Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Kopluise

Daar is ongelukkig weer kopluise onder enkele leerders gewaar. Kyk asb. by die huis in jou kind se hare vir enige ongewenste gaste.

Indien daar tydens skooltyd luise in jou kind se hare gewaar word, sal ons jou kontak sodat jy jou kind kan kom haal. Leerders wat kopluise het, mag eers weer skool toe kom nadat die luise heeltemal verwyder is.

Wenke:
  • Indien jy wil voorkom dat jou kind kopluise kry, kan jy voorkomende sjampoe by bv. Dischem of Clicks koop.
  • Indien jy luise in jou kind se kop gewaar, koop 'n sjampoe wat spesifiek luise en nete doodmaak.
  • Maak seker jy lees die instruksies van die luissjampoe.
  • Dit help ook om 'n luiskammetjie te koop om nete en luise uit te kam.
  • Was jou kind se beddegoed om ontslae te raak van nete en luise wat moontlik daarop agtergebly het.

Skooler Wenk: Getal langsaan kontakgroepe wil nie verdwyn nie

Indien jy sukkel om die getal langsaan kontakgroepe in Skooler te laat verdwyn nadat jy gelees het, volg gerus die volgende stappe:

Rol op na die vorige boodskappe in die spesifieke kontakgroep en soek vir die volgende:
    • Boodskappe wat vra dat jy dit moet "confirm". Kliek om te bevestig dat jy dit gelees het.
    • Boodskappe wat 'n SHOW FORM skakel het - dit is Skoolervorms wat onderwysers soms aanheg. Indien jy nie die vorm oopmaak en een van die opsies kies nie, gaan die boodskap "ongelees" bly.
Skooler en Teams riglyne en wenke is ook op ons webtuiste onder myJvR, Vrae en Antwoorde beskikbaar. Kliek HIER vir die riglyneblad.

AKADEMIE

Eksamenrooster: Junie 2023

Kliek HIER of op die foto vir die PDF-weergawe van die eksamenrooster.

WOW Spelfees

Ons is opgewonde om hierdie jaar weer in persoon aan die WOW Spelfees deel te neem!

Alle leerders sal hul graad se spellys ontvang. Hierdie spellyste sal ook op die webtuiste beskikbaar wees. Die grondslagfase en graad 4-7 Afrikaanse onderwysers sal vir die leerders wys watter woorde hulle vir die interne spelkompetisie moet leer. Ons interne spelkompetisie sal 21 Julie 2023 in die vorm van 'n geskrewe speltoets plaasvind. Daarna sal 'n aantal leerders in elke graad gekies word om aan die Kring/Distrik Spelfees deel te neem.

Boek Buddies

Ons is vreeslik opgewonde oor Boek Buddies wat ons die 11de Mei (volgende Donderdag) kom besoek. Boek Buddies kweek ’n liefde vir lees deur uittreksels uit die nuutste Afrikaanse kinderboeke op ’n interessante en interaktiewe manier op te voer. Op hierdie manier word leerders se belangstelling geprikkel en moedig ons hulle aan om self die boeke klaar te lees. Beide ’n junior- en seniorvertoning word aangebied, en die opvoerings sal Donderdag tydens skooltyd plaasvind. Boek Buddies vra R15 per leerder om die vertoning by te woon, en kan vanaf vandag op die Karri-toep betaal word. Leerders wat R15 betaal, is ook meer as welkom om Donderdag met funky socks skool toe te kom. Betalings sluit op Woensdag, 10 Mei. Ons hoop julle is saam met ons opgewonde, sien julle daar!

KULTUUR

Eisteddfod: Solosang

Onthou van die Solosang wat op Saterdag, 13 Mei, by ons skool plaasvind. Alle deelnemers het reeds hul tye gekry.
  • Wees so 15 min voor die tyd daar.
  • Neem asb. kennis dat alle gr. 1 - 3's ten minste 'n halfuur vroeër as die aangeduide tyd moet aanmeld a.g.v. baie onttrekkings en skuiwe.
  • Leerders dra gemaklike sivvies.

