Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Eerbiedig asb. aflaaisones

Hiermee ‘n vriendelike versoek dat ons ouers/voogde en au pairs asseblief vir ons sal help om die gemerkte aflaaisones (drop & go) agter by die skool te eerbiedig. Ons het geglo dat die nuwe padverflyne en afgebakende parkeerareas die vloei van verkeer sou vergemaklik, maar dit kan net werk as almal hul samewerking in die verband gee en mekaar respekteer.

By voorbaat dankie

Naas Beets
SKOOLHOOF

Junie-eksamen 2023: Logistiek en Organisasie

Sien asb. die belangrike inligting rakende die organisasie en logistiek tydens die eksamen/assessering: 1 – 14 Junie 2023

Maandag, 5 Junie - Woensdag, 14 Junie: (Gr. 4-7)

  1. Konsessie-leerders gaan direk na lokale en bly daar tot eerste pouse.
  2. Skryfsessie: 07:45 - 10:10 (begin so gou moontlik skryf om te verseker almal het genoeg tyd)
    *’n spesiale reëling sal in plek gestel word indien daar om 08:00 - 10:00 ‘n kragonderbreking mag wees. Leerders mag ‘n kopliggie of ander liggie bring om op hul lessenaar te sit tydens beurtkrag.
  3. Gr. 6 en 7-klasse word in ses onderskeie klasse verdeel om eksamenfokus en -dissipline te handhaaf. Hierdie ‘nuwe’ klasse gaan direk na die onderskeie eksamenlokale en sal na eerste pouse by hul registerklasse aanmeld.
  4. Almal verdaag na eerste pouse na hul registerklasse. Geen klasruiling sal vir gr. 1 – 7 tydens hierdie eksamentydperk (5 – 14 Junie) plaasvind nie.
  5. Sportoefeninge gedurende skooltyd:
    • Kom met sportdrag skool toe op dae wat sport geoefen word sodat aantrektyd verminder word.
    • Toesig sal in graadverband georganiseer word afhangend van hoeveelheid leerders wat nie die bepaalde dag oefen nie. Geen leerders sal sonder toesig gelaat word nie. Graadhoofde moet opname doen en dit kommunikeer.
    • Graad 4 – 7’s oefen: 10:30 – 11:30
    • Graad 1 – 3’s oefen: 11:45 – 12:50
    • Leon, André en Rashard is hierby betrokke.
    • Oefendae: Let Wel dat die oefeninge verpligtend is vir spelers wat by ‘n span betrokke is.
      • Maandag: Netbal / Rugby
      • Dinsdag: Hokkie / Landloop
      • Woensdag: Netbal / Rugby
      • Donderdag: Hokkie
  6. Musiekoefeninge gedurende skooltyd: Geen musiekonderrig sal voor eerste pouse plaasvind nie. Kore oefen volgens die rooster:
    • Maandae - Junior koor
    • Donderdae - Senior koor
  7. Skool verdaag vanaf Woensdag, 31 Mei, om 13:00 (gr. 1-3) en 13:15 (gr. 4-7). Periode 7 val outomaties weg.
  8. ONTHOU: Alle vraestelle sal met leerders bespreek word. Dis deel van die leerproses. Leerders moet weet waar hulle foute gemaak het. Aangesien Afrikaans, Engels en Wiskunde vakke is wat deurlopend is, word die vraestelle van hierdie vakke vir ondertekening huis toe gestuur – dit mag dalk eers volgende kwartaal geskied a.g.v. die sporttoer.

Kopluise

Daar is ongelukkig weer kopluise onder enkele leerders gewaar. Kyk asb. by die huis in jou kind se hare vir enige ongewenste gaste.

Indien daar tydens skooltyd luise in jou kind se hare gewaar word, sal ons jou kontak sodat jy jou kind kan kom haal. Leerders wat kopluise het, mag eers weer skool toe kom nadat die luise heeltemal verwyder is.

Wenke:
  • Indien jy wil voorkom dat jou kind kopluise kry, kan jy voorkomende sjampoe by bv. Dischem of Clicks koop.
  • Indien jy luise in jou kind se kop gewaar, koop 'n sjampoe wat spesifiek luise en nete doodmaak.
  • Maak seker jy lees die instruksies van die luissjampoe.
  • Dit help ook om 'n luiskammetjie te koop om nete en luise uit te kam.
  • Was jou kind se beddegoed om ontslae te raak van nete en luise wat moontlik daarop agtergebly het.

AKADEMIE

Eksamenrooster: Junie 2023

Kliek HIER of op die foto vir die PDF-weergawe van die eksamenrooster.

Eksamenvraestelwenke: DETER-toets

Marike Badenhorst (skoolsielkundige) het hierdie week vinnig by die graad 7-klasse kom inloer en hierdie waardevolle inligting met hulle gedeel sodat hulle hul vraestelle op die regte manier kan aanpak. Ons deel graag hierdie wenke met almal (kliek HIER om die PDF-weergawe af te laai). Voorwaar iets om te hou wat leerders tot matriek kan gebruik.

Sterkte met al die eksamen-/assesseringvoorbereiding. Onthou: ons kinders voel ons as ouers se angs en spanning aan en reageer dan daarop. Benader die eksamen as ‘n gewone toets.

KULTUUR

Jannies Talent: 30 Augustus 2023

  • Onthou die datum: Woensdag, 30 Augustus, om 18:30 in ons skoolsaal.
  • Dis 'n heerlike gesinsaand met klank en ligte en sterbelaaide talent!
  • Daar het reeds baie leerders hul name kom ingee om deel te neem. Die maksimum is 18 deelnemers, anders word die aand te lank.
  • Volgende kwartaal sal leerders vir oudisies kom en gekeur word.
  • Berei solank voor vir jou spesiale talent!!!

Musiekkonsert: 20 Junie

  • Neem asb. kennis van ons twee musiekkonserte wat op Dinsdag, 20 Junie, plaasvind.
    • Gr. 4 - 09:00
    • Gr. 5, 6 en 7 - 10:45
  • Ongelukkig is daar leerders wat dan op die sporttoer is. Hulle sal wel op 'n ander tyd die geleentheid kry om in die saal op te tree.
  • Almal is welkom om die konserte by te woon.

Dramatye tydens eksamen

Maandag
Gr. 1 - 3 - 13:30 - 14:30
Gr. 4 - 7 val weg

Woensdag
Gr. 1 - 3 - 13:00 - 14:00
Gr. 4 - 7 - 1400 - 15:00

Vrydag
Gr. 1 - 3 val weg
Gr. 4 - 7 - 13:15 - 14:15

Die maats wat gewoonlik op 'n dag drama sou hê waar die tyd nou wegval, kan op enige ander dag inval. Vrydae het net gr. 4 - 7 'n dramaklas, want hulle skryf eksamen en dit is omtrent die enigste dag wat hulle kan kom. Almal kom vroeg uit tydens die eksamen en as gr. 4 - 7 tot 14:00 vir hul klas moet wag, raak dit 'n bietjie lank.

Ek hoop almal verstaan. Sterkte met die eksamen!

ALGEMEEN

Bring-en-Raai 2023

Pousekos inpak vir beurtkrag-oggende

Ons versoek dat ouers asb. vir hul kind(ers) addisionele peuselhappies skool toe inpak bo en behalwe die snoepiekos wat leerders ontvang. Indien daar beurtkrag voor eerste pouse is, veroorsaak dit dat leerders somtyds vir die eerste keer eers tweede pouse hul kos wat bestel is, ontvang. Ons sien ‘n duidelike behoefte tydens klastyd dat leerders se konsentrasie en gedrag a.g.v. honger en bloedsuiker wat daal, geaffekteer word. Ons waardeer hierdie samewerking.

TERUGVOER

Abigail Fourie gekies vir opera

Baie geluk aan Abigail Fourie wat gekies is om later hierdie jaar aan die opera Tosca by die Kunstekaap deel te neem. Ons is baie trots op haar!

