Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Skooltye: 26 April

As gevolg van die heerlike langnaweek (27 April – 1 Mei) het ons besluit om die skool op Woensdag, 26 April, op gewone tyd te verdaag (13:15 - gr. 1, 13:32 - gr. 2, 13:40 - gr. 3, 14:10 - gr. 4 - 7) met netbal en rugby wat steeds sal plaasvind. Ons het egter besluit om die sport (gr. 1 – 7) tydens die skooldag te oefen sodat almal op die uitkomtye soos hier genoem kan verdaag.

Die tye en reëlings vir Woensdag, 26 April, is as volg:
  • 13:15 (graad 1)
  • 13:32 (graad 2)
  • 13:40 (graad 3)
  • 14:10 (graad 4 - 7)
  • Netbal & rugby vind in skooltyd plaas.
  • Leerders wat nie Woensdag sport beoefen nie, bly in klasse.
  • Bus vertrek om 14:15
  • Nasorg gaan voort soos normaal.

Fotobestellings

  • Laaste dag vir bestellings: Vrydag, 21 April 2023
  • Elke leerder wat op die onderskeie fotodae teenwoordig was, het 'n koevert vir die verskeie bestellings ontvang.
  • Vul asb. die koevertjie waarop bestel moet word, volledig in.
  • Klasfoto's en individuele foto's word by die klasonderwyser bestel en betaal.
  • Julle is ook welkom om aanlyn op Lunchbox Photography se webtuiste te bestel.
  • Wagwoord vir aanlyn bestellings: JVR2020

Kaperjolle: 22 April

Dit is weer Kaperjolle tyd!

Saterdag, 22 April, 12:00 tot 18:00

‘n Pretdag vir oud en jonk!
  • Potjiekoskompetisie - koop 'n proe-kaartjie en help beoordeel!
  • Spitbraai
  • Huppelland Kinderland met toesig vir 3 tot 9 jariges
  • "Quad"speletjies
  • Uitspan zone vir groter kinders
  • Lekkergoedland
  • Kosstalletjies: pannekoek, koffie, chip 'n dip, “chicken strips”, boereworsrolletjies, pizza en burgers
  • Musiek
  • Kroegarea

KULTUUR

Jannies Talent: 30 Augustus 2023

Daar heers groot opwinding! Dis die jaar vir Jannies Talent waar ons leerders met hulle talente kan kom spog. Die datum is 30 Augustus. Kry solank julle items gereed en kom meld by juffrou Helecia aan.

Dramatye: Kwartaal 2

Maandag:

Gr. 1 - 3
14:30 - 15:30

Gr. 4 - 7
15:30 - 16:30

Woensdag:

Gr. 1 - 3
14:10 - 15:00

Gr. 4 - 7
15:00 - 16:20

Vrydag:

Gr. 1 - 3
13:00 - 14:00

Gr. 4 - 7
14:00 - 15:00

Die tye sal later weer aangepas word as eksamen begin en sport klaar is.

Eisteddfod: Solosang

Neem kennis dat die Eisteddfod Solosang vir gr. 1 - 3 Saterdag, 13 Mei, te Laerskool Jan van Riebeeck plaasvind.

SPORT

Sport: Woensdag, 26 April

Woensdag, 26 April, sal alle rugby- en netbaloefening in skooltyd plaasvind. Weens die langnaweek en dat ons Maandag, 1 Mei, se oefeninge mis, wil ons graag seker maak alle spelers oefen Woensdag.

Die rugby- en netbalspanne speel Woensdag, 3 Mei, onderskeidelik teen Goodwood en Aristea.

Leerders kan in hul sportklere skool toe kom.

Sien die program op die foto hier onder of kliek HIER vir die PDF-weergawe:

Landloopoefeninge en -wedlope

Landloopoefening sal volgende week, 25 April, afskop. Oefeninge is op Dinsdae van 14:30 - 15:30 op die Conradieveld.

Wedlope vind op Vrydae plaas en begin die 5de Mei. Leerders wat wil probeer kwalifiseer, moet aan al 7 wedlope deelneem. Wedlope vind op die volgende datums plaas:
  • 5 Mei
  • 12 Mei
  • 19 Mei
  • 26 Mei
  • 9 Junie
  • 21 Julie
  • 28 Julie

ALGEMEEN

Pantoffeldag: 5 Mei

Veiling: 27 Mei 2023

Indien jy 'n plek by 'n tafel wil bespreek, EFT gerus die kaartjiekoste (R1800 per persoon) - sien die bankbesonderhede hier onder - en laat weet asb. vir Martie Viljoen (martie@avconeng.com) aan watter tafel jy wil sit.

Investec
Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedings Trust
Rek no.: 10011436695
Tak: 580105
Verwysing: Veiling, voorletter en van

TERUGVOER

Netbal o.10A teen Laerskool Durbanville

Die o.10A-netbaldogters het Saterdag aan Laerskool Durbanville se 0.10-sportdag deelgeneem en baie goed gevaar. Baie geluk aan Cato Terblanche wat as speler van die dag aangewys is.

Wen teen Welgemoed B 12 - 3
Verloor teen Totius 6 - 7
Wen teen Belville Noord 10 - 2
Wen teen Vredekloof 9 - 0

Ons is trots op die Jannies se goeie spangees en sportmanskap.

Eerste Hokkie-ligawedstryde teen Milnerton

Op 'n baie winderige en koue Donderdagmiddag het al ons hokkiespanne teen Milnerton te staan gekom. Die seuns het weg gespeel en die dogters tuis.

Die uitslae is as volg:

Seuns

o.9 Span 1 wen 1 - 0
o.9 Span 2 speel gelykop 0 - 0
0.10A-Seuns wen 4 - 1
0.11A-seuns verloor 1 - 3
0.13-seuns wen 8 - 0

Dogters

o.9 Span 1 speel gelykop 1 - 1
o.9 Span 2 speel gelykop 1 - 1
o.10A wen 7 - 0
o.11A wen 8 - 0
o.13A wen 3 - 2
o.13B wen 4 - 0

Dit is ongelooflike uitslae en ons is trots op elke span wat net hul beste gegee het.

O.13-Hokkietoernooi te Van Riebeeckstrand

Verlede Vrydag, 14 April, het ons o.13-hokkiespanne aan die eerste toernooi van die jaar deelgeneem. Die opwinding was groot en die spanne het nie teleurgestel nie.

Met ons hokkie wat verlede jaar vir die eerste keer aan ligawedstryde deelgeneem het, is dit wonderlik om te sien hoe ons spanne binne 'n jaar gegroei het.

Verlede jaar het ons spanne baie swaar getrek by die toernooi. Ons seuns en dogters het met 5 - 0 en 7 - 0 verloor, maar die entoesisame om te verbeter was daar.

Hierdie jaar het ons teen dieselfde spanne gespeel en die uitslae is as volg:
  • Seuns speel gelykop teen Van Riebeeckstrand 1 - 1 en Wen vir Curro Durbanville 4 - 1
  • Dogters verloor 0 - 1 teen Van Riebeeckstrand en wen Curro Durbanville 1 - 0
Dit was 'n puik begin vir die seisoen en merkwaardig om te sien hoe ons spelers verbeter het. Ons hou vir al ons spanne duimvas vir die seisoen wat voorlê.

Jannies presteer by SA Lifesaving Champs

Drie van ons Jannies het van 3 - 5 April aan die SA lifesaving champs in Port Elizabeth deelgeneem. Dit was drie lang en uitmergelende dae op die strand in ‘n stormagtige Port Elizabeth.

Nils Le Roux wen ‘n Silwer medalje in die Beach Flags vir seuns o.10 en goud in die o.10 mixed beach relay.

Bailey Thomson wen ‘n silwer medalje in die Beach Flags, nog ‘n silwer medalje in die Beach Sprints vir meisies o.12 en goud in die o.12 Mixed Beach relay.

Delmar Benecke wen silwer in die beach long run vir seuns o.12 en goud in die o.12 Mixed Beach relay.

Hierdie kinders het ongelooflike fiksheid, deursettingsvermoë en baie “guts” getoon. Ons is baie trots op hulle!

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Die buitemuurse- en skoolkalender is sedert die skole op Woensdag, 12 April, heropen het propvol pret aktiwiteite vir ons leerders. Op Vrydagmiddag het ons o.13A-seuns- en dogtershokkiespanne aan ‘n hokkietoernooi te LS Van Riebeeckstrand deelgeneem. Baie geluk aan die seuns wat gelykop teen Van Riebeeckstrand (1 elk) gespeel het. Hulle wen Curro Durbanville met 4 - 0. Ons dogterspan verloor in die doodsnikke van die wedstryd 0 - 1 teen Van Riebeeckstrand, maar wen Curro Durbanville 1 - 0. Baie geluk aan die onderskeie afrigters juf. Shahneé en mnr. Leon met die puik uitslae aan die begin van die seisoen.

Op Saterdag, 15 April 2023, het ons o.10-netbalspan aan die LS Durbanville se o.10A-netbaltoernooi deelgeneem. Ons o.10-dogters onder leiding van juff. Heidré en Izél het puik gevaar en hulle is as die beste span vir die dag op die spesifieke baan aangewys. Daar is met trots tydens die prysuitdeling van hul sportgees en sportmanskap melding gemaak. Dieselfde dag het ons o.11-hokkiespelers aan ‘n interne hokkiekliniek by die Conradieveld deelgeneem. Baie dankie juf. Helene vir hierdie inisiatief en puik reëlings.
Maandagaand het die Suidoosterredaksie span onder leiding van juff. Suzaan en Marlize ‘n pret middag-aand funksie gereël waartydens Marius Boonzaaier (redakteur van die APEX Motortydskrif) hulle rakende joernalistiek, redigering en verslaggewing kom toespreek het. Die hoogtepunt was egter dat die juffrouens saam met die dogters die aand in die biblioteek oornag het. Dit was groot pret en nie eers ‘Trudie’ het hulle uit die slaap gehou nie.

Graag deel ek met julle dat ek twee maal per week, soggens voor skool met die personeel vergader om te verseker dat skoolsake vlot verloop asook om na leerders en die personeel se welstand om te sien. Weekliks fokus ek op ‘n onderwerp om die personeel te inspireer wat dan weer deur filter na ons leerders. Die afgelope week is die fokus klasgebonde om konstruktiewe nuuskierigheid by die leerders in die verskillende leerareas aan te wakker. Ek glo dat konstruktiewe nuuskierigheid die vlammetjie van kreatiwitiet en leergierigheid is. Daarom moet ons kollektief aanhou om dit spreekwoordelik te stook. Konstruktiewe nuuskierigheid lei altyd tot meer gefokusde en gemotiveerder leerders. Hiermee wil ek ook vir ons onderwysers ’n pluimpie gee dat hulle alreeds die kopskuif gemaak het waar ons daagliks poog om ons leerders te leer om te dink en nie wat om te dink nie.

Môre vind die gewilde Kaperjolle vanaf 12:00 plaas en ‘n mens kon reeds die afgelope week al die opwinding aanvoel. Die leerders kan nie meer wag om aan al die speletjies en vermaak deel te neem nie. Baie dankie aan die OOV-voorsitter, Coreen Scholtz, haar OOV-span asook al die ouers/voogde wat ingespring het om te verseker dat dit weer ‘n reuse sukses sal wees. Kom geniet die kosbare samesyn en smaaklike disse wat te kope is. Ek sien baie uit om julle almal by die Kaperjolle te ontvang!

Baie dankie aan Michael du Plooy (’n ouer by ons) van Cipla wat vir elke personeellid ‘n immuunversterkerpakkie voorsien het om hul immuniteit op te bou vir die komende koue wintermaande wat voorlê.

Graag sluit af ek met die volgende bekende stelling deur Wayne Dyer en ek wens vir julle ‘n wonderlike naweek en ‘n lekker kuier Kaperjolle toe:

"If you change the way you look at things
the things you look at, change."

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir advertensies van die week

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet