Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Nuwe skooldrag

Sien gerus die beskrywing en foto's hier onder vir 'n voorbeeld van die leerders se winterdrag (grondslagfase se foto's sal binnekort gepubliseer word). Volg hierdie skakel vir die die kleredrag webblad op ons webtuiste. Sweetpakke is in produksieproses. Hierdie jaar mag leerders nog meer informele skooldrag dra a.g.v. infasering van skooldrag. Vanaf 2024 sal korrekte skooldrag verpligtend vir almal wees.

Grondslagfase (Gr. 1 - 3)

Dogters
  • Langmou wit en donkerblou hemp
  • Sweetpak (top en broek)
  • Wit sokkies en tekkies OF kaalvoete OF donkerblou plakkies
  • “Soft Shell” baadjie (vir addisionele hitte)
Seuns
  • Langmou wit en donkerblou hemp
  • Sweetpak (top en broek)
  • Wit sokkies en tekkies OF kaalvoete OF donkerblou plakkies
  • “Soft Shell” baadjie (vir addisionele hitte)
Intermediêre en Senior fase (Gr. 4 - 7)

Dogters
  • Langmou wit en donkerblou hemp
  • “Soft Shell” baadjie
  • Geruite rompie / donkerblou rompie OF donkerblou langbroek
  • Swart sykouse OF donkerblou lang sokkies met wit strepies
  • Swart skoolskoene OF donkerblou plakkies OF kaalvoete
Seuns
  • Langmou wit en donkerblou hemp
  • “Soft Shell” baadjie
  • Khaki langbroek OF donkerblou kortbroek
  • Donkerblou lang sokkies met twee wit strepies
  • Swart skoolskoene OF donkerblou plakkies OF kaalvoete

AKADEMIE

Eksamenwenke: Belonings

Hoe om belonings te gebruik / How to use rewards (deur Marike Badenhorst, LS JvR Opvoedkundige sielkundige)

Dit is eksamen en is vir baie ouers en leerders ‘n senutergende tyd. Dikwels voel ouers hul kinders het net daai ekstra bietjie motivering nodig. Dit is nie verkeerd om jou kind te beloon nie, maar dit is belangrik hóé om dit doen. Hier is ‘n paar riglyne:
  1. Wees baie spesifiek en sorg dat kind presies weet hoe om dit te verdien / Be clear about rewards and how to earn them
    Wees spesifiek wanneer jy jou kind wil beloon. In plaas van “ jy kan langer televisie kyk” sê eerder “jy kan ‘n halfuur langer televisie kyk”. Maak ook seker dat jou kind presies weet wat hy/sy moet dóén. In plaas van “maak jou kamer aan die kant”, sê eerder“hang jou klere op, pak jou speelgoed weg en maak jou bed op.”
  2. Prys jou kind se GEDRAG / Praise BEHAVIOUR instead of traits
    Prys en gee erkennig aan jou kind se GEDRAG. Wanneer jou kind goed doen in ‘n vraestel, prys hom vir sy/ haar harde werk eerder as vir haar intelligensie/ hoe slim sy is. Wanneer jou kind begin glo dat hy ‘n toets deurgekom het omdat hy slim/ intelligent is, wat beteken dit dan wanneer jou kind swak presteer? Ook, deur gedrag te prys soos harde werk sal lei tot nóg harde werk, maar iets soos intelligensie is buite jou kind se beheer.
  3. Beloon jou kind gereeld en wees konsekwent /Give rewards regularly and be consistent
    Probeer om nie een groot belonging te gee vir iets waarvoor hulle lank moet wag nie. Hou by kleiner, gereelde belonings. Dit is vir enige kind moeilik om te wag, wat die belonging minder effektief maak. Gereelde belonings sal jou kind gemotiveerd hou.
  4. Moenie ‘n beloning wegneem vir ‘n ander reël wat oortree word nie / Don’t take away earned rewards
    Om ‘n belonging weg te neem wat klaar verdien is, mag jou kind moedeloos maak en laat voel hy sien nooit positiewe resultate vir sy gedrag nie.
  5. “Catch your child doing good”
    Sit jou ooraktiewe kind stil? Maak ‘n punt daarvan dat jou kind weet jy het dit raakgesien, ongeag hoe klein dit ookal is. En: doen dit gereeld, minstens twee tot drie maal ‘n dag. Die beste manier om swak gedrag hok te slaan, is om die teenoorgestelde, goeie gedrag raak te sien en te beloon.
  6. Druk altyd deur / Always follow through
    Indien jy jou ooreenkoms altyd deurvoer, kry jou belonings oor tyd geloofwaardigheid.
  7. Stel bereikbare doelwitte / Set achievable goals
    Indien jou kind glo hy/sy gaan dit in elk geval nie kan bereik nie, hoekom sal hy/sy eers probeer? Die goue reël hier is dat jou kind minstens ‘n “7 uit 10” kans het om sukses te behaal.

Junie-eksamen 2023: Logistiek en Organisasie

Kliek HIER vir die inligtingsblad.

Eksamenrooster: Junie 2023

Kliek HIER vir die PDF-weergawe van die eksamenrooster.

KULTUUR

Oudisie vir The Sound of Music

Kinders kan nou oudisie vir Pieter Toerien en die Kaapstad Opera se The Sound of Music produksie. Stuur 'n e-pos aan info@musicaltheatreworkshop.co.za. Volg die skakel vir meer inligting.

ALGEMEEN

Bring-en-Raai 2023

  • 11 Augustus 2023
  • Stuur 'n e-pos aan karienzulch@gmail.com en bespreek 'n tafel vir 'n span van 8 spanlede teen R1800 per tafel.

TERUGVOER

Netbaluitslae: Liga wenners

Vrydag, 2 Junie 2023
B-liga uitslae:
Wen Zwaanswyk 30 - 0
Wen Reps 27 - 1
Wen Somerset House 21 - 2

JvR wen die pool en speel teen Fanie Theron in die semi-finaal. Ons wen 24 - 4

Saterdag, 3 Junie 2023
Wen Totius 12 - 8

Saterdag, 3 Junie, was dit JvR se 3de keer wat ons teen Totius te staan gekom het. Dit was 'n taai wedstryd. Halftyd was die telling 5-4 vir JvR. In die tweede helfte het die Jannies met 'n sterk 2de asem teruggekom en behoorlik vir Totius gewys wie die beste span is. Elke speler het meer as hulle beste gegee. Ons is ongelooflik trots op die dogters wat in die koue hierdie wedstryd gespeel het. 'n Spesiale dank aan ons gereelde groep ondersteuners wat kliphard langs die baan geskree het. Dit is net 'n voorreg om met so 'n goep dogters te werk. Die wedstryd is vir altyd in my hart gegraveer.

Juffrou Ischké Felix

Landloop: Terugvoer en Uitslae 26 Mei & 2 Junie

Vrydag, 26 Mei, het die landloop atlete aan 'n wedloop te Kampsbaai deelgeneem. Dankie aan juf. Helene Slabbert wat die leerders vergesel het! Hiermee die uitslae:

Jasper Wolff (o.8) - 22ste
Lukas Loubser (o.8) - 21ste
Gia Kruger (o.8) - 17de
Ben Louw (o.9) - 36ste
Ella van der Walt (o.10) - 17de

Verlede Vrydag, 2 Junie, het ons ons eie pret landloopwedloop op die Tafelbergpad gehou. Dit was 'n heerlike draf teen ons mooie Tafelberg met klein watervalle. Die volgende leerders het gehardloop:

Petronella Gouws, Ella Fischer, Anouk Jacobsz, Anna Leach, Ilan van den Berg, Alexander Styan, Lua Groenewald, Lukas Loubser, Luc Durand, Gia Kruger, Ben Louw, Leah Jacobsz, Maia du Toit, Hanna Thom, Cato Terblanche, Samuel Groenewald, Nell du Toit, Marais Groenewald en Sophia Terblanche.
Baie dankie aan almal wat deelgeneem het en ouers wat saamgedraf / aangemoedig het! Ons maak weer so!

Indien daar leerders is wat graag by Landloop wil aansluit, stuur gerus 'n boodskap aan suzaan@jvrprim.co.za of op Skooler se Algemeen kontakgroep sodat julle ook Landloop boodskappe ontvang.

Welwillendheidsprojekte terugvoer

Pantoffeldag-projek: Op Vrydag, 5 Mei 2023, het die leerders almal pantoffels gedra. Die skool het altesaam R3000,00 ingesamel. Die geld is ingesamel om bederfpakkies vir Ysterplaat se ouetehuis te maak.

Die Graad 3’s het, tesame met Alive Foundation, die pakkies op 7 Junie gaan uitdeel. Dit het ‘n kombers, sokkies en sopbestanddele bevat. Die bejaardes was vreeslik dankbaar en trane van waardering was sigbaar. Twee van die leerders het hul gediggies op gesê en ‘n groot applous ontvang.
Sop-in-'n-fles-projek: Sopbestandele en flesse is hierdie kwartaal ingesamel. Van die sopflesse was deel van die bederfpakkie vir die ouetebuis. Die res van die sopflesse gaan ons vir Mandeladag aan Prestwich skool skenk.
Ons wil ouers hartlik bedank vir al die glasbottels, sopprodukte en kontantbydraes. Dankie ook aan die ouers wat kom help pak het. Ons waardeer almal se bydrae en ondersteuning!

Karu Rademeyer presteer op kultuurgebied

Karu was die afgelope ruk by 'n hele klompie kultuuraktiwiteite betrokke en vaar ongelooflik goed in elkeen wat sy aanpak. Hiermee 'n bietjie terugvoer:
  • Karu is onlangs in die Cape Town Children's Choir ingesluit. Hulle oefen op Vrydaemiddae by die Bea Soleil Musiekskool.
  • Sy het ook die wonderlike geleentheid om Vrydag en Saterdag deel te wees van Carmina Burana in die Kaapstadse Stadsaal.
  • Sy geniet haar klarinet al hoe meer en is ook nou deel van die Kaapse Filharmoniese Orkes se 'Academy Band'. Sy sê die standaard is hoog en die kinders speel al goed - sy moet lekker hard werk. Hul oefen op spesifieke Saterdaeoggende.
  • Sy het verlede week gehoor dat sy suksesvol was met haar twee oudisies en is ingesluit in die rolverdeling van TOSCA wat in September by Kunstekaap op die planke gaan wees. Hulle begin Saterdag oefen en dan ook dwarsdeur die Junie-vakansie.
  • Karu het verlede Saterdag in Worcester aan die Wes-Kaapse streeksfinaal van die Radikale Redenaars-kompetisie deelgeneem. Sy het die Afrikaanse poësie-afdeling en ook die Afrikaanse prosa-afdeling gewen en neem in Oktober in Gauteng aan die nasionale finaal deel.
Baie geluk, Karu! Ons is so trots op jou!

Leerders presteer in 'acro dancing' by CT Eisteddfod

Drie van ons graad 4;leerders - Milla Cronje, Aiyana Alfredo en Ella Jehle - het verlede week in groepverband in acro dancing by die Cape Town Eisteddfod deelgeneem. Hulle het 'n diploma ontvang en was die wenners van die 10 - 11 ouderdomsgroep. Baie geluk!!

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Week 9 het afgeskop met die graad 4 – 6-leerders wat ook met die Junie-eksamens begin het. Die grondslagfase leerders is reeds besig met hul tweede en finale week van formele assesserings. Baie dankie aan al die ouers/voogde en onderwysers wat so mooi help om die stresvlakke en spanning tydens die eksamen in toom te hou sodat dit nie die oorhand kry nie. Ons woon en leef in ‘n land waar ons daagliks bewustelik en onbewustelik stres en angs as gevolg van beurtkrag, misdaad, verkeer, korrupsie en uitdagende ekonomiese tye ervaar. Ons kinders word ongelukkig hieraan blootgestel en daarom is dit belangrik dat ons kollektief seker maak dat ons kinders nie addisionele angs en stres ervaar nie.

Vanaf Maandag, 05 Junie, het die buitemuurse sportprogram in skooltyd net na die aflê van die daaglikse eksamens plaasgevind. Die doel daarvan om nog steeds met sportoefeninge gedurende die eksamentyd voort te gaan is tweeledig: eerstens geniet die leerders dit terdeë om direk na ‘n lang eksamensessie uit die klas te kom, die vars lug te geniet en aktief te wees wat sommer ook help met hul algemene geestelike welsyn. Tweedens help die program om hulle fiks te hou asook om hul spelpeil langer te handhaaf, veral met ‘n 3 weke vakansie wat voorlê. Daar is die afgelope kwartaal so hard gewerk om fiksheidsvlakke te verbeter en effektiewe spelpatrone te implementeer en indien ons sportoefeninge vanaf die begin van die eksamens sou stop plus die vakansie wat voorlê, beteken dit dat daar amper 7 weke van geen oefeninge sal plaasvind nie. Dit is vir my belangrik dat ons leerders veral tydens die eksamens aktief bly, want dit hou hulle besig en neem hul aandag weg van die stres en angtigheid wat tydens formele assesserings ervaar word.

So tussen die eksamen en die leer het ons o.13A-netbalspanne op Saterdag, 03 Junie, as B-Liga wenners uit die stryd getree. Ons het in die finale teen Laerskool Totius gespeel. Dit was ‘n spanningsvolle wedstryd en na halftyd het ons slegs met 5 – 4 voorgeloop. Ons o.13A-dogters speel ‘n titaniese tweede helfte en stap 12 –7 met die louere weg. Baie geluk aan hul toegewyde afrigter, juf Ischké, wat al vir ‘n geruime tydperk baie ekstra tyd met haar span spandeer. Hierdie selfde span was ook die B-liga wenners vir o.12A gedurende 2022. Dit is werklik ‘n merkwaardige prestasie en graag wil ons ook juff. Shahneé en Sharon hartlik bedank wat haar en die dogters so getrou as deel van die afrigterspan ondersteun het. Baie dankie aan al die o.13A-netbalouers wat wedstryd na wedstryd selfs in baie koue en ongure weer hul dogters so lojaal ondersteun en aangemoedig het.
Die afgelope twee weke het die graad 7’s spoggerig hul tegnologietake vir my in my kantoor kom voorlê. Hulle het in groepe gewerk en moes ‘n selfoontoring bou wat esteties in ‘n woonbuurt opgerig kan word. Die kreatiwiteit van ons graad 7’s het my weereens stom geslaan. Baie geluk en dankie aan hul juf. Suné Alberts met die kreatiewe projek. Ons graad 1’s het beslis nie vir die graad 7’s terug gestaan nie en aangedring om hul pragtige robotte wat hul tydens robotika gebou het, met trots vir my te kom wys. Wonderlik om te sien dat selfs ons graad 1’s die vrymoedigheid het om hul spogwerk met my te kom deel. Die dae dat kinders bang was vir die skoolhoof se kantoor is lankal verby en dit is vir my belangrik dat ons leerders moet weet dat hulle belangrik is en altyd welkom in my kantoor is.
Verder wil ek net om verskoning vra vir enige moontlike ongerief wat ouers/voogde tans ervaar met die aankope van die nuwe skooldrag. Daar is egter geldige redes waarom die voorrade nie altyd beskikbaar of vinnig genoeg beskikbaar is nie. Wees verseker dat ons saam met die klerebank werk om die probeem aan te spreek.

Graag sluit ek af met die volgende stelling van Amy Weatherly en wens vir julle ‘n wonderlike naweek toe.

“Some people could be given an entire field of roses and only see the thorns in it,
Others could be given a single weed and only see the beautiful wildflower in it.
Perception is a key component to gratitude and gratitude is a key component to joy!’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF
Email Marketing Powered by MailPoet