Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Hartlik welkom terug by die skool. Groot opwinding met hoë energievlakke het op Woensdagoggend, 18 Januarie 2023, tydens die opening van die skool na die heerlike somervakansie geheers. Ons graad 1’s is spesiaal met ope arms deur die leerderraad ontvang en na hul onderskeie klaskamers vergesel. Dit was so lekker om ook al ons ouers te verwelkom, blad te skud en sommer net lekker te gesels oor die vakansie en die jaar wat voorlê.
Ek hoop en vertrou almal het ‘n heerlike vakansie en ‘n geseënde Kerstyd saam met familie en vriende geniet. Ek glo almal se spreekwoordelike batterye is ten volle herlaai en slaggereed om die nuwe jaar aan te pak. Sterkte ook met al die nuwe jaar voornemens!

Graag rapporteer ek dat al ons personeel veilig terug is na die lang vakansie, uitgerus en gereed om jul kinders te onderrig en te ondersteun om seker te maak dat elke Jannie sy/haar skooljaar sal geniet. Ons streef daarna dat elke leerder sy/haar volle potensiaal bereik teen die tempo waarteen elke leerder individueel ontwikkel. Laat my ook toe om die volgende nuwe personeel hartlik by die JvR-familie te verwelkom:
  • Naomi Uys (Gr. 2)
  • Ilse-Marie Holtshauzen (Gr. 4)
  • Erick Snyman (Gr. 5)
  • Suné Swanepoel (Kodering en Robotika)
  • Jua-Mari Strehler (GF-klasassistent)
  • Charmlynn Hendricks (GF-klasassistent)
Maak asseblief seker dat jy volgende week op Dinsdagaand, 24 Januarie 2023, vanaf 18:00 die bekendstellingsfunksie en inligtingsaand by die skool bywoon sodat julle ook al die nuwe personeel kan ontmoet. Die program vir die aand werk as volg:
  • 18:00 – Inligtingsgesprek met klasonderwyser in klaskamer soos deur onderwysers gereël.
    Benut assseblief dié geleentheid om jou kind se leeromgewing te sien en die roetines / stelsels binne-in die klas te verstaan. Ons gaan ook die akademiese verwagting vir die graad deurgee. Onderwysers moet egter direk na afloop van die vergadering in die saal wees vir die bekendstellingsfunksie. Individuele afsprake sal op ‘n latere stadium met ouers gemaak word sodra die basislynassesserings voltooi is.
  • 18:45 – Almal verdaag saal toe vir ons algemene inligtings- en bekendstellingsvergadering.
Na afloop van die bekendstellingsfunksie sal heerlike etes geniet word. Ek sien baie uit na die heerlike samewyn.

Ons begin ook vanjaar vroeër met ons sportoefeninge. Die atletiekspan het alreeds vanaf Woensdag, 18 Januarie, begin oefen ter voorbereiding van die Interskole atletiekbyeenkoms wat op 06 Februarie plaasvind. Die somersport-buitemuurse program skop dan amptelik op Maandag, 23 Januarie 2023, af. Hou asseblief Saterdagoggend, 28 Januarie 2023, oop waartydens ons ‘n ouer-kind informele sportdag by die Conradieveld gaan aanbied. Die doel hiervan is om pret saam met jou kind te hê terwyl ouers ook die geleentheid kry om sommer ook mekaar beter te leer ken en saam die jaar behoorlik af te skop met lekker gees en opwinding.

Graag sluit ek af en wens julle ‘n wonderlike en voorspoedige 2023 toe. Geniet saam met jou kind/ers hul nuwe graad en leerervaring. Mag julle ‘n heerlike naweek geniet.

Vriendelike groete

Naas Beets

SKOOLHOOF

VIR AANDAG

Skooldrag 2023

Die proses om skooldrag aan te pas is voorwaar opwindend! Die meeste van ons graad 1’s dra reeds hul nuwe skooldrag en hulle lyk pragtig. Baie dankie aan elkeen se geduld en ondersteuning met hierdie proses. Ons moet altyd onthou dat verandering nie maklik is nie, maar wel nodig is om vooruit te gaan. Iets waarna ons konstant streef.

Wees asseblief gemaklik om jou kind enige van die skooldrag wat nog pas, te laat dra. Dit beteken dat hulle wel LO-drag mag dra. Sodra al die nuwe klere versprei is, sal dit verpligtend vir almal wees om dieselfde te lyk. Ons het van die begin af geweet dat dit deel van hierdie jaar se skooldrag sal wees.

Die dra van die donkerblou feeshempies word eintlik nie meer toegelaat nie. Indien jou kind se ander skooldrag te klein is en die feeshempie die enigste hempie is wat pas, dra dit gerus. Wees asb. egter net bewus dat daar nie meer ‘n spesiale drag vir Vrydae sal wees soos ons tydens 2021 en 2022 met die dra van die feeshempie gehad het nie.

Sivvies sal steeds op die laaste Vrydag van elke maand gratis gedra mag word.

Loer dan ook na jou kind se haarbykomstighede. Dit moet donkerblou wees.
Oorbelle: klein, dun ringetjies met fyn knobbels (studs). Geen steentjies of ander patroontjies nie.
Geen ander juweliersware mag gedra word nie.

Nuwe kommunikasietoep

Ons is opgewonde om by Dinsdagaand se inligtingsessie ons nuwe kommunikasietoep, genaamd Skooler, aan julle bekend te stel. Dit word die primêre kommunikasiekanaal tussen die skool en ouers en gaan julle ook toegang tot die skool se kalender en jul kinders se huiswerk en opdragte gee. Dus is dit baie belangrik dat julle die aand bywoon om meer inligting daaroor te ontvang. Die toep sal tydens die inligtingsessie afgelaai kan word.

Ouerhandleiding 2023

Ons het hierdie jaar slegs vir graad 1-leerders en nuwe ouers 'n hardekopie ouerhandleiding uitgedeel. Kliek HIER of op die foto hier onder vir die elektroniese weergawe. Kliek op die opskrifte in die inhoudsopgawe om te navigeer na die regte bladsy en kliek aan die onderkant van bladsye op Terug na Inhoudsopgawe om terug na die begin te gaan. Die Ouerhandleiding is ook beskikbaar op die webtuiste onder SKOOL, RIGLYNE EN TOELATING.

Aanvaarbare gebruikbeleid

Leerders ontvang vandag 'n Aanvaarbare Gebruikbeleid hardekopie dokument wat ouers asb. saam met hul kinders moet deurlees, bespreek en onderteken. Dit handel oor die aanvaarbare gebruik van tegnologie en die internet by die skool en dus is dit baie belangrik om die kort beleid met jou kind te bespreek. Indien jou kind sy/haar dokument verloor of julle dalk verkies om dit elektronies in te vul en te stuur, kliek HIER vir die dokument en stuur dit aan suzaan@jvrprim.co.za. Hardekopieë kan by registeronderwysers ingehandig word.

KULTUUR

Seniorkoor

Die Seniorkoor oefen Saterdag, 18 Februarie, vanaf 09:00 - 13:00 by die skool. Hou asb. die datum oop.

SPORT

Ouer- en kindsportdag

Saterdag, 28 Januarie, hou ons ‘n ouer- en kindsportdag op die Conradieveld. Dit is ‘n geleentheid waar ouers en kinders aan aktiwiteite saam kan deelneem terwyl ons sosiaal verkeer. Daar is 6 aktiwteite wat op die dag aangebied word: Sokker, Tag-rugby, Mini-krieket(sagte bal), netbal-doelkompetisie en 2 grasnetbalbane vir netbal.

Verloop van die dag:
  • Registrasie begin om 07:30.
  • ‘n Tydgleuf word volgens registrasie aan spanne toegeken.
  • Eerste rondte begin om 08:15.
  • Elke rondte is ongeveer 30 min. lank.
  • Laaste rondte begin om 11:45.
Algemene reëlings:
  • Toegang is gratis.
  • Spanne bestaan uit 6 spelers, ongeag die aktiwiteit. Die spanne bestaan uit 3 ouers (volwassenes) en 3 kinders van dieselfde ouderdom/graad.
  • Spanne is welkom om op ‘n kreatiewe manier aan te trek. Indien jy nie vooraf by ‘n span betrokke is nie, mag jy enige gemaklike sportdrag dra.
  • Spanne kan aan enige hoeveelheid aktiwiteite deelneem.
  • Alle aktiwiteite word kaalvoet of met tekkies gespeel. Geen tokse (sokker/rugby) word toegelaat nie.
  • Daar sal nie ‘n wenspan per aktiwiteit wees of ‘n wenner vir die dag aangedui word nie.
  • Aangepaste reëls sal op die dag vir alle aktiwiteite gevolg word.
  • Alle toerusting word deur die skool voorsien. (bv. balle, kolwe en bibs)
  • Noodhulp sal beskikbaar wees.
  • Daar sal verversings op die dag te koop wees bv. pizza, koffie, tjipstokkies en snoepie.
  • Braaidromme en hout sal na afloop van die dag beskikbaar wees vir almal wat iets op die kole wil gooi.
  • Bring gerus kampstoele en komberse saam.
  • Daar sal geen parkering binne die veld beskikbaar wees nie. Daar is ook beperkte parkering in die strate. Maak asseblief sover moontlik van rygeleenthede gebruik.
Indien enige iemand pryse vir gelukkige trekkings wil borg, kan hulle die sportkantoor kontak.

Ons sien uit om die dag saam met almal te spandeer!

Somer Buitemuurse Sportprogram 2023

Kliek asb. HIER of op die foto hier onder vir die buitemuurse sportprogram.
Somer Buitemuurse Sportprogram 2023 preview

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies 20 Januarie 2023
Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet