Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Ouergids: Teams en Skooler

Ons deel graag ‘n kort gids vir ouers wat verduidelik hoe ons in die klas met Teams gaan werk, hoe kinders en ouers tuis by die skoolwerk kan uitkom, en wat Skooler se rol is.

INTERSENFASE:

1. TEAMS
    • Elke vak het 'n Team met 'n Class Notebook wat beskikbaar is in die Team se menu.
    • Die Class Notebook is leerders se aanlyn klaskamer en dit bestaan uit 3 afdelings:
      • Collaboration Space: Hierdie spasie word in die klaskamer gebruik vir interaktiewe aktiwiteite waaraan die klas as ‘n groep deelneem, asook vir groepwerk.
      • Content Library: Hierdie spasie word deur die onderwyser gebruik om die skoolwerk aan leerders beskibaar te stel. Die Content Library het verskeie sub-afdelings:
        • Handboek
          Aanvullende inligting oor ‘n tema word hier beskikbaar gestel. Leerders gebruik egter steeds ook die hardekopie handboeke in die klas.
        • Beplanning en Huiswerk
          Die werk wat daagliks in die klas behandel word, word hier beskikbaar gestel. Dit sluit ook die huiswerk wat voltooi moet word, in.
          *Om die proses te vereenvoudig word beplanning nie meer in Skooler se Planning-afdeling gepubliseer nie.
        • Afbakening FA (Formele Assessering)
          Enige formele assessering waarvoor punte toegeken word, word hier gelys as ‘n bladsy met ‘n skakel na die Assignment soos via Skooler aan leerders en ouers versprei.
        • Verryking
          Addisionele, verrykende werk wat leerders kan doen. Punte word nie hiervoor toegeken nie en dit vorm nie deel van die leerwerk vir formele assesserings nie.
      • Leerders se persoonlike spasie:
        • My Werk
          Die onderwyser laai klaswerk wat leerders aanlyn moet voltooi in hierdie afdeling. Soos altyd, sal die onderwyser sê of werk wat nie in die klas voltooi is nie huiswerk is of nie. Leerders kan ook na die Beplanning en Huiswerk afdeling verwys om te sien of daar werk is wat hier voltooi moet word.
        • My Notas en Opsommings
          Leerders se persoonlike spasie om aantekeninge te maak en enige ander inligting wat verband hou met die vak te skep of bêre. Onderwysers kan wel sien wat hier gestoor en geskep word.
2. KOMMUNIKASIE MET ONDERWYSERS:
  • Leerders kan in die Team se General Channel onder Posts kommunikeer as hulle 'n vraag aan die onderwyser wil rig wat op die hele klas/graad van toepassing is.
  • Leerders kan in Chat in die Teams menu met onderwysers gesels indien hulle privaat met die onderwyser wil kommunikeer.
  • Ouers kan op Skooler of per e-pos met onderwysers kommunikeer.
3. SKOOLER

Skooler is die kommunikasiekanaal tussen die skool en ouers. Die platform word in fases uitgerol en bied tans toegang tot:
  • Algemene en persoonlike kommunikasie via die kontakgroepe in Messages.
  • Formele Assesserings onder Assignments. Dit bevat al die inligting van ‘n leerder se taak/toets/mondeling. Die skakel na die Skooler Assignment sal in die Team se Class Notebook onder Afbakening FA (Formele Assesserings) lê.
  • Alhoewel datums op die Skooler kalender gelaai word, is die Google Kalender steeds ons hoofkalender. Dit gaan in een van die volgende fases met Skooler geïntegreer word.
4. TEAMS TOEGANG VANAF DIE HUIS:
    • Indien julle 'n toestel by die huis deel, skep 'n nuwe profiel op die internet soekenjin wat julle gebruik:
      • Maak die soekenjin oop en kliek op die profiel sirkel regs-bo.
      • In Edge, kliek Add Profile / In Google, kliek Add onder Other Profiles.
    • Voer die leerder se skool e-posadres en die nuwe wagwoorde wat hulle reeds by die skool geskep het, in.
    • Navigeer na Teams vir alle skoolwerk.
    • Indien hulle hul wagwoorde vergeet het, kan hulle dit self herstel:
      • Kies die wagwoord vergeet opsie.
      • Tik die letters in wat gegee word. Let wel dat dit "case sensitive" is.
      • Die leerder gaan gevra word om 3 sekuriteitsvrae in te vul wat hulle ook in die klas opgestel het.
    • Indien hulle hul sekuriteitsvrae ook vergeet het, kan hulle na Suzaan Burger se kantoor gaan om dit te laat herstel, of ouers kan 'n e-pos stuur aan suzaan@jvrprim.co.za.
    • Terwyl 'n leerder ingeteken is, kan hulle hul sekuriteitsvrae verander / opdateer:
      • Kliek op die profielsirkel van enige program van Microsoft (bv. Teams).
      • Kies Manage Account.
      • Langsaan die leerder se naam, kies Manage.
      • Kliek in die Security Info blokkie op Update Info.
      • Kliek Delete op die Security Questions blokkie wat verskyn.
      • Kies Add sign-in method.
      • Kies die Security Questions opsie (op die manier kan hulle die wagwoord in die klas ook herstel, met 'n selfoonnommer gaan hulle nie kan nie).
      • Tik 'n antwoord in vir die drie sekuriteitsvrae wat leerders sal onthou.
GRONDSLAGFASE:

Die Grondslagfase sal op die stadium nie skoolwerk op Teams laai nie. Leerders se huiswerk word in die huiswerkboek geskryf.

Skooler word gebruik vir:
  • Algemene en persoonlike kommunikasie via die kontakgroepe in Messages.
  • Formele assesserings onder Assignments (bv. 'n mondeling).
  • Alhoewel datums op die Skooler kalender gelaai word, is die Google Kalender steeds ons hoofkalender. Dit gaan in een van die volgende fases met Skooler geïntegreer word.

Klasbraai, 24 Feb.

Die klasbraai is 'n lekker geleentheid om mekaar te leer ken. Kom geniet vanaand saam met ons!

Plek: Conradieveld, Huppelland

Tyd: 18:00 - 22:00

Bring saam: Jou eie vleis, bykosse en drankies OF piekniekmandjie

Daar sal braaidromme en hout beskikbaar wees. Ouers kan in graadverband by die eerste drom die naaste aan die hek begin, m.a.w. die drom naaste aan die hek is graad 1 s'n en die verste een is graad 7 s'n.

AKADEMIE

Wêreld Boekedag

Ons vier volgende Donderdag, 2 Maart, Wêreld Boekedag by die skool en wil aanmoedig dat leerders soos hul gunsteling boekkarakter moet aantrek. Daar sal op die dag 'n boekruil-tafel in die biblioteek wees en leerders wat graag wil, kan een van hul ou leesboeke van die huis af bring en vir iemand anders s'n ruil. Indien daar leerders is wat boeke vir die biblioteek of vir liefdadigheid wil skenk, is hulle ook meer as welkom om dit te bring. Ons sien vreeslik uit!

SPORT

Sportboodskappe op Skooler

Neem kennis dat sportboodskappe van nou af slegs op Skooler gestuur sal word.
  • Afrigters sal op die sportgroepe die vorms aanstuur asook laat weet wanneer die busse op pad is.
  • Stuur gerus 'n boodskap op 'n sportgroep indien jy met die afrigter(s) wil praat.
  • Slegs die admins van die betrokke sportgroep sal jou boodskap sien.
  • Elke sportsoort het sy eie kontakgroep en slegs die sportsoorte waaraan jou kind deelneem sal as kontakgroepe onder "Messages" verskyn.
  • Indien jou kind 'n sport beoefen en jy nie die groep in jou "Messages" afdeling sien as jy op die pyltjie regs van die "Messages" balkie kliek nie, of agterkom dat jy nie die boodskappe ontvang nie, stuur gerus 'n boodskap op die "Algemeen" kontakgroep met jou kind se naam, van en die sportgroep waarin hy/sy moet wees.

Dapper Stappers, 4 Maart 2023: Elephant's Eye

Ek beplan om volgende Saterdag met leerders en ouers wat belangstel na die Elephant's Eye grot in Silvermine te stap.
  • Waar: Parkeer voertuie by Silvermine Natuurreservaat parkeerarea
  • Wanneer: 4 Maart 2023
  • Tyd: 07:00 - ongeveer 11:30 (die roete kan nogal besig raak, so ons wil graag stiptelik 07:00 begin stap)
  • Afstand: 5.3km altesaam
  • Moeilikheidsgraad: Gemiddeld
  • Kostes: R38 per persoon vir die permit, by die hek beskikbaar - SLEGS KONTANT
  • Bring saam: Hoed, sonbrandroom, water, eetgoed, swembroek en handdoek (op pad terug is daar 'n dam by Silvermine waarin ons na die stap kan swem).
  • Wie kan saam stap? Alle kinders en ouers (kinders jonger as 10 moes minstens al 'n soortgelyke stap gedoen het)
Indien jy belangstel, vul die vorm in. Ek sal in kontak wees op Skooler op die Algemeen-groep met almal wat inskryf. Jy is welkom om ook op die Algemeen-groep vir my 'n boodskap te stuur indien jy vrae het.

Groete
Suzaan Burger

ALGEMEEN

Verlore Goedere

Onthou asseblief om jou kind se skoolklere duidelik te merk. Duidelik gemerkte klere help dat jou kind maklik hul verlore item/s by die verlore goedere tafel kan opspoor. Gemerkte items wat nie self afgehaal word nie, sal deur juffrou Felicity van die nasorg een keer per week verseker dat gemerkte items by leerders uitkom.

Reënboogdag, 10 Maart

Koop jou kaartjie op Karri teen R20
  • Trek aan volgens jou graad-kleur
  • Geniet lekker musiek en 'n roomys tydens eerste pouse in die vierkant
  • Graad-kleure:
    • Graad 1 - Geel
    • Graad 2 - Groen
    • Graad 3 - Oranje
    • Graad 4 - Rooi
    • Graad 5 - Blou
    • Graad 6 - Pers
    • Graad 7 - Pienk

Welwillendheidsportefeulje

Ons neem hierdie jaar die Welwillendheidsportefeulje by Stephanie le Roux oor. Hiermee stel ons graag onsself aan die skool bekend.

Ek is Frances Samuel en het drie dogters - in Huppelland se Vissieklas, in Graad 3 en Graad 5 in LS. Kara Marais het 'n seun in Graad 5.

Die doel van die komitee is om na behoeftige kinders in ons eie skoolgemeenskap om te sien en dan ook deur middel van spesifieke projekte te skakel met sekere skole asook 'n ouetehuis waarmee ons 'n band het.

Ons het 'n WhatsApp-groep wat ons as platform gaan gebruik om te vra vir skenkings vir sekere items wat ons vir ons behoeftige kinders benodig. Dit gaan meestal goed wees wat ons by die huis het en nie meer gebruik nie, soos bv. 'n sekere grootte tekkie of klere vir 'n kind, of bv. 'n hokkiestok, na gelang van die behoefte wat ons identifiseer. Hierdie is 'n maklike manier om uit te help binne ons eie skoolgemeenskap! Die inligting rondom die identiteite van die kinders is streng vertroulik en skenkings word deur middel van ons na die relevante kinders versprei.

Hiermee stuur ek die skakel na die Jannies Help! WhatsApp-groep. Sluit gerus by ons groep aan as jy wil uithelp. Dit is heeltemal vrywillig.

Welwillendheidsprojek: Insameling van skryfbehoeftes

Ons samel enige bruikbare en nuwe skryfbehoeftes vir Ellerton en Prestwich Primêr in.

Bring hierdie skryfbehoeftes na juffrou Marietjie de Kock se klas voor of op 14 Maart 2023.

Sien die 2de foto vir items wat jy kan skenk:

Kleiduif Kompetisie: 20 April

Plek: Valley Gun Club, Agter-Paarl
Tyd: 14:00 tot laat
Kostes: R2000 p/p - Sluit kompetisie en ete in
Kontak: Ria - 082 320 3288
Inskrywings sluit 12 April

Die opbrengs van vanjaar se Kleiduif-kompetisie gaan spesifiek vir nuwe skooldrag vir ons behoeftige leerders.

Sien die foto vir meer inligting.

'n Aand met Stef Bos onder die sterre

  • 2 Maart 2023
  • R300 vir volwassenes
  • Kinders kom verniet
  • Kaartjies op Karri te koop
  • Deure open vanaf 17:00 en die vertoning begin om 19:00
  • Kosstalletjies beskikbaar:
    • Bestellings vir etes kan vooraf geplaas word. Kies asseblief op Karri wat jy wil bestel en maak jou betaling. Op die aand van die konsert sal julle die etes van die stalletjie kan afhaal mits jy jou kosplakker/s wys. Jy sal jou kosplakkers op die aand van die konsert by die ingang ontvang. Jou naam en bestelling sal op ‘n lys wees. Stap net na die gemerkte tafeltjie - ‘kosplakkers’.
    • Opsies beskikbaar die aand wat vooraf bestel moet word en betaalbaar is op Karri:
      • Chicken Strips & Fries R75
      • Chicken Burger & Fries R115
      • Beef Burger & Fries R135
      • Poké Bowl R165 (Norwegian salmon, radish, pickled red onion, carrots, cucumber, sushi rice, pickled ginger, edamame beans, nori and a lemon soy dressing)
      • Falafel burger & Fries R90
Julle is welkom om vriende en familie te nooi. Julle kan namens hulle op Karri betaal.

Wêreldbiddag vir vroue

TERUGVOER

Tennisuitslae

Verskeie van ons tennisspanne het die week weg en tuis gespeel.

Noord-Liga: Ons Seuns A wen vir Eversdal, 3-3 (31 – 25) potte.

Ons Gemengde A-span wen teen Brackenfell, 6-0

Table View-Liga: Ons Gemengde A-span wen vir Elkanah House 6-0

Ongelukkig het ons seuns A-span nie teen Elkanah house gespeel nie. Hulle het op die dag onttrek.

Dit is puik uitslae en ons tennisspelers wys week na week hoe goed hul is. Welgedaan aan elke speler.

Krieketuitslae

Die graad 1's het 17 Februarie aan hul eerste kriekettoernooi by Hugo Rust deelgeneem. Dit was ‘n ongelooflike dag en die graad 1's het dit vreeslik geniet. Hulle het beslis die gees gebring. Welgedaan graad 1!
Dinsdag het ons 0.9-krieketspanne teen Weizmann en Kampsbaai te staan gekom. Die 0.9-Blouspan wen teen Weizmann gemaklik en die 0.9-Groenspan verloor ongelukkig in die laaste boulbeurt teen Kampsbaai.

Beide ons 0.11-spanne het Woensdag teen Herzlia Highlands en Golden Grove te staan gekom.

Krieket o.11A wen met 72 lopies teen Herzlia Highlands. Ons het 148 aangeteken na 16 beurte.
Ben Esterhuyse - 54 lopies
Alexander Weidemann - 24 lopies
Vincent Oosthuizen - 2 paaltjies vir 5 lopies na 2 beurte
Luke Willows - 2 paaltjies vir 13 lopies na 3 beurte
Alexander Weidemann - 2 paaltjies vir 11 lopies na 2 beurte
Nicolas Marais - 2 paaltjies vir 11 lopies na 2 beurte

Baie geluk, manne!

0.11B het weggespeel teen Golden Grove. Hier het ons manne al hulle staal gewys en vir Golden Grove vir 46 lopies uitgeboul. Ons kolwers het gemaklik die teiken behaal en wen die wedstryd met 10 paaltjies.

Ons 0.13-span het teen Curro-Durbanville te staan gekom. Curro het eerste gekolf en 'n baie groot telling van 213 aangeteken in slegs 15 boulbeurte. Ons manne het hard probeer, maar kon ongelukkig nie die telling bereik nie.

'n Baie suksesvolle week op die krieketveld. Baie geluk aan elke span wat net hul beste gegee het.

Johan Symington presteer by skietkompetisies

André Symington het 'n paar weke gelede aan die Nasionale .22 Precision Rifle kompetisie te Atlantis deelgeneem en uitstekend gevaar. Die skutte het met .22 kaliber gewere na sowat 150 gongs vanuit moeilike praktiese posisies geskiet op afstande van tot 300m. Die gongs was maar klein en die wind het erg gewaai wat die kompetisie nog moeiliker gemaak het. Johan het egter die wind, son en spanning goed hanteer en die Junior kategorie gewen. Hy het ook onder die top 10 algeheel Nasionaal geëindig.
Verlede naweek het Johan aan die NRL (Nasional Rifle League) se Wes-Kaap .22 kaliber kompetisie te Slanghoek deelgeneem. Hy het weer die Junior kategorie gewen. Sy telling was ook die 3de hoogste telling algeheel op die dag.
Baie geluk, Johan!

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Baie dankie aan die graad 1-onderwysers wat my genooi het om Vrydagoggend, 17 Februarie 2023, ‘Vlooi se verjaardag’ in die biblioteek by te woon. Ek wens ek kon al die graad 1-ouers nooi om die spesiale geleentheid by te woon. Hierdie geleentheid geskied om die graad 1’s se voltooiing van hul eerste leesboek, naamlik Vlooi se verjaarsdag, te vier. Die graad 1-onderwysers het die interessante koekresep uit Vlooi se boek gevolg en dit aan hulle gedemonstreer. Die graad 1’s het so gelag, want bestanddele soos tamatiesous, sousboontjies, graanvlokkies saam met eiers en melk het ook nie vir hulle sin gemaak nie. Dit was groot pret terwyl hulle gelukkig lekker gesmul het aan hul eie eetgoed wat hul ouers/voogde vir hulle ingepak het. Daar het wel ‘n paar graad 1’s kans gesien om die unieke koekmengsel te proe.
Ons het week 5 van kwartaal 1 afgesluit met mini-krieket by Laerskool Hugo Rust op Vrydagmiddag/aand, 17 Februarie 2023, en op Saterdagoggend vanaf 09:00 –13:00 het ons koorleerders ‘n heerlike koordag onder leiding van juf. Helecia en mnr. Ben by die skool geniet. Hulle het nie net op die dag gesing nie, maar ook aan ander lekker pretaktiwitiete deelgeneem.

Op Dinsdag, 21 Februarie 2023, was die hartseer begrafnis van juf. Raché se man, Calvin. Die gedenkdiens is by Mcpherson’s te Table View gehou. Die pastoor se preek het meer daarop gefokus dat ons Calvin se lewe eerder moet vier as om oor sy dood te treur. Dit was hartverskeurend om Raché en Calvin se ouers na die diens te vertroos. Hulle is verpletterd. Raché en Calvin was maar 10 maande getroud. Hulle was sielsgenote. Ons gedagtes en gebede bly by haar en die familie om vertroosting tydens die moeilike tyd te vind. Baie dankie aan al haar klasouers en ander ouers/voogde wat vanuit die staanspoor uitgereik het om haar te help en te ondersteun. Ons was egter bekommerd oor hoe die personeel en ouers hierdie tipe trauma met leerders/kinders gaan hanteer. Daarom het ons Vrydag. 17 Februarie, gedurende eerste pouse ‘n kort opleidingsessie met dr. Arina Fourie gereël om ouers en personeel in te lig hoe om met kinders oor die verlies en die dood te praat. Dit was uiters insiggewend en almal wat teenwoordig was, is met die nodige kennis toegerus om hierdie tipe situasies met leerders/kinders te bespreek en beter te hanteer. Baie dankie dr. Fourie, ons waardeer jou kosbare tyd!
Ek sien uit om almal later vandag by die klasbraai te Conradieveld vanaf 18:00 te ontvang. Graag sluit ek af met die volgende aanhaling oor groei-ingesteldheid en wens vir julle ‘n wonderlike naweek toe:

"Our greatest weakness lies in giving up.
The most certain way to succeed is to try one more time!"

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir advertensies van die week

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet