Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

KULTUUR

Musieklesse 2023

Indien jy belangstel in musieklesse vir jou kind vir 2023, kontak asb. die volgende onderwysers:

Klavier en blokfluit: Helecia (helecia@jvrprim.co.za)
Viool: Hannelize (hannelizegravell@gmail.com)
Kitaar: Shaun (shaunberry14@gmail.com)

SPORT

Atletiek: Velditems, 7 Desember 2022

WOENSDAG, 7 Desember 2022: gr. 3 – 7 by Hoërskool JvR Sportvelde
  • 07:45 – 14:15 (Steyntjie bus vertrek 14:30)
  • Ouers moet asb. hul kinders by die Hoërskool se sportveld aflaai en optel. Indien dit nie moontlik is nie, moet leerders soos op ‘n normale skooldag by die Laerskool afgelaai word en kan dan weer aan die einde van die dag by die Laerskool opgetel word. Die Steyntjie-bus sal leerders tussen die veld en skool vervoer.
VELDITEMS:
  • o.10
  • o.11
  • o.12
  • o.13
  • OPE
Daar sal ‘n snoepie beskikbaar wees. Leerders wat aan atletiek gaan deelneem, mag in hul onderskeie spankleure geklee wees. Dit moet gemaklike oefenklere bv. LO-broekie met blou of oranje hemp wees en NIE “SIVVIES” NIE! Gr. 3 – 7-leerders wat nie deelneem nie, dra skoolklere. Toeskouers is welkom om die dag te kom kyk.

Gr. 1 & 2 HET ‘N NORMALE SKOOLDAG.
Atletiek 2022 Velditems

Atletiek: Baanitems, 9 Desember 2022

VRYDAG, 9 Desember 2022: gr. 1-7 by Hoërskool Kampsbaai
  • 07:15 – 14:15 (Steyntjie bus vertrek 14:45)
  • Die optog begin om 07:15
  • Ouers moet asb. hul kinders by die Hoërskool aflaai en optel. Daar sal nie die oggend ‘n bus wees wat leerders na die veld vervoer nie. Leerders kan na afloop van die dag weer by die veld opgetel word. Leerders wat nasorg toe moet gaan, sal met ‘n bus terug skool toe geneem word.
ITEMS:

07:30 – 14:10: 1500m, 1 200m, 800m, Naellope en Hekkies (gr. 1 – 7)
  • Onder 8
  • Onder 9
  • Onder 10
  • Onder 11
  • Onder 12
  • Onder 13
  • OPE
Leerders moet tot aan die einde van die dag bly. Daar sal aan die einde van die dag AFLOS-items wees. Ouers is welkom om ook ‘n span in te skryf. Kontak gerus vir Andries Viljoen (andries.viljoen@gmail.com) indien jy wil deelneem. Daar sal ‘n snoepie en ander stalletjies beskikbaar wees. Leerders wat aan atletiek gaan deelneem, mag in hulle onderskeie spankleure geklee wees. Dit moet gemaklike oefenklere bv. LO-broekie met blou of oranje hemp wees en NIE “SIVVIES” NIE! Leerders wat nie deelneem nie, dra skoolklere. GEEN toeskouers word op die veld toegelaat nie en moet asseblief op die pawiljoene sit.
Atletiek 2022 Baanitems

ALGEMEEN

Prysuitdeling 2022

Maak asb. 'n aantekening in jou dagboek om die prysuitdelingsgeleenthede in ons skoolsaal by te woon.

Maandag, 5 Des:
Gr. 1 - 08:30
Gr. 2 - 10:00
Gr. 3 - 12:00

Dinsdag, 6 Des:
Gr. 4 - 08:30
Gr. 5 - 10:00
Gr. 6 - 12:00

Donderdag, 8 Des:
Gr. 7 - 18:00

Hoe om buitemuurse aktiwiteite foto’s te bestel

Aanlyn bestellings:

Stap 1: Volg die SKAKEL om die foto's te sien. Wagwoord: JVR2020

Stap 2: Bestel en betaal die foto's op die Luncbox Photography webtuiste.

Indien jy kontant wil betaal en nie aanlyn wil bestel nie, volg hierdie stappe:

Stap 1: Voorbeelde van alle foto’s en koeverte is by die glaskas gang tussen die saal en die dames badkamers beskikbaar.

Stap 2: Kies die foto’s wat jy wil bestel, neem 'n koevert en skryf dan die KORREKTE KODE wat onderaan die foto verskyn op die koevert.

Stap 3: Plaas die geld in die koevert en stuur terug skool toe. Indien jy kleingeld benodig, sal jy dit later ontvang.

LAASTE DAG VAN BESTELLING: Vrydag, 7 Desember 2022
*Indien jy die afsnydatum mis, sal jy steeds foto's aanlyn kan bestel, maar jy sal die foto's by jou eie adres moet laat aflewer en vir aflewering betaal.

Nasorg 2023

Kliek HIER vir 'n verwelkomingsbrief en meer inligting.

Kliek HIER vir 'n aansoekvorm.

Vakansiesorg Desember 2022

Vakansiesorg Desember 2022

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Novembermaand groet ons stilletjies en is ook nie-amptelik die begin van die sogenaamde “silly season”. Ons sien dit dalk as ‘n tydperk waar mense die mees eienaardige en vreemde dinge aanvang en/of kwytraak. In die Suid-Afrikaanse konteks dalk verstaanbaar met al die uitdagings soos hoë inflasie- en rentekoerse, toename in werkloosheid asook ESKOM met beurtkrag. Selfs Charlene Theron was skuldig in die verband met haar naïwe 44-uitlating. Die term “silly season” het eintlik sy oorsprong uit die 19de eeu waar koerante tydens die begin van die somerseisoen vol van onbelangrike nuus was, want daar was nie voldoende politieke nuus vir enige sensasie nie. Gelukkig is dit nou Desember en die mens kom stadig maar seker weer tot sy sinne en maak gereed vir ‘n heerlike vakansie en kerstyd.

Gister het die eksamen vir die gr. 4 - 7 leerders ook tot ‘n einde gekom. Ek glo dat almal nou ‘n sug van verligting slaak en daar is weer ‘n ontspanne atmosfeer in jul huise terwyl almal na ‘n welverdiende vakansie uit sien. Die opvoeders is besig om die laaste klompie antwoordstelle na te sien en die moderasiespan maak seker dat nasienwerk korrek en effektief uitgevoer is. As skoolhoof is ek ook bevoorreg om aan die moderasieproses deel te neem en moet ek ons leerders met hul harde werk en puik uitslae komplimenteer. Punte word tans verwerk vir Promosie en Progressie by die distrikskantore. Graag wil ek die geleentheid gebruik om ons opvoeders, die klasassistente en die leerderondersteuningsdepartment hartlik te bedank vir hul harde werk en toewyding. Hulle het beslis die ekstra myl gestap om al ons leerders slaggereed vir die eksamens en assesserings te kry. Ons is bevoorreg met puik personeel wat omgee en ‘n verskil in elke Jannie se lewe wil maak!

Laat my ook toe om die junior- en seniorkore onder leiding van juf. Helecia en begelei deur mnr. Ben hartlik geluk te wens met hul puik optrede Sondagaand, 27 November 2022, tydens die kerssangdiens in die NG Tamboerskloof Gemeente. Die kerk was stampvol met ouers, leerders asook oumas en oupas wat saam met ons leerders die trotse optrede beleef het. Saam het ons ook gewilde kersliedere gesing om die geboorte van Christus te vier onder andere die pragtige kerslied: KERSFEES KOM, KERSFEES KOM! Baie dankie Ds Scotty en sy gemeente vir die onvergeetlike belewenis!
Alhoewel die eksamen nou verby is en daar lê nog net ‘n week en drie dae van skool oor, rig ek nog steeds die volgende ernstige versoek rakende die afhaal van leerders aan die einde van die skooldag: Pas asseblief die “drop and go / fetch and leave’’-beginsel toe. Moet asseblief nie so stop dat jou voertuig die verkeer belemmer nie. Indien ouers/voogde wel uit hul voertuie wil klim of heelwat vroeër arriveer om hul kinders af te haal, moet hulle asseblief hul voertuie in die toegewyde parkeerareas parkeer sodat die vloei van verkeer nog steeds so effektief as moontlik kan plaasvind. Baie dankie vir jul samewerking en dat ons almal sal konsidereer in die verband.

Ons deel met julle die nuus dat Francelle Kruger en Leandri Olivier, twee van ons assistente in die grondslagfase, ons ongelukkig aan die einde van die jaar verlaat. Ons is dankbaar vir hul toewyding en harde werk en wens hulle voorspoed toe op hul toekomsreis.

Ek sluit af met die volgende anonieme aanhaling wat op ons waarde vir die laaste kwartaal fokus, naamlik Respek en wens julle ‘n wonderlike naweek toe.

“Respek is ‘n ander woord vir LIEFDE.’’

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies 25 November 2022

Kliek HIER vir die Jannies besigheidsregister

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet