Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Dringende klerebank versoek

Dringende versoek om asb. netjiese tweedehandse sweetpakke na die Klerebank te neem. Moet asb. ook glad nie klere by verlore goedere gaan haal as dit nie jou kind se klere is wat weggeraak het nie. Ons wil die tweedehandse verkope by die Klerebank ondersteun en hierdie mark uitbrei.

Ons waardeer hierdie ondersteuning.

AKADEMIE

Gr. 4 - 7-leesintervensieprogram

Ons is so trots op ons leerders (en ouers) wat so getrou aan hul akademie werk. In ons strewe na uitnemendheid gee ons soveel moontlik aandag aan dit wat ons leerders nodig het om hul akademiese reis so maklik moontlik aan te durf. Ons is opgewonde oor ons sistemiese uitslae van 2022 wat baie goed teenoor ons distrik en provinsie reflekteer, maar weet dat ons nog meer moet doen om ons leerders te ondersteun. Ons akademiese fokus vir die res van die jaar sal berus op: 1) Lees om te leer; EN 2) Interaktiewe leer.
  • Lees om te leer:
Om met begrip te lees en om kennis toe te pas, raak al hoe moeiliker. Hierdie vaardigheid word in alle leerareas benodig. Hoe beter ‘n leerder se leesvermoë is, hoe beter vind leer plaas. Die aanvraag na ekstra individuele hulp en leesondersteuning word al hoe meer. Daarom dat ons skool besluit het om ‘n leesintervensieprogram saam te stel wat deur die hele skool gevolg sal word.
  • Interaktiewe leer:
Interaktiewe leer vind plaas om verskeie metodes van leer aan te moedig. Digitale leer d.m.v. tegnologiese toestelle is ‘n aspek om interaktiewe leer te bevorder. Ons leerders leer op allerhande maniere en ons wil dit bevorder. Ons poog om wêreldburgers op te voed wat kreatief moet kan dink en probleme oplos, lekker gemaklik moet kan kommunikeer en op hul voete moet dink en redeneer. Leer en die ontdek van inhoud in verskeie leerareas staan nie alleen in silo’s nie, maar word geïntegreer oor vakgebiede om die werk baie meer relevant en lewendig te maak. Leerderbetrokkenheid is die antwoord tot leer – hoe om dit aan te moedig en te behou. Leerders moet nuuskierig gemaak word sodat leergierigheid gevestig word. Die fokus is hier op die opvoeders en die manier hoe lesse aangebied word.

Eksamenrooster: Junie 2023

Kliek HIER of op die foto vir die PDF-weergawe van die eksamenrooster.

WOW Spelfees

Ons is opgewonde om hierdie jaar weer in persoon aan die WOW Spelfees deel te neem!

Alle leerders sal hul graad se spellys ontvang. Hierdie spellyste sal ook op die webtuiste beskikbaar wees. Die grondslagfase en graad 4-7 Afrikaanse onderwysers sal vir die leerders wys watter woorde hulle vir die interne spelkompetisie moet leer. Ons interne spelkompetisie sal 21 Julie 2023 in die vorm van 'n geskrewe speltoets plaasvind. Daarna sal 'n aantal leerders in elke graad gekies word om aan die Kring/Distrik Spelfees deel te neem.

KULTUUR

Eisteddfod Spraak: 26 - 27 Mei

Eisteddfod Spraak sal Vrydag, 26 Mei, en Saterdag, 27 Mei, by ons skool plaasvind. Spesifieke tye van items sal later aangedui word. Ons is bewus van sport die 26ste vir gr. 4 - 7-dogters. Hulle sal eers Saterdag deelneem.

Eisteddfod: Sang

Onthou van Saterdag se Sang Eisteddfod by ons skool.
  • Leerders moet betyds opdaag.
  • Warm voor die tyd op - sing in die kar!!
Ons sien uit na 'n dag van mooi sang.

Drama: 26 Mei 2023

Daar sal ongelukkig geen privaat dramalesse wees Vrydag die 26ste nie, aangesien ek by die Eisteddfod betrokke is wat daardie naweek by ons skool plaasvind. Baie dankie! Jana

SPORT

Nuwe sokkies vir netbal- en tennisdeelnemers

Netbal- en tennisdeelnemers word versoek om die nuwe sokkies saam met die korrekte sportdrag te dra. Die idee is om te sorg dat ons deelnemers van kop tot tone eenvormig lyk. Hierdie sokkies is vanaf vlg. week @ R60 per paar by die klerebank beskikbaar. Bestel asb. so gou moontlik aanlyn.

Netbaldogters mag ook die donkerblou en oranje haarlint dra om hul sportuitrusting netjies af te rond.

Dapper Stappers: 3 Junie 2023

Dagboek die datum! Ons wil graag 'n kort stap inwerk so voor die eksamen vir die meerderheid leerders begin. Die roete wat ons beoog om te stap, begin in Houtbaai en ons sal dit effens aanpas sodat ons slegs rondom 2 ure stap - kort genoeg vir leerders wat graag die res van die dag wil gebruik om te leer. Ons stuur later meer inligting en 'n vorm uit wat ouers kan invul indien julle belangstel om saam te stap.

ALGEMEEN

Hemelvaartdiens: 18 Mei 2023

Marietjie Steyn van die Groote Kerk sal op Donderdag, 18 Mei, tydens die eerste periode (07:45 - 08:15) 'n Hemelvaartdiens in die saal lei. Ouers is baie welkom om dit by te woon! Die byeenkoms sal vrywillig vir leerders wees - daar sal toesig gereël word vir diegene wat in die klas bly. 'Jannies vir Jesus' sal dus nie daardie Donderdagoggend plaasvind nie.

Ma-Dogteraand: 24 Mei

Alle graad 5 – 7-dogters en hul ma’s word uitgenooi om hierdie lekker gemaklike, informele gespreksaand saam met ons by te woon. Ma- en Dogter (Karin en Minke) kom gesels oor die kompleksiteit van hierdie verhouding veral in dié spesifieke ouderdomsgroep. Minke, ‘n mediese dokter, sal ook oor die algemene ontwikkeling (kop, emosies, liggaam) van dogters vanaf jong kind tot tiener gesels. Hier kry ma en dogter kans om verder oor al die ‘ongemaklike’ dingetjies te gesels. Daar is altyd iets nuut vir almal om te leer en wat is nou lekkerder as ‘n ‘girls night out’. Kaartjies word deur Karri verkoop.

Indien jy en jou dogter die aand gaan bywoon, stuur asb. 'n ma-dogter foto van julle twee voor 19 Mei aan marinda@jvrprim.co.za.

Sop-in-'n-fles Welwillendheidsprojek

Die volgende skenkings sal baie waardeer word vir hierdie kwartaal se projek:
  • skoon glasfles (ongeveer 500 - 750ml)
  • klein pasta skulpies of macaroni
  • gedroogde lensies
  • groente- of hoenderaftreksel (poeier of saamgeperste blokkies)
  • pakkies droë bruin-uiesop of sampioensop
Alternatief: Karri-toep skenking

Skenkings kan na juf. Marietjie de Kock se klas geneem word.

TERUGVOER

Welwillendheidsprojekte

Ons wil van die geleentheid gebruik maak om al die ouers hartlik te bedank vir al die skryfbehoeftes en kontantbydraes. Ons kon die kontantbydraes en skenkings van Alive foundation aanwend om vir Pretwich skool twee projektors aan te koop. Baie dankie aan Alive Foundation!

Sommige graad 5-leerders het Woensdag die skryfbehoeftes aan die leerders van Prestwich skool oorhandig.

ATKV-Redenaarsuitslae

Die volgende leerders is deur na die semi-finale ronde vir ATKV-redenaars wat op 24 en 25 Mei te Hoërskool Bellville plaasvind.

Pieter Rademeyer (Gr.4)
Jacques du Toit (Gr.4)
Sabine Barnard (Gr.5)
Karu Rademeyer (Gr.6)
Emma Snjiders (Gr.6)

Baie geluk! Ons wens vir julle sterkte toe en weet julle sal ons skool se naam hoog hou! Ek wil graag ook die volgende deelnemers gelukwens wat baie hard gewerk het en steeds uitstekende toesprake by ATKV se eerste ronde gelewer het: Stef Nel, Bella Naylor, Elisabet Marais, Cara Stoltz, Isabella Marais, Michaan Naylor en Sophia Derksen.

Skaakuitslae: 5 Mei 2023

Ons skaakspan het verlede Vrydag, 5 Mei, teen Herzlia Highlands gespeel. Ons Jannies het tot die einde toe strategies elke skuif beplan, maar ongelukkig het ons 2-4 verloor.

Netbaluitslae: WP-Proewe

Baie geluk aan die volgende netbalspelers wat deur is na die finale WP-proewe. Hulle neem Saterdag by Laerskool de Hoop in Somerset-Wes deel.

0.11
Cara Stoltz
Amelie van der Walt
Jeanne van Heerden

0.12
Hila Hertzog

0.13
Emma van Biljon
Klara Steyn

Netbaluitslae: 6 - 10 Mei

Saterdag, 6 Mei, het die Jannies netbal by HS JvR teen Laerskool Vredenburg gespeel.

0.7A gelykop 1-1
0.7B verloor 0-3
0.8A wen 8-2
0.8B wen 5-1
0.9A gelykop 4-4
0.9B verloor 2-8
0.10A wen 9-2
0.10B wen 6-1
0.11A wen 5-4
0.11B verloor 3-4
0.11C/10C wen 4-3
0.12A wen 19-3
0.12B wen 12-1
0.13A wen 14-3
0.13B wen 10-1
0.13C wen 9-4

Maandag, 8 Mei, het ons teen Curro Durbanville en Totius gespeel.

Vs. Curro Durbanville
0.7A verloor 0-2
0.7B verloor 1-4
0.8A wen 7-5
0.8B wen 4-3
0.9A wen 6-0
0.9B gelykop 3-3
0.10A wen 19-2
0.10B verloor 2-4
0.11A wen 13-5
0.11B verloor 2-4
0.12A wen 12-7
0.12B wen 9-5
0.13A wen 22-1
0.13B wen 14-3

Vs. Totius
0.7A verloor 0-2
0.7B gelukop 0-0
0.8A wen 11-2
0.8B wen 8-0
0.9A gelykop 5-5
0.9B wen 6-0
0.10A wen 10-4
0.10B wen 9-0
0.11A wen 15-6
0.11B wen 5-3
0.12A gelykop 11-11
0.12B verloor 7-8
0.13A wen 19-6
0.13B wen 31-0

Woensdag, 10 Mei, het ons teen De Tyger te staan gekom.

0.7A gelykop 0-0
0.7B verloor 0-2
0.8A wen 8-3
0.8B wen 12-3
0.9A wen 11-3
0.9B wen 6-0
0.10A wen 11-9
0.10B wen 9-2
0.11A wen 14-0
0.11B wen 8-0
0.12A wen 16-6
0.12B wen 13-6
0.13A wen 30-6
0.13B wen 16-0

Baie geluk aan al die dogters met hierdie puik uitslae!

Hokkie-uistlae: 11 Mei 2023

Ons hokkie het hierdie week teen Sunningdale gespeel. Seuns het tuis op die Conradie- en St. Michaelsvelde gespeel en dogters het weg by Sunningdale gespeel. Welgedaan met ‘n suksesvolle dag!
Seuns:
9A wen 5-0
9B verloor 1-2
10A wen 5-0
11A gelyk 1-1
13A wen 7-1

Dogters:
9A verloor 0-6
10A wen 5-1
11A gelykop 2-2
13A wen 5-1
13B wen 1-0

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Week 5 is die eerste vol akademiese week in ‘n lang tyd met al die lekker langnaweke agter die rug. Week 5 is weereens ook gekenmerk met ‘n uiters besige sportprogram. Soos ek verlede week in nuusbrief nr. 4 genoem het, het ons Jannies in week 4 (vanaf Woensdag, 03 Mei, tot Saterdag, 06 Mei,) 456 keer aan wintersportwedstryde en -toernooie deelgeneem. Die hoogtepunt van die week se sportuitslae tot en met saktyd is verseker die 7 – 5 wen van ons o.13A-rugbyspan op Woensdag, 10 Mei, tuis teen die o.13A-span van Laerskool Kenridge. Welgedaan aan die seuns en die afrigters mnre. Erick en André. Baie geluk ook aan ons netbalspanne wat week in week uit uitstekend presteer. Doen jouself ‘n guns en kom kyk gerus na die wedstryde van die o.12A- en o.13A-netbalspanne. Ek is baie trots met die wyse waarop ons leerders en hul afrigters hulself op en van die sportveld handhaaf.

Graag wil ek van die geleentheid gebruik maak om die Hoërskool Jan van Riebeeck wat hul massa-reünienaweek wat vanaf 5 - 7 Mei aangebied het, hartlik geluk te wens met ‘n puik georganiseerde geleentheid. Baie dankie aan mnr. Pieter Rademeyer en sy span wat ons by hul sportnaweek betrek het. Ons netbalspanne (o.7 - o.13) het weereens puik gevaar. Ons o.11-rugbyspan het ongelukkig teen Hoërskool Vredenburg verloor, maar ons o.13A-span was op die dag net te sterk vir hul opposisie.

Op Vrydag, 05 Mei, het ons ‘n baie spesiale verjaarsdag by ons skool gevier. Juf. Helecia word 65 jaar jonk en sy vier haar 53ste verjaarsdag by Laerskool Jan van Riebeeck, want sy is ‘n oud-Jannie vanaf gr. 1. Dit is werklik ‘n merkwaardige prestasie en sy herdenk haar spesiale geboortedag saam met Elise Theron (gr. 2) wat op die dag agt jaar geword het.

Verlede Vrydag, 05 Mei, het ons leerders en personeel aan die Internasionale Pantoffeldag deelgeneem. Leerders moes ‘n klein finansiële bydrae maak en kon dan hul gunsteling pantoffels skool toe dra. Dit het tot baie opwinding gelei en die leerders het met die mees interessante pantoffels by die skool opgedaag. Tydens die dag is meer as R3 000 ingesamel. Hiermee gaan komberse aangekoop word wat op 7 Junie aan bejaardes in die Ysterplaat omgewing wat baie behoeftig is, uitgedeel word.

Ons liefdadigheids- en omgeeprojekte het ook die oorhandiging van skryfbehoeftes op Woensdag, 10 Mei, aan Laerskool Prestwich ingesluit. Die skryfbehoeftes is gedurende kwartaal 1 ingesamel en daar is ook twee splinternuwe oorhoofse projektors vir Laerskool Prestwich wat een van ons susterskole is wat ons ondersteun, oorhandig. Baie dankie aan al die ouers wat skryfbehoefteskenkings gemaak het asook Stepanie le Roux en Ria Hertzog, wat die Alive Foundation verteenwoordig, vir die skenking van die twee oorhoofse projektors vir hul gr. 7-klasse. Mnr. Samodien, die skoolhoof van Laerskool Prestwich, dra sy dankwense aan ons skoolgemeenskap oor.

Graag sluit ek af met die volgende stelling rakende die pad na sukses. Ek wens vir julle ‘n wonderlike naweek toe en geniet al die skoolsport wat oor die naweek plaasvind.

“Daar is twee dinge in ons lewe waaroor ons totale beheer het:
Dit is ons houding (attitude) en ons poging (effort).’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir advertensies van die week

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet