Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Verlore Goedere

Ons wil graag ’n beroep op beide leerders en ouers doen in verband met verlore goedere. Ons ontvang tans ’n oorvloed van items wat by verlore goedere beland en wil die probleem graag aanspreek. Ons vra dat alle besittings asseblief duidelik (met die leerder se naam en van) gemerk word, aangesien dit ons werk vreeslik vergemaklik. Verder glo ons ook dit is belangrik dat leerders aangemoedig en geleer word om verantwoordelikheid vir hul besittings te aanvaar en vra dat ouers ons in hierdie verband sal ondersteun. Julle samewerking word waardeer!

AKADEMIE

Boekverkope: 23 en 24 Maart

Neem asseblief kennis dat daar volgende Donderdag en Vrydag (die 23 en 24ste Maart) weer 'n boekverkope in die biblioteek sal plaasvind. Stuur asseblief ’n geldjie saam skool toe indien jou kind belangstel om ’n boek te koop. Verkope sal tydens skooltyd tot en met 15:30 plaasvind en beide leerders en ouers is welkom om ’n draai te kom maak. Ons is opgewonde om julle almal daar te sien!

KULTUUR

Eisteddfod: Inskrywings sluit vandag

Inskrywings sluit vandag om 18:00 op die Karri-toep.

Musiekkonsert: 28 Maart

Die eerste musiekkonsert van die jaar sal op Dinsdag, 28 Maart, plaasvind.
Gr. 1's sal nie speel nie.
Gr. 2's speel 9:00
Gr. 3's speel 10:45
Almal is welkom om te kom luister

Dramatye: 17 Maart en volgende kwartaal op Woensdae

Liewe Drama-Ouers,

Vandag se dramatye is as volg:
  • Gr. 1-3 12:45 - 13:30
  • Gr. 4-7 13:30 - 14:30
Volgende kwartaal se Woensdagtye sal ook a.g.v. sport aangepas word. Dit sal langer wees sodat ons die kinders wat nie aan wintersport deelneem nie ook in ag neem:
  • Gr. 1-3 14:15 - 15:20
  • Gr. 4-7 15:20 - 16:30
Lekker langnaweek!

Groete,
Jana

SPORT

Winter Buitemuurse Sportprogram 13 - 24 Maart

Kliek HIER of op die foto vir die program.

Netbal en Rugby: Bulfeesprogram 24 - 25 Maart 2023

Kliek HIER vir die program.

ALGEMEEN

Skool verdaag vroeër: 28 Maart

Die skool verdaag op Dinsdag, 28 Maart, om 12:45 (gr. 1-3) en 13:00 (gr. 4-7) as gevolg van personeelopleiding wat vir Huppelland en die Laerskool se onderwysers/assistente vanaf 13:15 aangebied word.

Nasorg sal soos gewoonlik voortgaan.

Kaperjolle: 22 April

Dit is weer Kaperjolle tyd!

Saterdag, 22 April, 12:00 tot 18:00

‘n Pretdag vir oud en jonk!
  • Potjiekoskompetisie - koop 'n proe-kaartjie en help beoordeel!
  • Spitbraai
  • Huppelland Kinderland met toesig vir 3 tot 9 jariges
  • "Quad"speletjies
  • Uitspan zone vir groter kinders
  • Lekkergoedland
  • Kosstalletjies: pannekoek, koffie, chip 'n dip, “chicken strips”, boereworsrolletjies, pizza en burgers
  • Musiek
  • Kroegarea
Kaartjies sal binnekort op Karri beskikbaaar wees!
Kliek hier of op die Potjiekoskompetisie-advertensie vir die reëls en inskrywingsvorm.

Wit Olifante-tafel by Kaperjolle

Bring asseblief ou speelgoed wat jy van ontslae wil raak vir die Wit Olifante-tafel by die Kaperjolle. Stuur dit asb. na meneer Stoman se klas.

Veilingsdinee: 27 Mei 2023

Dit is weer veilingsdineetyd en ons is hard aan die werk om die aand 'n spesiale geleentheid vir elke Jannie-ouer te maak. Die doel van die veiling is om die skool se hoë standaard te handhaaf wat onmoontlik sal wees sonder fondsinsameling-inisiatiewe soos hierdie. Ons hoop werklik dat die jaar weer so 'n groot sukses soos laas jaar sal wees en dat die skool die fondinsamelingsdoelwitte bereik. Daarvoor het ons betrokkenheid nodig van die wat kan. Ons versoek dat die ouers wat iets kan bydrae om geveil te word asseblief vir Odette by odettefaling@gmail.com kontak. Sien ook aangeheg die uitnodiging na die veiling.

Welwillendheidsprojek: Insameling van skryfbehoeftes

Ons samel enige bruikbare en nuwe skryfbehoeftes vir Ellerton en Prestwich Primêr in.

Bring hierdie skryfbehoeftes na juffrou Marietjie de Kock se klas. Die sluitingsdatum is verleng na 31 Maart 2023.

Kliek HIER vir die volledige nuusbrokkie om te sien watter items geskenk kan word.

TERUGVOER

Jannies neem aan Cape Town Cycle Tour deel

Baie geluk aan Karlien van der Walt en Ruben Eksteen wat albei Sondag saam met hul pa's die Cape Town Cycle Tour voltooi het. Hulle het 'n afstand van 109km te fiets afgelê. Dis 'n ongelooflike prestasie en ons is baie trots op hulle uithouvermoë!

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Week 9 het Maandagaand, 13 Maart, om 18:00 met ‘n suksesvolle demonstrasie van die gebruik van Skooler en Microsoft Teams afgeskop. Ons is dankbaar vir al die ouers wat opgedaag het om die gebruik van Skooler en Teams te verstaan en toe te pas. Skooler word binnekort ons amptelike kommunikasiekanaal aangesien ons wil weg beweeg van die gebruik van sosiale media as kommunikasiemiddel m.a.w. ons gaan binnekort die gebruik van WhatsApp beëindig. Skooler is ‘n buigsame ‘toep’ en ‘n ongelooflike leerplatform wat in Teams en Microsoft geïntegreer is. Ons gaan Skooler aanvanklik eers net vir kommunikasiedoeleindes tussen die skool en ouers asook ouers en onderwysers gebruik. Ons beplan om later die ander akademiese opsies wat Skooler ook bied, behoorlik te toets en dan uit te rol. MS Teams is ‘n baie veilige omgewing vir ons leerders en personeel om in te werk en dit vervang dan basies die Google Classroom. Graag wil ek vir juf. Suzaan wat die demonstrasie aangebied het asook Marié Cruywagen wat haar bygestaan het, hartlik bedank vir die insiggewende aanbieding. Verseker is die ouers wat dit bygewoon het meer ingelig, meer gemaklik met die gebruik daarvan en minder angstig om dit te gebruik. Dit is ‘n kwessie van tyd en ons het van al die spreekwoordelike groeipyne om na ‘n ander kommunikasiemiddel te beweeg, vergeet en omhels al die funksies wat die toep bied.

Laat my ook toe om al die gr. 4-ouers wat na afloop van die bogenoemde demonstrasie tot laat die aand vir ‘n algemene akademiese gesprek gebly het. Ons beplan om meer gereeld hierdie tipe geleenthede te skep waar ouers/voogde, die onderwysers, die adjunkhoof en die skoolhoof kollektief in gesprekke kan tree. Die platform skep geleenthede vir dialoog oor dinge wat pla. Ek wil almal bedank vir die wonderlike manier hoe gesprekke die aand hanteer is. Ons fokus is om onnodige angstigheid uit die weg te ruim. Na afloop van die informele gesprek, het ons gr. 4-ouers/voogde pragtige blomme aan elke graad 4-registeronderwyser oorhandig. Dit was ‘n mooi gebaar en bevestig weereens die omgeehart van ons skoolgemeenskap. Ek nooi weer al ons ouers/voogde uit om met ons te praat indien daar iets op die hart is. Kontak my gerus sodat ons pro-aktief probleme uit die weg kan ruim.

Op Dinsdag, 14 Maart 2023, was dit die gr. 7-leerders (leerderrraad uitgesluit) se beurt om die boodskap tydens die weeklikse saalbyeenkoms te bring. Baie dankie aan Kai, Jacques, André en Michel-Georges wat vir ons ‘n inspirerende boodskap gebring het. LS JvR het al vir jare ‘n goeie leeskultuur, maar die vier jonge here het met hul pragtige voordrag en video ons almal in die saal weer verder geïnspireer om meer te lees. Lees is een van die belangrikste vaardighede wat ‘n kind benodig om op skool en in die lewe sukses te behaal. Help ons om jul kinders by die huis te kry om meer te lees en lees gerus vir jul jong kinders. Dit is heerlike gesinstyd en verseker ‘n belegging in jul kind/ers se toekoms. Lees maak ‘n nuwe wêreld vir ons leerders oop waar die nuuskierigheid geprikkel word en die verbeelding oorneem. Sodoende stimuleer ons kreatiwiteit en innovasie by ons leerders.

Ons wil ook vir Pieter Rademeyer en sy span van Hoërskool Jan van Riebeeck hartlik bedank wat ons leerderraad vir ‘n leierskapontbyt en motiveringspraatjie op Donderdagoggend, 16 Maart, om 07:45 te Welgemeend genooi het. Die spesiale funksie is deur verskeie laerskole se leerderrade bygewoon. Lindie Strydom het ‘n ongelooflike inspirerende motiveringspraatjie gehou oor die belangrikheid van leierskap wat vir ons leerderraad van groot waarde was.

Ons interne redenaarskompetisie het op Woensdag, 15 Maart, afgeskop en word oor twee dae aangebied. Baie dankie aan juf. Andri vir al jou puik reëlings asook die ouers/voogde wat dit so getrou ondersteun het. Ek bly verstom oor ons leerders se selfstandigheid, hul selfvertroue en kommunikatiewe vaardighede om indrukwekkende toesprake voor ‘n gehoor te lewer. Hulle is nog baie jonk, maar lewer toesprake met die grootste gemak asof hulle dit al vir jare doen. Ek was so beïndruk met die wyse waarop hulle hul gedagtes formuleer en orden om hul standpunt met argumente oortuigend in te neem.

Geniet die komende langnaweek met Maandag, 20 Maart, wat ‘n amptelike skolevakansiedag is en Dinsdag, 21 Maart, waarop Menseregtedag gevier word. Graag sluit ek af met die volgende aanhaling oor groei-ingesteldheid en wens ek vir julle ‘n wonderlike langnaweek toe:

"With the right mindset,
we can't lose,
we either practice what we’ve learned,
or we learn what we need to practice!"

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir advertensies van die week

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet