Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Skooler wenke

Gereelde vrae:

As ek op die Messages balkie kliek, sien ek net 'n paar kontakgroepe en onder Assignments net sekere opdragte. Hoe sien ek alles?:
Langsaan die opskrif Messages en Assignments is daar 'n pyltjie wat na regs wys. Kliek daarop om alles te sien en nie net die mees onlangse inligting nie. Indien jy meer as een kind in die skool het, kan jy die kontakgroepe of take wat op elke kind van toepassing is onder sy/haar profiel sien.

Sien op die skermgrepe hier onder watter pyltjie watter skerm oopmaak.
Ek het meer as een kind in die skool. Hoe sien ek my ander kind(ers) se profiel(e)?
Jy kan jou ander kind(ers) se profiel(e) en kontakgroepe sien deur op die pyltjie langsaan jou kind se naam bo-aan die toep te kliek en 'n ander kind se naam te kies.
Ek wil graag met 'n spesifieke onderwyser op Skooler kommunikeer:
Onder Messages gaan jy al die kontakgroepe sien wat op jou van toepassing is. Wanneer jy 'n boodskap aan een van daardie groepe stuur, ontvang die admin van die spesifieke groep die boodskap. As jy bv. met jou kind se wiskundeondewyser wil praat, kan jy op jou kind se wiskundegroep 'n boodskap stuur. Ander ouers sal nie jou boodskap kan sien nie.

Ek lees my boodskappe, maar die kennisgewing (getal) langs die groep wil nie weggaan nie:
Soms is dit belangrik dat onderwysers moet kan opvolg as ouers nie 'n boodskap gelees het nie en skakel hulle die "Request Read Confirmation" funksie aan. Jy moet dan bevestig dat jy dit gelees het deur "Confirm" te kliek sodra jy dit gelees het. Die onderwyser kan dan sien dat jy bevestig dat jy die boodskap gelees het en die kennisgewing wat aandui dat daar 'n ongeleesde boodskap is, sal wegval.

Nuwe Aanstelling: Sportorganiseerder

Dit is met groot opgewondenheid dat ons ons nuwe Sportorganiseerder, mnr. Rashard Fuller (Gibbs), voorstel. Rashard is die seun van die bekende kriekietspeler, Herschel Gibbs. Hy en sy verloofde, me Renate van Wyk, wat ook in die onderwys is, trek aan die einde van Maart Kaapstad toe om by ons aan te sluit. Rashard speel self krieket en is tans kaptein van die Glenvista Krieket Klub. Hy het ook op ‘n stadium semi-professioneel rugby gespeel en het op skool SA Champs gehardloop.

Rashard is goed bekend met laerskoolsport en bring goeie ervaring saam met hom. Hy het by verskeie seunsprivaatskole krieket, rugby en sokker afgerig, asook LO aangebied. Hy was die Hoof van Seunssport by The Kings College Preparatory School en is tans werksaam by Christchurch Preparatory College waar hy vir Graad 1 – 12 LO gee, sportkoördineer en Direkteur van Rugby is, asook die eerste rugby- en krieketspanne afrig. Rashard is baie lief vir kinders en is opgewonde om ‘n liefde en passie vir sport by ons Jannies te kweek.

Fotodag, 21 Feb.

Ons neem Dinsdag, 21 Februarie, klas- en individuele foto's.

Ons is bewus dat nie alle leerders tans dieselfde skooldrag het nie aangesien ons hierdie jaar in 'n oorgangsfase is. Indien jou kind reeds die nuwe skooldrag dra, beveel ons aan dat hy/sy dit aantrek. Indien nie, wil ons vra dat leerders sportdrag dra.

KULTUUR

Seniorkooroefening

Onthou asb.: Alle Senior koorlede moet Saterdag van 09:00 - 13:00 by die skool vir 'n oefening wees.
  • Dra gemaklike klere.
  • Bring genoeg te eet en te drink.
  • Bring swemgoed (as die weer dit toelaat)
  • Leerders moet asb. STIPTELIK om 13:00 gehaal word.
  • In- en uitgang is by die Kloofstraathek. Daar sal sekuriteit wees.

SPORT

Swem: Oggendsessies

Alle swemmers (gr. 4 – 7) wat verlede jaar aan enige van die swemgalas deelgeneem het, word vriendelik uitgenooi om Maandae en Vrydae die oggendsessie by te woon. Ons moedig veral leerders wat eerste of tweede in 'n item by die swemgala gekom het, aan om dit by te woon. Jonger swemmers sal tydens die normale swemoefening geïdentifiseer word en afrigters sal aandui watter swemmers ook die sessies kan bywoon.

Die oefening is vanaf 06:30 – 07:30. Leerders sal die geleentheid kry om hul klere voor die skool begin aan te trek. Korrekte skool-swemdrag en swempet moet gedra word.

ALGEMEEN

WKOD-nuusbrief

Kliek asb. op die skakel vir 'n nuusbrief vanaf die WKOD.

Oorhandiging van sertifikate tydens saalbyeenkoms

Ons wil graag ons Jannies se goeie prestasies tydens saalbyeenkoms op 'n Dinsdag in die kollig plaas. Ons benodig julle (as ouers/voogde) se hulp hiermee. Enige sertifikate, medaljes of trofees moet asseblief op 'n Maandag by juffrou Michelle Compion (gr. 3) se klas ingehandig word. Indien dit nie Maandag by haar is nie, sal dit oorstaan na die volgende Dinsdag. Dit moet asseblief duidelik as volg gemerk wees:
  1. Naam en van;
  2. Waarvoor die leerder die prestasie ontvang het
Baie dankie vir die samewerking!

'n Aand met Stef Bos onder die sterre

2 Maart 2023
R300 vir volwassenes
Kinders kom verniet
Kaartjies op Karri te koop
Deure open vanaf 17:00 en die vertoning begin om 19:00
Kosstalletjies beskikbaar

Julle is welkom om vriende en familie te nooi. Julle kan namens hulle op Karri betaal.

Wêreldbiddag vir vroue

3 Maart 2023 om 08:30
NGK Drieankerbaai

Roomysverkope

*Plakaat ontwerp deur Jacques Viljoen (gr. 7S)

TERUGVOER

Senior swemgala

Vrydag, 10 Februarie, het al ons graad 4 tot 7-leerders die geleentheid gekry om aan ons swemgala deel te neem. Dit was die perfekte dag vir swem en ons swemmers het puik presteer.

Twee rekords is op dié dag gebreek. Jeanne van Heerden verbeter die Dogters o.11 Wisselslag rekord van 1:46,37 na 1:45,93. Delmar Benecke verbeter die Seuns o.12 Wisselslag rekord van 1:25,71 na 1:24,91.

Na die graad 7's die dag afgesluit het met hul pretaflos was dit tyd vir die bekeroorhandiging. Ons top 4 swemmers op die dag het gegaan aan:
  • Beste Senior Seun (gr. 6 - 7) – Delmar Benecke
  • Beste Senior Dogter – Karu Rademeyer
  • Beste Junior Seun (gr. 4 - 5) – Nils le Roux
  • Beste Junior Dogter – Jeanne van Heerden.
Kliek HIER vir die volledige uitslae.

Baie dankie aan elke onderwyser wat die dag moontlik gemaak het en aan elke swemmer wat in goeie gees aan die dag deelgeneem het. 'n Spesiale woord van dank aan mnr. Hanekom wat al die reëlings getref het.

Ons sien nou uit na ons junior swemgala wat op 10 Maart sal plaasvind.

Krieketuitslae van die week

Dinsdag het ons 0.9-krieketspanne teen Llandudno en Kampsbaai te staan gekom. Die 0.9-blouspan wen teen Kampsbaai met twee lopies en die 0.9-groenspan speel gelykop teen Llandudno.

Beide ons 0.11-spanne het Woensdag teen Reddam en Golden Grove te staan gekom. O.11A wen gemaklik met 9 paaltjies teen Golden Grove en ons 0.11B-span het ongelukkig teen Reddam vasgeval. Ten spyte van die verloor het Logan van Heerden pragtig geboul en 3 paaltjies geneem.

Ons 0.13-span het gister teen Pinelands te staan gekom. Hulle het pragtig gespeel en wen die wedstryd met 9 paaltjies.

Baie dankie aan elke speler en afrigter met die puik uitslae.

Tennisuitslae

Dinsdag en Woensdag het verskeie van ons spanne tuis en weg gespeel. Die uitslae is as volg:

Noord-Liga:

Seuns A speel gelykop teen Brackenfell 3-3
Dogters A verloor teen Welgemoed 1-5
Gemengde A wen teen Saffier 6-0

Table View Liga:

Seuns A verloor teen Parklands 0-6
Gemengde A speel gelykop teen Van Riebeeckstrand 3-3

Dit was 'n winderige week en ons tennisspelers het baie goed gedoen. Ons kan nie wag vir volgende week se uitslae nie.

Netbalkliniek terugvoer

Deur Anna van Biljon

Warm, lank, siek - maar lekker!

'n Opsomming van die naweek se netbalkliniek

Die naweek (en Vrydag) het die onder 13A-netbalspan 'n netbalkliniek bygewoon. Die netbalkliniek is by die Hoërskool Parel Vallei aangebied deur Doctor Elsje Jordaan (en haar twee assistente Damien en Muggie). Sy rig die die Fireballs af. Dit was elke dag 35+ grade!

Die kliniek was vol interessante oefeninge en 'gameplay' wat ons definitief baie op die baan gaan help. Ongelukkig was die helfte van die span siek met dieselfde virus en ons was Sondag net ses spanlede. Die hele span was baie moeg Maandag, want Saterdag se oefeninge het agt ure lank geduur. Daar was baie verskillende ouderdomsgroepe wat deelgeneem het, van nege tot vyftien jaar oud. Ons en Lochnerhof was die enigste ander skole wat saam met Parel Vallei daar was.

Om af te sluit, wil ek net baie dankie aan juf. Shahneé, juf. Sharon, juf. Kellerman en juf. Ischké sê wat hulle hele naweek opgeoffer het om saam met 'n paar siek dogtertjies te gaan netbal speel. Hulle het regte talent om netbal af te rig en moet nooit ophou nie.

Delmar Benecke presteer by WP Champs swemgala

Delmar Benecke het die naweek aan die WP Champs-gala by die Universiteit van die Wes-Kaap deelgeneem. Hy swem pragtig en wen ‘n silwer medalje vir die 50m vryslag en ‘n brons medalje vir die 100m vryslag. Baie geluk, Delmar, dis 'n wonderlike prestasie!

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Verlede Sondag het ons skoolgemeenskap met skok verneem van die tragiese afsterwe van juf. Raché se man, Calvin. Hy was in ‘n motorfietsongeluk op pad terug huis toe. Dit is hartverskeurende nuus van die jong getroude paartjie wie se lewe in ‘n oogwink verander het. Ons gedagtes en gebede bly by haar en die familie om vertroosting tydens die moeilike tyd te vind. Weereens word ons ontnugter dat die lewe geen waarborge het nie. Niemand kan die toekoms voorspel nie daarom moet ons elke dag voluit leef en die kosbare tyd saam met geliefdes koester en vier. Baie dankie aan al haar klasouers wat vanuit die staanspoor uitgereik het om haar te help en te ondersteun.

Op Vrydag, 10 Februarie 2023, het ons op ‘n baie warm somersdag ‘n suksesvolle senior swemgala aangebied. Die weer het perfek saamgespeel en die koel swembadwater was ‘n heerlike lafenis vir ons swemmers aangesien die kwik teen 13:00 amper 36 grade Celcius bereik het. Baie geluk aan die swemmers wat na afloop van die gala bekers ontvang het!
Die Mountain Bike Club onder leiding van deur Breakaway Rides bied ‘n wonderlike geleentheid aan ons kinders. Kyk gerus na hulle advertensie aan die onderkant van die nuusbrief.

Laat my ook toe om al ons ouers, voogde, oumas en oupas wat die gala bygewoon het om hul kind/ers en kleinkinders te ondersteun, hartlik te bedank. Dit is ‘n riem onder die hart om te sien hoe ons ouers, voogde en grootouers ons leerders in alle opsigte ondersteun. Baie dankie aan mnr. Leon wat die gala gereël het asook ons Hoof van Swem, juf. Izél saam met al die personeel wat as beamptes opgetree het. Graag wil ek een van ons ouers uitsonder, naamlik Christo Benecke, wat elke jaar bereid is om as tydhouer op te tree. Baie dankie, Christo, ons waardeer jou tyd!

Dinsdag, 14 Februarie 2023, het ons leerders en personeel spesiaal saam Valentynsdag gevier. Die dag het afgeskop met ‘n saalbyeenkoms en al ons leerders en personeel het spesiaal rooi, pienk en/of wit aangetrek. Tradisioneel word die dag gevier waar geliefdes hul liefde vir mekaar bewys deur geskenke, blomme of kaartjies aan mekaar te gee. Ek besef die dag is tipies kommersieel van aard, maar tog is dit belangrik vir ons leerders om ‘n dag van liefde en omgee te vier. Dit sluit op ‘n manier by ons kernwaarde van OMGEE aan. Ons kinders word groot in ‘n era en wêreld waar alles resultaatgedrewe is. Ons vergeet dat ons kosbaarste kommoditeite nie in die bank is nie en dat liefde alle kwaad oorwin. Ek hoop en vertrou dat julle ook op Valentynsdag tot in die afgrond bederf is en mag ons die krag van liefde daagliks uitleef om die wêreld ‘n beter plek te maak.

Verder wil ek ouers/voogde wat leerders in graad 4 – 7 het vriendelik versoek om nie te versoek dat jul kind/ers op ‘n Vrydag van skool verskoon moet word omdat julle wil ‘n langnaweek daarvan maak nie. Vrydae is periode 1 en 2 spesifiek uitgesit vir toetse en die assesseringsdatums is op die kalender beskikbaar. Siektetoets word op Dinsdae direk na skool geskryf. Leerders wat Vrydae toetse mis, as gevolg van siekte moet dus die toets op die daaropvolgende Dinsdag skryf. Baie dankie vir jul samewerking in die verband.

Graag sluit ek af met die volgende aanhaling oor groei-ingesteldheid en wens vir julle ‘n wonderlike naweek toe:

"Challenges are what makes life interesting.
Overcoming them is what makes life meaningful"

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir advertensies van die week

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet