Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

18 April, 2024 - Hokkie Seuns: CBC St John's (WEG) 00:00-23:59 at CBC St John's
18 April, 2024 - Mardry Wright (Onderwyser) verjaar 00:00-23:59
18 April, 2024 - Kleiduifskietkompetisie 00:00-23:59
18 April, 2024 - Hokkie Dogters: CBC St John's (TUIS) 00:00-23:59
19 April, 2024 - Rugby: o.7 - o.13 Curro Durbanville (TUIS) 00:00-23:59
19 April, 2024 - Toets: Engels (gr. 4 en 6), Afrikaans (gr. 5 en 7) 07:45-09:10
20 April, 2024 - Kaperjolle 12:00-18:00
21 April, 2024 - Annet Wilke (Terapeut) verjaar 00:00-23:59
21 April, 2024 - Marietjie de Kock (OLSO) verjaar 00:00-23:59
22 April, 2024 - Graad 1-3 uitstappie: Junior Suidoosterfees 08:00-13:00
23 April, 2024 - Graad 4-5 uitstappie: Junior Suidoosterfees 08:00-13:00
23 April, 2024 - Skrywersbesoek Gr. 1-6 - Wendy Maartens 08:30-09:00
24 April, 2024 - Rugby: Laerskool Edgemead (TUIS) 00:00-23:59
24 April, 2024 - Netbal: o.7-o.13 De Tyger (WEG) 00:00-23:59
24 April, 2024 - Graad 6-7 uitstappie: Junior Suidoosterfees 08:00-13:00
25 April, 2024 - Hokkie Seuns: Sunningdale (TUIS) 00:00-23:59
25 April, 2024 - Hokkie Dogters: Sunningdale (WEG) 00:00-23:59
25 April, 2024 - Oueraand 18:00-20:00
26 April, 2024 - Toets: Aardrykskunde ass. (gr. 4 - 6), NW (gr. 7) 07:45-09:10
26 April, 2024 - Sivvies 07:45-14:00
26 April, 2024 - Landloopwedloop: Sweet Valley 14:15-15:15
27 April, 2024 - Keenen Faro (Onderwyser) verjaar 00:00-23:59
27 April, 2024 - Hokkie: o.9 en o.10 Seuns en Dogters Toernooi Laerskool Tableview (WEG) 00:00-23:59
27 April, 2024 - Hokkietoernooi: o.9 & o.10 Seuns en Dogters by Laerskool Tableview. 00:00-23:59
29 April, 2024 - Netbal: o.7-o.13 Monte Vista (TUIS) 00:00-23:59
30 April, 2024 - Graad 6-uitstappie: Wonderdal Science Centre 08:00-14:00
1 Mei, 2024 - Werkersdag 00:00-23:59
2 Mei, 2024 - Hokkie Seuns: Milnerton (WEG) 00:00-23:59
2 Mei, 2024 - Hokkie Dogters: Milnerton (TUIS) 00:00-23:59




>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Ons is so dankbaar dat skole vanjaar hul deure kon oopmaak soos beplan sonder dat die pandemie die laaste sê het. Groot opgewondenheid het geheers en hoë vlakke van positiewe energie was tasbaar op Woensdag, 19 Januarie, met die opening van ons trotse skool. Die Burger en Maroela Media het ook spesiaal ons Graad 1’s kom afneem terwyl die prefekte al die nuwe leerders ontvang het om die eerste skooldag van die leerders en hul ouers meer spesiaal te maak. Laat my ook toe om al ons nuwe ouers by Huppelland en die Laerskool te verwelkom. Wees verseker julle het die beste keuse vir jul kind gemaak en my beste wense vergesel julle vir die nuwe reis.

Ek wil julle verseker dat ons personeel slaggereed is om 2022 vir ons leerders baie spesiaal te maak. Ek glo julle het ook ‘n heerlike vakansie geniet, kosbare tyd saam met familie spandeer en die spreekwoordelike ‘batterye’ herlaai is om die nuwe jaar aan te pak.

Die pandemie het vir die afgelope 2 jaar verwoesting gesaai en ons is deur die virus geaffekteer of geïnfekteer. Graag wil ek die skoolgemeenskap komplimenteer wat tydens die moeilike tye weereens sy veerkragtigheid getoon het. Baie dankie dat ons mekaar kon inspireer en onderskraag om die uitdagings op ‘n kreatiewe wyse te bowe te kom. Ons moet nog steeds voortbou en uitreik na gemeenskappe wat swaar deur die pandemie geraak is.

Weens die feit dat die pandemie ons 100ste bestaansjaarvieringe verlede jaar in die wiele gery het, beplan ons om vanjaar beslis 100 +1 se feesvieringe te geniet. Op Vrydag, 28 Januarie, skop ons met 100 + 1 Jooldag vir die leerders af. Op Maandag, 31 Januarie, is dit die ouers/voogde se beurt om die ryk tradisies van 100 + 1 saam te vier. Hou gerus die Karri-toep dop om vroegtydige bestellings vir heerlike kos te plaas. Volledige programme volg.

Laat my ook toe om Lousie Neser, die nuwe hoof by Huppelland, by ons te verwelkom. Mag sy die nuwe fase in haar lewe geniet en Huppelland van krag-tot-krag neem.
Ter voorbereiding vir die jaar het ons personeel op Maandag, 17 Januarie, ‘n insiggewende opleidingssessie en praatjie van Lynette Beer oor die Vierkleur Temperament-Model bygewoon. Hierdie model help ongelooflik baie om jou eie en ander mense se temperament te verstaan wat instrumenteel tot beter menseverhoudinge is. Sy het ook op die liefdestale gefokus en ons bewus gemaak dat mense op sekere maniere reageer namate die manier waarop daar gekommunikeer word. Dis natuurlik waardevolle kennis aangesien ons dit direk met die leerders in ons skool kan toepas. "Google" haar gerus, dit is die moeite werd! Ons poog om voortdurend gefokusde opleiding aan ons personeel te bied om te verseker dat die standaard en kwaliteit van onderrig uitmuntend bly.
Ons nuwe ouerhandleiding het ook sy verskyning gemaak. Elke gesin sal ‘n kopie ontvang en graag wil ek Suzaan Burger vir die spogstuk bedank. Die ouerhandleiding bevat alle inligting wat jy benodig rakende ons skool en sy aktiwiteite. Dit is ook op die webtuiste beskikbaar.
Op ‘n hartseer noot versoek ek jul gebede/gedagtes vir die Paschke-Bos gesin. Van die gesinslede was Dinsdag, 18 Januarie, in ‘n motorongeluk betrokke waartydens hul geliefde ouma gesterf het en Koyla (vanjaar Gr. 6) ernstige beserings opgedoen het. Koyla is tans in ‘n stabiele toestand in die Rooikuis-Hospitaal waar hy ‘n operasie ondergaan het. Ons dink aan die familie tydens die moeilike tyd en bid dat Koyla spoedig sal herstel.

Hiermee sluit ek dan af en wens vir jul almal ‘n voorspoedige jaar vol vreugde toe en mag ons stelselmatig terugkeer na ‘n tipe normaal waar ons weer voluit kan leef.

Geniet ‘n wonderlike naweek!

Vriendelike groete
Naas Beets
Skoolhoof

ALGEMEEN

Welwillendheid Omgee-projek

Ons skool neem aan ‘n uitreikprojek deel om skoolbenodigdhede wat die jaar nie meer gebruik word nie, nl. skoolklere en skryfbehoeftes, aan ‘n skool in Ysterplaat te skenk. Die behoefte is so groot dat selfs skooltasse wat nie meer gebruik word nie, 'n nuwe huis sal kan kry. Moet asb. nie bekommerd wees oor ons skool se wapen op die skoolklere, ens. nie aangesien ons dit gaan verwyder voordat die aflewering sal geskied. Ons sal dit opreg waardeer indien enige van hierdie items geskenk kan word. Jy kan dit na juf. Marietjie de Kock se klaskamer stuur. Baie dankie vir die samewerking in hierdie verband.

Jannies Jooldag 100+1 Program

Kliek HIER vir die volledige program.

KULTUUR

Drama 2022

Drama 2022
Dramatye vir 2022:

Gr.1 - 3

Maandag - 14:00 - 15:00
Woensdag - 14:10 - 15:00
Vrydag - 13:00 - 14:00

Gr.4 - 7

Maandag - 15:00 - 16:00
Woensdag - 15:00 - 16:00
Vrydag - 14:00 - 15:00

BARBARA SCHREUDER DANSSKOOL BY JAN VAN RIEBEECK 2022

BARBARA SCHREUDER DANSSKOOL BY JAN VAN RIEBEECK 2022
Genres AIDT Moderne dans /AAB American Academy of Ballet /Contemporary /Hip Hop word aangebied.
Dansers kry die kans om net lekker te dans maar ook deel te neem aan kompetisies (opsioneel).
Cape Town Eisteddfod / Vertonings / Own Choreography / Ballet Awards/ Funksies en Dans Prysuitdelings, ens.

DANS KLASSE BEGIN VANAF DINSDAG, 25 JAN 2022

Kontak : 072 4549353 vir meer inligting / rooster ens.
barbie.schreuder.dance@gmail.com

SPORT

Buitemuurse program: Kwartaal 1 2022

Die buitemuurse program vir die eerste kwartaal sal op Maandag, 31 Januarie, begin. Die ouerinligtingsvergaderings en ander funksies vind nog volgende week (24 - 28 Januarie) plaas. Ons gaan wel met ons tennisranglys spelers vroeër begin ter voorbereiding van hul eerste wedstryde.

Let asb. daarop dat ons hierdie kwartaal saam met St Cyprians se leerders op die Gardens rugby & football klub se velde atletiek gaan oefen. Die Hoërskool gaan binnekort met herstelwerk op hul velde begin en dit sal dan nie beskikbaar wees nie. Leerders sal steeds met die bussies vervoer word of ouers/voogde kan hulle kom aflaai en optel by die veld.

Ons gaan ook die kwartaal afskop met die O/12 & O/13-netbalproewe. Leerders wat hierdie jaar vir die spanne wil speel, moet die proewe bywoon sodat ons spanne kan finaliseer. Sien asb. die webkalender vir datums. Meer inligting sal met spelers gekommunikeer word.


Kliek op die foto hieronder vir die program:
2022-Buitemuurse-program - Somer 1-1

Sweminskrywings vir 1ste kwartaal 2022

Ouer/Voog wat belangstel om hul kind/ers vir swem gedurende kwartaal 1 in te skryf, moet asb. die gepaste skakel vir hul kind se graad kies en die Google Form voltooi. Indien daar nie meer enige plek beskikbaar is nie, kies "No more options". Jou kind/ers se naam kom dan outomaties op die waglys. Sodra die inskrywings sluit en ons deur die vorms gewerk het, sal ons almal in kennis stel van plekke soos dit beskikbaar word.

Die sluitingsdatum vir inskrywings is Woensdag, 26 Januarie 2022, om 10:00.Volg die onderstaande skakels vir inskrywings:
Graad 1
Graad 2
Graad 3
Graad 4 - 7

Bergfietsafrigting by Hoërskool Jan van Riebeeck vir 2022

Hoërskool Jan van Riebeeck bied bergfiets as sport aan en nooi graag ons laerskoolleerders om by die sessies aan te sluit. Sien die onderstaande inligting indien jou kind/ers sou belangstel. Ouers neem self verantwoordelikheid vir hul kinders se deelname en enige kommunikasie vind direk met die afrigter plaas.

Die Hoërskool het verlede jaar ’n weldoener gehad wat in privaatkapasiteit die vaardigheidsessies, soos aangebied deur BreakAway Rides, se kostes gedra het om ons laerskoolleerders aan bergfiets bloot te stel en om ons Hoërskool-bergfietsbaan bekend te stel. Die kwartaallikse fooi, wat deur Hoërskool Jan van Riebeeck se bergfietsklub bestuur word, sal vanaf hierdie jaar R550 per kwartaal beloop. Dié bedrag sal die afrigters se kostes dek.

Ons begin op Vrydag, 21 Januarie 2022, met ons eerste vaardigheidsessie vir 2022. Elke kind sal ’n minimum van 8 x 1.5 uur sessies per kwartaal se vaardigheidslesse ontvang. Hierdie lesse word deur BreakAway Rides se afrigters aangebied. Die vaardigheidsessies vind elke Vrydag van 14:15 tot 15:45 op HS JvR se bergfietsbaan in De Hooplaan, Tamboerskloof plaas.

Die fietsryers sal elke Vrydag in 2 groepe verdeel word en die afrigters sal die kinders indeel by òf die ‘nipper’-groep vir beginners, òf die ‘junior’ groep vir meer gevorderde fietsryers.

Ons sal deur die loop van die jaar ook ’n addisionele na-ure-kursus aanbied waar die fietsryers vaardighede aangeleer word om hul eie fietse te diens.

Indien jy bevestig dat jou kind/ers by ons klub wil aansluit vir 2022, volg asseblief die SKAKEL.

Nina Lubbe gekies vir Nasionale karatespan

Nina Lubbe is gekies vir die nasionale karatespan wat aan die wêreldkampioenskap in Tokyo gaan deelneem. Intussen het die organiseerders besluit om die datum van Augustus 2022 na Augustus 2023 a.g.v. Covid te skuif. Gelukkig gee dit vir Nina nog 18 maande om hard te oefen. Geluk Nina!

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies 21 Jan 2022-1

Kliek HIER vir die Jannies besigheidsregister

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet