Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Dringende versoek: Prysuitdelingbekers

Ons herinner ouers daaraan om asseblief alle bekers wat by verlede jaar se prysuitdeling ontvang is, so gou as moontlik skool toe te stuur. Leerders kan die bekers by die biblioteek inhandig. Dankie vir die samewerking!

OOV-voorsitter nominasies

Ons is opsoek na ‘n OOV-voorsitter vir 2023. Ria Hertzog het die afgelope 2 jaar as OOV-voorsitter opgetree en is gereed om hierdie leisels aan 'n opvolger te oorhandig. Ons is uiters dankbaar vir die tyd en inisiatief wat Ria aan ons skool gewy het.

Stuur gerus nominasies direk aan Naas Beets (skoolhoof@jvrprim.co.za). Ons beplan om ‘n aanlyn OOV-verkiesing te hou waartydens die voorsitter verkies sal word. Ons nooi almal hartlik uit om hieraan deel te neem. Hou die nuusbrief dop vir die datum waarop die verkiesing sal plaasvind.

Ons visie vir leer in die 21ste eeu

Lees asb. deur die aangehegde dokument in verband met ons visie vir leer in die 21ste eeu.
Visie 2022

AKADEMIE

November-eksamenrooster 2022

Kliek op die foto om die rooster in PDF te sien en af te laai.

KULTUUR

Musieklesse 2023

Indien jy belangstel in musieklesse vir jou kind vir 2023, kontak asb. die volgende onderwysers:

Klavier en blokfluit: Helecia (helecia@jvrprim.co.za)
Viool: Hannelize (hannelizegravell@gmail.com)
Kitaar: Shaun (shaunberry14@gmail.com)

Dramatye tydens eksamen

Ons dramakonsert is Maandag, 12 Desember, om 18:30 in die skoolsaal. Ons sal in skooltyd na elke dag se eksamensessie met die leerders oefen.

Die tye na skool is as volg:
Maandag 13:30 - 14:30 (gr. 4 - 7)
Woensdag 13:00 - 14:00 (gr. 1 - 3)
Woensdag 14:00 - 15:00 (gr. 4 - 7)
Vrydag 13:00 - 14:00 (gr. 1 - 3)

Sterkte met die eksamen!
Groete, Jana

Koor: Laaste optrede van die jaar

Albei kore sing hierdie Sondagaand om 19:00 by Tamboerskloof NG Kerk. Koorlede dra WIT .Wees betyds! Die diens is net 'n uur lank. Kom vier Kersfees saam met ons!

SPORT

Atletiek: 7 en 9 Desember 2022

Hiermee meer inligting rakende die Kleure-atletiekbyeenkoms wat op 7 & 9 Desember plaasvind.

Op 7 Desember gaan leerders van gr. 3 - 7 by die atletiek wees as deelnemers of toeskouers. Toeskouers kan in skoolklere geklee wees. Op 9 Desember gaan alle leerders by die atletiek wees as deelnemers of toeskouers.

Atlete gaan in hul ouderdomsgroepe soos vir 2023 deelneem. Hierdie byeenkomste is om vir leerders die geleentheid te gee om teen mekaar te kan kompeteer en ons Interskole span vir 2023 vroegtydig te identifiseer, maar op die einde van die dag bly die KIND / ATLEET die BELANGRIKSTE. Die atletiekbyeenkoms vind oor 2 dae plaas. Slegs sekere ouderdomsgroepe is op die onderskeie dae betrokke.

Die ouer deelnemers (o.10 – Ope vir 2023) se byeenkoms vind oor 2 dae plaas. Die eerste dag (Woensdag, 7 Des.) vind velditems plaas en hulle mag aan ALLE ITEMS in hul ouderdomsgroep deelneem. Die 2de dag (Vr., 9 Des) is net baanitems en atlete mag weereens aan ALLE ITEMS in hul ouderdomsgroep deelneem. Die fokus is op MASSA DEELNAME, m.a.w. die kleurgroepe word beloon vir elke atleet wat aan elke item deelneem. Al eindig hul laaste is dit ‘n punt vir sy/haar span.

7 Desember 2022: Velditems
  • Gr. 3 – 7 (o.10 – Ope vir 2023) by Hoërskool Jan van Riebeeck se sportveld.
9 Desember 2022: Baanitems
  • Gr. 1 – 7 (o.8 – Ope vir 2023) by Hoërskool Kampsbaai se sportveld.
  • Bekers sal aan die einde van die byeenkoms uitgedeel word.
Kleurgroepindeling volgens leerders se vanne:

BLOU: A - L
ORANJE: M - Z

Ouderdomsgroepe van leerders soos vir 2023 en waaraan deelgeneem kan word:
  • 2017 - o.6
  • 2016 - o.7
  • 2015 - o.8
  • 2014 - o.9
  • 2013 - o.10
  • 2012 - o.11
  • 2011 - o.12
  • 2010 - o.13
  • 2009 en vroeër - OPE
WOENSDAG, 7 Desember 2022: gr. 3 - 7 by Hoërskool JvR Sportvelde
  • 07:45 – 14:15 (Steyntjie bus vertrek 14:30)
  • Ouers moet asb. hul kinders by die Hoërskool se sportveld aflaai en optel. Indien dit nie moontlik is nie, moet leerders soos op ‘n normale skooldag by die Laerskool afgelaai word en kan dan weer aan die einde van die dag by die Laerskool opgetel word. Die Steyntjie-bus sal leerders tussen die veld en skool vervoer.
VELDITEMS:
  • o.10
  • o.11
  • o.12
  • o.13
  • OPE
Daar sal ‘n snoepie beskikbaar wees. Leerders wat aan atletiek gaan deelneem, mag in hul onderskeie spankleure geklee wees. Dit moet gemaklike oefenklere bv. LO-broekie met blou of oranje hemp wees en NIE “SIVVIES” NIE! Gr. 3 - 7-leerders wat nie deelneem nie, dra skoolklere. Toeskouers is welkom om die dag te kom kyk. Gr. 1 & 2 HET ‘N NORMALE SKOOLDAG.

VRYDAG, 9 Desember 2022: gr. 1-7 by Hoërskool Kampsbaai
  • 07:15 – 14:15 (Steyntjie bus vertrek 14:45)
  • Ouers moet asb. hul kinders by die Hoërskool aflaai en optel. Daar sal nie die oggend ‘n bus wees wat leerders na die veld vervoer nie. Leerders kan na afloop van die dag weer by die veld opgetel word. Leerders wat nasorg toe moet gaan, sal met ‘n bus terug skool toe geneem word.
ITEMS:

07:30 – 14:10: 1500m, 1 200m, 800m, Naellope en Hekkies (gr. 1 – 7)
  • Onder 8
  • Onder 9
  • Onder 10
  • Onder 11
  • Onder 12
  • Onder 13
  • OPE
Leerders moet tot aan die einde van die dag bly. Daar sal aan die einde van die dag AFLOS items wees. Ouers is welkom om ook ‘n span in te skryf. Kontak gerus vir Andries Viljoen (andries.viljoen@gmail.com) indien jy wil deelneem. Daar sal ‘n snoepie en ander stalletjies beskikbaar wees. Leerders wat aan atletiek gaan deelneem, mag in hulle onderskeie spankleure geklee wees. Dit moet gemaklike oefenklere bv. LO-broekie met blou of oranje hemp wees en NIE “SIVVIES” NIE! Leerders wat nie deelneem nie, dra skoolklere. GEEN toeskouers word op die veld toegelaat nie en moet asseblief op die pawiljoene sit.

Die program vir beide dae sal gedurende volgende week op die webtuiste gelaai word.

ALGEMEEN

Hoe om buitemuurse aktiwiteite foto’s te bestel

Aanlyn bestellings:

Stap 1: Volg die SKAKEL om die foto's te sien. Wagwoord: JVR2020

Stap 2: Bestel en betaal die foto's op die Luncbox Photography webtuiste.



Indien jy kontant wil betaal en nie aanlyn wil bestel nie, volg hierdie stappe:

Stap 1: Voorbeelde van alle foto’s en koeverte is by die glaskas gang tussen die saal en die dames badkamers beskikbaar.

Stap 2: Kies die foto’s wat jy wil bestel, neem 'n koevert en skryf dan die KORREKTE KODE wat onderaan die foto verskyn op die koevert.

Stap 3: Plaas die geld in die koevert en stuur terug skool toe. Indien jy kleingeld benodig, sal jy dit later ontvang.



LAASTE DAG VAN BESTELLING: Vrydag, 7 Desember 2022
*Indien jy die afsnydatum mis, sal jy steeds foto's aanlyn kan bestel, maar jy sal die foto's by jou eie adres moet laat aflewer en vir aflewering betaal.

Nasorg 2023

Kliek HIER vir 'n verwelkomingsbrief en meer inligting.

Kliek HIER vir 'n aansoekvorm.

Vakansiesorg Desember 2022

Vakansiesorg Desember 2022

Prysuitdeling: Doen aansoek vir toekennings

Gr. 4 - 7-leerders het die geleentheid om aansoek toe doen vir 'n sport-, kultuur-, of algemene veelsydigheidsprys (gr. 6 en 7) by die prysuitdeling. Belangstellende leerders het vandag 'n vorm ontvang wat voor of op Vrydag, 25 November, by juf. Razelle Hanekom (sport@jvrprim.co.za) ingehandig moet word. Alle bewyse van provinsiale kleure of enige ander prestasies moet die vorm vergesel.

Kliek HIER vir die inskrywingsvorm.

SA Kinderhuis vra vir hulp

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Kan julle glo dat dit vandag presies oor ‘n maand Kersfees is! Ek staan verstom oor hoe vinnig tyd verby gaan en onwillekeurig kom die vraag by my op, maar hoe is dit moontlik dat die jaar so spoedig verby gesnel het? Daar is nog so baie goed wat gedoen moet word. Dis weer vir ons almal tyd om oor die jaar te reflekteer om te bepaal of ons onder andere wel ons doelwitte bereik het. Vanjaar word sover gekenmerk as ‘covid-loos’ of sal ek eerder sê sonder drakoniese Covid-inperkinge en dit plaas sommer gou weer alles vir ons in perspektief aangesien alles wat ons as normaal ken binne ‘n oogwink kan verander. ‘n Ander siening kan moontlik wees dat tyd net vanjaar baie vinniger verby gesnel het aangesien ons dit as ‘n ‘inhaal-jaar’ gesien het en sodoende meer gedoen het om op te maak wat ons tydens die pandemie verloor het. Wat dit ook al mag wees, die jaar staan einde se kant toe!

Hierdie week het gr. 4 - 6-leerders op Dinsdag, 22 November 2022, ook met hul finale eksamen begin. Finale assesserings en eksamens is nou in volle swang terwyl ons leerders skouer aan die wiel sit om net hul beste te doen voordat daar ‘n heerlike en welverdiende vakansie aanbreek. Die assessering vir die grondslagfase het gister geëindig terwyl die gr. 4 - 7-leerders op Donderdag, 01 Desember 2022, hul laaste vak skryf. My beste wense vergesel hulle tydens die eksamen. Daar wag ook vir ons leerders ‘n hele klompie opwindende aktiwiteite wat die laaste 2 weke van die kwartaal gaan plaasvind sodat hulle die jaar op ‘n hoogtepunt kan afsluit.

Op Maandag, 21 November 2022, het die Beheerraad se laaste vergadering vir die jaar plaasgevind. Graag wil ek ons dinamiese beheerraad hartlik bedank vir hul kosbare tyd, waardevolle insette en onbaatsugtige diens gedurende die afgelope jaar. Die Beheerraad het vanjaar 9 keer amptelik vergader onder leiding van ons puik BR-Voorsitter, Merwe Scholtz. Baie dankie dat jul as beheerraadslede jul ongelooflike kennis en vaardighede tot diens van die skool stel om te verseker dat die skool optimaal funksioneer en ons kollektief ‘n leeromgewing skep waar ons leerders floreer, gelukkig is en hulself kan wees.

Graag rig ek die volgende, ernstige versoek rakende die afhaal van leerders aan die einde van die skooldag: Pas asseblief die “drop and go / fetch and leave’’-beginsel toe. Moet asseblief nie so stop dat jou voertuig die verkeer belemmer nie. Indien ouers/voogde wel uit hul voertuie wil klim of heelwat vroeër arriveer om hul kinders af te haal, moet hulle asseblief hul voertuie in die toegewyde parkeerareas parkeer sodat die vloei van verkeer nog steeds so effektief as moontlik kan plaasvind. Baie dankie vir jul samewerking en dat ons almal sal konsidireer in die verband.

Ek sluit af met die volgende anonieme aanhaling wat op ons waarde vir die laaste kwartaal fokus, naamlik Respek en wens julle ‘n wonderlike naweek toe.

“Show respect to people who don’t deserve it
not as a reflection of their character,
but as a reflection of yours.’’

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies 25 November 2022

Kliek HIER vir die Jannies besigheidsregister

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet