Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

AKADEMIE

Skrywersbesoek en Boekverkope

Ons is vreeslik opgewonde oor Jaco Jacobs wat ons op Maandag, 22 Mei, kom besoek. Die praatjie sal om 12:45 plaasvind en van Jaco se boeke sal na die tyd te koop wees. Indien leerders belangstel om 'n boek te koop, moet hulle asseblief Maandag kontant saambring. Boekpryse wissel tussen R50 (boeke vir jonger leerders) en R250. Ons kwartaallikse boekverkope sal dan ook op die 25ste en 26ste Mei (volgende Donderdag en Vrydag) in die biblioteek plaasvind. Sien julle daar!

Kliek HIER vir die volledige pryslys.

WOW Spelfees 2023

Ons is opgewonde om hierdie jaar weer in persoon aan die WOW Spelfees deel te neem!

Alle leerders sal hul graad se spellys ontvang. Hierdie spellyste is ook op die webtuiste beskikbaar. Die grondslagfase en graad 4-7 Afrikaanse onderwysers sal vir die leerders wys watter woorde hulle vir die interne spelkompetisie moet leer. Ons interne spelkompetisie sal 21 Julie 2023 in die vorm van 'n geskrewe speltoets plaasvind. Daarna sal 'n aantal leerders in elke graad gekies word om aan die Kring/Distrik Spelfees deel te neem.

Eksamenrooster: Junie 2023

Kliek HIER of op die foto vir die PDF-weergawe van die eksamenrooster.

KULTUUR

Eisteddfod Spraak - program: 26 & 27 Mei 2023

Volg hierdie skakel vir die Eisteddfodprogram vir 26 en 27 Mei 2023.

SPORT

Dapper Stappers: 3 Junie 2023

Dagboek die datum! Ons wil graag 'n kort stap inwerk so voor die eksamen vir die meerderheid leerders begin. Die roete wat ons beoog om te stap, begin in Houtbaai en ons sal dit effens aanpas sodat ons slegs rondom 2 ure stap - kort genoeg vir leerders wat graag die res van die dag wil gebruik om te leer. Voltooi asb. die vorm indien julle belangstel om saam te stap.
  • Tyd: 09:00 - ongeveer 11:00
  • Beginpunt: Houtbaai, plek sal bevestig word
  • Moeilikheidsgraad: Maklik tot Gemiddeld
  • Bring saam: Eetgoed, water, hoed, stapskoene

ALGEMEEN

Ma-Dogteraand: 24 Mei

Alle graad 5 – 7-dogters en hul ma’s word uitgenooi om hierdie lekker gemaklike, informele gespreksaand saam met ons by te woon. Ma- en Dogter (Karin en Minke) kom gesels oor die kompleksiteit van hierdie verhouding veral in dié spesifieke ouderdomsgroep. Minke, ‘n mediese dokter, sal ook oor die algemene ontwikkeling (kop, emosies, liggaam) van dogters vanaf jong kind tot tiener gesels. Hier kry ma en dogter kans om verder oor al die ‘ongemaklike’ dingetjies te gesels. Daar is altyd iets nuut vir almal om te leer en wat is nou lekkerder as ‘n ‘girls night out’. Kaartjies word deur Karri verkoop.

Indien jy en jou dogter die aand gaan bywoon, stuur asb. 'n ma-dogter foto van julle twee voor 19 Mei aan marinda@jvrprim.co.za.

Foto's en Karri sluit Maandag, 22 Mei.

TERUGVOER

Skaakuitslae: 12 Mei 2023

Ons o.13-gemengde skaakspan het die voorreg gehad om Vrydag teen Kampsbaai Laerskool te speel. Ons het 4-2 gewen. Ons is baie trots op ons Jannies!

Netbaluitslae: 13 - 16 Mei 2023

Die 0.12's het Saterdag aan die jaarlikse Panorama sportdag deelgeneem. Ons het ongelukkig al ons wedstryde verloor, maar het die beste gees van die dag op baan 1 gewen. Ons is baie trots op die dogters wat elke wedstryd hul beste gegee het.

Verloor Eversdal A 5-7
Verloor Welgemoed A 5-7
Verloor Kenridge A 5-6
Verloor Panorama A 3-7

Dinsdag, 16 Mei het ons teen Monte Vista gespeel en uitstekend gevaar:

0.9A wen 5-4
0.10A wen 17-0
0.11A wen 18-2
0.12A wen 16-2
0.13A wen 40-1

Hokkieuitslae: 18 Mei 2023

Ons hokkiespelers het teen Curro Durbanville in ‘n vriendskaplike wedstryd gespeel. Dit is altyd waardevol om teen goeie opposisie uit te draf.

Seuns:
9A: 0-5
9B: 0-4
10A: 0-1
10B: 0-7
11A: 1-2
13A: 0-3
13B: 3-1

Dogters:
9A: 0-2
10A: 2-6
10B: 0-3
11A: 0-8
13A: 0-1
13B: 0-0

Baie geluk aan al ons spanne se waagmoed en sportmanskap!

Rugbyuitslae: 10 - 17 Mei

Te danke aan ons afrigters en toewyding van ons ouers en leerders is ons besig om 'n gesonde rugbykultuur by Laerskool Jan van Riebeeck te kweek. Daar was goeie rugby deur al ons seuns die afgelope twee weke gespeel en die uitslae weerspieël dit.

Kenridge

O.7B 1 - 7
O.7A 0 - 10
O 8B 2 - 5
O 8A 1 - 5
O.9A 0 - 7
O.11A 17 - 33
O.13A 7 - 5

Sunningdale

O.7B 0-6
O.7A 8-1
O.8B 1-4
O.8A 1-2
O.9A 2-3
O.11A 19-0
O.13A 29-12

Sterkte aan al die sportspanne wat die naweek Rawsonville toe reis.

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Ek skop graag af om Hoërskool Jan van Riebeeck hartlik geluk te wens met die puik musiekblyspel van ‘Matilda’ wat vanaf 8 – 13 Mei 2023 by die Baxter-teater aangebied is. Ek en my vrou het die voorreg gehad om Matilda op Vrydagaand, 12 Mei, te gaan kyk op uitnodiging van die Hoërskool. Net soos die vorige jaar se produksie naamlik "Hairspray" het mnr. Pieter Rademeyer en sy span vanjaar weer ‘n produksie van ‘n hoë standaard aangebied. Baie geluk ook aan Danielle Boshoff (gr. 6) wat haar rol met oorgawe vertolk het. Ons is saam met jou ouers baie trots op jou. Ek besef ook dat daar baie harde werk, tyd en opoffering ingegaan het om so ‘m meesterstuk op die planke te bring. Ek glo dat die blootstelling van ‘n professionele produksie al die deelnemers besonders verryk het.

Terwyl sportwedstryde en toernooie ons skoolgemeenskap sommer lekker besig hou, het daar op Saterdag, 13 Mei, van ons leerders aan die solosang Eisteddfod deelgeneem. Ons leerders is baie talentvol en het puik gevaar. Baie dankie aan juf. Helecia en mnr. Ben wat die solosangdag by ons skool hanteer het asook al die voorbereiding wat daarmee gepaardgegaan het.

Ek glo en vertrou dat al ons mammas en oumas in ons skoolgemeenskap op Sondag, 14 Mei, vir Moedersdag tot in die afgrond bederf is. Ons wil hiermee weer vir al ons mammas eerbiedig vir die belangrike rol wat hulle binne ons skoolgemeenskap speel asook al die opofferinge wat hulle as ma’s tot voordeel van hul kinders en gesin maak. Ek glo moeders is die spreekwoordelike gom wat gesinne en gemeenskappe bymekaar hou, veral onder moeilike omstandighede.

Week 6 is ook afgeskop met die uitrol van ‘n leesintervensieprogram waar ons ons leerders wil aanmoedig om meer te lees. Die doel van die program is tweeledig, eerstens om die leeskultuur by die skool te hervestig en tweedens om ons leerders te help om met begrip te lees. Om met begrip te lees en daarna kennis toe te pas, raak al hoe meer van ‘n uitdaging. Hierdie vaardigheid word in alle leerareas benodig. Hoe beter ‘n leerder se leesvermoë is, hoe beter vind leer plaas. Die aanvraag na ekstra individuele hulp en leesondersteuning word al hoe meer. Daarom dat ons skool besluit het om ‘n leesintervensieprogram saam te stel wat deur die hele skool gevolg sal word. Hiermee versoek ek dat ons dit as ‘n kollektiewe poging sien waar julle as ouers/voogde ons onderwysers sal help deur jul kinders aan te moedig om meer gereeld te lees. Doen dit deur byvoorbeeld self vir jou kinders ‘n storie te lees. Julle sal verbaas wees hoe kinders dit geniet as ‘n volwassene vir hulle ‘n goeie storie lees.

Op Donderdag, 11 Mei, het ek die voorreg gehad om ons o.13A-seunshokkiespan tuis in aksie teen LS Sunningdale te sien. Ons hokkieseuns het puik gevaar en hul opposisie met 7 – 1 uitoorlê. Baie geluk aan juf. Shahneé en haar span met die puik vertoning. Die res van ons hokkiespanne het ook puik gevaar en vir ‘n sogenaamde klein skooltjie boks ons spreekwoordelik ver bo ons gewigsafdeling. Baie geluk ook aan die o.13A-dogtershokkiespan onder leiding van mnr. Leon wat hul wedstryd 5 –1 gewen het asook die o.13B-span wat 1 – 0 gewen het. Ons rugbspanne het op Woensdag, 17 Mei, teen LS Sunningdale tuis gespeel en weereens puik uitslae gelewer. Baie geluk aan die o.11A-span wat 19 – 0 en die o.13A-span wat 29 – 12 in gure weer gewen het. Ek nooi julle gerus uit om ons netbal-, hokkie- en rugbywedstryde te kom kyk en julle sal aangenaam verras wees met die kwaliteit spel wat ons leerders week in en week uit op dis. Hierdie is ‘n groot pluimpie vir al ons onderwysers en afrigters wat bereid is om die ekstra myl te loop.

Graag sluit ek af met die volgende stelling rakende die pad na sukses. Ek wens vir julle ‘n wonderlike sportnaweek toe en sien uit om julle by die droehoekige rugby en netbal sportdag te HS Goudini in Rawsonville te sien.

"Success is often achieved by those
who don’t know that failure is inevitable."

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir advertensies van die week

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Email Marketing Powered by MailPoet