Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Damesontbyt tydens Akademiese Week uitgestel

Die Damesontbyt (Saterdag, 2 Sept.) word ongelukkig uitgestel na ‘n ander datum a.g.v. Welgemoed sportdag. Indien jy reeds 'n kaartjie gekoop het, Liesel sal jou Karri-betaling aan jou terugbetaal in jou Karri-beursie sodat jy dit vir iets anders kan gebruik. Ons sal so gou moontlik 'n alternatiewe datum bekendstel.

Prysuitdeling bekers 2023

Kan alle leerders wat verlede jaar bekers by die prysuitdeling ontvang het, dit asseblief so gou as moontlik terugbring skool toe. Alle bekers kan na die biblioteek gestuur word. Baie dankie!

Skooler: SPORT-kontakgroepe

Ons wil 'n beroep op ouers doen om in Skooler te gaan kyk of al die sportgroepe waaraan kinders behoort onder Messages gelys is.
  1. Maak Skooler oop.
  2. Gaan na Messages en kliek op die pyltjie aan die regterkant van die balkie.
  3. Gaan kyk of al die nodige sporgroepe daar gelys is.
  4. Indien jy meer as een kind in die skool het, doen dieselfde op hul profiel(e).
  5. Indien al die groepe nie gelys is nie (bv. jou kind neem aan hokkie deel, maar jy sien nie enige hokkiegroepe nie), stuur 'n boodskap op die Algemene groep op Skooler of 'n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za met jou kind se naam, van, graad en watter sportsoort hy/sy aan deelneem wat nie in jou kontakgroepe verskyn nie.

AKADEMIE

Akademiese Week 2023: Aktiwiteite

Sien gerus die beplande aktiwiteite vir die jaar se akademiese week. Indien jy belangstel om op een of ander manier by die week betrokke te wees, kontak gerus vir Marinda: marinda@jvrprim.co.za

Ek is nog opsoek na sprekers en opleidingsessies wat moontlik onder die volgende onderwerpe kan val:
  • Dis ‘n kuns om my geld te spaar – finansies, ens.
  • Kuns – beeldende kuns, drama, skryf
  • musiek / sang
  • Interessante sport – reeds joga en pilates op rooster
  • Dis ‘n kuns om my liggaam gesond te hou – gesonde eetgewoontes, leefstyl, medisyne, goeie tandversorging, ens.
  • Kuns van goeie mediese versorging
  • Velsorg
  • Enige iets anders

KULTUUR

Jannies Talent 2023

Ons opwindende Talentaand is om die draai!! Onthou om 30 Augustus om 18:30 oop te hou vir hierdie skouspel van talent. Die kaartjies is vinnig besig om uit te verkoop. Bespreek jou kaartjie NOU op Karri: R100 vir volwassenes en R50 vir kinders.

SPORT

Interskole: 18 & 19 Augustus 2023

Vrydag, 18 Augustus, en Saterdag, 19 Augustus, neem ons saam met Hoërskool Jan van Riebeeck deel aan die jaarlikse Interskole teen Dirkie Uys in Moorreesburg.

Al ons hokkie-, netbal- en rugbyspanne neem deel.

Die hokkiewedstryde vind die Vrydag plaas en die rugby en netbal die Saterdag. Hier volg ‘n paar algemene reëlings vir volgende week:
  • Donderdagoggend woon al ons wintersporte se eerste spanne Hoërskool Jan van Riebeeck se Big Brag by.
  • Vrydagoggend vind ons Big Brag in die saal om 09:00 plaas.
  • Alle hokkiespanne vertrek Vrydagoggend om 11:00 vanaf die skool na Moorreesburg.
  • Die skool verdaag Vrydag om 11:45 vir graad 1 - 3 en 12:00 vir graad 4 - 7-leerders.
  • Die busse sal Vrydagmiddag ongeveer om 18:30 terug by die skool wees.
  • Saterdagoggend vertrek die busse vanaf die skool om 06:30.
  • Die busse sal Saterdagaand om ongeveer 18:00 terug by die skool wees.
Voltooi asb. so spoedig moontlik die vorms wat uitgegaan het sodat die korrekte vervoer vir die dae gereël kan word.

Kommunikasie sal deur die loop van die Interskole via Skooler uitgestuur word om almal op hoogte te hou.

Sien die volledige program. Ons sien uit na ‘n heerlike twee dae van sport en ons wens vir alle Jannies sterkte toe.

ALGEMEEN

Loslitdag: 1 September 2023

*Plakkers gaan van volgende week af op Karri beskikbaar wees.

Vrydag, 1 September 2023, is Loslitdag!
  • Tema: Share a smile
  • Trek bont en kleurvol aan!
  • Betaal R20 vir 'n loslitdagplakker om Vrydag, 1 September, sivvies aan te trek!

Vriendskappe - Marike Badenhorst (Opv. Sielkundige)

Vriendskappe en interaksie met maats is ‘n bron van ondersteuning en dra by tot jou kind se gevoel van eiewaarde aanleer van sosiale vaardighede. Die Engelse akroniem "THINK" is ’n lekker praktiese riglyn om jou kind leiding te gee oor hoe om ‘n goeie maat te wees:

T - Is it true?
H - Is it helpful?
I - Is it inspiring?
N - Is it necessary?
K – Is it kind?

Marike Badenhorst: Opvoedkundige Sielkundige

Konflikhantering - Marike Badenhorst (Opv. Sielkundige)

Om jou kind te dissiplineer, bly ‘n moeilike taak, veral as hy of sy aanhoudend die grense toets en op ‘n onaanvaarbare manier met jou praat. Hier volg ‘n paar voorstelle wat jy as ouer kan probeer om binne ‘n konfliksituasie duidelike grense te stel:
  • "Jy mág kwaad raak, maar dit gee jou nie ‘n rede om goed te sê wat my seermaak nie…"
  • "Ek kan hoor jy is kwaad en ontsteld, maar dit gee jou nie die reg om só met my te praat nie…"
  • "Kan jy bietjie sagter praat dat ek beter kan verstaan wat jy probeer sê…"
  • "Kan jy probeer om dit op ‘n ander manier te sê?"
  • "Dit klink vir my of jy ‘n bietjie op jou eie wil wees. Ons kan hieroor praat wanneer jy beter voel en nie nodig het om op my te skree nie…"
  • "Kom ons stop nou dadelik om hieroor te praat, dan gesels ons later as ons altwee beter voel…"
Marike Badenhorst : Opvoedkundige Sielkundige

TERUGVOER

Delmar en Karu presteer in Swem

Op Saterdag, 5 Augustus, het Delmar Benecke en Karu Rademeyer aan die Cape Town Aquatic Gala by Sweet Valley Primary deelgeneem. Albei het baie mooi geswem en pragtig presteer.

Delmar:
1ste 50m Vryslag
1ste 50m Vlinderslag
1ste 50m Borsslag
1ste 50m Rugslag

Karu:
2de in 25m Vlinderslag
7de in 50m Vryslag

Baie geluk met julle goeie uistlae!

Jannies presteer by Hoërskool JvR se Kunstefees

Baie geluk aan al die Jannies wat verlede week aan die tweede Hoërskool Jan van Riebeeck-kunstefees deelgeneem het en uitstekende uitslae behaal het!

Kodes:
B- 70+
B – 75%
A – 80%+
A+ – 85%+
A++ – 90%+
A+++ – 95%+

INSTRUMENTAAL
Sabine Barnard (klavier) A
Ruben de Ridder (klavier) A+
Susie Samuel (klavier) A-
Karu Rademeyer (klavier) A++
Leah de Kock (klavier) A+
Sabine Barnard (klavier) A+++
Ruben de Ridder (klavier) A+
Susie Samuel (klavier) A++
Leah de Kock (klavier) A
Susie Samuel (klavier) A+++
Leah de Kock (klavier) A+
Leah de Kock (klavier) B
Karu Rademeyer (klarinet) A+++

SANG
Jean-Jacques Rossouw (sang) A+++
Daniella Boshoff (sang) A+++
Pieter Rademeyer (sang) A++
Karu Rademeyer (sang) A+
Daniella Boshoff (musiekblyspel) A+++
Karu Rademeyer (musiekblyspel) A+++

DRAMA
Jean-Jacques Rossouw (voordrag: poësie) A++
Petronella Gouws (voordrag: poësie) A
Pieter Rademeyer (voordrag: poësie) A+
Karu Rademeyer (voordrag: poësie) A++
Karu Rademeyer (voordrag: prosa) A+++

SPELATHON
Alexander Styan A++
Petronella Gouws A+++
Jean-Jacques Rossouw B-

TALETHON
Alexander Styan A++

LEES
Alexander Styan A+++

READING
Alexander Styan A++

Nell du Toit dans by Artscape

Nell du Toit in graad 5 dans in Cape Town City Ballet se Don Quixote. Dis van 12 Aug. – 2 Sept. 2023 by die Artscape.

Volg gerus die skakel om kaartjies vir die produksie te koop. Geniet hierdie fantasiese geleentheid, Nell!

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Die afgelope week is soveel mense, skole en besighede in ons Moederstad en Kaapse Metropool ontwrig as gevolg van die geweldadige taxi-stakings. Ons dink veral aan die mense wat hul lewens verloor het en ons bid dat God hul geliefdes tydens die moelike tyd sal vertroos. Die onderwysdistrik waarbinne ons skool val, is die ergste getref in terme van leerder- en personeelafwesighede asook skade aan skoolgeboue. Gelukkig het dit ons skool nie so erg geaffekteer nie, aangesien van ons terreinpersoneel op die skoolgronde woonagtig is en ons die skool relatief skoon en netjies kon hou. Die impak van die staking op skole is skokkend. Net om julle ‘n idee te gee dat op Dinsdag, 08 Augustus, moes 92 skole sluit terwyl 852 259 leerders en 17 725 personeellede indiens van die WKOD afwesig was of nie by die skool kon uitkom nie. Ons hou styf duimvas dat die situasie vinnig en vreedsaam opgelos sal word.

Op Saterdag, 05 Augustus, het ons skool ‘n baie suksesvolle mini-sportdag by die skool aangebied. Verskeie skole se o.7- en o.8-netbal- en rugbspanne het deelgeneem en die leerders het saam met hul afrigters en ouers die mini-sportdag terdeë geniet. Vroegoggend het die weer hard probeer om die dag te versuur, maar gelukkig het die mis vinnig opgeklaar en in ‘n pragtige sonskyndag verander met Tafelberg, Leeukop en Seinheuwel wat die sportverrigtinge fyn dopgehou het. Dit was wonderlik om soveel besoekende leerders, afrigters en hul ouers by ons te ontvang. Baie dankie aan die personeel wat met ‘n glimlag tydens die dag gewerk het om die sukses van die mini-sportdag te verseker. Ons beplan om in die toekoms meer sportdae aan te bied.

Die EXCO (skoolbestuur) het vanaf 07 – 08 Augustus hul jaarlikse strategiese beplanningsessie suksesvol afgelê. Hierdie sessie is uiters belangrik om seker te maak ons trotse skool is strategies op die spreekwoordelike regte pad om ons skool na nog hoër hoogtes saam met die Beheerraad te neem.

Ek glo almal het die spesiale vakansiedag, naamlik Vrouedag op Woensdag, 09 Augustus, saam met hul gesinne geniet. Hierdie was nie sommer net nog ‘n publieke vakansiedag nie, maar ‘n baie spesiale dag waartydens ons die belangrike rol van vrouens in ons samelewing vier. Graag wil ek van die geleentheid gebruik maak om al ons vrouens in ons skoolgemeenskap hartlik te bedank vir die belangrike rol wat hulle speel. Vrouedag moet gevier word om hulde te bring aan vrouens wat groot bydraes tot vroueregte in Suid-Afrika gemaak het. Ek glo vrouens is die spreekwoordelike sout van die aarde asook die gom wat gesinne en families bymekaar hou. Baie dankie dat julle as skoolgemeenskap al ons vrouens wil vereer vir hoe wonderlik en merkwaardig hulle is!

Mag almal wat vanaand aan die jaarlikse Quiz-aand deelneem hul gate uit geniet. Moenie jou algemene kennis-hoed vergeet nie en geniet ‘n heerlike aand van samesyn. Baie dankie aan Karien Zulch wat die spesiale aand reël. Verder wil ek graag ‘n beroep op ons ouers/voogde doen om asseblief ons Akademiese Week vanaf 25 Augustus – 01 September by die skool te ondersteun. Die idee met vanjaar se Akademiese Week is nie noodwendig om iets nuut na afloop van die week by die skool te implementeer nie, maar eerder om Akademie met verskillende leerareas rondom die woord KUNS te integreer. Om daardeur ons skoolgemeenskap te verryk en verder te bou aan die unieke, besondere kultuur wat Laerskool Jan van Riebeeck van ander skole onderskei. Die balans waarna ons skool jaarliks streef, word hiermee gevier, want dit verg ‘n spesiale KUNS om ‘n Laerskool Jan van Riebeecker te wees! Ons rig ‘n ope uitnodiging aan jou om betrokke te raak by hierdie week se program - as toeskouer, deelnemer of selfs aanbieder. Hou asb. hierdie ruimte dop, want daar sal weekliks verdere inligting rondom al die bedrywighede van die week geplaas word. Baie dankie en sterkte aan Marinda wat vir ons die spesiale week reël.
Graag sluit ek af met die volgende anonieme stelling en ek wens vir almal ‘n wonderlike naweek saam met jul gesinne toe.

“Always pray to have eyes that see the best in people,
a heart that forgives the worst,
a mind that forgets the bad,
and a soul that never loses faith.’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir advertensies van die week

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Email Marketing Powered by MailPoet