Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

27 April, 2024 - Keenen Faro (Onderwyser) verjaar 00:00-23:59
27 April, 2024 - Hokkie: o.9 en o.10 Seuns en Dogters Toernooi Laerskool Tableview (WEG) 00:00-23:59
29 April, 2024 - Netbal: o.7-o.13 Monte Vista (TUIS) 00:00-23:59
30 April, 2024 - Graad 6-uitstappie: Wonderdal Science Centre 08:00-14:00
1 Mei, 2024 - Werkersdag 00:00-23:59
2 Mei, 2024 - Hokkie Seuns: Milnerton (WEG) 00:00-23:59
2 Mei, 2024 - Hokkie Dogters: Milnerton (TUIS) 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Hokkie: Edgemead 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Ursula Williams (Nasorg) verjaar 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Toets: Wiskunde (gr. 4 - 7) 07:45-09:10
3 Mei, 2024 - Uitstappie gr. 5 en 6: Peter and the Wolf by Artscape 10:30-12:30
3 Mei, 2024 - Landloopwedloop: Camps Bay 14:15-15:15
4 Mei, 2024 - HS JvR Reünie-naweek 00:00-23:59
7 Mei, 2024 - Algemene Kennistoets 07:45-08:15
10 Mei, 2024 - Hokkie: Sportdag Mikro (Tuis) 00:00-23:59
10 Mei, 2024 - Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) 07:45-09:10
10 Mei, 2024 - Landloopwedloop: Vishoek 14:15-15:15
11 Mei, 2024 - Rugby & Netbal: Sportdag (TUIS) 00:00-23:59
11 Mei, 2024 - Rugby & Netbal: Sportdag (TUIS) 00:00-23:59
11 Mei, 2024 - Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar 00:00-23:59




>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Desembermaand het sy opwagting gemaak en oral waar jy in die inkopiesentrums rondloop, sien jy vrolike Kersversierings. Of jy nou gelowig is of nie, Kerstyd is ‘n spesiale tyd en die bekoring geskied wêreldwyd. Kerstyd gaan gewoonlik gepaard met baie inkopies, pragtige geskenke wat in die mooiste geskenkpapier toegedraai word, lekkernye word gebak en versierings wat oral opgesit word. Dit is die tyd van die jaar waar familie en vriende bymekaar kom. Die kinders se afwagting van die magiese figuur wat op Oukersaand die wonderlikste geskenke gaan bring, is alreeds tasbaar. Graag wil ek vir ons skoolgemeenskap ‘n heilsame en geseënde familie-en gesinstyd tydens die komende Kerstyd toewens.

Die wêreld is vol verrassings, veral met die nuwe Covid-19 variant wat verlede week onverwags in Suid-Afrika geïdentifiseer is. Die Wêreld Gesondheidsorganisasie het die onwelkome virus na die 15de letter van die Griekse alfabet vernoem, naamlik Omnicron. Die koms van ‘n nuwe Covid-19 variant met die aanbreek van die Desembervakansie kon seker nie op ‘n slegter tyd gebeur het nie. Behalwe die vrese rakende die nuwe variant, is daar die bekommernis wat dit vir die land se kwesbare ekonomie en toekoms inhou. Ons vuisvose ekonomie kan nie die bedreiging van toenemende sake en inperkings bekostig nie en dit terwyl buitelandsetoeristekansellasies nou die hoogte inskiet. Verblywend was darem die afkondiging tydens Sondagaand se ‘familievergadering’ deur ons president, mnr. Cyril Ramaphosa, dat vlak 1 van die grendelstatus vir eers van toepassing sal wees afhangende van die infeksiekoers in die komende paar weke. Heelwat oorsese toeriste moes inderhaas terugkeer na hul tuislande as gevolg van die onsekerheid wat die 4de vlaag van die pandemie mag bring. Die President het ook ‘n ernstige pleidooi aan alle Suid-Afrikaners gerig om vir die Covid-19 virus ingeënt te word. Die vraag op almal se lippe is: "Gaan inenting verpligtend raak?" Hierdie besluit deur die regering kan geweldige regs-, etiese en politieke uitdagings tot gevolg hê. Dit is dan ook ‘n tydperk waar ons, ons kinders se vrese rakende die pandemie weer moet aanspreek. Dit is belangrik dat ons vir hulle ‘n veilige omgewing skep om daaroor te praat sodat hulle die angs wat die 4de vlaag van die pandemie bring, kan oorkom.

Op Woensdag, 1 Desember, het ons al die Gr. 1’s van 2022 saam met hul ouers vir ‘n heerlike piekniek by die skool agter op die sportveld ontvang. Die samesyn met ouers en die opwinding onder die Gr. R’e maak ons weer van vooraf baie opgewonde om hulle volgende jaar by die ‘groot’ skool te ontvang sodat hulle nuwe reis om hulself te wees, kan begin. Laerskool Jan van Riebeeck is ‘n unieke skool met ‘n plattelandse gevoel in die middel van die stadskom van een van die bedrywigste stede ter wêreld. Ons is ‘n waardegedrewe skool aan die voet van die ikoniese Tafelberg en trots Afrikaans. Ons is vanjaar ‘n 100 jaar oud, en mag ons, ons leuse van "Wees Jouself" as padwyser vir die volgende 100 jaar uitleef. Graad 1’s van 2022, ons kan nie wag om julle volgende jaar te ontvang nie.

Vandag vind ook die prysuitdelings vir die gronslagfase (grade 1 - 3) plaas waartydens ons erkenning aan al ons junior Jannies gee sonder om enige leerder spesifiek uit te sonder. Elke leerder se sertifikaat vertoon hul onderskeie prestasies en wil ons elkeen hartlik gelukwens met hul harde werk en toewyding die afgelope jaar. Ons is saam met julle as ouers/voogde baie trots op ons Jannies! Laat my ook toe om die opvoeders en personeel te bedank vir die waardevolle rolle wat hulle in elke Jannie se lewe die afgelope jaar gespeel het. Volgende week is daar baie opwinding op die agenda met Intersen-prysuitdelings, atletiek en afskeidsfunksies. Ons sien ook baie uit om al ons ouers/voogde by die prysuitdelings te ontvang. Ons het spesiaal ons skoolsaal laat uitverf vir die belangrike okasies, maar a.g.v. die stygende Covid-infeksies, wil ons nie kanse vat om voor die Desembervakansie in 'n vertrek bymekaar te kom nie. Die prysuitdelings sal buite geskied sodat ouers dit steeds kan bywoon. Hier is solank 'n voorskou van ons nuut-geverfde saal!
Graag sluit ek met die volgende aanhaling deur Christopher Reeve (Superman) oor hoop af: Al lyk dinge op die stadium nie so rooskleurig nie, weet ons dat hoop alles oorwin.

"Once you choose hope,
anything is possible!"

ALGEMEEN

Klerebank: Tweedehandse klereverkoping

Verkope van tweedehandse skoolklere vind by die klerebank op 6 Desember om 7:30 – 8:30 en 11:45 - 13:30 plaas.

Die meerderheid items is 6-10 jaar.

Te koop

R10:
Hoede, skoene en skoolhemde (kortmou en langmou)

R20:
Grys kortbroeke en oortrui grootte 28 en 30
Grys langbroeke en Langmoutrui groottes 28 en 30

Gratis:
Grys kouse

Omgee-projek

Ons skool neem aan ‘n uitreikprojek deel om skoolbenodigdhede wat volgende jaar nie meer gebruik word nie nl. skoolklere en skryfbehoeftes aan ‘n skool in Ysterplaat te skenk. Die behoefte is so groot dat selfs skooltasse wat nie meer gebruik word nie, 'n nuwe huis sal kan kry. Moet asb. nie bekommerd wees oor ons skool se wapen op die skoolklere, ens. nie aangesien ons dit gaan verwyder voordat die aflewering sal geskied. Ons sal dit opreg waardeer indien enige van hierdie items geskenk kan word. Bring dit gerus voor of op Maandag, 13 Desember, na juf. Marietjie de Kock se klaskamer. Baie dankie vir die samewerking in hierdie verband.

Hoe om buitemuurse foto’s te bestel:

  • Stap 1: Voltooi ALLE inligting op die fotokoevert.
  • Stap 2: Voorbeelde van ALLE foto’s is in die glaskas by die damesbadkamers opgesit.
  • Stap 3: Kies die foto’s wat jy wil bestel en skryf dan die KORREKTE KODE onder die foto op die koevert.
  • Stap 4: Plaas die korrekte bedrag geld in die koevert en stuur dit terug skool toe.
  • LAASTE DAG VIR BESTELLINGS: Maandag, 6 Desember 2021
Bestel ook aanlyn deur HIER te kliek. Die kode om aanlyn te bestel is JVR2020

Skooltye na eksamen

Let wel dat die skool die volgende tye sal uitkom na eksamen totdat die skool sluit:
  • Vrydag, 3 Desember 2021 - 13:00 (Gr.1-3) en 13:15 (Gr.4-7)
  • Maandag, 6 Desember 2021 - 13:00 (Gr.1-3) en 13:15 (Gr.4-7)
  • Dinsdag, 7 Desember 2021 - 13:00 (Gr.1-3) en 13:15 (Gr.4-7)
  • Woensdag, 8 Desember 2021 - 13:00 (Gr.1-2) by die skool, ongeveer 14:00 (Gr.3-7) by die Hoërskool se veld
    *Die skool sal 'n WhatsApp op die dag stuur sodra ons 'n meer definitiewe tyd vir die Gr.3-7's het.
    *Leerders wat by Nasorg is, sal met die skoolbus teruggebring word skool toe.
  • Donderdag, 9 Desember 2021 - 13:00 (Gr.1-3) en 13:15 (Gr.4-7)
  • Vrydag, 10 Desember 2021 - 14:00 (Gr.1-7) by die Hoërskool se veld
    *Die skool sal 'n WhatsApp op die dag stuur sodra ons 'n meer definitiewe tyd vir die Gr.1-7's het.
    *Leerders wat by Nasorg is, sal met die skoolbus teruggebring word skool toe.
  • Maandag, 13 Desember 2021 - 13:00 (Gr.1-3) en 13:15 (Gr.4-7)
  • Dinsdag, 14 Desember 2021 - 13:00 (Gr.1-3) en 13:15 (Gr.4-7)
  • Woensdag, 15 Desember 2021 - 10:30 (Gr.1-3) en 10:45 (Gr.4-7)
*Die bus vertrek altyd 5 minute na die Gr.4-7-leerders verdaag.

KULTUUR

Unisa musiekteorie-uitslae

Baie geluk aan die volgende leerders met hul puik musiekteorie-uitslae:

Luca Zulch (Gr.7): Unisa Gr.4, 95%
Adele Holtzhausen (Gr.6): Unisa Gr.3, 100%
Stephan Holtzhausen (Gr. 4): Unisa Gr. 2, 92%
Stella Zulch (Gr.4) Unisa VGr.1, 100%

Juf. E. Slabber

Tafelberg Kinderkoor

SPORT

Atletiekprogramme

Kliek op die programme hieronder om elkeen oop te maak:
Velditems, 8 Desember:
Atletiekprogram 8 Des - Velditems
Baanitems, 10 Desember:
Atletiekprogram 10 Des - Baanitems

Elf Jannies vir WP-tennisproewe genooi!

Ons tennisprogram is besig om wonderlik by die skool te groei en ons begin stof in verskeie groter skole se oë skop. Elf van ons leerders (gr. 3 - 7) is genooi om die naweek aan Kaapstad (ou WP) proewe deel te neem.

Baie geluk aan die volgende leerders:

O/10:
Ané Swanepoel (gr. 4), Jeanne van Heerden (gr. 3), Stella Pansegrouw (gr. 3), Adriaan Wessels (gr. 4), Gustav van der Linde (gr. 4) en Nils le Roux (gr. 3)

O/11:
Klara Maree (gr. 5) en Dawid-Wiese Viljoen (gr. 5)

O/12:
Gustav Pansegrouw (gr. 6)

O/14:
Mia Symington (gr. 7) en Fredrich Erasmus (gr. 7)

Hulle ding mee om vir die 2022 Kaapse Metro Skole Tennis Spanne gekies te word. Baie sterkte aan elkeen van die spelers. Julle laat ons Jannie-harte baie trots klop.

James is nie bang vir modder nie

James Marais (gr.3) het die afgelope naweek aan die tweede en finale rondte van die Enduro Western Cape reeks vir 2021 deelgeneem. James het tweede plek in sy ouderdomskategorie (Nipper Boys) behaal.
Die wedren het drie tydtrajekte gehad wat tot die totale tyd bygedra het. Die dag op die fietse was so 15km se totale ry, met 500m se vertikale klim. As gevolg van die onverwagse reën, was dit maar ‘n modderige en glyerige affêre. Baie geluk, James. Dis wonderlik om te sien hoe ons Jannies ook buite die skool presteer!

Jannie gimnaste presteer by Wes-Kaap kompetisie

Gedurende die naweek van 15 & 16 Oktober het die Wes-Kaap Vlak 1-3 gimnastiekkampioenskappe in Saldanhabaai plaasgevind. Daar het ongeveer 450 gimnaste deelgeneem.

Mia van Zyl (Gr.3) is deel van die Mega Gimnastiekakademie en Stella Pansegrouw (Gr.3), deel van Gordons gimnastiekakademie, het beide aan die vlak 3-kompetisie vir hul ouderdomsgroep deelgeneem.

Dit was 'n uiters moeilike en mededingende kompetisie met gimnaste van regoor die Wes-Kaap wat deelgeneem het. Mia en Stella moes 'n roetine op elk van die vier verskillende apparate doen (vault, bar, floor en beam). Mia se algehele punte het verseker dat sy goud op vlak 3 gewen het. Sy was ook die toppresteerder van Mega gimnasium waar sy die enigste gimnas is wat goud op vlak 3 gewen het. Stella se algehele punt het verseker dat sy 'n silwer medalje gewen het.

Baie geluk aan beide die dogters. Dit is ongelooflike prestasies!

Zuletha voltooi die Velddrif myl

Op Saterdag, 20 November, het Zuletha Ferreira (gr.5) aan die Velddrif myl deelgeneem. Deelnemers moes 'n myl (1,6km) in die Port Owen kanale swem. Die watertemperatuur was tussen 15 en 17 grade, en die gety was in die guns van die deelnemers. Zuletha het in 'n wetsuite geswem en dit was haar eerste oopwater swembyeenkoms.

Die helder water van 'n swembad met lyne vir rigtingaanwysers is verruil vir donker koffiekleur, souterige water met seegrasse wat jou voete kielie. Zuletha was baie gelukkig om Kayla Stoffberg, 'n voormalige Jannie wat tans matrikuleer by Hoërskool Jan van Riebeek, as swemmaat te kon hê. Zuletha het die myl (1,6km) in 'n tydperk van 37:13 voltooi. Volgens ons navorsing was Zuletha een van die jongste deelnemers gewees. Daar het 27 vroue en 19 mans aan die Velddrif myl deelgeneem. Baie geluk Zuletha, jy sal verseker vir baie van die onderwysers en kinders in die skool wegswem.

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies 3 Desember 2021

Kliek HIER vir die Jannies besigheidsregister

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
MailPoet