Redenaarsuitslae: ATKV-semifinale uitdunronde 2023

Baie geluk aan die volgende sprekers wat ‘n posisie in die top tien tydens die semifinale uitdunronde van ATKV-redenaars behaal het:

Jacques du Toit: 4de plek
Pieter Rademeyer: 8ste plek

Ons wil ook vir Emma Snijders, Karu Rademeyer en Sabine Barnard wat deelgeneem het, gelukwens. Julle het ons skool se naam hoog gehou en ons baie trots gemaak!

Netbaluitslae: 25 Mei

Baie geluk aan die netbaldogters met hierdie puit uitslae:

Vrydag, 25 Mei, B-liga uitspele

0.10
JvR vs Destinatus wen 12-2
JvR vs Rallim prep wen 11-2
JvR vs Milnerton wen 8-3
JvR vs Totius gelykop 5-5

0.11
JvR vs Vredekloof wen 7-1
JvR vs Blouberg Ridge wen 9-2
JvR vs Edgemead wen 9-2
JvR vs Totius wen 10-5

0.13
JvR vs Totius wen 9-7
JvR vs Edgemead wen 14-1
JvR vs Elkanah House wen 15-5

Vrydag, 25 Mei, Stellenbosch Sportdag

0.10B
JvR vs Stellies verloor 2-12
JvR vs Kenridge wen 6-3
JvR vs Lochnerhof verloor 3-10

0.11C
JvR vs Stellies wen 6-5
JvR vs Kenridge wen 3-1

0.11B
JvR vs Stellies verloor 2-6
JvR vs Kenridge wen 2-1

0.12A
JvR vs Stellies C wen 20-5
JvR vs Kenridge C wen 13-4

0.12B
JvR vs Lochnerhof D wen 20-6
JvR vs Stellie wen 22 -3

0.13B
JvR vs Lochnerhof wen 19-5
JvR vs Kenridge wen 9-7
JvR vs Stellie verloor 8-13

0.13C
JvR vs Stellies verloor 5-12
JvR vs Kenridge verloor 3-8
JvR vs Durbanville verloor 2-14

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Mei-maand, ‘n baie besige maand by ons trotse skool het skielik die trekpas gekry met Junie wat so stilletjies haar opwagting gemaak het. Junie-maand bring ook die koue en nat weer soos die seisoene draai en ons is so dankbaar vir die wonderlike reën wat die afgelope tyd wyd verspreid oor ons land val.