SPORT

Rugby en Netbal sportdag by HS JvR, 6 Mei 2023

Boodskap vanaf die Hoërskool Jan van Riebeeck:

Ons sien baie uit na die massa-reünienaweek wat vanaf 5 - 7 Mei by Hoërskool Jan van Riebeeck en die Boshoff-veld plaasvind. Gedurende die naweek word daar verskeie aktiwiteite aangebied en ons verwelkom verskeie skole by ons. Op Vrydag, 5 Mei, vind daar verskeie aktiwiteite by die skool plaas waar ons veral ons alumni wil uitnooi om by ons aan te sluit.

Toegang:
  • Volwassenes R25
  • Parkering R20
  • Kinders R10
  • Leerders met skoolklere gratis
  • Verskeie stalletjies sal beskikbaar wees by die netbalbane asook langs die rugbyvelde. Alle aankope word met koepons / kaartjies gedoen gedurende die dag; dis 'n kontantvrye geleentheid. Koepons kan vooraf gekoop word en by die onderskeie toegangshekke afgehaal word. Koepons kan by die netbalbane en rugbyvelde gebruik word.
  • Kies die sportkode waar jou kind betrokke is sodat die koepons by die regte hek afgehaal kan word. Rugby en netbal vind nie op dieselfde perseel plaas nie.
16:00 ROG-spitbraai vir alumni en Vriende van Jan van Riebeeck R250 (GEEN o.18’s).

Koop gerus jou kaartjies deur die skakel te volg.

Moenie hierdie feesnaweek misloop nie – sien jou daar!

RUGBYPROGRAM
NETBALPROGRAM

Netbalinligting

Beste ouer(s)/voog(de)

Die netbalseisoen het amptelik afgeskop en ek wil graag net 'n paar reëls en algemene inligting met julle deel. Ons moedig spelers aan om oefeninge getrou by te woon, veral by die juniors. Dit is vir afrigters baie moeilik om spanne reg te kry indien spelers wisselvallig kom oefen. Indien 'n speler siek of afwesig is, stel asb. die afrigter in kennis (via skooler of e-pos) en onthou ook om die sportvorms getrou in te vul. NB: Indien jou kind(ers) se naam nie op die lys is nie, is sy nie gekies vir daardie wedstryd nie.

Afrigters vir die seisoen:

0.7 - Juffrou Liezel de Jager (liezel@jvrprim.co.za)
0.8 - Juffrou Michelle Compion (michelle@jvrprim.co.za)
0.9 - Juffrou Naomi Uys (naomi@jvrprim.co.za)
0.10 - Juffrou Heidré Ehlers (heidre@jvrprim.co.za) en Juffrou Izél Storm (izel@jvrprim.co.za)
0.11 - Juffrou Lucia de Jager (lucia@jvrprim.co.za) en Juffrou Marlize ter Borg (marlize@jvrprim.co.za)
0.12 A - Juffrou Ischké Felix (ischke@jvrprim.co.za)
0.12 B en C - Juffrou Suné Alberts (sune@jvrprim.co.za)
0.13 A - Juffrou Ischké Felix (ischke@jvrprim.co.za)
0.13 B en C - Juffrou Sharon Mabena (sharon@jvrprim.co.za)

Mini-netbal:

O.7 - 0.9 moet volgens NSA reëls mini-netbal speel (veral tydens liga-wedstryde). Spelers moet halftyd 2 posisies aanskuif en kante word geruil. Dit gee spelers die geleentheid om meer as net een posisie te speel. Indien afrigters nie in hierdie verband saamwerk nie, word die senior spanne gepenaliseer.

Senior netbal:

'n Nuwe reël is aan ons bekend gemaak - afrigters mag nie B-span spelers inruil nie. M.a.w. 'n speler kan nie beide A en B-span speel tydens liga-wedstryde nie. ‘n Ruiling mag slegs gemaak word in geval van ‘n besering of wanneer iemand siek is. Die 7 spelers op die baan moet dieselfde wees vir die 1ste en 2de helfte.

Geen speler is verseker van 'n posisie of span nie. Veranderinge kan nog plaasvind.

Dit is goed dat leerders 'n aanvallend en verdedigende posisie kan speel. Hoe meer blootstelling spelers aan verskillende posisies kry hoe beter.

Langs die baan:

Ons versoek dat ouer(s)/voog(de) nie lelike op- of aanmerkings langs die baan van spelers of skeidregters maak nie. Dit lyk altyd makliker van buite.

Ons vra dat ouer(s)/voog(de) die afrigters se spankeuses sal respekteer en hulle slegs sal kontak via skooler of e-pos.

Skooler: SPORT-kontakgroepe

Ons wil 'n beroep op ouers doen om in Skooler te gaan kyk of al die sportgroepe waaraan kinders behoort onder Messages gelys is.
  1. Maak Skooler oop.
  2. Gaan na Messages en kliek op die pyltjie aan die regterkant van die balkie.
  3. Gaan kyk of al die nodige sporgroepe daar gelys is.
  4. Indien jy meer as een kind in die skool het, doen dieselfde op hul profiel(e).
  5. Indien al die groepe nie gelys is nie (bv. jou kind neem aan hokkie deel, maar jy sien nie enige hokkiegroepe nie), stuur 'n boodskap op die Algemene groep op Skooler of 'n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za met jou kind se naam, van, graad en watter sportsoort hy/sy aan deelneem wat nie in jou kontakgroepe verskyn nie.

ALGEMEEN

Moedersdagverkope: 12 Mei

Bring 'n geldjie!
Vrydag, 12 Mei, tydens eerste pouse in die vierkant.
Items vanaf R15 tot R50 te koop.
Ten bate van die graad 7-fonds 2023.

Hemelvaartdiens: 18 Mei 2023

Marietjie Steyn van die Groote Kerk sal op Donderdag, 18 Mei, tydens die eerste periode (07:45 - 08:15) 'n Hemelvaartdiens in die saal lei. Ouers is baie welkom om dit by te woon! Die byeenkoms sal vrywillig vir leerders wees - daar sal toesig gereël word vir diegene wat in die klas bly. 'Jannies vir Jesus' sal dus nie daardie Donderdagoggend plaasvind nie.

Ma-Dogteraand: 24 Mei

Alle graad 5 – 7-dogters en hul ma’s word uitgenooi om hierdie lekker gemaklike, informele gespreksaand saam met ons by te woon. Ma- en Dogter (Karin en Minke) kom gesels oor die kompleksiteit van hierdie verhouding veral in dié spesifieke ouderdomsgroep. Minke, ‘n mediese dokter, sal ook oor die algemene ontwikkeling (kop, emosies, liggaam) van dogters vanaf jong kind tot tiener gesels. Hier kry ma en dogter kans om verder oor al die ‘ongemaklike’ dingetjies te gesels. Daar is altyd iets nuut vir almal om te leer en wat is nou lekkerder as ‘n ‘girls night out’. Kaartjies word deur Karri verkoop.

Tweedehandse Skoolsweetpakke

Bring asb. skoolsweetpakke wat nie meer pas nie sodat ons kan sorg dat alle leerders iets warm het om aan te trek terwyl ons vir die nuwe sweetpakke wag.

TERUGVOER

Rugbyuitslae: Goodwood Park

Ons het Woensdag, 03 Mei, teen Goodwood Park rugby gespeel en vir baie was dit hulle eerste skoolwedstryd vir die jaar. Uitslae is as volg:

o.13A wen 36-5
o.11A wen 38-0
o.9A wen 15-0
o.8B verloor 6-0
o.8A wen 6-0
o.7B wen 8-6
o.7A verloor 6-3

Dankie aan al die ouers vir hul ondersteuning. Sterkte aan die o.11- en o.13-spanne wat die naweek teen Laerskool Vredenburg speel.

Netbaluitslae: Aristea

Baie geluk aan ons spelers met puik uitslae teen Aristea:

0.7A - wen 2 - 0
0.8A - wen 5 - 0
0.8B - wen 4 - 1
0.9A - wen 8 - 0
0.9B - wen 4 - 0
0.10A - wen 25 - 0
0.10B - wen 14 - 0
0.11A - wen 18 - 2
0.11B - gelykop 1 - 1
12A - wen 18 - 7
12B - wen 11 - 5
0.13A - wen 36 - 3
0.13B - wen 17 - 1

Skaakuitslae: 22 en 23 April

Verlede week het die top skole skaakliga wedstryde afgeskop. Ons het twee wedstryde gespeel. Die eerste wedstryd was 22 April teen International School of Cape Town en ons het 4.5 - 1.5 gewen. Ons tweede wedstryd was 23 April teen Laerskool Tamboerskloof en ons het 6 - 0 verloor. Ons spelers sien uit na die res van die skaakseisoen.

Tennisuitslae: Wilson Tennistoernooi

Stella en Rafa Lamprecht het Saterdag, 30 April, aan ‘n Wilson tennistoernooi deelgeneem.

Stella het in die o.14A-kategorie ingeskryf, maar omdat daar nie genoeg spelers was nie, het o.15 en o.18-spelers in die kategorie deelgeneem. Stella se toewyding en vasberadenheid het haar aan die einde van die dag trots laat staan en sy eindig eerste in die toernooi.

Rafa het vir aan die o.10A-kategorie deelgeneem, maar omdat daar ook te min spelers was het 4 o.11 leerders ook aan die kategorie deelgeneem. Rafa het puik gespeel en al sy wedstryde behalwe een gewen. Rafa eindig tweede wat ‘n uitstekende prestasie is.

Welgedaan julle twee, ons is uiters trots op julle!

Horizon Wiskundekompetisie

Al ons graad 6 en 7-leerders het aan die eerste rondte van die Horizon Wiskundekompetise deelgeneem. Dit is vir ons wonderlik om te sê dat 39 graad 7’s en 13 graad 6’e deur is na die volgende rondte. Die volgende rondte is op 13 Mei. Meer besonderhede rakende die tyd en plek sal volgende week aan die leerders voorsien word. Baie geluk aan ons graad 6 en 7-leerders wat so puik presteer het.

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Ek glo almal het die baie lang naweek terdeë geniet of jy nou met Jannie tuisbly se motortjie gery het en of jy sommer lekker die langpad aangedurf het om van die stad se gewoel te ontsnap.

Week 4 van die akademiese kwartaal mag dalk korter wees as gevolg van die langnaweek, maar dit was beslis nie rustiger gewees nie aangesien die wintersportwedstryde en –toernooie asook WP-proewe (netbal en rugby) die week in volle swang afgeskop het. Ek is saam met julle opgewonde om te sien hoe ons in ‘n kort tydperk ‘n aktiewer sportkultuur by ons skool geskep het. Ek staaf dit deur die volgende statistiek: vanaf Woensdag, 03 Mei, tot Saterdag, 06 Mei, neem ons Jannies 456 keer aan wintersportwedstryde en -toernooi deel. Met julle as ouers/voogde se inkoop, samewerking en ondersteuning is daar nou vir elke wintersportspan ‘n B-span wat kan kompeteer en vir die heel eerste keer is daar C-spanne vir die o.7-, o.8-, o.11-, 0.12- en o.13-netbalspanne. Die deelname is ongelooflik en ons kan as ‘n skoolgemeenskap baie trots daarop wees om te sien dat ons Jannies meer aktief is, lekker hard oefen, maar in dieselfde asem ook pret het. Die idee is nie dat ons nou besluit het om ‘n sportskool te word nie. Die idee is egter deelname en balans. Die spreekwoordelike vlagskip by ons skool waarop ons vir ‘n geruime tyd baie trots is, is die akademie. Ons visie is om ook sport en kultuur op dieselfde vlak van uitnemendheid te bring. Verhoogde sportdeelname bring weer ander uitdagings soos byvoorbeeld dat ons sukkel om genoeg afrigters vir al die wintersportspanne te bekom. Dus versoek ek ouers/voogde om te oorweeg om te help met afrigting van die wintersportspanne. Ons benodig veral hulp by die junior netbalspanne. Ongelukkig kan jy nie by die ouderdomsgroep waar jou kind betrokke is, help met afrigting nie. Kontak my gerus indien jy graag by afrigting betrokke wil raak en sodoende ‘n waardevolle bydrae lewer.

Graag sluit ek af met die volgende stelling rakende sukses, ek wens vir julle ‘n wonderlike naweek toe en sien julle by al die sportwedstryde en –toernooie oor die naweek.

“As jy dink jy is verslaan, dan is jy ...

As jy dink jy durf nie, dan kan jy nie ...

As jy graag wil wen, maar dink jy kan nie, dan is dit ‘n uitgemaakte saak, jy sal nie ...

Sukses begin met ‘n mens se wil.

Dit is alles net ‘n denkpatroon.

Die wenner van die lewe se geveg gaan nie altyd na die vinniger of sterker persoon nie,

maar gouer of later is die suksesvolle persoon die een wat dink hy/sy kan!’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir advertensies van die week

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet