Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Graad 5-ouerinligtingsessie

Beste Graad 5-Ouer

Kom woon asseblief die graad 5-inligtingsessie op 29 Maart om 18:00 in die skoolsaal by rakende die gebruik van die skootrekenaars wat alle gr. 5's aan die begin van kwartaal 2 sal ontvang. Die volgende sal bespreek word:
  • Leerders en ouers se verantwoordelikheid t.o.v. die skootrekenaars.
  • Hoe dit in die klaskamer gebruik gaan word.
  • Bespreking van 'n dokument wat ouers moet onderteken en terugstuur skool toe.

Markdag: 30 Maart

Markdag vind op Donderdag, 30 Maart, van 12:00 tot 12:45 plaas. Tafels is beskikbaar teen R15 per tafel en kan op die Karri-toep betaal word. Slegs gr. 4 - gr. 7-leerders kan hierdie kwartaal by markdag verkoop.

Geen lewende hawe of klappers mag verkoop word nie.

KULTUUR

Musiekkonsert: 28 Maart 2023

Dinsdagoggend is die eerste musiekkonsert van die jaar:
  • Gr. 2 speel om 9:00
  • Gr. 3 speel om 10:45
Ouers is welkom om dit by te woon.

SPORT

Sportklinieke: 27 en 28 Maart

Ons gaan volgende week, 27 & 28 Maart, vaardigheidsklinieke vir die gr. 1 - 3-leerders aanbied. Hierdie klinieke fokus op vaardighede en is nie net vir leerders wat aan die onderskeie sportkodes deelneem nie. Dit sluit ook by ons LO-klasse aan. Dit vind gedurende skoolure plaas. Alles vind by die skool plaas sodat vervoer nie 'n probleem is nie.

Die netbalafdeling word deur WPNA (pienk tannies) aangebied, die rugby deur TAG-rugby en die hokkie deur SportsHub.
  • Maandag: 27 Maart (Netbal en TAG rugby)
    • Gr. 1 = 08:00
    • Gr. 2 = 09:15
    • Gr. 3 = 10:30
  • Dinsdag: 28 Maart (Hokkie)
  • Gr. 1 seuns en dogters = 08:00
  • Gr. 2 seuns en dogters = 09:00
Indien ‘n seun eerder netbal of ‘n dogter rugby wil doen, is hul welkom. Hulle kan ongelukkig nie beide doen nie. Hierdie sessies is gratis en vorm deel van ontwikkeling.

ALGEMEEN

Vakansiesorg: April 2023

Kliek HIER vir die aansoekvorm.

Skool verdaag vroeër: 28 Maart

Die skool verdaag op Dinsdag, 28 Maart, om 12:45 (gr. 1-3) en 13:00 (gr. 4-7) as gevolg van personeelopleiding wat vir Huppelland en die Laerskool se onderwysers/assistente vanaf 13:15 aangebied word.

Nasorg sal soos gewoonlik voortgaan.

Wit Olifante-tafel by Kaperjolle

Bring asseblief ou speelgoed wat jy van ontslae wil raak vir die Wit Olifante-tafel by die Kaperjolle. Stuur dit asb. na meneer Stoman se klas.

Kaperjolle: 22 April

Dit is weer Kaperjolle tyd!

Saterdag, 22 April, 12:00 tot 18:00

‘n Pretdag vir oud en jonk!
  • Potjiekoskompetisie - koop 'n proe-kaartjie en help beoordeel!
  • Spitbraai
  • Huppelland Kinderland met toesig vir 3 tot 9 jariges
  • "Quad"speletjies
  • Uitspan zone vir groter kinders
  • Lekkergoedland
  • Kosstalletjies: pannekoek, koffie, chip 'n dip, “chicken strips”, boereworsrolletjies, pizza en burgers
  • Musiek
  • Kroegarea
Kaartjies sal binnekort op Karri beskikbaaar wees!
Kliek hier of op die Potjiekoskompetisie-advertensie vir die reëls en inskrywingsvorm.

Veilingsdinee: 27 Mei 2023

Dit is weer veilingsdineetyd en ons is hard aan die werk om die aand 'n spesiale geleentheid vir elke Jannie-ouer te maak. Die doel van die veiling is om die skool se hoë standaard te handhaaf wat onmoontlik sal wees sonder fondsinsameling-inisiatiewe soos hierdie. Ons hoop werklik dat die jaar weer so 'n groot sukses soos laas jaar sal wees en dat die skool die fondinsamelingsdoelwitte bereik. Daarvoor het ons betrokkenheid nodig van die wat kan. Ons versoek dat die ouers wat iets kan bydrae om geveil te word asseblief vir Odette by odettefaling@gmail.com kontak. Sien ook aangeheg die uitnodiging na die veiling.

TERUGVOER

Junior Swemgala: Uitslae

Kliek HIER vir die uitslae.

WP-tennisspelers

Baie geluk aan die onderstaande leerders wat gekies is vir die Cape Town (WP) tennisspanne:

0.11
Jeanne van Heerden
Stella Pansegrouw
Rafa Lamprecht
Nils le Roux

0.12
Adriaan Wessels
Ané Swanepoel
Gustav van der Linde

0.13
Stella Lamprecht
Dawid-Wiese Viljoen

Sodra hierdie leerders aan enige van die provinsiale byeenkomste deelneem, ontvang hulle WP-kleure. Welgedaan aan elke speler. Dit is 'n uitmuntende prestasie.

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Ek glo almal het die besondere meevallertjie van ‘n lekker langnaweek vanaf 18 – 21 Maart 2023 terdeë geniet en die tyd gebruik om kwaliteit tyd saam met jul gesin en/of familie te spandeer.

Dinsdag, 21 Maart, was natuurlik die vieringe van Menseregtedag in Suid-Afrika. Dit is hartseer dat so min mense hulle eintlik aan die betekenis van die dag steur. Hierdie besondere dag was juis ingestel ter nagegedagtenis aan ‘n groot gebeurtenis in ons land se geskiedenis. Die dag verwys na die afgryslike gebeure wat op 21 Maart 1960 in Sharpville afgespeel het. Duisende swart mense het op die dag betoog teen die destydse paswette. Die skare is egter uitmekaar gejaag terwyl daar op hulle geskiet is en 69 mense noodlottig gewond is. Sedert 1994 word die dag gevier om die slagoffers se tragiese dood te herdenk en seker te maak dat so iets nooit weer in ons land sal gebeur nie. Ek glo dat die herdenking van die spesiale dag ‘n waardevolle bydrae lewer dat mense met waardigheid, gelykheid, geregtigheid en in vrede in ons land kan leef.

Hierdie week mag dalk kort wees, maar dit is propvol aktiwiteite met die volgende uitstappies wat sedert Woensdag, 22 Maart, geskied het:
  • Gr. 1-uitstappie na Tafelberg op 23 Maart. Die dag is ongelukkig uitgestel na Maandag, 27 Maart, as gevolg van sterk winde kon die kabelkarretjie nie gebruik word nie. Die teleurstelling was baie groot, maar die juffrouens het vinnig ‘n lekker piekniek gereël om die gemoedere weer positief te kry.
  • Gr. 2-uitstappie na Checkers op 22 Maart.
  • Gr. 3-uitstappie op die rooi bus na die World of Birds (blou roete) op 22 Maart.
Die tipe uitstappies is vir ons leerders ‘n groot bederf en maak hulle baie opgewonde. Uitstappies hou ons leerders gemotiveerd en skep wonderlike geleenthede buite die klaskamer om te leer. Uitstappies en/of toere is juis die goed wat die meeste kinders van hul laerskoolloopbaan onthou.

Donderdagaand, 23 Maart, het die skool die jaarlikse gr. 5 – 7-sokkie aangebied. Hierdie was nie sommer jou gewone sokkie nie, maar die glansgeleentheid vir die senior leerders by die skool. Ons leerders het omtrent deftig en elegant gelyk, slaggereed om ‘n indruk te maak.

As skoolhoof het ek elke dag die wonderlike voorreg om baie interessante gesprekke in my kantoor met ons leerders te voer. Hierdie gesprekke word deur leerders self geïnisieer m.a.w. hulle kom beslis nie na die skoolhoof se kantoor omdat hulle in die moeilikheid is nie. Inteendeel ons leerders het die vrymoedigheid om by my kantoor in te loer net om te hoor hoe dit met my gaan. Dit is so spesiaal en kosbaar en maak elke keer my dag. Gister was ek juis bevoorreg toe Jean-Jacques Rossouw, ‘n graad 1-leerder, gou by my kom inloer het net om uit te vind wat ek as skoolhoof elke dag doen. Hy het darem bevestig dat ek wel my werk doen soos ‘n goeie skoolhoof behoort te doen asook die feit dat hy en sy pa saamstem dat ons met die beste private skole in die land kan kompeteer en dit teen ‘n fraksie van die skoolfooie. Baie dankie, Jean-Jacques, vir jou besondere wysheid op hierdie jeugdige ouderdom.
Geniet die komende naweek met die laaste week van die kwartaal wat voorlê. Graag sluit ek af met die volgende aanhaling deur Carol Dweck oor groei-ingesteldheid en wens ek vir julle ‘n wonderlike naweek toe:

"Love challenges, be intrigued by mistakes,
enjoy the effort and keep on learning."

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir advertensies van die week

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet