Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Die einde van kwartaal 1 het vinnig sy verskyning gemaak met 11 besige weke agter die rug. As skoolgemeenskap kan ons trots terugkyk op al die opwindende gebeure wat by die skool plaasgevind het. Uitnemendheid in alles wat ons doen, staan uit soos ‘n paal bo water en daarvoor is ek uiters trots en dankbaar. Hartlike dank spesiaal aan ons ouers en voogde wat ons so lojaal die afgelope kwartaal ondersteun het. Julle aktiewe betrokkenheid by die skool is instrumenteel in ons skool se algehele sukses.

Vandag ontvang elke leerder ook hul skoolrapport wat erkenning gee vir hul harde werk en toewyding die afgelope kwartaal. Dit was ‘n groot voorreg om elke rapport te kon teken met ‘n kort persoonlike boodskappie vir elke leerder. Graag wil ek vir al ons leerders en onderwysers spesiaal gelukwens en hartlik bedank vir die kollektiewe poging tot die suksesvolle akademiese-, kulturele- en sportprestasies van kwartaal 1. Laat my toe om mnr. Leon Hanekom uit te sonder deur hom hartlik te bedank wat bowenal al sy ander take ook die sport in die afwesigheid van ‘n sportorganiseerder uiters suksesvol die afgelope kwartaal bestuur het. Mnr. Leon, ons is jou baie dankbaar vir al die harde werk en entoesiasme om seker te maak dat elke Jannie ‘n geleentheid kry om sy/haar sport te kon beoefen. Ons sien natuurlik uit na die koms van mnr. Rashard Fuller, ons nuwe sportorganiseerder, wat vanaf kwartaal 2 by ons gaan aansluit.

Die laaste week van die kwartaal is tradisioneel altyd propvol aktiwiteite met die volgende wat geskied het:
  • Gr. 1-uitstappie na Tafelberg op 27 Maart.
  • Die bekende televisie-aanbieder en aktrise Chrystal-Donna Roberts het op Maandag, 27 Maart, om 11:00 met die 4-, 5 en 7 leerders kom gesels.
  • Sportklinieke (netbal & rugby) is op Maandag, 27 Maart, vir al die grondslagfase leerders in skooltyd aangebied.
  • ‘n Hokkiekliniek is vir die graad 1’s en 2’s op Dinsdag, 28 Maart, tydens skooltyd aangebied.
  • Gr. 2 en 3-Musiekkonserte wat op Dinsdag, 28 Maart, in die saal tydens skooltyd plaasgevind het. Baie dankie aan al die ouers/voogde asook oumas en oupas wat die gewilde konserte kom ondersteun het. Dit is altyd kosbaar. Baie dankie aan Juff. Helecia, Estelle en mnr. Ben vir hulle aandeel in die verband.
  • Die Hoërskool Jan van Riebeeck se ‘Paashase’ het saam met hul skoolhoof ons skool besoek en paaseiers aan ons leerders uitgedeel. Baie dankie aan mnr. Pieter Rademeyer en sy span vir die groot bederf. Die besoek het natuurlik baie opwinding onder die graad 1’s veroorsaak.
  • Personeelopleiding in Outistiese Spektrum wat op Dinsdagmiddag, 28 Maart, vanaf 13:15 geskied het. Baie dankie dr. Hanneke Heyns, Pediater, (‘n ouer by ons) wat vir ons onderrigpersoneel bemagtig het deur ‘n puik aanbieding oor hoe om kinders met outisme of kinders wat op die spektrum is, beter in die klas te kan hanteer, te kom aanbied het.
  • Gr. 6’e het vanaf 27 – 29 Maart te Wemmershoek hul jaarlikse kamp bygewoon. Die gr.6’e het dit terdeë geniet en die hoogtepunt was natuurlik toe juf. Lucia en mnr. André besluit het om ook die modderbad aan te durf. Dit is weereens ‘n bewys dat ons personeel altyd bereid is om die ekstra myl vir ons leerders te loop en ‘n verskil in ons leerders se lewens te maak.
  • Die gr. 4s het op Woensdag, 29 Maart, ‘n heerlike uitstappie op die rooi bus (blou roete) geniet.
  • Suid-Kaap sporttoervergadering is op Woensdagaand, 29 Maart, in die saal vanaf 17:30 – 18:00 gehou waar die ouers van die o.13A-rugby, -netbal en hokkiespanne asook die o.12A-netbalspan toestemming gegee het dat die toer vanaf 19 – 23 Junie na die Suid-Kaap kan plaasvind. Groot dankie aan mnr. Leon wat die toer organiseer.
  • IKT-vergadering en demonstrasie met al die gr. 5-ouers is vanaf 18:00 – 19:00 ook op Woensdag, 29 Maart, in die saal aangebied. Die gebruik van die nuwe skootrekenaars wat die gr. 5’e vanaf kwartaal 2 gaan gebruik, is aan hul ouers gedemonstreer. Graag wil ek vir Marié Cruywagen (‘n ouer en BR-lid) uitsonder vir haar harde werk en kosbare tyd wat sy vir meer as ‘n jaar ingesit het om te verseker dat die IKT-Projek suksesvol sal wees. Dit het ure se navorsing en strategiese beplanning vereis voordat die projek uitgerol kon word. Baie dankie Marié dat jy die projek met soveel entoesiasme en passie bestuur wat ons instaat stel om redelik soomloos en effektief die gebruik van tegnologie by die kurrikulum te inkorporeer.
  • Die leerderraad se ouers bederf die personeel met heerlike eetgoed op Woensdag, 29 Maart. Baie dankie aan Ronelle Allewell vir die organisasie.
  • Markdag op Donderdag, 30 Maart 2023.
  • Saterdag, 01 April 2023. Gr. 7’s vertrek op hul Oranjeriviertoer. Ons kan nie wag om die foto’s te sien nie. Geniet dit!
Vandag is daar ook ‘n bietjie hartseer by die skool aangesien ons vandag afskeid van juf. Benita Smit geneem het. Juf. Benita is vanaf 01 April 2023 bevorder tot adjunkhoof vir die grondslagfase by Laerskool De Hoop in Somerset-Wes. Ons wens haar alle sukses en voorspoed toe en ons weet sy sal altyd ‘n Jannie in hart en siel bly. Ons salueer juf. Benita vir al die puik werk wat sy by ons oor die afgelope 4 jaar verrig het. Ons gaan jou beslis mis!

Ons is saam met mnr. Erick opgewonde wat môre met sy sielsgenoot, Lana, trou. Ons wens vir hulle 'n geseënde huwelik saam vol liefde en voorspoed toe.
Graag sluit af ek deur al ons personeel, die EXCO en die Beheerraad hartlik te bedank vir hul harde werk, toewyding en passie om te verseker dat Laerskool Jan van Riebeeck nie sal stagneer nie, maar aanhou sal groei van krag-tot-krag om in die proses sy leerders te bemagtig om die toekoms met selfvertroue aan te pak en hul volle potensiaal te bereik.

Geniet die komende vakansie, lekker rus en ek wens vir almal ‘n geseënde Paasfeestyd saam met familie en vriende toe. Wees veilig op die pad en mag almal se spreekwoordelike batterye herlaai word om kwartaal 2 behoorlik uitgerus aan te pak.

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

VIR AANDAG

Kaperjolle 2023 Kaartjieverkope

Saterdag, 22 April 2023, hou ons weer Kaperjolle. Dit beloof om 'n dag vol pret vir almal te wees! Ten einde reëlings te vergemaklik en getalle so spoedig as moontlik te bevestig, koop asseblief jou kaartjies op Karri.

Kaperjolle-inligting

Ouerbesoeke: 17 en 18 April 2023

Ouerbesoeke: Op 17 en 18 April vind daar ouerbesoeke plaas. 15 Minuut-afsprake sal met onderwysers gemaak kan word om oor jou kind(ers) se akademiese vordering of emosionele welstand te gesels. Volg hierdie stappe om 'n afspraak te maak:
  1. Volg die skakel vir die Besprekingsbladsy.
  2. Kies die graad waarin jou kind is.
  3. Onder "Select Staff", kies die onderwyser met wie jy 'n afspraak wil maak.
  4. Op die kalender, gaan na April en kliek op 17 / 18 April.
  5. Kies die tydgleuf wat jou sal pas. Indien daar geen tydgleuwe meer beskikbaar is nie, stuur gerus 'n boodskap op Skooler of per e-pos aan die betrokke onderwyser om 'n alternatiewe tyd te reël.
  6. Rol af op die bladsy en vul jou naam, e-posadres, kind se naam en enige addisionele kommentaar in.
  7. Jy sal 'n bevestiging van jou afspraak per e-pos ontvang.
  8. Indien jy die afspraak wil skuif of kanselleer, volg die stappe in die e-pos.
  9. Om te sien watter onderwyser bied watter vak aan, sien gerus die personeelblad op die webtuiste.

AKADEMIE

Akademiese vernuwing by LS JvR

Met sterre in die oë en hoop in ons harte is ons besig om akademie by ons lieflike skool stadig maar seker te vernuwe om leerders stelselmatig vir die nuwe manier van onderrig voor te berei. Ons het verlede jaar besluit om die biblioteek- asook die kodering & robotika kurrikulum aan te pas en woema daarin te blaas. Dankie aan Marlize en Suné wat daagliks hul bes probeer om alle leerders (gr. R-7) tydens hierdie onderskeie vakke te onderrig. Ons sien werklik daarna uit om te sien hoe die vakke ‘lewe’ kry.

Media en Geletterdheidsentrum (vorige biblioteek) – Marlize ter Borg

Ons is ongelooflik opgewonde om die ‘nuwe’ media en geletterdheidsentrum se ontwikkeling en potensiaal dop te hou en sien uit na wat vir hierdie vakgebied voorlê. Wat voorheen as tradisionele biblioteek gedien het, is nou omskep in ‘n moderne ruimte waar leerders steeds hul liefde vir lees, taal en stories kan uitleef, maar ook rekenaar- en ander tegnologiese vaardighede kan aanleer. In samewerking met die Robotika en Koderingklas, hoop ons om kreatiwiteit, innoverende denke en ‘n liefde vir tegnologie by leerders te kweek. Hierdie klas verskil egter van dié van Robotika en Kodering, aangesien ons op meer algemene rekenaarvaardighede en programme soos Microsoft Word, Excel, Canva, ensomeer fokus. Verder raak ons ook aan onderwerpe soos digitale burgerskap en bypassende temas soos aanlyn veiligheid, kuberboelies en jou digitale voetspoor. Hierdie vaardighede kan natuurlik ook in ander vakke toegepas word, en kan op hierdie manier leerders se akademiese vordering in ander vakgebiede ondersteun. Ons doelwit is om leerders met die nodige vaardighede toe te rus sodat hulle die veranderende, tegnologiese wêreld met selfvertroue kan aandurf.

Kodering en Robotika – Suné Swanepoel

Nuuskierigheid, verwagtinge en groot opwinding is die gedrewe fokus wat na nuwe konsepte en verkennings van verskillende soort onderwerpe in ons Kodering en Robotikaklas lei.

Ons klaskamer is omskep in 'n opvoedkundige 'speelkamer' en die leerders is aktief by die leerproses betrokke. Dis ‘n riem onder die hart om te sien as leerders besef dat hulle hul (werk) kodes kan verander om 'n spesifieke uitkoms te bereik indien die aanvanklike uitkoms wat hulle bereik het, foutief was. Die hoofdoel is om 'n veilige ruimte vir leerders te skep om selfversekerde, verantwoordelike, bekwame en kreatiewe gebruikers van inligting en kommunikasie deur middel van tegnologie te gebruik, te word. Blootstelling aan verskillende soort geleenthede waar hulle gemotiveer word om hul eie kreatiwiteit te gebruik sodat hul probleme kan op los, is waarna ons verder strewe. Daar is groot planne om hierdie vak te laat uitstyg.

Kyk gerus hierdie VIDEO om te sien wat die afgelope kwartaal in die Kodering en Robotikaklas plaasgevind het.

SPORT

Winter Buitemuurse Sportprogram

Kliek HIER of op die foto hier onder vir die program.

KULTUUR

Dis Suidooster 2023: Kwartaal 1

ALGEMEEN

Fotobestellings

Leerders kan van hierdie week af foto's bestel. Elke leerder wat op die onderskeie fotodae teenwoordig was, het 'n koevert vir die verskeie bestellings ontvang.
  • Laaste dag vir bestellings: Vrydag, 21 April 2023
  • Vul asb. die koevertjie waarop bestel moet word, volledig in.
  • Klasfoto's en individuele foto's word by die klasonderwyser bestel en betaal.
  • Julle is ook welkom om aanlyn op Lunchbox Photography se webtuiste te bestel.
  • Wagwoord vir aanlyn bestellings: JVR2020

Skryfbehoefte insameling vir behoeftige skole

Baie dankie aan alle ouers en leerders wat skryfbehoeftes of geld vir hierdie kwartaal se Welwillendheidsprojek geskenk het! Ons is opgewonde om Ellerton en Prestwich Primêre skole met hierdie skenkings te seën. Om ons waardering te wys, mag alle leerders wat skryfbehoeftes of geld geskenk het op Vrydag, 14 April, gewone klere dra.

Vir volgende kwartaal se projek samel ons koffie- of mayonnaise-glasflesse in. Enige skoon, leë flesse kan al vanaf die eerste week in volgende kwartaal skool toe gestuur word.

Met groot waardering,
Die Welwillendheidskomitee

Doughnutverkope Kwartaal 2

  • R12
  • Bestel op die Karri-toep.

Kaperjolle: 22 April

Dit is weer Kaperjolle tyd!

Saterdag, 22 April, 12:00 tot 18:00

‘n Pretdag vir oud en jonk!
  • Potjiekoskompetisie - koop 'n proe-kaartjie en help beoordeel!
  • Spitbraai
  • Huppelland Kinderland met toesig vir 3 tot 9 jariges
  • "Quad"speletjies
  • Uitspan zone vir groter kinders
  • Lekkergoedland
  • Kosstalletjies: pannekoek, koffie, chip 'n dip, “chicken strips”, boereworsrolletjies, pizza en burgers
  • Musiek
  • Kroegarea
Kaartjies is op Karri beskikbaar!
Kliek hier of op die Potjiekoskompetisie-advertensie vir die reëls en inskrywingsvorm.

Veilingsdinee: 27 Mei 2023

Dit is weer veilingsdineetyd en ons is hard aan die werk om die aand 'n spesiale geleentheid vir elke Jannie-ouer te maak. Die doel van die veiling is om die skool se hoë standaard te handhaaf wat onmoontlik sal wees sonder fondsinsameling-inisiatiewe soos hierdie. Ons hoop werklik dat die jaar weer so 'n groot sukses soos laas jaar sal wees en dat die skool die fondinsamelingsdoelwitte bereik. Daarvoor het ons betrokkenheid nodig van die wat kan. Ons versoek dat die ouers wat iets kan bydrae om geveil te word asseblief vir Odette by odettefaling@gmail.com kontak. Sien ook aangeheg die uitnodiging na die veiling.

TERUGVOER

Skrywersbesoek: Chrystal Donna Roberts

Aan die begin van hierdie week het die televisie-aanbieder en aktrise, Chrystal Donna Roberts, met die graad 4 tot 7-leerders kom gesels. Chrystal is veral bekend vir haar rolle in televisiereekse soos Fynskrif en Fraksie, asook die 2017 film, Krotoa. Ons was verskriklik opgewonde om haar by die skool te ontvang. Sy het onlangs haar debuut as skrywer gemaak met die jeugroman Speurder Sammi, en het meer oor hierdie verhaal en die skryfproses daaragter met ons gedeel. Dit was heerlik om te hoor hoe Chrystal haar liefde vir stories deel, asook die wete dat geen droom ooit te groot is om na te jaag nie. Die leerders was absoluut gaande oor Chrystal – sy is plat op die aarde, het ‘n warm, oop gemoed en is beslis iemand by wie die leerders kon aanklank vind. Ons sien uit om haar gou weer te nooi!

Bulfees-uitslae

Ons o.12 en o.13-netblaspanne en 0.13-rugbyspan het verlede naweek aan die Bulfees in Porterville deelgeneem.

Dit is ‘n heerlike toernooi waar spanne die geleentheid kry om voor die winterseisoen teen goeie kompetisie te speel.

Die netbaluitslae:

Wedstrydtellings van Vrydag, 24 Maart

0.12 A
  • Wen 12-6 teen Olifantsvallei
  • Wen 18-1 teen Porterville
  • Speler van die dag - Hila Hertzog
0.13 A
  • Verloor 12-14 teen Olifantsvallei
  • Wen 22-0 teen Pomario
  • Speler van die dag - Liza Hertzog
Die rugbyuitslae:
  • Wen 19 – 7 teen Olifantsvallei
  • Verloor 43 -7 teen Fanie Theron
  • Speel gelykop teen Calvinia
  • Verloor 48 – 7 teen Porterville
Ons wens vir al ons spanne alle sterkte toe vir die winterseisoen wat voorlê.

Oud-Jannie presteer

Baie geluk aan Sophia Liebenberg wat vir die 0.15A Top Skole Netbalspan gekies is wat Desember in Malta gaan toer. Ons is ongelooflik trots op hierdie prestasie van Sophia! Ons wens haar alle sterkte en voorspoed toe. Baie geluk, Sophia!

HS JvR-nuus: Oud-Jannie netbalspelers presteer by Nasionale aksienetbaltoernooi

Verskeie Jan van Riebeeck-leerders het die afgelope week die West Coastal aksienetbalspanne by die Nasionale Toernooi in Gauteng verteenwoordig. Die spanne vaar tot dusver baie goed.

Van ons spelers wat 4 jaar gelede in Laerskool Jan van Riebeeck saam in 'n netbalspan gespeel het, speel nou weer tydens hierdie toernooi in 'n span saam.
Mia Symingron (HS JvR), Carla Snijders (HS JvR), Lameez Booysen (HS JvR), Katja de Villiers (Rustenburg) en Héloïse Strauss (St Cyps) is weer almal saam in 'n span. Voorwaar 'n spesiale oomblik vir hulle.

Baie geluk aan al ons leerders wat by hierdie toernooi deelneem!

Kliek HIER vir advertensies van die week

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet