Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

AKADEMIE

Migrasie na Microsoft

Ons migrasie vanaf Google na die Microsoft platform is afgehandel. Leerders gaan steeds vir 'n ruk kan inteken op Google, Google Classroom en hul Google Drive gebruik, maar hulle gaan nie meer in Gmail kan ingaan nie. Geen e-posse is verlore nie. Ons sal aan die begin van volgende jaar die leerders wys hoe om in te teken. Stuur gerus 'n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za vir enige navrae.

Graad 7-ouers sal voor die skool sluit 'n WhatsApp ontvang met stappe om die graad 7-leerders van 2022 se Google-omgewing inligting af te laai en te stoor. Graad 7's van 2022 se e-posadresse sal wanneer die skool begin volgende jaar uitgevee word.

Canva for Education

Canva is 'n grafiese ontwerp-toepassing wat reeds deur van ons leerders in die intersenfase gebruik word vir die maak van take en plakkate. Canva het 'n gratis weergawe, maar die grafika wat gebruik kan word, is beperk. Skole kan aansoek doen om die "Pro" weergawe gratis vir leerders en personeel te kry. Ons is in die proses om aansoek te doen vir Canva for Education (die "Pro" weergawe) vir ons leerders en onderwysers. Ons sal hopelik binnekort die lisensie hê. Een van die ooreenkomste in die kontrak is dat ons ouers se toestemming het dat leerders dit mag gebruik. Indien daar ouers is wat enige vrae het, stuur gerus 'n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za. Indien jy nog nie van die toepassing gehoor het nie, gaan skep gerus vir jou 'n gratis profiel om te sien hoe dit lyk.

Skryfbehoeftelyste: Graad 1 - 7

Volg gerus hierdie skakel na die Akademieblad op ons webtuiste vir die skryfbehoeftelyste van al die grade vir 2023. Indien die skakel nie dadelik op die skryfbehoeftelyste oopmaak nie, rol 'n bietjie af op die skerm.

KULTUUR

Dramakonsert: 12 Desember

Die Dramakonsert vind volgende week Maandag, 12 Desember, om 18:00 in die skoolsaal plaas. Huppelland tree eerste op, daarna graad 1 - 3 en laaste graad 4 - 7. Dit sal teen 20:00 klaar wees. Ouers kan kies of hulle vir al drie konserte wil bly of net 'n gedeelte. Dit is gratis. Almal is welkom!

ALGEMEEN

Verlore Goedere Uitstalling

Alle verlore goedere sal Maandag vanaf 10:00 - 14:00 op die veld uitgestal word. Ouers en leerders is welkom om te kom kyk indien daar items is wat julle vermis.

Nuwe Skooldrag 2023: Bestellings

  • Die nuwe skoolhemde en seniors se lang, donkerblou sokkies met wit strepies is nog nie beskikbaar nie. Sodra dit beskikbaar is, gaan bestellings gepak en gereserveer word. ‘n Boodskap sal gestuur word om ouers daarvan te verwittig met moontlike optelpunte en tye. Indien dit nie teen 18 Januarie afgehaal is nie, sal dit by die klaskamers afgelewer word, mits betaling afgehandel is.
  • Alle nuwe bestellings is welkom, maar hou ingedagte dat fabrieke vir ‘n paar weke sluit en eers weer in Januarie heropen.
Spesiale Klerebanktye vir Desember en Januarie:

12 en 14 Desember 2022
07:20 - 08:15

16 en 17 Januarie 2023
09:00 - 10:00

Skool heropen 18 Januarie 2023 en tye hervat soos normaal:

Maandae en Woensdae
07:20 - 08:00

Dinsdae en Donderdae
13:30 - 14:20

*Let wel: Die Klerebank maak nie oop op middae wat die skool vroeër sluit nie.

Ouerinligtingsaand: 24 Januarie 2022

Teken solank die datum aan vir die ouerinligtingsaand, personeel bekendstelling en 'n lekker saamkuier. Dit is slegs vir ouers en personeel. Daar gaan binnekort 'n Karri-invordering aan ouers gestuur word met spyskaartopsies. Ons hoop om almal daar te sien!

Bestel van Buitemuurse Aktiwiteite foto's

Die bestellings vir die buitemuurse aktiwiteite foto's het reeds gesluit. Indien jy die afsnydatum gemis het, kan jy steeds op die fotograaf se webtuiste foto's bestel. Die foto's word egter dan nie by die skool afgelewer nie, maar eerder by 'n adres van jou keuse en jy sal self die kostes vir die aflewering moet betaal.

Aanlyn bestellings:

Stap 1: Volg die SKAKEL om die foto's te sien. Wagwoord: JVR2020

Stap 2: Bestel en betaal die foto's op die Luncbox Photography webtuiste.

Vakansiesorg Desember 2022

Vakansiesorg Desember 2022

TERUGVOER

Musiekteorie-uitslae

Baie geluk aan die volgende leerders wat onlangs die Unisa teorie-eksamens geslaag het:

Emke van Wyk Gr 3 51%
Elsabé Scholtz Gr 3 58%
Cara Swanepoel Gr 3 70%
Katia van Wyk Gr 3 84%
Stella Zulch Gr 2 94%
Lea de Ridder Gr 3 98%
Markus de Ridder Gr 3 100%

Ons is baie trots op julle! Dis harde werk!!

Nell du Toit dans in The Nutcracker

Nell du Toit (gr. 4) dans van 7 - 23 Desember 2022 in City of Cape Town Ballet se The Nutcracker produksie in die Artscape. Dit is 'n ongelooflike geleentheid en sy is vreeslik opgewonde! Baie geluk, Nell! Ons hoop dit is 'n wonderlike ervaring! Kliek HIER om kaartjies vir die produksie te koop.

Barbara Schreuder Dansskool

DANS JAAREINDFUNKSIE | "END OF YEAR" 2022

Datum: Saterdag, 10 Des 2022
Venue: JvR
Tyd: 11:00
Kaartjies: By deure
R60 Volwassenes
R40 Skoolgaandes
Behou kaartjie vir prystrekkings!
Parkering: Agter die skool

Kom ondersteun ons oulike dansers in gr. 1 - 8 en sien drie genres van dans: AAB Ballet, Moderne dans, Eisteddfod voorgeskrewe en HipHop! Ons trek pryse tussen items, deel sertifikate aan die einde uit, dansers ruil geskenke en almal hou "partytjie" met iets te ete en te drinke. Daar is iets vir almal!

Hoop om julle daar te sien!

Groete,
Juf. Barbie en Dansers

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Die tweede laaste week van die akademiese jaar het afgeskop met die jaarlikse prysuitdelings. Op Maandag, 5 Desember, het die Grondslagfase se prysuitdelings onderskeidelik vanaf 08:30 (gr. 1), 10:00 (gr. 2) en 12:00 (gr. 3) plaasgevind. Die intermediêre fase se prysuidelings het op Dinsdag, 6 Desember, onderskeidelik vanaf 08:30 (gr. 4), 10:00 (gr. 5) en 12:00 (gr. 6) plaasgevind. Die doel van die prysuitdelings is om erkenning aan ons leerders vir hul harde werk en toewyding te gee. Akademie is ons kernbesigheid en aangesien ons elke Dinsdag erkenning in die saal vir sport- en kultuurprestasies gee, is dit ook belangrik om op die regte wyse vir leerders erkenning vir akademiese uitnemendheid te gee. Natuurlik gaan daar leerders teleurgesteld wees, maar hulle kan dit verwerk as daar ‘n veilige anker by die huis is wat hulle dra. Ons moet saam met julle as ouers/voogde ook die leerders leer dat die lewe daar buite soms hard en onregverdig is, maar dat hulle meer werd is as enige trofee, sertifikaat of medalje.

Elke leerder het ‘n pragtige sertifikaat ontvang wat elkeen se onderskeidelike prestasies toon. Die Top Tien akademiese leerders in grade 4 tot 6 het spesiale sertifikate ontvang. Graag wil ek weer al ons leerders hartlik gelukwens met hul uitnemendheid, merkwaardige pretasies asook hul onberispelike gedrag die afgelope jaar. Ek het ook tydens die prysuitdelings gemeld dat ons leerders se emosionele intelligensie vir my merkwaardig is. Dit is ‘n riem onder die hart om te sien hoe hulle mekaar gelukwens met hul onderskeie prestasies sonder enige tekens van afguns. Hierdie gedrag spreek boekdele rakende die skool se kultuur en etos. Verder wil ek julle as ouers komplimenteer vir die wyse waarop julle jul kinders grootmaak asook jul aktiewe betrokkenheid by jul kinders se skoolaktiwteite. Om tyd saam met jou kind te spandeer, is kosbaar en die grootste belegging wat jy as ouer/voog in jou kind se toekoms kan maak.

Op Maandagaand, 5 Desember 2022, om 18:00 het die gr. 7’s hul afskeidsokkie by die klubhuis te Conradieveld gehou. Die opwinding was groot, die klubhuis was pragtig verfraai en ‘n professionele platejoggie het die aand die musiek verskaf. Die gr. 7’s was deftig uitgevat vir die belangrike okkasie. Baie dankie aan juf. Charlene, Izél en Suné vir die voorbereiding, toesig en reëlings asook mnr. Leon wat vir hulle wors gebraai het. Die gr. 7’s het dit terdeë geniet.
Gedurende die afgelope week het die jaarlikse kleure-atletiekbyeenkomste ook plaasgevind. Op Woensdag, 7 Desember, het die velditems te HS Jan van Riebeeck se sportvelde plaasgevind. Die weer het wonderlik saamgespeel en die uitsig vanaf die hoërskool se veld was eenvoudig asemrowend terwyl 4 nuwe rekords op die dag aangeteken is. Vandag vind die baanitems by HS Kampsbaai plaas en daaroor sal ek in volgende week se nuusbrief terugvoer gee. Die doel met die onderskeie atletiekbyeenkomste aan die einde van die jaar is tweeledig; eerstens is daar tyd, want die eksamens is afgehandel en tweedens kan die atletiekspan vir die 2023 se interskole vroegtydig bepaal word, want die interskole atletiekbyeenkoms vind vroeg in volgende jaar plaas wat ons baie min tyd gee om ons atlete daarop voor te berei.
Ek sluit af met die volgende anonieme aanhaling wat op ons waarde vir die laaste kwartaal fokus, naamlik Respek en wens julle ‘n wonderlike naweek toe.

“Respect is earned by action alone,
not self-gratification.’’

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies 9 Desember 2022

Kliek HIER vir die Jannies besigheidsregister

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet