Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Tweedehandse Skoolsweetpakke

Bring asb. skoolsweetpakke wat nie meer pas nie sodat ons kan sorg dat alle leerders iets warm het om aan te trek terwyl ons vir die nuwe sweetpakke wag.

AKADEMIE

Eksamenrooster: Junie 2023

Kliek HIER of op die foto vir die PDF-weergawe van die eksamenrooster.

KULTUUR

Eisteddfod Spraak: 26 - 27 Mei

Eisteddfod Spraak sal Vrydag, 26 Mei, en Saterdag, 27 Mei, by ons skool plaasvind. Spesifieke tye van items sal later aangedui word. Ons is bewus van sport die 26ste vir gr. 4 - 7-dogters. Hulle sal eers Saterdag deelneem.

Dramatye: 26 April

Dramatye:

Gr. 1 - 3
13:40 - 14:30

Gr. 4 - 7
14:30 - 15:30

Jannies Talent: 30 Augustus 2023

Daar heers groot opwinding! Dis die jaar vir Jannies Talent waar ons leerders met hulle talente kan kom spog. Die datum is 30 Augustus. Kry solank julle items gereed en kom meld by juffrou Helecia aan.

Matilda Musiekblyspel

'n Paar van ons oud-Jannies vertolk rolle in die Matilda Musiekblyspel. Bespreek gerus jou kaartjie!

MATILDA-KAARTJIES NOU BESKIKBAAR!
Die kaartjieverkope vir 8 tot 13 Mei se aanbieding van Matilda vorder besonder flink op Webtickets.

Hier volg die indeling van die onderskeie geselskappe se optredes:
Maandag, 8 Mei (middag - finale kleedrepetisie) - Hofmeyr
Maandag, 8 Mei (aand - finale kleedrepetisie) - Welgemeend
Dinsdag, 9 Mei (openingsaand) - Hofmeyr
Woensdag, 10 Mei - Welgemeend
Donderdag, 11 Mei - Hofmeyr
Vrydag, 12 Mei - Welgemeend
Saterdag, 13 Mei (middag) - Hofmeyr
Saterdag, 13 Mei (aand) - Welgemeend

Bespreek so gou as moontlik jou kaartjies om teleurstelling te voorkom. Kliek gerus hier of op die foto om te bespreek.
Baie dankie by voorbaat vir jou ondersteuning - die leerders sien baie daarna uit om voor groot gehore in die Baxter Teater op te tree!

SPORT

Landloopoefeninge en -wedlope

Landloopoefening is op Dinsdae van 14:30 - 15:30 op die Conradieveld. Indien jou kind saam gaan oefen en/of aan wedlope wil deelneem, maak asb. seker dat julle aan die Landloop kontakgroep behoort deur op die pyltjie langsaan jou Messages in Skooler te kliek. Ek het al die leerders wat verlede jaar aangedui het dat hulle die kommunikasie wil ontvang en almal wat my laat weet het op die groep bygevoeg. Indien jy nie op die groep is nie, laat weet my gerus deur op die Algemeen kontakgroep op Skooler of per e-pos my in kennis te stel: suzaan@jvrprim.co.za

Wedlope vind op Vrydae plaas en begin die 5de Mei. Leerders wat wil probeer kwalifiseer, moet aan al 7 wedlope deelneem. Ons behoort vroeg volgende week die besonderhede vir die eerste wedloop te kry en sal dan die vorm op die Landloop kontakgroep uitstuur.

Wedlope vind op die volgende datums plaas:
  • 5 Mei
  • 12 Mei
  • 19 Mei
  • 26 Mei
  • 9 Junie
  • 21 Julie
  • 28 Julie

ALGEMEEN

Fotobestellings

Wat om te doen as jy die sluitingsdatum gemis het:

  • Besoek gerus Lunchbox Photography se webtuiste om te bestel.
  • Wagwoord vir aanlyn bestellings: JVR2020
  • Omdat bestellings reeds by die skool gesluit het, gaan jy self vir die aflewering moet betaal.

Sop-in-'n-fles Welwillendheidsprojek

Die volgende skenkings sal baie waardeer word vir hierdie kwartaal se projek:
  • skoon glasfles (ongeveer 500 - 750ml)
  • klein pasta skulpies of macaroni
  • gedroogde lensies
  • groente- of hoenderaftreksel (poeier of saamgeperste blokkies)
  • pakkies droë bruin-uiesop of sampioensop
Alternatief: Karri-toep skenking

Skenkings kan na juf. Marietjie de Kock se klas geneem word.

Pantoffeldag: 5 Mei

Ouerwerkswinkel: Disleksia en Taaluitdagings, 11 Mei

Die oomblik as daar ‘n neurodiverse kind in ‘n huishouding gediagnoseer word, is dit asof die hele huisgesin se skille van hul oë afval. Neurodiversiteit begin al hoe meer op die voorgrond in akademie skuif sodat ons ons leerders al hoe beter kan verstaan. Hoe beter die breinprofiel van ‘n kind verstaan word, hoe makliker kan leer plaasvind aangesien die nodige ondersteuning geïmplementeer kan word. Dadelik is daar meer begrip vir hierdie leerder se situasie. Weg is dae waar neurodiversiteit ‘n skande of in die minderheid is. Die hoeveelheid navorsing en opleiding wat deesdae beskik is, maak dit vir ons leerders soveel makliker om met die nodige intervensie hul volle potensiaal te kan bereik. Hierdie proses word as ‘n leergeleentheid vir die ouerhuis en skool beskou.

Woon gerus hierdie werkswinkel betreffende Disleksie by. Hierdie aanbieder se werkswinkels kan beslis aanbeveel word. Kliek op die foto of HIER om te bespreek. Kliek HIER vir die PDF om die ander skakels in die advertensie oop te maak.

Veiling: 27 Mei 2023

Indien jy 'n plek by 'n tafel wil bespreek, EFT gerus die kaartjiekoste (R1800 per persoon) - sien die bankbesonderhede hier onder - en laat weet asb. vir Martie Viljoen (martie@avconeng.com) aan watter tafel jy wil sit.

Investec
Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedings Trust
Rek no.: 10011436695
Tak: 580105
Verwysing: Veiling, voorletter en van

TERUGVOER

Redenaarsterugvoer

Die redenaarspan was die afgelope twee weke by twee kompetisies betrokke en graag wens ons die volgende leerders geluk met hul deelname aan:

PODIUMPRET: Riley Smyth, Jacques du Toit, Pieter Rademeyer, Sabine Barnard, Bella Naylor, Elisabet Marais, Emma Snjiders, Michaan Naylor, Isabella Marais, Sophia Derksen, Karu Rademeyer (afwesig)
ATKV ronde 1: Stef Nel, Jacques du Toit, Bella Naylor, Pieter Rademeyer, Elisabet Marias, Sabine Barnard, Cara Stoltz, Isabella Marais, Michaan Naylor, Sophia Derksen, Karu Rademeyer (afwesig), Emma Snjiders
Ons deel die uitslae van ATKV se eerste ronde sodra ons dit ontvang. Baie geluk aan elkeen van die deelnemers. Julle het ons skool se naam met jul goeie voorbereiding en pragtige maniere hoog gehou.

Baie dankie aan Marinda Brink wat die leerders Saterdag, tydens die ATKV eerste ronde, vergesel het.

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Week 3 van die akademiese kwartaal eindig vandag met ‘n lekker meevalletjie van ‘n langnaweek vanaf 27 April tot 01 Mei om na uit te sien. Dit sluit natuurlik twee belangrike openbare vakansiedae in, naamlik Vryheidsdag op 27 April en Werkersdag op 01 Mei. Op Vryheidsdag herdenk ons die land se eerste demokratiese verkiesing wat op dié dag in 1994 begin en die dag daarna geëindig het. Werkersdag word gevier om die werkers van ons land te huldig asook die soeke na regverdige indiensneming, die vestiging van menseregte en werkerregte in die werkplek. Deel gerus met jou kind/ers die rede waarom ons in Suid-Afrika die twee dae vier.

Ek wil graag al die ouers/voogde wat verlede week op 17 en 18 April so getrou die ouerafsprake met jul kind/ers se onderskeie onderwysers eerbiedig het, hartlik bedank vir jul betrokkenheid by jul kinders se leer en onderrig. Kinders voel meer geborge en het meer selfvertroue waar ouers/voogde moeite doen en tyd maak om by hul kinders se daaglikse doen en late betrokke te raak.

Op Donderdag, 20 April, het ons jaarlikse Kleiduifskietkompetisie by die Gun Valley Skietbaan te Agter-Paarl plaasgevind. Die gure weer het hard probeer om die gewilde kompetisie in die wiele te ry. Gelukkig het die reën opgeklaar en kon die skutte hul vaardighede ten toon stel. Die rukkerige wind het sake nie maklik gemaak nie, maar die deelnemers was almal eens dat dit ‘n hoogtepunt op Laerskool Jan van Riebeeck se kalender bly. Baie dankie aan Safari Outdoor wat jaarliks as die hoofborg optree. Groot dankie aan Stephanie le Roux en Ria Hertzog wat die gewilde dag vir die 3de agtereenvolgende jaar gereël het. Die geesdrif en samesyn het soos ‘n paal bo water uitgestaan. Baie geluk aan Albertus Marais se Kluisenaarspan wat die dag met 65 punte gewen het. Die dag word saam met Alive Foundation aangebied en die fondse geïn op die dag sal vir ons behoeftige leerders se nuwe skooldrag aangewend word.
Op Saterdag, 22 April, vind verseker die hoogtepunt op die leerders se kalender plaas met die aanbieding van die gewilde Kaperjolle. Daar was soveel aktiwiteite en speletjies vir die leerders om aan deel te neem. Deel van die pret was om ook sommer lekker in die reën rond te hardloop. Verskeie van ons ouers het aan die potjiekoskompetisie deelgeneem. Ek was nie ‘n beoordeelaar nie, maar as skoolhoof was ek lekker bederf om die smaaklike potjiekosdisse te kon proe. Die potjiekosdisse was hemels en die kompetise was baie sterk. Baie geluk aan Mark en Ronel Allewell se span wat met die louere weggeloop het. Alhoewel die weer baie triestig was met reënbuie wat kort-kort neerval, kon nie eers die koue weer die suksesvolle dag bederf nie. Die opkoms van ouers en kinders was verstommend en ‘n mens sou eerder verwag dat ons ouers nie hul neuse by die spreekwoordelike deure sou uitsteek as gevolg van die koue en reënerige herfsdag nie. Die opkoms en samesyn van ons ouers spreek egter boekdele van die karakter van ons skoolgemeenskap wanneer dit by die ondersteuning van skoolaktiwiteite kom. Ons is so bevoorreg dat ons ouers die skool in alle opsigte ondersteun en saam trots op ons puik skool is. Dit dra kollektief by dat ons skool net van krag-tot-krag gaan. Graag wil ek ons OOV-Voorsitter, Coreen Scholtz, en haar span asook al die ouers en personeel wat so hard gewerk het om die sukses van die Kaperjolle te verseker, hartlik bedank. Baie dankie ook aan die ouers wat kom help het om die volgende dag vanaf 09:00 te kom help opruim. Ons kon sommer vinnig die skool binne en buite opruim, want vele hande maak ligter werk.
Dit is dan my eer en voorreg om ons personeel hartlik geluk te wens met ons uitstekende 2022 sistemiese uitslae wat ons sopas ontvang het. Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement (WKOD) is die enigste provinsie in die land wat van sistemiese toetsing gebruik maak. Die toetsing geskied jaarliks gedurende Oktobermaand om die kennis en vaardighede van leerders in Taal en Wiskunde in slegs graad 3, 6 en 9 te assesseer. Die toetse verskaf data en inligting wat kan help om prestasie in Taal en Wiskunde te verbeter, wat die grondslag vir alle leer verskaf. Verder word die data deur die EXCO ontleed sodat ons dit kan gebruik om remediërende intervensies op alle vlakke te beplan, insluitend onderwysersopleiding en -ondersteuning, skoolleierskap- en bestuursondersteuning asook om planne ter verbetering vir ons skool saam te stel. Sien onder grafiese voorstelling van ons puik graad 3 en 6-sistemiese uitslae teenoor vergelykende skole en areas:

Sleutel:
  • Kring 1: Daar is 10 kringe in ons distrik (Metro-Sentraal) en ons val onder kring 1
  • Distrik: Metro-Sentraal
  • Kwintiel 5 skole: Openbare skole wat skoolfooie vra en in soortgelyke sosio-ekonomiese omgewings geleë is
Dit gaan werklik baie goed met ons skool en Huppelland en daarom sluit af ek met die volgende stelling van dankbaarheid en ek wens vir julle ‘n wonderlike langnaweek toe. Reis asb. Veilig.

"Dankbaarheid gee sin aan gister,
gee vrede vir vandag
en skep ‘n droom vir môre."

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir advertensies van die week

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet