Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

AKADEMIE

Nuwe elektronika vir Kodering en Robotika

Opgewondenheid gons in die Kodering en Robotikaklas! Ons het gister ‘n pakkie vanuit Nederland ontvang wat aan Laerskool Jan van Riebeeck deur Plumpot Academy met JP Potgieter as kontakpersoon geborg is. Die pakkie bevat eerste-in-sy-soort elektronika wat spesiaal vir ons skool ontwerp is. Die ontwerp gaan leerders help om die toepassingsvaardighede beter te verstaan. Die skool se wapen is selfs op elke PCB (Printed circuit boards) aangebring!

Dit dra by tot ‘n positiewe ingesteldheid teenoor die leerarea. Kodering en Robotika het vyf verskillende fokusareas en een van hulle is robotika. Elektronika vorm deel van hierdie toepassingsvaardighede.

Elke graad het ‘n projek wat spesifiek op die KABV (kurrikulum) gebaseer is.

Ons is die eerste skool in Suid-Afrika wat hierdie spesifieke hulpbronne gaan gebruik. Ons sien uit na die verdere ontwikkeling van hierdie leerarea onder leiding van juf. Suné Swanepoel!

KULTUUR

Kooroefening vir Senior koor

Lede van die Senior koor moet Saterdag, 18 Februarie, om 09:00 - 13:00 by die skool vir 'n oefening wees. Dit is altyd 'n lekker afskop vir die jaar en ons kry baie gedoen. Leerders bring genoeg kos en drinkgoed saam en dra gemaklike klere. Ouers moet asb. slegs die voorste hek vir op- en aflaai gebruik. Daar sal sekuriteit wees. Kom haal asb. die leerders STIPTELIK om 13:00.

SPORT

Swem: Oggendsessies

Alle swemmers (gr. 4 – 7) wat verlede jaar aan enige van die swemgalas deelgeneem het, word vriendelik uitgenooi om Maandae en Vrydae die oggendsessie by te woon. Jonger swemmers sal tydens die normale swemoefening geïdentifiseer word en afrigters sal aandui watter swemmers ook die sessies kan bywoon.

Die oefening is vanaf 06:30 – 07:30. Leerders sal die geleentheid kry om hul klere voor die skool begin aan te trek. Korrekte skool-swemdrag en swempet moet gedra word.

ALGEMEEN

Valentynsdag, 14 Feb

Tydens Pouse in die vierkant. Kom koop pragtige valentynsdag produkte en 'n verskeidenheid lekkernye by die sosiale komitee van 2023.

Gelde word ingesamel ten bate van die gr. 7-fonds.

'n Aand met Stef Bos onder die sterre

2 Maart 2023
R300 vir volwassenes
Kinders kom verniet
Kaartjies op Karri te koop
Deure open vanaf 17:00 en die vertoning begin om 19:00
Kosstalletjies beskikbaar

Wêreldbiddag vir vroue

3 Maart 2023 om 08:30
NGK Drieankerbaai

Roomysverkope

*Plakaat ontwerp deur Jacques Viljoen (gr. 7S)

TERUGVOER

Emma van Biljon presteer in musiek

Emma van Biljon het 82% behaal in haar dwarsfluit eksamen (Trinity Graad 2). Baie geluk, Emma!

Interskole Atletiek terugvoer

Maandag, 6 Februarie, het 73 van ons atlete aan die interskole deelgeneem wat by Hoërskool Jan van Riebeeck se sportvelde plaasgevind het. ‘n Spoggeleentheid waar 10 skole (meer as 500 atlete) bymekaar gekom het om op die dag teen mekaar mee te ding.

Dit was uiters warm, maar dit het nie ons atlete se moed gebreek nie en hulle het uitstekend presteer. Die atlete wat deur is na die Sone-kampioenskappe (25 Februarie, Vygieskraal) is:

Ané Swanepoel, 1ste 1200m
Delmar Benecke, 1ste 1200m, 1ste 150m, 150m H
Nils le Roux, 1ste 1200m, 1ste 70m H (Rekord)
Cato Terblanche, 1ste 1200m, 1ste 80m, 1ste 100m, 1ste verspring
Bella Naylor, 2de 80m, 1ste 70m H,
Rafa Lamprecht, 2de 80m, 1ste 70m H
Dane Botha, 2de 100m
Jana Olivier, 1ste 150m, 150m H, diskus
Michaan Naylor, 2de 150m, 2de 75m H
Sophia Newton, 1ste 75m H, 200m H
Dawid-Wiese Viljoen, 2de 80m H, 200m H, diskus
Ella van der Walt, 1ste hoogspring
Mari Steyn, 1ste hoogspring
Klara Steyn, 1ste hoogspring, 200m H
Daniella Boshoff, 150m H
Frank van der Walt, 150m H, diskus
Mieke Bremer, diskus

Om alles af te sluit, het ons aflosspanne in 5 van die 8 wedlope die eerste plek behaal.

Baie geluk aan elke atleet wat so pragtig presteer het. Ons is trots op julle.

Die dag was ‘n groot suskes en het uiters vlot verloop. Baie dankie aan mnr. Hanekom wat alle reëlings rakende die byeenkoms behartig het.

Interskole Atletiek: uitslae

Kliek op die foto's hier onder vir die onderskeie uitslae:
Velditems
Baanitems

Krieketuitslae, 7 Feb

Dinsdag, 7 Februarie, het beide ons 0.9-spanne tuis teen Kronendal gespeel. Die 0.9-Groenspan het ‘n naelbyter gehad en die wedstryd met slegs 1 lopie gewen. Die 0.9-Groenspan het gemaklik met 27 lopies gewen.

Woensdag, 8 Februarie, het die 0.11A-span teen Kampsbaai gespeel. Dit was hulle eerste wedstryd vir die jaar. Ons het eerste gekolf en 122/3 in ons 20 boulbeurte aangeteken. Ben Fouché het 37 lopies nie uit nie aangeteken en ook 3 paaltjies geneem. Kampsbaai het gaan kolf en kon slegs 95/8 in hul 20 boulbeurte aanteken. Uitstekende begin vir die seisoen.

Ons 0.11B-span het teen ‘n baie sterk Rondebosch te staan gekom. Die manne het alles gegee en Rondebosh kon slegs 74 lopies aanteken. Ongelukkig kon ons slegs 46 lopies aanteken en verloor die wedstryd met 28 lopies.

Tennisuitslae: 1 Feb

Woensdag, 1 Februarie, het drie van ons tennispanne aan die eerste wedstryde vir die jaar deelgeneem.

In die Noord-liga het ons seuns A-span (Dawid-Wiese Viljoen, Adriaan Wessels, Nils le Roux en Gustav van der Linde) teen Durbanville te staan gekom en ons dogters A-span (Stella Lamprecht, Klara Maree, Jeanne van Heerden en Katia van Wyk) teen Gene Louw.

Die seuns het werklik uitstekend gespeel en Durbanville se A-span met 4-2 geklop, wat ‘n merkwaardige prestasie is.

Die dogters het ongelukkig verloor, maar hulle tellings was baie naby aan mekaar.

In die Table View-liga het ons seuns A-span (Rafa Lamprecht, Pierre-Jacques Smit, John Gilmer en André Marais) teen Van Riebeeckstrand gespeel. Die seuns het baie goed gespeel en 5-1 gewen.

Dit is ‘n uitstekende begin vir die jaar en ons wens al ons tennispelers sterkte met die res van die seisoen toe.

Tennisuitslae: 8 Feb

Op 8 Februarie het al ons tennisspanne tuis- of weg wedstryde gespeel.

In die Noord-Liga het ons Seuns A-span teen Welgemoed, Dogters A teen Durbanville en ons Gemengde A teen Totius te staan gekom. Ongelukkig het beide ons seuns- en dogterspanne verloor, maar het hul pragtig van hul taak gekwyt. Die Gemengde span wen teen Totius.

In die Table View-liga het ons Gemengde A-span gemaklik teen CBC gewen.

Baie geluk met die pragtige uitslae!

Delmar Benecke presteer in Tweekamp

Delmar het Saterdag, 4 Februarie, as deel van die WP-tweekampspan aan die interprovinsiale tweekampbyeenkoms in Oudtshoorn deelgemeen. Hy kom eerste vir seuns o.13 en hy hardloop en swem sy persoonlike beste tye van die seisoen ten spyte van 40°C! Baie geluk, Delmar, ons is trots op jou!

Dawid-Wiese presteer in TSA-toernooi

Dawid-Wiese het die naweek aan 'n TSA-tennistoernooi deelgeneem. Hy het in die 0.14 Boys Gold gespeel en in die finaal met 7-5, 6-4 gewen.

Dit is ‘n ongelooflike prestasie en iets om uiters trots op te kan wees. Welgedaan, Dawid-Wiese!

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Vanjaar poog ons ‘n groter fokus op Groei-ingesteldheid (‘Growth Mindset’). Al gewonder watter boodskappe jy jouself vertel indien sukses jou die heeltyd ontwyk? Mense met vaste groei-ingesteldheid glo dat hul intelligensie en vaardighede eienskappe is waarmee hulle "gebore is" en dat dit nie kan verander nie. Mense met hierdie tipe oortuiging word maklik ontmoedig en hulle is geneig om weg te skram van moeilike take of uitdagings. Navorsing het bewys dat mense met ‘n groei-ingesteldheid glo dat jy jou intelligensie kan uitbrei/ontwikkel deur vaardighede aan te leer en dat jy met meer oefening en moeite die uitdaging mettertyd sal baasraak.

Ons doel met groei-ingesteldheid is om ‘n skoolgemeenskap te ontwikkel wat deursettingsvermoë, wilskrag, empatie, goeie kennis oor jouself, ‘n behoefte aan leer en ontwikkeling en ‘n ingesteldheid van groei, uitleef. Om regtig jouself te wees, moet ons ruimte vir ontwikkeling skep. Navorsing toon dat breinontwikkeling slegs kan plaasvind indien uitdagende take aangepak word. Dus wil ek julle versoek om jou kind/ers onder jou wakende oog ‘n kans te gee om ‘n bietjie te waag en selfs te misluk terwyl hulle nog jonk is sodat die spreekwoordelike groei-ingesteldheid se ‘spiere’ kan oefen. Vertel vir jou kinders dat bekendes soos Albert Einstein, Walt Disney, Steve Jobs, Michael Jordan en Oprah Winfrey verskeie mislukkings ervaar het. Hulle het egter nooit tou opgegooi of weggestap van hul drome nie. ‘n Mens leer dikwels die belangrikste lewenslesse wanneer jy misluk. Ek sê gereeld vir ons sportspanne dat ‘n mens eintlik net leer wanneer jy eers verloor. Kollektief moet ons, ons kinders leer dat om te verloor of te misluk deel van die lewe is, maar belangrik dat solank jy daaruit iets leer en nie moed opgee nie, sukses jou sal volg.
Op Vrydag, 03 Februarie 2023, het ons o.13A-krieketspan vanaf 16:00 ‘n middag-aand wedstryd teen LS Kampsbaai by die Conradieveld gespeel. Die wedstryd was egter van korte duur aangesien ons hulle vir slegs 38 lopies uitgeboul het. Ons het die lopies binne 8 beurte afgeslaan. Baie geluk aan die span en hul afrigter, mnr. Warren, met die puik oorwinning. Op Maandag, 06 Februarie 2023, het die interskole atletiekbyeenkoms te HS Jan van Riebeeck se velde plaasgevind. Ons atlete het puik gevaar en 18 atlete is deur na die volgende rondte. Baie dankie aan mnr. Leon en sy span vir al die puik reëlings. Die afgelope week het daar ook verskeie tennis- en krieketwedstryde plaasgevind. Die sportprogram is in volle swang en ek versoek al ons leerders om aan ten minste een somersport deel te neem.
Baie dankie aan juf. Andri wat op Saterdag, 04 Februarie 2023, die inligtingsessie rakende redenaars met al ons belangstellende leerders en hul ouers gehou het. Redenaars leer die leerders om hul verbale- en nie-verbale kommunikasievaardighede te verbeter, effektiewe navorsing te doen, denkprosesse te ontwikkel om mense van hul standpunt te oortuig en laaste maar nie die minste nie, help dit met selfvertroue.

Graag sluit ek af met die volgende aanhaling oor groei-ingesteldheid deur Roger Crawford en wens vir julle ‘n wonderlike naweek toe:

"Being challenged in life is inevitable,
Being defeated is optional"


Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir advertensies van die week

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet