Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Skooler: Wenke & Kennisgewings

Wenke:
  1. Indien jy meer as een kind in die skool het, kan jy jou ander kind(ers) se profiel(e) en boodskap groepe sien deur op die pyltjie langsaan jou kind se naam bo-aan die toep te kliek en 'n ander kind se naam te kies.
  2. Wanneer jy 'n "assignment" met 'n aangehegsel van 'n onderwyser af kry, kliek op die Assignment opskrif onderaan met die pyltjie om die aanhegsels te sien.
  3. Indien jy tans nie 'n Skooler kennisgewing (notifications) op jou selfoon ontvang nie, volg asb. die volgende stappe:
    • Tik op die menu icon links bo in die Skooler toep.
    • Kies 'Settings' in die opsielys.
    • Tik op 'Test' langs die 'Test push notifications' opsie.
    • Indien jy nie die toets kennisgewing van Skooler ontvang nie,  maak asb. seker dat Skooler kennisgewings in jou selfoon se kennisgewing settings aangeskakel is. 
    • Indien jy steeds hiermee sukkel, stuur gerus 'n e-pos na suzaan@jvrprim.co.za.
Kennisgewings:
  1. Ons is tans besig om die sportgroepe in Skooler op te stel. Sodra dit binne die volgende week afgehandel is, sal die sportboodskappe in Skooler ontvang word.
  2. Ons is ook besig om al die datums in die Skoolerkalender te laai. Gebruik gerus intussen nog die ou Google Kalender of Webdagboek om al die datums te sien.
  3. Enige persoonlike besonderhede wat deur die loop van 'n week in myJvR verander is, word Vrydagoggende na die Skooler platform opgelaai. Maak dus asseblief seker dat jou kontakbesonderhede in myJvR altyd op datum is.

KULTUUR

Redenaarsinligtingsessie, 4 Feb

Jy kan nog steeds vandag vir Andri de Villiers laat weet indien jy môre die sessie wil bywoon.
Sien die foto hieronder vir meer inligting.

SPORT

Atletiek: Maandag, 6 Februarie

Maandag, 6 Februarie, neem ons aan die jaarlikse interskole by Hoërskool Jan van Riebeeck deel. Die interskole groei jaar op jaar en hierdie jaar is dit die eerste keer dat daar 10 skole op die dag gaan deelneem. 73 Van ons atlete neem deel en dit beloof om ‘n opwindende dag te wees.
  • Alle atlete moet asb. Maandag reeds om 07:30 in hul atletiekklere by die skool aanmeld. Atlete sal met skoolbusse na die veld vervoer word.
  • Toegang vir die atlete is gratis en toeskouers betaal 'n ingangsfooi van R20.
  • Daar is geen parkering by die hoërskool nie, dus vra ons dat enigiemand wat die dag wil bywoon van publieke vervoer of Uber gebruik maak.
  • Die eerste item skop om 08:30 af en ons sal om ongeveer 14:45 klaar wees.
  • Daar sal iets op die dag te koop wees en ons vra dat almal ‘n geldtjie inpak. Onthou asb. jou sonskerm en hoed.
Ons wens vir elke atleet alle sterkte toe.

Ons wil spesiaal vir meneer Hanekom bedank wat baie ekstra ure ingesit het om die byeenkoms moontlik te maak.

Kliek op die foto vir die program:
Atletiek Feb 2023

ALGEMEEN

Valentynsdag, 14 Feb

Sien die foto hier onder:

Roomysverkope

Sien die foto hier onder.
*Plakaat ontwerp deur Jacques Viljoen (gr. 7S)
Roomysverkope 2023

TERUGVOER

Leah de Kock presteer in klaviereksamen

Leah de Kock (gr. 6) slaag die Trinity graad 4 klaviereksamen met 87%. Dit is 'n puik prestasie en ons is baie trots op haar. Baie geluk, Leah!

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Februarie-maand het die afgelope week skielik sy onverwagse opwagting gemaak en onmiddellik dink ‘n mens waarheen het Januarie dan nou so vinnig verdwyn. Weereens kom ons tot die besef dat tyd spreekwoordelik verby vlieg en vir niemand wag nie. Dus beveel ek aan dat indien jy nog iets spesiaal beplan om te doen, moenie wag nie, doen dit sommer dadelik!

Graag wil ek almal bedank vir al die mooi verjaardagwense wat ek ontvang het. Ek het op Saterdag, 28 Januarie, saam met die ouer- en kindsportdag verjaar, maar is reeds vanaf Vrydag, 27 Januarie, tot in die afgrond deur die leerders en personeel bederf. Dit is seker die lekkerste voordeel van skoolhoof wees om veral deur die leerders bederf te word. Ek wens julle kon die spesiale dag saam met my beleef. Dit was kosbaar en sal my altyd by bly. Suné Alberts (gr. 7-juffrou) verjaar ook op Saterdag, 28 Januarie, en ons twee het heerlik saam met al die leerders wat ook daardie dag verjaar, feesgevier. Dit was verblywend om te sien hoeveel ouers het saam met hul kinders opgedaag om aan die sportdag deel te neem. Nie eers die gure weer kon die opgewondenheid en gees gedemp nie. Ek glo natuurlik dat die koeler weer en ligte reën wat uitgesak het, was ‘n bedekte seën, want dit het al die warm gespeelde liggame help afkoel. Hierdie sportdag gaan beslis ‘n jaarlikse instelling op die 2de Saterdag van die nuwe akademiese jaar word. Hierdie geleentheid was die perfekte geleentheid vir leerders, ouers en personeel om sommer lekker gees te vang en die jaar op ‘n hoogtepunt af te skop. Groot dankie aan die personeel wat as beamptes en spelers opgetree het asook registrasies en die snoepieverkope hanteer het.
Op Dinsdag, 31 Januarie 2023, het ons leerderraad hul balkies tydens die weeklikse saalbyeenkoms ontvang. Baie dankie aan hul ouers wat die spesiale geleentheid bygewoon het om die balkies vir hul kinders aan te steek. Ons beste wense vergesel die leerderraad vir hul belangrike rol as leiers in ons skool.

Die afgelope week het ons ook met wedstryde vir krieket en tennis begin. Graag wil ek melding van ons uitstekende tennisuitslae op Woensdag, 01 Februarie, maak. Ons eerste seunstennisspan het LS Durbanville se eerste seunspan met 4 – 2 gewen. Ons 2de seunstennisspan wen LS Van Riebeeckstrand met 5 – 1. Welgedaan spelers en afrigters.

Maandag, 06 Februarie 2023, geskied die interskole atletiek by Hoërskool Jan van Riebeeck se velde. Sterkte aan al ons atlete en afrigters. Baie dankie aan Leon Hanekom wat aan die stuur van sake by die interskole staan.

Dit is dan my voorreg om die volgende drie oud-Jannies wat as die gr. 8-lede van die VRL by Hoërskool Jan van Riebeeck verkies is, hartlik en trots geluk te wens:
  • Helene Greeff
  • Sebastian Senekal
  • Albert Griesel
Laat my ook toe om die skoolhoof, Pieter Rademeyer, en sy personeel hartlik geluk te wens met hul puik matriekuitslae van 2022. Drie van hul volgende vakke het landswyd die Top 20 plekke behaal:
  • Fisiese Wetenskap – 8ste plek
  • Wiskunde – 10de plek
  • Afrikaans – 11de plek.
Pieter ontvang op 16 Februarie 2023 ‘n spesiale nasionale toekenning in Centurion vir sy skool se puik matriekuitslae. Ons is saam met Hoërskool Jan van Riebeeck trots op die merkwaardige akademiese prestasies en wens Pieter en sy personeel ‘n wonderlike en suksesvolle 2023 toe. Baie geluk met die puik werk en suksesse van die afgelope tyd!

Ons oud-leerders presteer ook in ander skole en graag wil ons Lizaan Swartz wat as die 2023 Hoofdogter en Edward Bock wat as ‘n prefek te Hoërskool De Grendel verkies is, voorspoed toewens.

Graag sluit ek af met die volgende aanhaling oor groei-ingesteldheid deur Samual Johnson en wens vir julle ‘n wonderlike naweek toe:

"Great works are performed not by strength, but by perseverance!"

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies 3 Februarie 2023
Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet