Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Bedankingsbrief van Raché

Liewe Ouers/Voogde

Ek is dankbaar vir hierdie geleentheid om my opregte dank en waardering aan die talle ouers oor te dra wat hul harte en hande teenoor my oopgemaak het tydens die heengaan van Calvin.

Die oproepe, boodskappe van medelye, e-posse, blomme en leessof het my pyn, hartseer en verlies meer draaglik gemaak. Al hierdie omgee het my die waarheid van die gesegde dat gedeelde smart, halwe smart is, laat ervaar.

Die voorbereide etes was so welkom en het werklik 'n groot las van my skouers gehaal. Dit het liggaam en siel aanmekaar gehou.

Jan van Riebeeck is voorwaar geseënd met sulke omgee-ouers.

Nogmaals baie dankie

Liefde,
Raché

Skooler & Teams: Vrae en Antwoorde-blad

Op die skool se webtuiste onder die myJvR tab, is daar 'n Vrae en Antwoorde-blad waar ons wenke en instruksies vir ouers gee wat hulp met iets nodig het waaroor ons gereeld vrae ontvang.

Ons het 'n Teams en Skooler bladsy geskep met al die wenke wat tot dusver in die nuusbrief verskyn het. Ons sal nog wenke en instruksies byvoeg soos nodig. Gaan loer gerus na die bladsy indien jy hulp het met iets spesifieks in Teams of Skooler benodig.

SKOOLER & TEAMS VRAE EN ANTWOORDE-BLAD

Skooler: PDF oopmaak op selfoon

Indien jou selfoon sukkel om 'n PDF in Skooler oop te maak, of dit maak oop, maar jy kan dit nie aflaai, print of aanstuur nie, sien gerus die volgende stappe:
  1. I.p.v. om die Skooler-toep oop te maak, maak jou webleser (web browser) op jou selfoon oop.
  2. Tik skooler.com as webadres in.
  3. Kliek op die Home | Parent blok.
  4. Teken in met jou Skoolerprofiel in die web-weergawe van Skooler.
  5. Nou kan jy die web-weergawe van Skooler gebruik en die PDF's of ander dokumente aflaai.
  6. Voeg die web-weergawe van Skooler by op jou selfoon se Home Screen.
    • Android: Kliek op die 3 kolletjies bo-aan die skerm en kies Add to Home Screen.
    • iPhone: Kliek op die Share ikoon onderaan en kies die Add to Home Screen opsie.
  7. Die Skooler ikoon vir die web-weergawe behoort nou op jou selfoon se Home Screen te lê. Gebruik dit as 'n alternatief om PDF's te kan oopmaak of aflaai.

KULTUUR

Musieklesse

Daar is tans 'n paar openinge vir klavier- en/of sanglesse. E-pos vir helecia@jvrprim.co.za.

Eisteddfod: Solosang

Eisteddfod solosang is weer om die draai. Neem asseblief kennis dat die musiekpersoneel sifting van belangstellende leerders sal doen en die finale kandidate sal identifiseer.

Ouers sal in kennis gestel word van leerders se deelname asook die kostes daaraan verbonde.

Afrigting van individuele deelnemers geskied na gelang van beskikbare oefentye op roosters.

Baie dankie vir julle dringende aandag.

SPORT

Junior (gr. 1-3) Swemgala: 10 Maart 2023

Algemene reëlings:
  • Ons gaan MASSA DEELNAME aanmoedig. Dit beteken dat daar nie voor die tyd enige inskrywings gaan plaasvind nie. Leerders neem op die dag aan die items van hul keuse deel. Dit gaan beteken dat hulle mooi sal moet luister wanneer
    'n item aangekondig / uitgeroep word.
  • Alle swemmers MOET 'n swempet dra. Indien hulle nie 'n swempet het nie, gaan hulle nie mag deelneem nie.
  • Deelnemers kom die dag met hul LO-klere en swembroek skool toe. Pak asb. droë onderklere in. Indien 'n kind nie deelneem nie, mag hy/sy nie gewone klere dra nie. Leerders wat nie deelneem nie, moet LO-klere dra.
  • Geen kind mag om die swembad hardloop nie en mag slegs die swembadarea verlaat as hul badkamer toe moet gaan.
  • Vryslag, borslag, vlinderslag en individuele wisselslag begin met 'n duikslag in die swembad. Rugslag begin in die swembad.
  • Aan die einde van 'n item moet swemmers in die swembad bly totdat die afsitter die teken ('n blaas van die fluitjie) gee dat hulle mag uitklim.
  • Vir borsslag en vlinderslag moet swemmers aan die einde van die item met beide hande raak.
  • Volgorde vir individuele wisselslag: 1. Vlinderslag, 2. Rugslag, 3. Borsslag, 4. Vryslag
  • Volgorde vir wisselslag AFLOS: 1. Rugslag, 2. Borsslag, 3. Vlinderslag, 4. Vryslag
  • GEEN kos en koeldrank by die swembad nie, slegs water in plastiekbottels word toegelaat.
  • Sien die gala se itemlys in die program. Ons gaan nie 'n tyd aan die items koppel nie, want ons weet nie hoeveel
    leerders aan elke item gaan deelneem nie.
  • Ouers en buiteafrigters is welkom om die galas by te woon.
  • Alle verrigtinge behoort om 12:30 klaar te wees, maar is onderhewig aan die verloop van die program.
Volg hierdie skakel vir die PROGRAM.

Volg hierdie skakel vir die bogenoemde inligting in PDF formaat.

Hokkie: o.13-Dogters Hokkieproewe

Vrydag, 10 Maart, sal daar proewe vir die 0.13-dogters aangebied word. Alle 0.12 en 0.13-dogters is welkom om dit by te woon.

Ons begin om 14:30 op die Conradieveld.

Ons sien uit om almal daar te sien!

ALGEMEEN

Lion's Club Paaseierskenkings

Ons wil baie graag weer vanjaar Kaapstad se Lion's Club help om paaseiers vir minderbevoorregte kinders in te samel. Dit sal wonderlik wees as elke leerder minstens een paaseier vir ons kan bring en dit in die emmer wat in Adri se kantoor staan, kan plaas. Hulle verkies die eiers wat die malvalekker aan die binnekant van die sjokolade het. Dit kom ook in ‘n string van vier of in verpakkings van 24 en meer. Ons wil vra dat die paaseiers voor of op Vrydag, 17 Maart, skool toe gebring word.

Dans onder die Sterre, 23 Maart

Wanneer: Donderdag, 23 Maart
Tyd: 18:00 - 21:30
Kostes: R150 (betaal op Karri)
Wie: Graad 5 - 7-leerders
Snoepie beskikbaar

Reënboogdag, 10 Maart

Koop jou kaartjie op Karri teen R20
  • Trek aan volgens jou graad-kleur
  • Geniet lekker musiek en 'n roomys tydens eerste pouse in die vierkant
  • Graad-kleure:
    • Graad 1 - Geel
    • Graad 2 - Groen
    • Graad 3 - Oranje
    • Graad 4 - Rooi
    • Graad 5 - Blou
    • Graad 6 - Pers
    • Graad 7 - Pienk

Welwillendheidsprojek: Insameling van skryfbehoeftes

Ons samel enige bruikbare en nuwe skryfbehoeftes vir Ellerton en Prestwich Primêr in.

Bring hierdie skryfbehoeftes na juffrou Marietjie de Kock se klas voor of op 14 Maart 2023.

Sien die 2de foto vir items wat jy kan skenk:

Kleiduif Kompetisie: 20 April

Plek: Valley Gun Club, Agter-Paarl
Tyd: 14:00 tot laat
Kostes: R2000 p/p - Sluit kompetisie en ete in
Kontak: Ria - 082 320 3288
Inskrywings sluit 12 April

Die opbrengs van vanjaar se Kleiduif-kompetisie gaan spesifiek vir nuwe skooldrag vir ons behoeftige leerders.

Sien die foto vir meer inligting.

TERUGVOER

Krieketuitslae

Ons 0.9-Blouspan het Dinsdag teen Reddam te staan gekom. Ons spelers het eerste geboul en Reddam het 24 lopies gekry. Ons het gaan kolf en kon slegs 23 lopies kry. Ons verloor dus met 1 lopie, maar die spelers het hul gate uit geniet.

Ons hou duimvas vir die volgende wedstryd!

Ons 0.11A 's het Maandag teen Turfhall te staan gekom. Ons het eerste gekolf en 153 lopies aangeteken in die 15 boulbeurte. Ben Esterhuyse teken 56 aan, nie uit nie en Nils le Roux 34, nie uit nie.

Jack Dawes en Nils le Roux het ook baie mooi geboul en vinnig die eerste paaltjies geneem met Rudi Badenhorst wat 'n puik vangskoot geneem het. Ben is aangewys as speler van die wedstryd en ons wen die wedstryd met 55 lopies. Baie geluk met 'n puik vertoning!

Ons 0.13A's het Maandag teen Rondebosch East gespeel. Ons het eerste gekolf en het 74 lopies aangeteken. Ruben Eksteen het 19 lopies aangeteken. Rondebosch het gaan kolf en neem ons telling verby in die 12de boulbeurt. Hulle wen die wedstryd met 8 paaltjies.

Tennis: Synergy Cup

Verlede naweek het van ons tennisspelers aan die Synergy Cup te Kimberley en George deelgeneem.

Stella Pansegrouw en Jeanne van Heerden het in die A-toernooi te George deelgeneem terwyl Stella Lamprecht, Rafa Lamprecht, Gustav van der Linde en Ané Swanepoel aan die B-toernooi te Kimberley deelgeneem het.

Alle spanne het uitstekend gevaar en hier is die uitslae:
o.11 B-seuns, Rafa Lamprecht (goud)
0.11 A-meisies, Stella Pansegrouw, Jeanne van Heerden (goud)
0.12 B-seuns, Gustav van der Linde (goud)
0.12 B-meisies, Ané Swanepoel (goud)
0.13 B-meisies, Stella Lamprecht (goud)

Alle spelers het goud verower in hulle onderskeie ouderdomsgroepe. Dit is puik prestasies. Welgedaan!

Tennisuitslae: 27 Febr.

Die week het twee van ons spanne gespeel:

In die Noord-Liga het ons Dogters A teen Welgemoed te staan gekom. Hulle het pragtig gespeel en Stella Lamprecht het Welgemoed se no. 1 met 6-1 gewen. Ongelukkig het ons 2-4 verloor, maar die dogters kan trots op hul spel wees.

In die Table View-Liga het ons Seuns A teen Sunningdale te staan gekom. Ons manne was te sterk en wen die wedstryd gemaklik met 6-0.

Baie geluk aan al ons tennisspelers!

WP-Atletiekbyeenkoms terugvoer

Saterdag, 25 Februarie, het 13 van ons atlete aan die Zone-Kampioenskappe by Vygieskraal deelgeneem. Dit is 'n wonderlike prestasie om hier deel te neem, aangesien daar meer as 87 skole se top atlete deelgeneem het.

Die volgende atlete is deur na die WP-Proewe wat vandag in die Paarl plaasvind:
  • Delmar Benecke, 1ste 1200m en 150m hekkies
  • Cato Terblanche, 3de 1200m
  • Sofia Newton, 1ste 200m hekkies en 3de 75m hekkies.
  • Klara Steyn, 2de 200m hekkies en 1ste hoogspring
  • Dawid-Wiese Viljoen, 3de 200m hekkies
  • Jana Olivier, 2de diskus
  • Mieke Bremer, 1ste diskus
Ons wens vir al die atlete sterkte toe met vandag se kompetisie.

Delmar presteer in Tweekamp

Delmar het weereens 'n pragtige prestasie behaal! Hy het Sondag aan die WP-tweekampbyeenkoms deelgeneem en 'n goue medalje vir seuns 0.13 verower. Hy verkry ook sy WP-kleure in tweekamp. Die WP-span gaan op 1 April aan die SA-tweekampbyeenkoms te Stellenbosch deelneem. Baie geluk met hierdie uitmuntende prestasie.

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Ek klink seker soos ‘n platespeler wat vasgehaak het, maar tyd en die lewe gaan so vinnig verby. Hier staan ons weereens aan die begin van die derde nuwe maand van die jaar. Maart het skielik opgedaag soos ‘n ongenooide gas. Vir my is 2023 die spreekwoordelike hoëspoedtrein wat eenvoudig nie by enige stasie wil stil hou nie. Ek besef onwillekeurig dat tyd en die lewe verby snel en dat dit onafwendbaar is. Dinge gebeur en dinge verander vinnig en ons moet aanpas of die lewe los ons agter. Ons besef elke dag hoe kortstondig die lewe is. Elke dag is ‘n geskenk en dit is dus belangrik om in die oomblik en met dankbaarheid te lewe. As jy iets wil doen, doen dit vandag! As jy kwaad is vir iemand, maak dit onmiddellik reg. Die lewe is kort en ons moenie tyd mors nie. Ons argumenteer ook dikwels dat ons net eenvoudig nie tyd het nie totdat die lewe onverwags ingryp. Maak dus tyd om saam met jul geliefdes te spandeer en hulle te waardeer!

Baie dankie aan al ons ouers/voogde en leerders wat Vrydagaand, 23 Februarie, die klasbraai bygewoon het. Die weer het perfek saamgespeel om die aand nog meer spesiaal te maak. Dit was heerlik om saam met ons ouers/voogde en leerders te sosialiseer. Dit was ook ons gr. 1-ouers se eerste amptelike klasbraai en opvallend was die heerlike samesyn terwyl daar nuwe vriendskappe gesmee is. Net voor die aanvang van die klasbraai het ons o.13A-rugbyspan vanaf 16:00 – 17:00 ‘n rugbywedstryd teen Curro Durbanville op die Conradieveld gespeel. Die veld was omring deur ons ouers en besoekers. Baie geluk aan die o.13-span en hul afrigters, mnre. Erick en André, met die puik oorwinning van 35 – 17. Verskeie ander tennis- en krieketwedstryde is ook die afgelope week gespeel waar ons tennisspanne puik teen heelwat groter skole gevaar het. Welgedaan aan al ons spelers wat getrou oefeninge bywoon, ons toegewyde afrigters asook ons ouers/voogde wat die wedstryde so getrou ondersteun.
Baie geluk aan Huppelland met die puik aanbieding van ‘n aand met Stef Bos onder die sterre. Die van julle wat nie vir Stef ken nie, hy is ‘n bekende Nederlandse sanger wat veral in sy geboorteland optree. Ons is so bevoorreg om Stef as ‘n ouer by ons te hê. Hy is altyd bereid om die skool te help en hier bied hy weereens sy talent gratis vir die skool aan om fondse vir Hupppelland in te samel. Baie dankie ook aan Louise Neser en haar span wat die wonderlike optrede saam met Stef beplan en gereël het.

Ons skoolgebou en terrein is sedert Woensdag, 01 Maart, baie stil aangesien ons gr. 7’s en 5’e weg is op kampe (onderskeidelik Franschoek en SOS). Ons gr. 7’s en 5’e is reeds vanaf Maandag so opgewonde en kon net nie meer wag om op Woensdag na die kampe te vertrek nie. Kamp bied die ideale geleentheid om leerders uit ‘n bekende omgewing te neem en bloot te stel aan ‘n onbekende natuur-omgewing wat gestruktureerd, veilig en vriendelik is. Terwyl hulle die natuur verken, word hul karakter gebou, kommunikasievaardighede verbeter en emosionele- en leiereienskappe ontwikkel, Dit is net ‘n wen-wen situasie. Vol pret.

Op Donderdag, 02 Maart, het ons Jannies soos hul gunsteling boekkarakter skool toe gekom om Wêreld Boekedag te vier. Ons onderwysers het ook nie op hulle laat wag nie en ook soos hul gunsteling boekkarakter aangetrek om die dag nog meer spesiaal vir die leerders te maak. Verder het die gr. 3’s ook op Donderdag, 02 Maart, spesiale noodhulpopleiding ontvang wat deur twee van ons dokter-mammas aangebied is. Baie dankie Drr. Hanneke Heyns en Charlotte-Louise Enslin wat ‘n pragtige aanbieding vir die gr. 3’s in die saal gedoen het. Ons is so bevoorreg dat julle tyd maak om ons leerders rakende noodhulp te bemagtig.
Sterkte aan die o.13 A-rugbyspan wat môre (04 Maart) aan die Hopefield Rugbytoernooi deelneem asook die volgende atlete wat vandag (03 Maart) by Dal Josafat (Paarl) aan die WP-Atletiekbyeenkoms deelneem:

Cato Terblanche
Delmar Benecke
Dawid-Wiese Viljoen
Jana Olivier
Klara Steyn
Mieke Bremer
Sofia Newton

Graag sluit ek af met die volgende aanhaling oor groei-ingesteldheid en wens vir julle ‘n wonderlike naweek toe:

"If you find a path with no obstacles,
it probably leads to nowhere"

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir advertensies van die week

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet