Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Pousekos inpak vir beurtkrag-oggende

Ons versoek dat ouers asb. vir hul kind(ers) addisionele peuselhappies skool toe inpak bo en behalwe die snoepiekos wat leerders ontvang. Indien daar beurtkrag voor eerste pouse is, veroorsaak dit dat leerders somtyds vir die eerste keer eers tweede pouse hul kos wat bestel is, ontvang. Ons sien ‘n duidelike behoefte tydens klastyd dat leerders se konsentrasie en gedrag a.g.v. honger en bloedsuiker wat daal, geaffekteer word. Ons waardeer hierdie samewerking.

AKADEMIE

Junie-eksamen 2023: Logistiek en Organisasie

Sien asb. die belangrike inligting rakende die organisasie en logistiek tydens die eksamen/assessering: 1 – 14 Junie 2023

Donderdag, 1 Junie - Gr. 7's begin met eksamen. Skryf in hul registerklasse vanaf 07:45 - 10:10 asook 10:30 - 12:25 (Wiskunde x 2 vraestelle). Res van die skool ruil normaal.

Vrydag, 2 Junie - Gr. 7's skryf eksamen 07:45-10:10 in hul registerklasse. Res van die skool ruil normaal.

Maandag, 5 Junie - Woensdag, 14 Junie: (Gr. 4-7)

  1. Konsessie-leerders gaan direk na lokale en bly daar tot eerste pouse.
  2. Skryfsessie: 07:45 - 10:10 (begin so gou moontlik skryf om te verseker almal het genoeg tyd)
    *’n spesiale reëling sal in plek gestel word indien daar om 08:00 - 10:00 ‘n kragonderbreking mag wees. Leerders mag ‘n kopliggie of ander liggie bring om op hul lessenaar te sit tydens beurtkrag.
  3. Gr. 6 en 7-klasse word in ses onderskeie klasse verdeel om eksamenfokus en -dissipline te handhaaf. Hierdie ‘nuwe’ klasse gaan direk na die onderskeie eksamenlokale en sal na eerste pouse by hul registerklasse aanmeld.
  4. Almal verdaag na eerste pouse na hul registerklasse. Geen klasruiling sal vir gr. 1 – 7 tydens hierdie eksamentydperk (5 – 14 Junie) plaasvind nie.
  5. Sportoefeninge gedurende skooltyd:
    • Kom met sportdrag skool toe op dae wat sport geoefen word sodat aantrektyd verminder word.
    • Toesig sal in graadverband georganiseer word afhangend van hoeveelheid leerders wat nie die bepaalde dag oefen nie. Geen leerders sal sonder toesig gelaat word nie. Graadhoofde moet opname doen en dit kommunikeer.
    • Graad 4 – 7’s oefen: 10:30 – 11:30
    • Graad 1 – 3’s oefen: 11:45 – 12:50
    • Leon, André en Rashard is hierby betrokke.
    • Oefendae: Let Wel dat die oefeninge verpligtend is vir spelers wat by ‘n span betrokke is.
      • Maandag: Netbal / Rugby
      • Dinsdag: Hokkie
      • Woensdag: Netbal / Rugby
      • Donderdag: Hokkie
  6. Musiekoefeninge gedurende skooltyd: Geen musiekonderrig sal voor eerste pouse plaasvind nie. Kore oefen volgens die rooster:
    • Maandae - Junior koor
    • Donderdae - Senior koor
  7. Skool verdaag vanaf Woensdag, 31 Mei, om 13:00 (gr. 1-3) en 13:15 (gr. 4-7). Periode 7 val outomaties weg.
  8. ONTHOU: Alle vraestelle sal met leerders bespreek word. Dis deel van die leerproses. Leerders moet weet waar hulle foute gemaak het. Aangesien Afrikaans, Engels en Wiskunde vakke is wat deurlopend is, word die vraestelle van hierdie vakke vir ondertekening huis toe gestuur – dit mag dalk eers volgende kwartaal geskied a.g.v. die sporttoer.

Eksamenrooster: Junie 2023

Kliek HIER of op die foto vir die PDF-weergawe van die eksamenrooster.

KULTUUR

Eisteddfod Spraak - program: 26 & 27 Mei 2023

Volg hierdie skakel vir die Eisteddfodprogram vir 26 en 27 Mei 2023.
  • Lokaal A - saal
  • Lokaal B - Biblioteek
  • Lokaal C - Nicola Potter se klaskamer (langs die biblioteek)

Drama-tye vir volgende week

Volgende week:

Maandag:
Gr. 1-3 - 14:00 - 15:00
Gr. 4-7 - 15:00 - 16:00

Woensdag:
Gr. 1-3 - 13:10 - 14:00
Gr. 4-7 - 14:00 - 15:00

Vrydag:
Gr. 1-3 - 13:00 - 14:00
Gr. 4-7 - 14:00 - 15:00

Tye tydens eksamen sal in volgende Vrydag se nuusbrief wees.

Musiekkonsert: 20 Junie

  • Neem asb. kennis van ons twee musiekkonserte wat op Dinsdag, 20 Junie, plaasvind.
    • Gr. 4 - 09:00
    • Gr. 5, 6 en 7 - 10:45
  • Ongelukkig is daar leerders wat dan op die sporttoer is. Hulle sal wel op 'n ander tyd die geleentheid kry om in die saal op te tree.
  • Almal is welkom om die konserte by te woon.

Jannies Talent: 30 Augustus 2023

  • Onthou die datum: Woensdag, 30 Augustus, om 18:30 in ons skoolsaal.
  • Dis 'n heerlike gesinsaand met klank en ligte en sterbelaaide talent!
  • Daar het reeds baie leerders hul name kom ingee om deel te neem. Die maksimum is 18 deelnemers, anders word die aand te lank.
  • Volgende kwartaal sal leerders vir oudisies kom en gekeur word.
  • Berei solank voor vir jou spesiale talent!!!

SPORT

Dapper Stappers: 3 Junie 2023

Ons wil graag 'n kort stap inwerk so voor die eksamen vir die meerderheid leerders begin. Die roete wat ons beoog om te stap, begin in Houtbaai en ons sal slegs rondom 2 ure stap - kort genoeg vir leerders wat graag die res van die dag wil gebruik om te leer. Voltooi asb. die vorm indien julle belangstel om saam te stap.
  • Tyd: 09:00 - ongeveer 11:00
  • Beginpunt: Houtbaai, af by Suikerbossie, draai regs na Sandy Bay parkeerarea
  • Moeilikheidsgraad: Maklik tot Gemiddeld
  • Bring saam: Eetgoed, water, hoed, stapskoene

ALGEMEEN

Verlore Goedere: Sambreel

'n Ouer het hierdie sambreel by die Kaperjolle agtergelaat. Indien dit joune is, stuur asb. 'n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za of 'n Skooler-boodskap op die Algemeen-groep.

TERUGVOER

Eisteddfod Solosanguitslae: 13 Mei 2023

Dit was 'n baie mooi en suksesvolle dag en ons leerders het uitstekend gevaar. Baie geluk! Dankie aan juf. Helecia en mnr. Ben vir al hulle harde werk. Kliek HIER vir die uitslae.

Rademeyers presteer by Radikale Redenaarskompetisie

Hiermee Karu en Pieter se uitslae vir die redenaars- en leesafdeling by die Radikale Redenaarskompetisie:

Karu Rademeyer (Graad 6)
  • Redenaars (Afrikaans Huistaal): Top 7 in Wes-Kaap - neem op 27 Mei by HTS Drosdy in Worcester aan die streeksfinaal deel.
  • Lees (Afrikaanse poësie): Top 5 in Wes-Kaap - neem op 27 Mei by HTS Drosdy in Worcester aan die streeksfinaal deel.
  • Lees (Engelse poësie): Top 4 in Wes-Kaap - neem op 27 Mei by HTS Drosdy in Worcester aan die streeksfinaal deel
  • Lees (Afrikaanse prosa): Wes-Kaapse wenner - neem in Oktober aan die nasionale finaal in Gauteng deel
Pieter Rademeyer (Graad 4)
  • Lees (Afrikaanse poësie): Top 3 in Wes-Kaap - neem op 27 Mei by HTS Drosdy in Worscester aan die streeksfinaal deel
  • Lees (Afrikaanse prosa): Top 3 in Wes-Kaap - neem op 27 Mei by HTS Drosdy in Worcester aan die streeksfinaal deel
  • Lees (English Prose): Wes-Kaapse wenner - neem in Oktober aan die nasionale finaal in Gauteng deel
  • Lees (English poetry): Wes-Kaapse wenner - neem in Oktober aan die nasionale finaal in Gauteng deel
Baie geluk aan die twee leerders! Ons is so trots op hulle!

Landloopuitslae: Mei 2023

Landloop het gewoonlik baie deelnemers van verskeie skole en om in die top 30 te beland is uitdagend! Baie geluk aan die volgende leerders wat in die top 30 by een van die twee wedlope wat al hierdie seisoen plaasgevind het, geëindig het:

Petronella Gouws - 23ste by Constantia Sports Centre-wedloop
Gia Kruger - 16de by Zwaanswyk Academy-wedloop
Lukas Loubser - 29ste by Constantia Sports Centre-wedloop
Ella van der Walt - 16de by Zwaanswyk Academy-wedloop

Almal is welkom om aan wedlope deel te neem, selfs al oefen die leerder nie op Dinsdae saam nie. Hou gerus die kalender dop vir landloopwedlope wat op Vrydae plaasvind en stuur 'n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za of 'n Skooler-boodskap op die Algemeen kontakgroep indien julle ook landloopkommunikasie wil ontvang.

Skaakuitslae: 19 Mei

Ons het verlede Vrydag (19 Mei) ons laaste liga skaakwedstryd vir die kwartaal gespeel. Ons spelers was opgewonde om Houtbaai Internasionale skool by ons te ontvang. Ons het die wedstryd 5-1 gewen en is so trots op elke speler se strategiese skuif!

Kyle Meissenheimer presteer in Karate

Kyle Meissenheimer is gekies om die WP-span in Julie by die SA-karate kampioenskappe te verteenwoordig! Om seker te maak dat hy wel sal kan gaan, het sy ouers 'n back a buddy-veldtog geloots. Indien enigiemand hom graag wou ondersteun, volg gerus hierdie skakel.

Baie geluk, Kyle. Ons is trots op jou!

Netbaluitslae: 20 - 22 Mei

Hiermee die netbaluitslae van die afgelope week:
Driehoekige byeenkoms Goudini - 20 Mei
0.7A

verloor 4-6(FDC)
verloor 0-1 (Goudini)
0.8A
wen 7-3 (FDC)
wen 5-4 (Goudini)
0.9A
verloor 3-6 (FDC)
wen 6-3 (Goudini)
0.10A
wen 11-2 (FDC)
wen 9-8 (Goudini)
0.11A
wen 10-5 (FDC)
wen 12-5 (Goudini)
0.12A
wen 24-3 (FDC)
wen 26-4 (Goudini)
0.13A
wen 39-4 (FDC)
wen 36-7 (Goudini)

JVR vs Parrow Oos - 22 Mei
0.7A verloor 0-6
0.7B gelykop 0-0
0.8B verloor 2-4
0.8C verloor 0-10
0.9A verloor 0-7
0.9B wen 7-2
0.10A wen 8-4
0.10B wen 12-5
0.11A wen 21-2
0.11B verloor 3-4
0.12A verloor 7-8
0.12B wen 9-4
0.13A wen 34-7
0.13B wen 19-2

Baie geluk ook aan Emma van Biljon en Cara Stoltz wat WP-netbal gekry het!

Emma - 0.13 Doves span
Cara - 0.11 Dolphins span

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Die wintersportprogram vir kwartaal 2 begin so stadig maar seker einde se kant toe staan met ‘n besige sportprogram agter die rug. Verlede naweek het ons o.7 - o.13 netbal- en rugbyspanne aan die jaarlikse driehoekige wintersportdag by Hoërskool Goudini te Rawsonville deelgeneem. Dit was ‘n prentjiemooi, sonnige herfsdag en ons is heerlik met plattelandse gasvryheid bederf. Ons spanne het weereens puik gevaar en waar ons tradisioneel jaar in en jaar uit redelik swaar teen veral Laerskool F.D. Conradie getrek het, het ons vanjaar die spreekwoordelike bordjies behoorlik verhang. Ek is besonders trots op ons spelers en afrigters se onberispelike gedrag op en af van die veld en baie dankbaar vir ouers wat ons so getrou ondersteun. Ek glo dat elke gesin nou na afloop van al die baie wedstryde en toernooie kan begin asem skep en ook in die proses gereedmaak vir die eksamen en assesserings wat voorlê. Sportoefeninge eindig volgende week, maar ons beplan om weer sportoefeninge gedurende skooltyd net na afloop van die eksamens/assesserings te hê om seker te maak ons leerders bly fiks en gereed vir kwartaal 3 se sport wat voorlê.

Ek glo julle het al opgelet dat ons sportpersoneel die afgelope jaar soveel meer tyd aan sport spandeer het. Die resultate spreek vanself. Ongelukkig het ons skool nie ‘n eenvormige sportdrag vir die afrigters soos wat ander skole se afrigters tydens westryde en toernooie dra nie. Ons is besig om dringend hieraan aandag te skenk. Ons benodig egter hulp in hierdie verband veral met die borgskap vir die sportdrag van afrigters. Die borgskap(pe) is onderhandelbaar, maar dit behels gewoonlik ‘n twee jaar kontrak en die borg(e) kan dan saam met ons besluit hoe hy/sy/hulle hul firma se embleem op die sportdrag wil aanbring. Indien julle kan help, kontak my gerus.

Op Woensdagaand, 24 Mei, bied ons skool ‘n suksesvolle Ma-dogteraand aan. Die Ma en Dogter-kombinasie gassprekers, naamlik Karin van Wyk (voormalige mev. SA-finalis en Mrs Africa Global asook voorkomskonsultant en motiveringspreker) en Mienke Koegelenberg (mediese dokter en ‘fellow’ van dr. Izolde Heydenrich (dermatologie) was ongelooflik inspirerend. Hulle het behoorlik die gehoor geboei met die onderwerp ‘Ons Storie’. Die opkoms van ma’s en dogters was baie goed en ‘n heerlike aand van samesyn was kosbaar vir ons Ma-dogter verhoudings. Baie dankie aan Marinda en haar span wat die spesiale geleentheid gereël het. Ek het die voorreg gehad om dit vir ‘n baie klein rukkie by te woon, maar kon nie langer bly, want soos die dogters vir my vra: “Meneer, wat soek jy hier? Dit is dan ‘n ‘girls night only’.”
Saterdag, 27 Mei, geskied natuurlik ons jaarlikse veilingsdinee by die ikoniese Pienk Dame, naamlik die Mt. Nelson Hotel. Hierdie geskiedkundige hotel boei al gaste sedert 1899 en sodra jy die perseel binnegaan, ervaar jy die gevoel van glans en ontspanning wat dit die perfekte venue vir ons veilingsdinee maak. Ek wil al die gaste by voorbaat hartlik bedank wat die glansgeleentheid gaan bywoon asook hul bereidwilligheid om hul hande diep in hul sakke te steek om ons skool finansieel te ondersteun. Fondse geïn word direk in projekte geploeg om onder andere die infrastrukture by die skool asook die IKT-leer en onderrig aan te spreek. Volg gerus die volgende skakel wat uitbeeld watter projekte reeds afgehandel is. Hierdie projekte is d.m.v. die veilingsfondse en ouerbydraes befonds. Fondse sal ook vir toekomstige projekte aangewend word. Laat my ook toe om die reëlingskomitee bestaande uit Odette Faling, Freda Theron, Mari Kushner, Martie Viljoen en Joanita du Toit hartlik te bedank vir al hul deeglike beplanning en harde werk om die sukses van die veilingsdinee te verseker. Daar is 41 lotte wat opgeveil gaan word. Gelukkig is ons baie bevoorreg om MC du Toit aan die stuur van sake te hê wat as afslaer gaan optree.

Graag sluit ek af met die volgende stelling en wens ek vir julle ‘n wonderlike naweek toe.

“As die lewe jou ‘n honderd redes gee om te huil,
wys die lewe jy het ‘n 101 redes om te glimlag.’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir advertensies van die week

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Email Marketing Powered by MailPoet