Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

26 April, 2024 - Sivvies 07:45-14:00
26 April, 2024 - Toets: Aardrykskunde ass. (gr. 4 - 6), NW (gr. 7) 07:45-09:10
26 April, 2024 - Landloopwedloop: Sweet Valley 14:15-15:15
27 April, 2024 - Hokkie: o.9 en o.10 Seuns en Dogters Toernooi Laerskool Tableview (WEG) 00:00-23:59
27 April, 2024 - Hokkietoernooi: o.9 & o.10 Seuns en Dogters by Laerskool Tableview. 00:00-23:59
27 April, 2024 - Keenen Faro (Onderwyser) verjaar 00:00-23:59
29 April, 2024 - Netbal: o.7-o.13 Monte Vista (TUIS) 00:00-23:59
30 April, 2024 - Graad 6-uitstappie: Wonderdal Science Centre 08:00-14:00
1 Mei, 2024 - Werkersdag 00:00-23:59
2 Mei, 2024 - Hokkie Dogters: Milnerton (TUIS) 00:00-23:59
2 Mei, 2024 - Hokkie Seuns: Milnerton (WEG) 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Ursula Williams (Nasorg) verjaar 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Hokkie: Edgemead 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Toets: Wiskunde (gr. 4 - 7) 07:45-09:10
3 Mei, 2024 - Uitstappie gr. 5 en 6: Peter and the Wolf by Artscape 10:30-12:30
3 Mei, 2024 - Landloopwedloop: Camps Bay 14:15-15:15
4 Mei, 2024 - HS JvR Reünie-naweek 00:00-23:59
7 Mei, 2024 - Algemene Kennistoets 07:45-08:15
10 Mei, 2024 - Hokkie: Sportdag Mikro (Tuis) 00:00-23:59
10 Mei, 2024 - Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) 07:45-09:10
10 Mei, 2024 - Landloopwedloop: Vishoek 14:15-15:15


>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouer / Voog

Dis die klein gebare wat regtig saak maak …

Mag hierdie feestyd ons fokus daarop rig om ons ingesteldheid so te kondisioneer dat ons die mooi in elke geleentheid sal raaksien. In ‘n tyd waartydens ons emmertjies leeg voel en ons alle balle in die lug probeer hou, het ons dit meer as ooit nodig om vas te hou aan die opregte, klein gebare wat die lewe eintlik so kosbaar maak. Daardie ontasbare hartsdinge wat ons hart en siel voed.

In plaas daarvan om te hunker na die ‘groot’ geskenke onder die kersboom moet ons dalk pertinent na die onskuldige, spontane mooi rondom ons soek - daardie glimlag wanneer jou trane ongesiens vlak lê; die oproep wanneer jy dit regtig nodig het; die ‘op-jou-tande-kners’ eerder as kritiek lewer; die sagte kyk diep in iemand se oë wat regtig raakgesien wil word; die sagte woorde wat ons so graag wil hoor.

Wanneer ons oor ‘n jaar vol baie meer uitdagings as wat ons op ons een hand kan tel, reflekteer, het ons steeds soveel om oor gelukkig en dankbaar te voel. Ons moet daarop fokus om die spreekwoordelike ‘silwer randjie rondom elke donker wolk’ raak te sien. Dis ook ‘n belangrike vaardigheid wat ons aan ons kinders moet oordra veral gedurende hierdie ongekende tye.

Die afgelope 2 weke het Laerskool Jan van Riebeeck interessante, uitdagende maar ook opwindende tye beleef al het die infeksiekoers van die onwelkome Omicron-virus soos ‘n veldbrand onder die leerders en personeel versprei. Ons is dankbaar dat ons as volwassenes en kinders ouer as 12 jaar die geleentheid gekry het om ingeënt te word. Ek glo julle deel ook my groot bekommernis rakende die gesondheid en geestelike welstand van ons kinders aangesien die 4de vlaag hoofsaaklik die jong kinders infekteer. Met die aanvang van die pandemie moes skole besluite neem soos die personeel siek word. Vandag is dit egter omgekeerd waar die leerders siek word en geld besluite rakende die aanvang van Covid nie noodwendig meer nie. Hoe dikwels bevraagteken ons elke situasie eerder as om te vra wat ons daaruit kan leer. Laat ons fokus tydens hierdie feesseisoen op ons ingesteldheid wees. Kom ons hunker na die klein gebare en die liefde wat ons kinders en familie/vriende aan ons bring. Probeer om jou afstandbeheer te programmeer sodat vrede, liefde en dankbaarheid die grootste geskenk onder jou kersboom sal wees, want daar was hierdie jaar ook hope mooi ‘dinge’ in ons lewens! Reflekteer ‘n bietjie oor jou lewe die afgelope jaar en koester al die mooi wat plaasgevind het.

Graag wil ek afsluit om vir julle almal hartlik te bedank dat julle my eerste jaar as skoolhoof by die ongelooflike skool so spesiaal en kosbaar gemaak het. Ek en my gesin is met ope arms ontvang en dit is wonderlik om deel van ‘n skoolgemeenskap te wees waar jy net jouself kan wees. Baie dankie ook aan die personeel en die beheerraad vir jul harde werk, veerkragtigheid en ondersteuning om die sukses van ons skool te verseker. Dit is dan vir my ‘n groot eer en voorreg om 2021 af te sluit in ‘n jaar waar ons skool ‘n 100 jaar jonk is. Ons wens vir julle JvR-vrede en liefde toe. Geniet die heilsame, mooi Feestyd saam met familie en vriende. Moenie vergeet om die Jannies te bederf nie en lekker rus!

ALGEMEEN

Afhaal van rapporte

Ouers kan Maandag tussen 08:00 en 12:00 leerders se rapporte en/of skryfboeke by die skool kom haal.

Klerebank

Addisionele tye:
  • Maandag, 13 Desember 2021, 07:30 tot 08:30
  • Dinsdag, 18 Januarie 2022, 07:30 tot 08:30
Tree asseblief in verbinding indien ‘n alternatiewe reëling verlang word. Ek is egter nie tussen 22 Desember en 12 Januarie beskikbaar nie. Ons sal ouers wat bestellings geplaas het laat weet sodra hul items beskikbaar is.

Klerebanktye keer terug na normaal wanneer die skool op 19 Januarie 2022 open:
  • 07:20 - 08:00 Maandae en Woensdae
  • 13:30-14:20 Dinsdae en Donderdae
Bestellings wat in Januarie 2022 geplaas word, moet by die klerebank/aanlyn gedoen word:
  • Geruite graad 7-oortrui.
  • Donkerblou 100 jaar-feeshemde. Die beheerraad het besluit dat hierdie hemde ook in 2022 op Vrydae gedra mag word.
  • Eerste wintersklerebestellings, vir aflewering teen ongeveer einde Maart.
Swemklere:

Ekstra voorraad is in swempette, goggles, swemsakke, swembroeke en handdoeke beskikbaar omdat ons aan minimum besteleenhede moet voldoen. Rashvests is onafgelewer deur Second Skins met geen nuwe datum nie. ‘n Alternatiewe fabriek kan dit in Januarie lewer. Indien dit vroeër beskikbaar is, sal ek ouers wat belanggestel het, kontak.

Vir navrae, stuur 'n e-pos na jvrklerebank@jvrprim.co.za.

Feesvideo's & Feesboek

Ons feesvideo's is beskikbaar! Kliek op die boonste video vir die langer weergawe en die onderste een vir die korter video. Elke gesin het ook 'n feesboek ontvang. Ons hoop julle kan rustig tydens die vakansie daardeur blaai en die pragtige stories en foto's geniet.
Feesboek Lang video
Feesboek Kort video

Vakansiesorg Desember 2021

Kliek HIER vir die vorm en vir meer inligting.

Die Suidooster 2021: Kwartaal 4

Die Suidooster 2021: Kwartaal 4

SPORT

Buitemuurse foto's

As gevolg van die skool wat vroeër sluit, sal die buitemuurse foto's ongelukkig nog nie gereed wees nie. Leerders sal volgende jaar hul foto's ontvang.

Indien julle die skool aan die einde van die jaar verlaat, probeer reël dat vriende se kinders dit vir julle in 2022 kan neem of tref 'n reëling met die betrokke registeronderwysers.

Graad 7's se buitemuurse foto's sal by hul registeronderwyser van 2021 beskikbaar wees.

Groete

Juffrou Ischké Felix

Frank van der Walt presteer in rugby

Frank van der Walt het hierdie jaar by Hamiltons rugbyklub gespeel en hulle verteenwoordig teen ander skole en klubs. Ten spyte van wedstryde met geen toeskouers om die veld nie het hulle die seisoen geniet en Frank is aangewys as die o/10 speler van die jaar. Baie geluk Frank!

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies 10 Des 2021

Kliek HIER vir die Jannies besigheidsregister

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
MailPoet