Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Skooler: Instruksies vir aflaai

  1. Skooler is die toep wat ons gaan gebruik om met ouers te kommunikeer, leerders se opdragte en beplanning te laai en datums beskikbaar te stel.
  2. Ouers moet asb. Skooler Parent aflaai.
  3. Wifi: Indien julle nie internet by die huis het nie, kan julle tot volgende week Vrydag, 3 Februarie, aan die skool se wifi konnekteer om die toep af te laai:
    • JvR Guest
    • Wagwoord: 24Jan2023
  4. Soek JvR nadat dit afgelaai is.
  5. Kies die Activate my account opsie langsaan First-time user?
  6. Tik die e-posadres / selfoonnommer wat die skool van jou het, in.
  7. Tik die kode wat aan jou gestuur is, in.
  8. Skep ‘n wagwoord.
  9. Teken in.
  10. Indien iemand sukkel om in te teken of die toep af te laai, stuur gerus ‘n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za
  11. Om Skooler op 'n rekenaar te gebruik, volg hierdie instruksies:
    • Tik Skooler in by jou soekenjin en kliek op die https://skooler.com webtuiste.
    • Kliek Login regs bo.
    • Kliek op die Home Parents blok.
    • Tik in JvR om die skool te soek.
    • Indien jy reeds op jou selfoon geregistreer het, kan jy inteken met jou e-posadres en wagwoord. Indien jy nog nie het nie, kan jy op Activate my Account kliek.

AKADEMIE

Teams wenk: Ouers en kinders wat toestelle deel

Ouers wat met Teams en Outlook werk en 'n toestel met hul kind(ers) deel, moet eerder probeer om kinders aanlyn in te teken as om op die toeps te probeer om meer profiele by te voeg. Dit is nie maklik om tussen twee rekeninge op die toeps te beweeg nie. Maak jou soekenjin oop en soek Teams of Outlook om jou kind(ers) te laat inteken. Stuur 'n e-pos aan Suzaan (suzaan@jvrprim.co.za) of Leon (leon@jvrprim.co.za) indien jy hiermee sukkel.

KULTUUR

Redenaarsinligtingsessie, 4 Feb

SPORT

Ouer- en kindsportdag

Saterdag, 28 Januarie, hou ons ‘n ouer- en kindsportdag op die Conradieveld. Dit is ‘n geleentheid waar ouers en kinders aan aktiwiteite saam kan deelneem terwyl ons sosiaal verkeer. Daar is 6 aktiwteite wat op die dag aangebied word: Sokker, Tag-rugby, Mini-krieket(sagte bal), netbal-doelkompetisie en 2 grasnetbalbane vir netbal.

Verloop van die dag:
  • Registrasie begin om 07:30.
  • ‘n Tydgleuf word volgens registrasie aan spanne toegeken.
  • Eerste rondte begin om 08:15.
  • Elke rondte is ongeveer 30 min. lank.
  • Laaste rondte begin om 11:45.
Algemene reëlings:
  • Toegang is gratis.
  • Spanne bestaan uit 6 spelers, ongeag die aktiwiteit. Die spanne bestaan uit 3 ouers (volwassenes) en 3 kinders van dieselfde ouderdom/graad.
  • Spanne is welkom om op ‘n kreatiewe manier aan te trek. Indien jy nie vooraf by ‘n span betrokke is nie, mag jy enige gemaklike sportdrag dra.
  • Spanne kan aan enige hoeveelheid aktiwiteite deelneem.
  • Alle aktiwiteite word kaalvoet of met tekkies gespeel. Geen tokse (sokker/rugby) word toegelaat nie.
  • Daar sal nie ‘n wenspan per aktiwiteit wees of ‘n wenner vir die dag aangedui word nie.
  • Aangepaste reëls sal op die dag vir alle aktiwiteite gevolg word.
  • Alle toerusting word deur die skool voorsien. (bv. balle, kolwe en bibs)
  • Noodhulp sal beskikbaar wees.
  • Daar sal verversings op die dag te koop wees bv. pizza, koffie, tjipstokkies en snoepie.
  • Braaidromme en hout sal na afloop van die dag beskikbaar wees vir almal wat iets op die kole wil gooi.
  • Bring gerus kampstoele en komberse saam.
  • Daar sal geen parkering binne die veld beskikbaar wees nie. Daar is ook beperkte parkering in die strate. Maak asseblief sover moontlik van rygeleenthede gebruik.
Indien enige iemand pryse vir gelukkige trekkings wil borg, kan hulle die sportkantoor kontak.

Ons sien uit om die dag saam met almal te spandeer.

Kliek HIER of op die foto hieronder vir meer inligting.
Sportdag 28 Jan 2023

Atletiek: Aflosspanne

Alle leerders wat by die Interskole (6 Februarie) aan aflos deelneem, moet Maandag, 30 Januarie, en Donderdag, 2 Februarie, om 06:30 by Hoërskool Jan van Riebeeck se sportvelde aanmeld vir oefening.

Daar sal busvervoer wees om die atlete terug na die skool te neem.

Baie dankie vir almal se samewerking.

ALGEMEEN

Roomysverkope

*Plakaat ontwerp deur Jacques Viljoen (gr. 7S)
Roomysverkope 2023

SA CHILDREN'S HOME VIRTUAL WINE AUCTION

Beste Ouers

Op 1 Februarie 2023 om 19:00 hou die SA Kinderhuis 'n aanlyn wynveiling om fondse vir die basiese daaglikse benodighede van die kinders in te samel.

Soos julle weet is daar 'n paar Jannies in die SA Kinderhuis en dus lê die initiatief na aan ons hart.
Ons vra u graag om die kinders in die SA Kinderhuis te ondersteun deur aan die fondsinsameling-initiatief deel te neem en ook die geleentheid te hê om heerlike wyne te koop.

Daar gaan rondom 50 lotte wees en elke lot gaan saam met 'n kunswerk van 'n kind verkoop word.

Om te registreer vir die veiling wat op Whatsapp gaan plaasneem, volg asseblief die skakel of WhatsApp 0814460433 met jou besonderhede. Jy sal op 'n WhatsApp-groep geplaas word en ons sal vooraf die lys van wyne, whiskeys, rum en die kunswerke wat gaan beskikbaar wees, aanstuur.

Kliek HIER om solank 'n paar voorbeelde van die lotte te sien.

Groei-ingesteldheid

Met verandering kom spanning. Hierdie ontwikkelingsproses skep fantastiese groeigeleenthede. Ons het gedurende 2022 die behoefte identifiseer om ons skoolgemeenskap te help om veranderinge en uitdagings beter te hanteer deur ‘n groei-ingesteldheid te ontwikkel.

Die WKOD het ‘n baie oulike ‘growth mindset’ program ontwikkel waarby ons as loodskool hierdie jaar betrokke is. Natuurlik sal ons meer as verwag doen en hierdie platform gebruik om alle fasette van skool te integreer. Ons doel is om ‘n skoolgemeenskap te ontwikkel wat deursettingsvermoë, wilskrag, empatie, goeie kennis oor jouself, ‘n behoefte aan leer en ontwikkeling en ‘n ingesteldheid van groei, uitleef. Om regtig jouself te wees, moet ons ruimte vir ontwikkeling skep. Navorsing toon dat breinontwikkeling slegs kan plaasvind indien uitdagende take aangepak word.

Ons streef daarna om leerders se ingesteldheid te vernuwe sodat hulle …
  • nie bang sal wees om foute te maak nie – om waagmoed te toon;
  • vrae sal vra al klink dit ‘dom’;
  • nie bekommerd sal wees oor hoe hulle sal ‘lyk’ indien ‘n nuwe vaardigheid/projek aangepak word nie;
  • probeer - al voel dit asof hy/sy nie ‘kan’ nie;
  • uitdagings aanvaar / aangryp;
  • allerhande metodes vind om ‘n probleem op te los
  • positiewe gesprekke met ‘self’ voer
  • ingesteldheid om te leer en te ontwikkel
  • daagliks nuwe konsepte en vaardighede aan te leer
Met hierdie oulike karakters (Brein, Katie en Mojo) sal ons die leerders se aandag gevestig hou om in ons doel te slaag.
Maak gerus van hierdie ingesteldheid tuis ook gebruik sodat ons spoedig ‘n algehele omgewing van ‘ek kan nog nie nou nie, maar ek sal nog kan’ kan skep.

Ouerhandleiding 2023

Ons het hierdie jaar slegs vir graad 1-leerders en nuwe ouers 'n hardekopie ouerhandleiding uitgedeel. Kliek HIER of op die foto hier onder vir die elektroniese weergawe. Kliek op die opskrifte in die inhoudsopgawe om te navigeer na die regte bladsy en kliek aan die onderkant van bladsye op Terug na Inhoudsopgawe om terug na die begin te gaan. Die Ouerhandleiding is ook beskikbaar op die webtuiste onder SKOOL, RIGLYNE EN TOELATING.

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Met die aanvang van die 2de week van die kwartaal is alle skoolaktiwiteite in volle swang. Laasjaar die tyd was daar nog so ‘n bietjie bekommernisse oor COVID, maar vanjaar is daar nie sprake daarvan nie en kan ons as ‘n skoolgemeenskap weer ‘normaal’ funksioneer.

Op Maandag, 23 Januarie 2023, het die somer buitemuurse program amptelik afgeskop en ons is aangenaam verras met die opkoms van leerders wat aan die verskillende somersportkodes wil deelneem. Baie dankie aan al die ouers/voogde vir julle aandeel om jul kinders te motiveer om vanjaar aktief te wees en aan skoolsport deel te neem deur dit saam met hul maats te geniet.

Graag wil ek al ons ouers/voogde wat die inligtings- en bekendstellingsaand op Dinsdag, 24 Januarie 2023, bygewoon het hartlik bedank en gelukwens met die opkoms. Dit is werklik ‘n riem onder die hart om te sien dat soveel ouers/voogde werklik betrokke by sy/haar kind se skool wil wees en dit koester om deel te wees van ‘n spesiale skoolgemeenskap wat omgee. Laat my toe om ons OOV-voorsitter, Ria Hertzog, en haar span (Esna Boshoff en Elette Symington) vir die puik reëlings en harde werk hartlik te bedank wat die sukses van die aand verseker het. Die samesyn was kosbaar en die positiewe ‘gees’ onder die ouers/voogde was amper tasbaar. Die doel van die aand was natuurlik om inligting oor jou kind/ers se nuwe graad oor te dra, asook om die personeel bekend te stel. Ek dink almal stem saam dat die geleentheid absoluut die regte geleentheid was om die jaar op ‘n hoogtepunt af te skop. Ek glo ouers/voogde het die geleentheid gebruik om mekaar beter te leer ken, veral die graad 1-ouers asook al die nuwe ouers en daardeur nuwe vriendskappe te bewerkstellig.

Die pret vir die week stop egter nie by Dinsdagaand nie, dus glo ek dat ek weer almal môre tydens die ouer- en kindsportdag by die Conradieveld sal sien. Ouers en kinders word op die dag in spanne van 6 lede in gedeel wat bestaan uit 3 volwassenes en 3 kinders. Julle kan aan sokker, mini-krieket, ‘tag-rugby’ en veldnetbal deelneem. Neem gerus deel, geniet die dag saam met jou kind/ers en indien jy bekommerd is oor ‘n ‘ou’ besering, ons gaan spesiaal van professionele noodhulp gebruik maak. Daar sal ook heerlike koffie, eet (Pizza) - en drinkgoed te koop wees. Braaidromme gaan ook uitgepak word indien julle na afloop van die sportdag (vanaf 12:00) wil braai en lekker saam kuier. Bring dus gerus jou smaaklike ‘skaaptjoppies’ en ander verversings saam. By voorbaat dankie dat julle die dag gaan ondersteun. Ek glo dit gaan ‘n jaarlikse instelling word. Groot dankie aan die personeel wat as beamptes gaan optree asook registrasies en die snoepieverkope gaan hanteer.

Graag sluit ek af met die volgende aanhaling oor groei-ingesteldheid deur Sherman Finesilver en wens vir julle ‘n wonderlike naweek toe:

"Don’t worry about failure.
Worry about the chances you miss
When you don’t even try!"

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies 27 Jan 2023
Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet