Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Prysuitdeling bekers 2023

Kan alle leerders wat verlede jaar bekers by die prysuitdeling ontvang het, dit asseblief so gou as moontlik terugbring skool toe. Alle bekers kan na die biblioteek gestuur word. Baie dankie!

JvR-Kiek

Die skool het 'n platform waarop ons foto's van skoolaktiwiteite deel. Indien jy nog nie daarop ingeteken het nie, of graag 'n e-poskennisgewing wil ontvang wanneer ons iets geplaas het, volg gerus hierdie skakel vir instruksies: JvR-Kiek

AKADEMIE

Akademiese Week 2023: Aktiwiteite

KULTUUR

Drama: 18 Aug. 2023

Liewe Drama-Ouers,

As gevolg van die sportnaweek is drama vir gr. 1 - 3 vandag 11:45 - 12:35 en daar is ongelukkig geen drama vir gr. 4 - 7 nie. Baie dankie en lekker naweek!

SPORT

Interskole: 18 & 19 Augustus 2023

Vrydag, 18 Augustus, en Saterdag, 19 Augustus, neem ons saam met Hoërskool Jan van Riebeeck deel aan die jaarlikse Interskole teen Dirkie Uys in Moorreesburg.

Al ons hokkie-, netbal- en rugbyspanne neem deel.

Die hokkiewedstryde vind vandag (Vrydag) plaas en die rugby en netbal Saterdag. Hier volg ‘n paar algemene reëlings:
  • Alle hokkiespanne vertrek Vrydagoggend om 11:00 vanaf die skool na Moorreesburg.
  • Die skool verdaag Vrydag om 11:45 vir graad 1 - 3 en 12:00 vir graad 4 - 7-leerders.
  • Die busse sal Vrydagmiddag ongeveer om 18:30 terug by die skool wees.
  • Saterdagoggend vertrek die busse vanaf die skool om 06:30.
  • Die busse sal Saterdagaand om ongeveer 18:00 terug by die skool wees.
Voltooi asb. so spoedig moontlik die vorms wat uitgegaan het sodat die korrekte vervoer vir die dae gereël kan word.

Kommunikasie sal deur die loop van die Interskole via Skooler uitgestuur word om almal op hoogte te hou.

Sien die volledige program. Ons sien uit na ‘n heerlike twee dae van sport en ons wens vir alle Jannies sterkte toe.

ALGEMEEN

Loslitdag: 1 September 2023

*Plakkers gaan van volgende week af op Karri beskikbaar wees.

Vrydag, 1 September 2023, is Loslitdag!
  • Tema: Share a smile
  • Trek bont en kleurvol aan!
  • Betaal R20 vir 'n loslitdagplakker om Vrydag, 1 September, sivvies aan te trek!

Hoërskool Jan van Riebeeck thrift

Maak skoon, maak leeg en skenk als vir Hoërskool Jan van Riebeeck se Plezier Markt wat vir 23 September beplan word!

Ons versoek dat ouers enige van die onderstaande produkte wat in 'n goeie toestand is, vir die Hoërskool sal skenk. Produkte wat ons ontvang, sal gedurende die mark ten bate van die Hoërskool by hul Thrifting-stalletjie verkoop word.

meubels
juweliersware
handsakke / sakke
klere (volwassenes en kinders)
boeke
legkaarte
lap
wol

Enige produkte wat ons nie verkoop nie, sal aan ander liefdadigheidsorganisasies geskenk word. Alle skenkings kan by die Hoërskool se sekuriteit afgelaai word. Indien enige items by u opgelaai moet word, kontak asseblief vir Jana Rademeyer (navonjane@gmail.com of 083 459 9965) om reëlings te tref. Dankie by voorbaat vir u ondersteuning!

TERUGVOER

Rugby, Netbal, Hokkie EN KUNS!

Terwyl die Interskole-gees ons gange gevul het, het die gr. 7’s gesorg vir balans deur die kunsuitstalling by die Welgemeend se jaarlikse "Maand van Kuns" op Dinsdag, 15 Augustus, te besoek (weliswaar as kleurvolle Barbies en Kens!).

Die titel van hierdie jaar se uitstalling is ‘Kaapse oomblikke’ en is moontlik gemaak deur die samewerking tussen Strauss & Co, die Kilbourn-familie en genooide versamelaars. Die uitstalling bestaan uit ‘n wye verskeidenheid van historiese en kontemporêre werke wat die geografie, karakter en geskiedenis van die Wes-Kaap uitbeeld. Dit was ‘n groot voorreg om werke deur kunstenaars soos, onder andere, Irma Stern, Pierneef, Gwelo Goodman, Peter Clarke, George Hallet en David Goldblatt saam te sien. Elmarie van Straten (Strauss & Co) het die leerders begelei en hulle vrae beantwoord.

‘n Hoogtepunt was die ‘kunsskattejag’. Die leerders het bladsye gekry met blokkies wat gedeeltes van sekere kunswerke wys. Hulle moes die werke fyn ondersoek om die gedeeltes te identifiseer en dan die name van die kunstenaars by die ooreenstemmende blokkie te skryf.

Die uitstalling duur tot 31 Augustus en is beslis ‘n besoek werd!
Foto 2: Ruben Oosthuizen voor Goldblatt se ‘Dethroning of Cecil John Rhodes’ - wonder of hy die standbeeld van Rhodes sien as die voorland van Dirkie Uys hierdie naweek?!

Jannies Talent Aanbieders gekies

Baie geluk aan ons vier aanbieders wat uitstekende oudisies geslaag het. Ongelukkig het nie een van die ander kandidate opgedaag vir oudisies nie, maar hierdie vier gaan styl en luister aan die aand verleen:

Kerala en Ashlyn
Mieke en Carmen

Onthou om julle kaartjies op die Karri-toep te koop.

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde - 18 Augustus 2023

Die afgelope week is daar sommer behoorlik gees gevang vir die afskop van die interskole vandag met hokkie teen LS Dirkie Uys te Moorreesburg. Die Geesweek het met groot opwinding op Maandag, 14 Augustus, afgeskop met die volgende temas en aktiwiteite vir elke dag:
  • Maandag: Bloudag
  • Dinsdag: Barbiedag
  • Woensdag: ‘’Mismatch’’ dag asook onderwysers wat teen die ouers netbal en raakrugby gespeel het. Die leerders het luidkeels hul ouers asook die onniespanne aangemoedig, maar dit tog moeilik gevind vir watter span hulle nou eintlik moes ondersteun. Dit was groot pret en graag wil ek al die ouers hartlik bedank wat die tyd gemaak het om aan die wedstryde deel te neem en in die proses dit baie spesiaal vir die leerders te maak. Baie geluk aan ons pappas wat die raakrugby teen ons manspersoneel gewen het, maar ongelukkig moes ons mammas tweede viool teen ons netbaljuffies speel.
  • Donderdag: "Crazy Hat" dag
  • Vrydag: Oranjedag asook die "Big Brag"
Verder versier die leerders hul klaskamerdeure vir die interskole en daar is daagliks pryse uitgedeel vir die leerders met die mees oorspronklike kleredag om die onderskeidelike temas uit te beeld.

Op Vrydagaand, 11 Augustus, het die jaarlikse Quiz-aand alias die Bring-en-Raai-aand plaasgevind. Hierdie gewilde, sosiale geleentheid op die skoolkalender was weer vanjaar die spreekwoordelike wenner. Daar was nie plek vir ‘n muis of sal ek eerder sê vir ‘n rot in die saal nie en die bekende akteur, Beer Adriaanse, was aan die stuur van sake. Hy het hom uitstekend van sy taak gekwyt. Ek het die voorreg gehad om self die vasvrae-aand by te woon en opvallend was die opwinding en ongelooflike gees wat onder ons ouers geheers het. Indien jy die gewilde Bring-en-Raai-aand gemis het, maak beslis seker dat jy dit volgende jaar bywoon terwyl jy jou eie spys en drank kan geniet. Baie geluk aan Kees Snijders en sy span wat twee jaar in ‘n ry die spesiale trofee verower het. ‘n Spesiale dankie aan Karien Zulch wat elke jaar vir ons die gewilde geleentheid reël.

Alhoewel daar heelwat sport- en kultuuraktiwiteite (Koor & Eisteddfod) die afgelope tyd plaasgevind het, bly akademie nog steeds ons kernbesigheid. Ons gr. 4 – 7-onderwysers werk hard om ons eie akademiese materiaal op Teams te ontwikkel. Ek is baie dankbaar vir ons dinamiese IKT-span onder leiding van Marié Cruywagen wat saam met ons onderwysers werk om tegnologie te gebruik om die gr. 4 – 7-leerders se leerervaring verder te verryk. Verder is daar op Saterdag, 12 Augustus 2023, ‘n wiskundekamp vir ons gr. 6 en 7-leerders vanaf 08:30 – 17:00 by die skool deur Leon Hanekom en Andri de Villiers aangebied. Die doel van die wiskundekamp is drieledig, dit sluit eerstens die vaslegging van belangrike wiskundige beginsels in, tweedens om ‘n liefde vir Wiskunde verder te inspireer en derdens om pret te hê terwyl hulle wiskundige kennis en –vaardighede uitgebrei word. Tydens die dag is daar ook in goeie gees gekompeteer en die volgende wenners is as volg aangewys:
  • Wenspan vir die dag was die Leeus (Katia van Wyk, Stella Lamprecht, Michel-Georges Delpierre en Anna Louw)
  • Kahoot – beste prestasie: Willem Burger
  • Snelvuur – beste prestasie: Wiillem Burger
  • Woordsomme – beste prestasie: Katia van Wyk
  • Algehele beste prestasie: Willem Burger
Baie dankie aan Leon en Andri wat seker maak ons gr. 6 & 7-leerders geniet Wiskunde as ‘n belangrike leerarea asook om ‘n hoë standaard van Wiskunde-onderrig te verseker.

Graag sluit ek af met die onderstaande uitdaging en ek wens vir almal ‘n wonderlike interskole-naweek toe. Ek hoop om almal vandag of môre by die interskole raak te loop. Geniet gerus die interskole saam met jou kind/ers. Dit is vir my belangrik dat ons leerders ook pret moet hê wanneer hulle aan sportwedstryde en toernooie deelneem. Onthou: die spel gaan oor die kinders en nie oor ons as ouers of afrigters nie. Mooi naweek!

“BE HAPPY
Not because everything is good
but because you can see the good in everything.’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir die nuutste foto's en video's op JvR-Kiek

Kliek HIER vir advertensies van die week

Email Marketing Powered by MailPoet