Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Die tweede laaste week van die akademiese jaar is op Vrydag, 09 Desember 2022, met ‘n suksesvolle kleure-atletiekbyeenkoms (Baanitems) te HS Kampsbaai afgesluit. Die weer het wonderlik saam gespeel en met die pragtige Atlantiese Oseaan in die agtergrond kon ons atlete nie anders as om hul beste te lewer nie. Die kleurhuise het hul onderskeie gedeeltes van die pawiljoen pragtig verfraai en die gees het hoog geloop met die dirigente wat hul huise se energievlakke en vokale teenwoordigheid luidkeels aangemoedig het. Verblywend was die deelname aan vanjaar se byeenkoms en volgens rekords, was dit die hoogste deelname in ‘n baie lang tyd. Baie dankie aan al die ouers/voogde wat gehelp het met die voorbereiding van die pawiljoene asook almal wat die dag tot aan die einde ondersteun het. Baie geluk aan die Blouspan wat vanjaar as wenners aangekondig is. Hulle het as die super trotse span weggestap deur ook die geesbeker te verower. Geluk aan die Oranjespan wat die aflosbeker gewen het. Baie dankie aan ons atletiese ouers wat aan die gewilde aflositem deelgeneem het, maar (on)gelukkig was die onderwyserspan weer die dag op hul stukke. Gelukkig was daar geen beserings na afloop van die item nie. Baie geluk aan die volgende atlete wat die spesifieke trofees verwerf het:
  • Junior Victrix Ludorum: Cato Terblanché
  • Junior Victor Ludorum: Rafa Lamprecht
  • Senior Victrix Ludorum: Klara Steyn
  • Senior Victor Ludorum: Dawid-Wiese Viljoen
Gister het ons ook ‘n informele swemgala vir al ons swemmers wat deur die jaar ons swemoefeninge getrou bygewoon het, aangebied. Die swemmers het dit terdeë geniet en dit was heerlik om tydens skooltyd tyd in die swembad deur te bring. Baie dankie aan Razelle en Bibi vir hul puik reëlings.

Vandag sluit die skole na ‘n baie besig jaar propvol lekker aktiwiteite. Ons het ook vanoggend die leerderraad vir 2023 bekend gemaak. Baie geluk aan die volgende leerders (alfabeties) en sterkte met die belangrike rol wat julle volgende jaar moet vervul:
Agter v.l.n.r.: Liza Hertzog, Carmen Barnard, Jan-Willem Silvis, Liam Joubert, Dawid-Wiese Viljoen en Katia van Wyk. Voor v.l.n.r.: Gemma de Vries, Kerala Allewell, Mieke Huysamen, Stella Lamprecht, Johan Symington, Ruben Oosthuizen en Karlien van der Walt

So kom die gr. 7’s se laerskoolloopbaan vandag ongelukkig tot ‘n hartseer einde en lê daar ‘n baie opwindende tyd met die aanvang van hul hoërskoolloopbaan volgende jaar voor. Om afskeid te neem en totsiens te sê is nie maklik nie, maar soos hulle sê, is elke einde die voorloper van ‘n nuwe begin. Ek hoop en vertrou dat hulle hul laerskoollewensreis by ons terdeë geniet het. Mag hulle al die goeie en opwindende tye saam met kosbare maats, wat hulle oor ‘n tydperk van sewe jaar gemaak het, onthou asook die personeel wat ‘n groot rol in hul lewe gespeel het. Dit was ‘n wonderlike voorreg om hulle die laaste 2 jaar te leer ken en te sien ontwikkel. Hulle is merkwaardige en selfstandige leerders met baie empatie, eerlikheid, verantwoordelikheid, omgee, integriteit en mooi maniere. Ek is werklik trots op hulle en ek weet hulle is slaggereed om die hoërskool-arena met selfvertroue te betree. Ons Jannies sal altyd uitstaan, maak nie saak waar hulle hulself bevind nie en onthou om altyd hulself te wees. My beste wense vergesel hulle en mag hulle voortbou op hul sukses, hou aan groot droom en gaan uit om ‘n verskil in ander mense se lewens te maak.

Op hierdie noot groet ek ook die onderwysers van wie ons vandag afskeid neem: Juf. Bibi, juf. Nadia en juf. Razelle. Julle het oneindige diep voetspore op verskillende maniere in ons skoolgemeenskap getrap. Dankie vir jou aandeel aan ons skool se sukses!

Laat my ook toe om ons hele personeel hartlik te bedank vir hul harde werk en toewyding die afgelope jaar om seker te maak dat ons leerders hul volle potensiaal kan bereik.

Ons is baie dankbaar vir Ria Hertzog wat bereid is om vir die eerste kwartaal in die nuwe jaar nog die OOV-voorsitter rol te vervul totdat Coreen Scholtz in die tweede kwartaal by haar oorneem. Dankie dan ook aan Coreen vir haar bereidwilligheid, ons is baie dankbaar en sien uit om saam met haar 'n pad te stap!

Graag sluit ek af en wens julle ‘n welverdiende vakansie en geseënde Kerstyd saam met familie en vriende toe. Reis asseblief veilig en geniet die vakansie saam met jul kosbare kinders. Baie dankie vir jul lojale ondersteuning die afgelope jaar en mag 2023 vir ons almal baie voorspoedig wees met ‘n beker van dankbaarheid wat oorloop.

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF

VIR AANDAG

Jaarverslag 2022

Jaarverslag 2022

AKADEMIE

Migrasie na Microsoft

Ons migrasie vanaf Google na die Microsoft platform is afgehandel. Leerders gaan steeds vir 'n ruk kan inteken op Google, Google Classroom en hul Google Drive gebruik, maar hulle gaan nie meer in Gmail kan ingaan nie. Geen e-posse is verlore nie. Ons sal aan die begin van volgende jaar die leerders wys hoe om in te teken. Stuur gerus 'n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za vir enige navrae.

Graad 7-ouers sal voor die skool sluit 'n WhatsApp ontvang met stappe om die graad 7-leerders van 2022 se Google-omgewing inligting af te laai en te stoor. Graad 7's van 2022 se e-posadresse sal wanneer die skool begin volgende jaar uitgevee word.

Canva for Education

Canva is 'n grafiese ontwerp-toepassing wat reeds deur van ons leerders in die intersenfase gebruik word vir die maak van take en plakkate. Canva het 'n gratis weergawe, maar die grafika wat gebruik kan word, is beperk. Skole kan aansoek doen om die "Pro" weergawe gratis vir leerders en personeel te kry. Ons is in die proses om aansoek te doen vir Canva for Education (die "Pro" weergawe) vir ons leerders en onderwysers. Ons sal hopelik binnekort die lisensie hê. Een van die ooreenkomste in die kontrak is dat ons ouers se toestemming het dat leerders dit mag gebruik. Indien daar ouers is wat enige vrae het, stuur gerus 'n e-pos aan suzaan@jvrprim.co.za. Indien jy nog nie van die toepassing gehoor het nie, gaan skep gerus vir jou 'n gratis profiel om te sien hoe dit lyk.

Skryfbehoeftelyste: Graad 1 - 7

Volg gerus hierdie skakel na die Akademieblad op ons webtuiste vir die skryfbehoeftelyste van al die grade vir 2023. Indien die skakel nie dadelik op die skryfbehoeftelyste oopmaak nie, rol 'n bietjie af op die skerm.

KULTUUR

Die Suidooster 2022: Kwartaal 4

Die Suidooster 2022: Kwartaal 4

SPORT

Buitemuurse program vir 2023

Daar is heelwat veranderinge wat beplan word vir die nuwe program as gevolg van gr. 1 - 3 se aangepaste uitkomtye en nuwe onderwysers wat by ons aansluit. Ons sal die program 'n bietjie later op die webtuiste laai en ouers in kennis stel sodra dit beskikbaar is. Gaan loer gerus solank na die kalender met al die datums vir toernooie en sportdae wat reeds gelaai is.

Belangrike Tennis kennisgewing

Let daarop dat ons die ranglysstelsel aangepas het en dit in 2023 inwerking sal tree.

Die posisie wat die graad 7-spelers van 2022 laat, sal gevul word deur die volgende spelers op die ranglys. Leerders wat in 2023 graad 4 betree, sal die kans gegun word om die leerders wat alreeds op die ranglys is, te daag en dan in aanmerking vir ‘n posisie op die ranglys te kom.

Enige toetreders wat in 2023 wil begin tennis speel, moet so spoedig moontlik die tennishoof of sporthoof in kennis stel.
Tennishoof: Juffrou Anja Nauta (anja@jvrprim.co.za)
Sportorganiseerder: Leon Hanekom (sport@jvrprim.co.za)

ALGEMEEN

Ouerinligtingsaand: 24 Januarie 2022

Teken solank die datum aan vir die ouerinligtingsaand, personeel bekendstelling en 'n lekker saamkuier. Dit is slegs vir ouers en personeel. Daar gaan binnekort 'n Karri-invordering aan ouers gestuur word met spyskaartopsies. Ons hoop om almal daar te sien!

Eerste twee weke van Kwartaal 1 2023

18 Jan. 2023

07:45 Skool open vir leerders
*Leerderraad ontvang gr. 1's
Nasorg begin
14:15 Somersport (atletiek) begin
Leerders ontvang boeke

19 Jan. 2023

Klasse begin ruil

21 Jan. 2023

Leerderraad: Lead4Life
Atletiekkliniek (tuis)

23 Jan. 2023

Snoepie open vir etes
Somer buitemuurse program

24 Jan. 202

18:00 Ouerinligtingsvergadering

27 Jan. 2023

Sivvies

28 Jan. 2023

08:00 Ouer- en kindsportdag
*Mnr. Beets verjaar

TERUGVOER

2023 CT (ou WP) Tennisspanne

Verskeie van ons tennisspelers het reeds in September aan die onderskeie proewe rondes / toernooie begin deelneem om dan uiteindelik vir die Cape Town Schools Tennis spanne vir 2023 gekies te word. Baie geluk aan al ons spelers en hul ouers. Dit het baie ure se opoffering en rondry geverg.

o.11-Seuns:
  1. Nils le Roux
  2. Rafa Lamprecht
o.11-Dogters:
  1. Stella Pansegrouw
  2. Jeanne van Heerden
o.12-Seuns
  1. Adriaan Wessels
  2. Gustav van der Linde
o.13-Seuns
  1. Dawid-Wiese Viljoen
o.13-Dogters
  1. Stella Lamprecht
Vier van ons oud-leerders is ook vir hul onderskeie spanne gekies. Baie geluk aan Fredrich Erasmus (o.15), Sebastian Maree (o.15), Mia Symington (o.15) en Peet Karsten (o.17 + o.19 Span).

Atletiekuitslae van 7 & 9 Desember 2022

Ons was weer bevoorreg om hierdie jaar twee ongelooflike lekker dae se atletiek te hê. Die weer het fantasties saamgespeel op beide dae. Die Blouspan het as algehele wenners vir die dag weggestap met 1789 punte. Die Oranjespan was nie ver agter nie en het 1783 punte vir die dag aangeteken. Die Oranjespan het wel die aflosbeker vir die dag gewen. Baie geluk ook aan die Blouspan wat die geesbeker gewen het.

Die volgende leerders is aangewys as die Victor en Victrix Ludorums vir die byeenkoms:
  • Junior seun: Rafa Lamprecht (o.10)
  • Junior dogter: Cato Terblanche (o.10)
  • Senior seun: Dawid-Wiese Viljoen (o.13)
  • Senior dogter: Klara Steyn (o.13)
Ons glo dat Sophia Liebeneberg se prestasies vir die dag en haar jare by die skool spesiale meelding verdien. Sy het vir oulaas 4 rekords by hierdie jaar se byeenkoms aangeteken en spog nou met 13 rekords op ons Kleurebyeenkomslys.

Atlete wat in die top 2 posisies vir baanitems en eerste posisie vir velditems geëindig het, kwalifiseer nou om deel van die Interskolespan vir 2023 te vorm.

Die uitslae is ongelukkig te groot vir een PDF dokument. Let daarop dat daar twee dokumente is.
Atletiek 2022 Dokument 1
Atletiek 2022 Dokument 2

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies 14 Desember 2022

Kliek HIER vir die Jannies besigheidsregister

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet