederig bly, maar nog steeds voortbou op ons suksesse om van krag-tot-krag te gaan.

Graag sluit ek af met die onderstaande aanhaling van sukses deur Hans W Thomasz en ek wens vir almal ‘n wonderlike naweek toe. Mag al ons oumas en oupas die spesiale dag vandag by die skool geniet en baie dankie dat julle moeite doen om jul kleinkind/ers se dag te maak. Sterkte aan al die spanne wat oor die naweek aan sport deelneem asook aan al ons leerders wat aan Eistedfodd en WOW-spelfees deelneem.

“Work hard and achieve your dreams!
Enjoy success,
but always stay humble!’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek

Kliek HIER vir advertensies van die week

Email Marketing Powered by MailPoet