Saterdagaand, 27 Mei, het ons jaarlikse veilingsdinee by die ikoniese Pienk Dame, naamlik die Mt. Nelson Hotel plaasgevind. Al die kaartjies was vir die glans- en fondsinsamelingsgeleentheid uitverkoop. Die gaste was elegant en deftig vir die spesiale geleentheid getooi. MC du Toit, een van ons ouers, het soos in die verlede as afslaer opgetree. Hy het die 41 lotte binne ‘n kort tydjie verkoop en nie eens die Stormers se misrabele vertoning teen Munster kon sy en die gaste se geesdrif demp nie. Dit is dan my eer en voorreg om bekend te maak dat daar tydens die veiling ‘n enorme R1,25m ingesamel is. Dit het al ons verwagtinge oortref, veral met die huidige ekonomiese toestande in ag geneem. Graag wil ek ook die geleentheid gebruik om al ons gaste en veral ons ouers wat op die aand ‘n finansiële bydrae gemaak het, hartlik te bedank vir hul finansiële hulp om LS Jan van Riebeeck na nog hoër hoogtes te neem. Daar is darem nie net ‘n spogveiling gehou nie, maar ook lekker saam gekuier en gedans. Die onthaalsaal van die Mt. Nelson was uiters stylvol voorberei. Die samesyn was kosbaar en die spreekwoordelikge goeie gevoel van die skoolgemeenskap was feitlik tasbaar. Baie dankie aan ons Voorsitter van die Opvoedingstrust en die Beheerraad, naamlik Merwe Scholtz vir sy dinamiese leiding en puik toespraak wat die doel van die spesiale aand mooi in konteks geplaas het. Laat my ook toe om die reëlingskomitee bestaande uit Odette Faling, Freda Theron, Mari Kushner, Martie Viljoen en Joanita du Toit weereens hartlik te bedank en geluk te wens met ‘n onvergeetlike aand. Groot dankie ook aan ons afslaer, MC du Toit, wat hom puik van sy taak gekwyt het. Sien gerus later vandag die foto's, geneem deur Annene van Eeden, op die Kiek.
Hierdie week het die Junie-eksamen vir die gr. 7’s begin asook die assesserings vir die Grondslagfase. Volgende week begin die Gr. 4 – 6 ook met hul eksamen en wens ek al ons leerders en personeel voorspoed toe. Eksamen verhoog ongelukkig stresvlakke by leerders en dit filter ook deur na die gesinne. Graag versoek ek julle as ouers/voogde om ons as personeel te help om die stresvlakke en spanning tydens die eksamen te beheer sodat dit nie die oorhand kry nie. Stres tot ‘n eksamen is ‘n natuurlike reaksie en as dit reg aangewend en bestuur word, kan dit ook voordelig wees. Probeer gerus die volgende wenke om jou kind/ers se eksamenstres en jou moontlike eie angstigheid daaroor hok te slaan:
  • Berei betyds voor. Help jou kind/ers om ‘n studierooster op te stel wat jou kind/ers genoeg tyd gee om ook te ontspan en vroeg saans in die bed te spring sodat hulle genoeg slaap inkry.
  • Skep ‘n rustige en ontspanne atmosfeer vry van enige stressors by die huis vir jou kind/ers om te leer.
  • Skep ‘n toegewyde studieruimte met behoorlike beligting en vry van geraas.
  • Skep ‘n emosionele band met jou kind/ers dat hulle nie voel dat hulle die eksamenpad alleen stap nie. Vra vir hulle hoe die eksamen was en spreek positiewe woorde uit. Laat hulle verstaan dat julle vir hulle nog steeds baie lief sal wees, ongeag die uitslae en hulle beslis nie op grond daarvan sal beoordeel nie.
  • Help jou kind/ers om ‘n gewoonte aan te kweek dat hulle die regte skryfbehoeftes en die regte toerusting vir die dag in pak.
  • Vermy gejaagdheid en om hulle op die nippertjie soggens voor die eksamen by die skool af te laai, want dit maak leerders angstig.
So tussen die eksamen en die leer speel ons o.13A-netbalspanne op Vrydagmiddag, 02 Junie, in die liga-uitspeeltoernooi te LS Gene Louw. Ons wens ons dogters en hul afrigter, juf. Ischké, alle voorspoed toe en ons hou styf duimvas. Ons o.10A- en o.11A-netbalspanne se uitspeel is na kwartaal 3 verskuif.

Baie geluk aan die Skoolhoof van HS Jan van Riebeeck, Pieter Rademeyer, en sy vrou Jana met die geboorte van hul pragtige seun op 31 Mei. Dit gaan baie goed met beide ma en seun. Mag Nikolaas vir julle sommer hope vreugde bring en mag God sy lewe ryklik seën!
Baie geluk aan die volgende leerders en hul ouers met hul onderskeie merkwaardige prestasies:
  • Emma van Biljon – WP-Kleure o.13 Netbal
  • Cara Stoltz – WP-Kleure o.11 Netbal
  • Abigail Fourie – Sy is gekies om deel van die opera Tosca te wees wat later vanjaar by die Kunstekaap aangebied gaan word.
  • Pieter Rademeyer – behaal 8ste plek tydens die ATKV semi-finale uitdunne vir die Wes-Kaap Gr. 4 – 5 leerders. Sy onderwerp was die volgende: "Kinders kan nie meer behoorlik luister nie"
  • Jacques du Toit – behaal 4de plek tydens die ATKV semi-finale uitdunne vir die Wes-Kaap Gr. 4 – 5 leerders. Sy onderwerp was die volgende: "‘n Mens hoef nie altyd na reëls te luister nie"
Graag sluit ek af met die volgende stelling en wens vir julle ‘n wonderlike naweek en sterkte met die eksamens toe.

“Wees jy die rede dat iemand vandag glimlag.’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir advertensies van die week

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Email Marketing Powered by MailPoet