Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Hiermee ‘n hartlike welkom terug by die skool en ek glo almal is lekker uitgerus en slaggereed om die nuwe kwartaal aan te durf. Ek glo dat almal die ruskansie ten volle geniet het en ‘n geseënde tyd saam met familie en vriende, veral oor Paasnaweek, spandeer het. Ek is so dankbaar dat almal veilig terug is na die vakansie, veral wanneer die paaie buitengewoon besig oor die Paasnaweek was.

Die skool het skaars begin en sommer op dag een van die nuwe kwartaal skop ons af met opleiding van al ons onderwysers oor interaktiewe leer. Ons is baie opgewonde dat ons gr. 5-leerders vanaf kwartaal 2 amptelik begin met die beplande IKT-projek. Dit behels natuurlik dat elke graad 5-leerder ‘n skootrekenaar ontvang sodat ons tegnologie op ‘n daaglikse basis in hul leer en onderrig kan inkorporeer. Hierdie skootrekenaars gaan nie huis toe geneem word nie en 30% van hul onderrigtyd gaan daagliks d.m.v. die skootrekenaars (tegnologie) geskied. Dit beteken ook die rol van ons onderwysers verander na die van fasiliteerders en leerders raak meer aktief betrokke by hul eie leer. Navorsing het bewys dat die doeltreffende gebruik van tegnologie ‘n belangrike hulpmiddel in die klas kan wees veral vir leerders met leerhindernisse. Ons weet dat leerders op verskillende wyse leer en tegnologie maak dit soveel makliker om leerders met visuele, ouditiewe en kinetiese leerstyle te akkommodeer. Die gebruik van tegnologie stel ons in staat dat leer en onderrig op enige plek en enige tyd kan plaasvind met die verdere voordeel dat elke leerder teen sy/haar eie pas die werk kan baasraak.

Die week mag dalk kort wees, maar heelwat sportaktiwiteite vind plaas. Die winter buitemuurse program skop reeds op Donderdag, 13 April, af. WP-Netbalproewe het reeds op Donderdagmiddag, 13 April, by Curro Durbanville plaasgevind. Vanmiddag neem ons aan ‘n o.13-hokkietoernooi te Laerskool Van Riebeeckstrand deel. Op Saterdag, 15 April, neem ons o.10A-netbalspan aan ‘n netbaltoernooi te Laerskool Durbanville deel. Ek wens al ons spelers en afrigters sterkte toe en weet dat hulle dit saam met hul spanmaats en ouers sal geniet.

Dit is dan ook my voorreg om ons nuwe waardesembleem aan julle bekend te stel. Ek en Marinda het die voorreg gehad om saam met een van ons ouers, naamlik Annemarie Kemp aan die spesiale projek deel te neem. Annemarie is ‘n dinamiese vrou en uiters talentvol. Ons wil ons nuwe waardesembleem baie meer sigbaar maak en die kosbaarste van alles is dat die waardes se simbole ons asemrowende omgewing asook ons idilliese Fauna en Flora verteenwoordig. Dit laat ‘n mens weer opnuut besef in watter pragtige omgewing ons werk en leef. Baie dankie Annemarie vir die puik werk! Lees gerus hier onder verder.

Ons verwelkom dan ook amptelik ons nuwe sportorganiseerder, Rashard Fuller, wat op Woensdag, 12 April, by ons aangesluit het en ons wens hom net die beste toe. Soos julle bewus is, het Benita Smit op 12 April amptelik as die Adjunkhoof by Laerskool De Hoop begin. Raché Turner neem dan as Hoof van die Grondslagfase in Benita se plek waar. Ons wens vir Raché ook alle voorspoed en sukses toe.

Volgende week (week 2) is ‘n besige week wat onder andere die volgende insluit:
  • Maandag, 17 April: Ouerafsprake
  • Dinsdag, 18 April: Ouerafsprake
  • Woensdag, 19 April: Algemene Kennistoets (gr. 4 – 7)
  • Donderdag, 20 April: Kleiduifskiet-kompetisie
  • Saterdag, 22 April: Kaperjolle (Moet dit nie misloop nie!). Baie dankie Coreen en die OOV-span vir al die puik reëlings en harde werk om die sukses van die spesiale dag te verseker.
Ek glo dat almal die nuwe lyne vir op- en aflaai asook vir die parkeerareas aan die agterkant van die skool waargeneem het. Die verfwerk is die afgelope vakansie aangebring. Baie dankie Werner du Toit vir die borgskap van die verfwerk asook mnr. Leon vir al die reëlings in dié verband. Ons glo dit sal beslis help met die beter vloei van verkeer op die skoolterrein en indien almal hul samewerking gee en veral die stop en aflaai-areas eerbiedig, behoort daar heelwat minder frustrasie tydens die op- en aflaai van leerders ervaar te word.

Graag sluit af ek met die volgende stelling oor waardes deur Arsenio V Manalo en wens ek vir julle ‘n wonderlike naweek en ‘n voorspoedige kwartaal 2 toe:

“Good moral values are mostly molded from a place where
Love, Faith and Hope exists.’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Nuwe Waardesembleem

Die tyd het aangebreek om die waardesembleem aan te pas nadat LS JvR gedurende 2016 ‘n waardegedrewe skool geword het. Ons wou al vier die waardes met kindervriendelike simbole uitbeeld terwyl ons die skool se unieke, warm kultuur vasvang. Huppelland se handelsmerk is gedurende 2022 vernuwe deur ‘n vars en moderne embleem te skep. Ons wou graag by Huppelland se nuwe identiteit aanpas aangesien ons almal deel van Laerskool Jan van Riebeeck is. Die dame wat verantwoordelik is vir die ontwikkeling van die embleme is Annemarie Kemp. Sy is ‘n graad 00 en 1-ouer van Huppelland en die Laerskool. Annemarie het dadelik ingestem om hande te vat om ons waardes nuwe lewe te gee. Haar proses was presies en met tyd is ‘n fantastiese eindproduk saamgestel wat al die veranderinge van ons skool saamvat. Ons is trots om te weet dat Annemarie ook SARIE se koekblik ontwerp het met Heleen Meyer (oud-ouer en voedselkonsultant) wat die koekieresep ontwikkel het. Ons is so trots op hierdie mamma en dankbaar dat sy tyd ingeruim het om ons te help.

VIR AANDAG

Skooler: SPORT-kontakgroepe

Ons wil 'n beroep op ouers doen om in Skooler te gaan kyk of al die sportgroepe waaraan kinders behoort onder Messages gelys is.
  1. Maak Skooler oop.
  2. Gaan na Messages en kliek op die pyltjie aan die regterkant van die balkie.
  3. Gaan kyk of al die nodige sporgroepe daar gelys is.
  4. Indien jy meer as een kind in die skool het, doen dieselfde op hul profiel(e).
  5. Indien al die groepe nie gelys is nie (bv. jou kind neem aan hokkie deel, maar jy sien nie enige hokkiegroepe nie), stuur 'n boodskap op die Algemene groep op Skooler of 'n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za met jou kind se naam, van, graad en watter sportsoort hy/sy aan deelneem wat nie in jou kontakgroepe verskyn nie.

Ouerbesoeke: 17 en 18 April 2023

Ouerbesoeke: Op 17 en 18 April vind daar ouerbesoeke plaas. 15 Minuut-afsprake sal met onderwysers gemaak kan word om oor jou kind(ers) se akademiese vordering of emosionele welstand te gesels. Volg hierdie stappe om 'n afspraak te maak:
  1. Volg die skakel vir die Besprekingsbladsy.
  2. Kies die graad waarin jou kind is.
  3. Onder "Select Staff", kies die onderwyser met wie jy 'n afspraak wil maak.
  4. Op die kalender, gaan na April en kliek op 17 / 18 April.
  5. Kies die tydgleuf wat jou sal pas. Indien daar geen tydgleuwe meer beskikbaar is nie, stuur gerus 'n boodskap op Skooler of per e-pos aan die betrokke onderwyser om 'n alternatiewe tyd te reël.
  6. Rol af op die bladsy en vul jou naam, e-posadres, kind se naam en enige addisionele kommentaar in.
  7. Jy sal 'n bevestiging van jou afspraak per e-pos ontvang.
  8. Indien jy die afspraak wil skuif of kanselleer, volg die stappe in die e-pos.
  9. Jy kan tot en met 24 uur voor 'n afspraak nog bespreek, verander of kanselleer.
  10. Om te sien watter onderwyser bied watter vak aan, sien gerus die personeelblad op die webtuiste.
Die skool verdaag op 17 en 18 April vroeër: 12:45 (gr. 1-3) en 13:00 (gr. 4-7)
Die bus sal om 13:10 vertrek.

Kaperjolle 2023 Kaartjieverkope

Saterdag, 22 April 2023, hou ons weer Kaperjolle. Dit beloof om 'n dag vol pret vir almal te wees! Ten einde reëlings te vergemaklik en getalle so spoedig as moontlik te bevestig, koop asseblief jou kaartjies op Karri.

Kaperjolle-inligting

KULTUUR

Sang Eisteddfod Oudisie

Alle leerders wat aan die Sang Eisteddfod gaan deelneem, is welkom om te oudisie deur die skakel te volg.

Sang Eisteddfod Oudisie

SPORT

Winter Buitemuurse Sportprogram

Kliek HIER of op die foto hier onder vir die winter buitemuurse sportprogram.

ALGEMEEN

Fotobestellings

Leerders kan van hierdie week af foto's bestel. Elke leerder wat op die onderskeie fotodae teenwoordig was, het 'n koevert vir die verskeie bestellings ontvang.
  • Laaste dag vir bestellings: Vrydag, 21 April 2023
  • Vul asb. die koevertjie waarop bestel moet word, volledig in.
  • Klasfoto's en individuele foto's word by die klasonderwyser bestel en betaal.
  • Julle is ook welkom om aanlyn op Lunchbox Photography se webtuiste te bestel.
  • Wagwoord vir aanlyn bestellings: JVR2020

Veiling: 27 Mei 2023

Indien jy 'n plek by 'n tafel wil bespreek, EFT gerus die kaartjiekoste (R1800 per persoon) - sien die bankbesonderhede hier onder - en laat weet asb. vir Martie Viljoen (martie@avconeng.com) aan watter tafel jy wil sit.

Investec
Laerskool Jan van Riebeeck Opvoedings Trust
Rek no.: 10011436695
Tak: 580105
Verwysing: Veiling, voorletter en van

Presidential Youth Employment Initiative (PYEI) Assistente

Hiermee wil ons graag formeel ons skool se PYEI Assistente bekendstel: Lesley-Ann Pieters en Jody Louw
Hierdie is die 4de keer wat Laerskool Jan van Riebeeck deel is van die PYEI projek waarby jeug in die omliggende gebied ‘n geleentheid kry om by ‘n skool werkservaring op te doen. Lesley-Ann en Jody het op 1 Februarie by ons skool aangesluit en sal tot aan die einde van die 3de kwartaal (30 September) by ons werksaam wees. Hulle het al verskeie opleidingskursusse gedoen om hulle in staat te stel om die beste van die geleentheid te maak en sal deurlopend meer kurrikulum gefokusde opleiding ontvang. Hulle help tans in graad 3 uit, maar sal later ‘n geleentheid kry om by ander grade ervaring op te doen.

TERUGVOER

Oud-Jannie, Sophia Liebenberg, presteer in Netbal

Baie geluk aan Sophia Liebenberg wat vir die o.14 SA-Aksienetbalspan gekies is wat na New Zeeland toer. Sophia, ons is ongelooflik trots op hierdie prestasie! Dit is lekker om te sien hoe jy met jou talent woeker. Baie sterkte en geniet elke oomblik.

Kliek HIER vir advertensies van die week

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet