Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Ek glo dat almal wat die konsert die afgelope 2 weke bygewoon het, sal saam stem dat die konsert instrumenteel was om die kwartaal op die perfekte noot af te sluit. Die gala-aand van die konsert verdiskonteer vir my al die hoogtepunte (akademie, kultuur en sport) van ‘n uiters suksesvolle kwartaal. Ôsim (Ons Seelewe is Magic) was soveel meer as ‘n konsert. Ek is vas oortuig dat dit eerder ‘n skouspel was en dat daar nog lank daaroor gepraat word.

Ôsim kon net suksesvol aangebied word deur ‘n spanpoging van mnr. Ben, juf. Jana, personeel, leerders en ouers. Die detail in die kostuums, grimering en voorportaal was kleurryk en verruklik. Die teks vervat komtemporêre uitdagings en die musiekkeuse van elke graad was perfek en het die boodskap van die gevare van seebesoedeling effektief oorgedra. Ôsim het aand na aand soveel opwinding en energie opgelewer. Hierdie skouspel het verseker dat alle konsertgangers met ‘n breë glimlag die skoolterrein verlaat het, vol geesdrif en positiwiteit. Die konsert het beslis daai lekker en trotse gevoel vir almal gegee. Opvallend was hoe die leerders hulself tydens die konsert behoorlik ingeleef het en die ondervinding terdeë geniet het. Die standaard is gestel en ons sien uit na die volgende opwindende konsert wat vir 2024 beplan word - hou die spasie dop!

As ons oor kwartaal 3 reflekteer en ons wil dit op ‘n manier evalueer, is die vraag: “Kyk ons slegs na prestasie op akademiese-, kulturele- en sportgebied?” Is prestasie die enigste maatstaf vir ‘n suksesvolle kwartaal? As dit so is, dan kan ons elke boksie afmerk. Ons weet egter prestasie is nie alles nie! Ons kan ook die boksies maklik rakende voldoende geleenthede vir ons leerders afmerk, m.a.w. behoorlike blootstelling, groei en ontwikkeling, en laaste maar nie die minste nie, laat ons leerders toe om net hulsef te wees!

Ek is verseker ‘n trotse skoolhoof en ons skoolgemeenskap se spreekwoordelike beker van dankbaarheid loop al vir ‘n geruime tyd oor. Nie net het ons ‘n ongelooflike veiling die jaar gehad nie, ons het ook puik op die sportveld gevaar (o.12A & o.13A-netbalspanne wen hul onderskeie ligas, maar daar wen ons sommer so tussen die konsert vir die 6de agtereenvolgende jaar die wiskunde olimpiade wat deur Laerskool Van Riebeeckstrand aangebied word. Tydens die olimpiade het ons heelwat groter skole uitgestof. Baie dankie mnr. Leon en juf. Andri vir julle leeue-aandeel in die verband. Hiermee word weer bewys dat ons akademie van ‘n hoë standaard is. Dan was daar die puik resultate wat ons leerders op kulturele gebied ook behaal het spesifiek by die Eisteddfod en Unisa musiekeksamens. Ons hoef nie groter of sterker te wees nie, ons moet net onsself wees!

Graag wil ek die personeel hartlik bedank vir hul harde werk, toewyding en bereidwilligheid om die ekstra myl vir ons leerders te loop. Baie dankie aan die EXCO en Beheerraad vir jul dinamiese leierskap en visie asook die lojale ondersteuning die afgelope kwartaal. Laat my ook toe om spesifiek ons adjunkhoof, juf. Marinda hartlik te bedank vir haar waardevolle rol wat sy binne die skool vertolk asook haar lojale ondersteuning aan my.

Ek sluit dan weer af met die volgende aanhaling wat op ons waarde vir die kwartaal fokus, naamlik Eerlikheid en wens julle ‘n lekker en welverdiende vakansie toe. Kan nie wag om op die 11de Oktober 2022 weer al ons dierbare leerders terug by die skool te ontvang nie.

“If it is not right,
Don’t do it.
If it is not true,
Don’t say it!”

Vriendelike vakansie-groete
Naas Beets
SKOOLHOOF

VIR AANDAG

Interim-Beheerraadverkiesing: Nominasies

Die WKOD vereis dat interim-Beheerraadverkiesings gehou moet word om vakante posisies te vul. Susan van der Walt is verlede kwartaal as Tesourier deur die Beheerraad gekoöpteer om vir 'n interim-periode uit te help. Ons sal baie graag hierdie posisie formeel wil vul daarom dat daar 'n aanlyn verkiesing op Woensdag, 12 Oktober, vanaf 06:00 - 18:00 sal plaasvind. Die termyn eindig Maart 2024.

As jy iemand vir die Tesourier-portefeulje wil benoem of as jy bereid is om te staan en ‘n nominasie het, voltooi asseblief aangehegte nominasievorm en handig in of stuur direk vir Suzaan Burger by suzaan@jvrprim.co.za.

Nominasies sluit teen Maandag, 10 Oktober, om 12:00.

Indien jy enige navrae rakende hierdie posisie het, is jy welkom om vir Naas Beets (skoolhoof@jvrprim.co.za) en/of vir Merwe Scholtz (az.oc.nifneg@ztlohcsm) te kontak.
Interim-Beheerraadverkiesing Nominasievorm vir Ouerlede - SBL - Periode 2021 -2024-1

OOV-voorsitter nominasies

Ons is opsoek na ‘n OOV-voorsitter vir 2023. Ria Hertzog het die afgelope 2 jaar as OOV-voorsitter opgetree en is gereed om hierdie leisels aan 'n opvolger te oorhandig. Ons is uiters dankbaar vir die tyd en inisiatief wat Ria aan ons skool gewy het.

Stuur gerus nominasies direk aan Naas Beets (skoolhoof@jvrprim.co.za). Ons beplan om oor ‘n paar weke ‘n aanlyn OOV-verkiesing te hou waartydens die voorsitter verkies sal word. Ons nooi almal hartlik uit om hieraan deel te neem. Hou die nuusbrief dop vir die datum waarop die verkiesing sal plaasvind.

KULTUUR

Die Suidooster 2022: Kwartaal 3

Die Suidooster 2022: Kwartaal 3

Kooroptrede: 20 Oktober

Onthou: Albei kore tree hier op.
Waar: Laerskool Sunningdale.
Tyd: 19:00
Kaartjies: op Quicket, kode wcsf#20
Drag: Netjiese winterskooldrag
  • Senior koor moet om 17:30 daar wees om vir die massakoor te oefen.
  • Junior koor moet om 18:15 daar wees.
  • Die program sal net 'n uur duur.
  • Ouers moet asseblief tot aan die einde bly.
  • Ouers parkeer op die veld of in die strate om die skool.
  • Ouers kan vooraf terwyl hulle wag iets by die snoepie nuttig.
  • Leerders mag nie die snoepie gebruik nie. Laat hulle asseblief iets by die huis eet.
  • Moenie onnodige waardevolle artikels saamneem nie.
  • Kore sit in die saal en luister na die ander kore.
  • Kliek HIER vir die aanwysings na die parkering by Laerskool Sunningdale.

Konsertfoto's en -kostuums

Konsertfoto's: Die Karri-invordering is weer oopgestel vir ouers wat nog wil bestel. Indien jy onseker is of jy dit reeds betaal het, kan jy onder Transaction op die toep kyk.

Konsertkostuums: Ouers wat hul kinders se kostuums wil koop, kan tot 14 Oktober daarvoor op Karri teen R200 per kostuum betaal. Sodra die betaling ontvang is, kan die kostuum by die registeronderwyser afgehaal word.

SPORT

Atletiekoefeninge gedurende die vakansie

Die leerders wat gedurende die eerste week van ons somerprogram oefeninge bygewoon het, sou sien dat ons nou saam met die Hoërskool se atlete oefen. Dis heerlik om die baan so vol te sien. Die Hoërskool se nuwe afrigter dr. Sors Joubert en sy afrigtingspan gaan gedurende die vakansie voort met oefeninge en nooi ons o.9 - o.13-atlete uit om die sessies by te woon. Dit sal op Maandag, Woensdag en Donderdag om 14:30 by die Hoërskool se sportveld plaasvind. Atlete kan net aanmeld by die veld.

Somer: buitemuurseprogram Kwartaal 4

Baie dankie aan alle leerders wat by die onderskeie afrigters aangemeld het om hulle in kennis te stel dat hulle by die spesifieke sportkode betrokke wil raak. Ons gebruik die bywoningslyste van 12 - 15 September om die kommunikasiegroepe met ouers op te stel. Indien hulle nie aangemeld het nie, moet ouers asb. die betrokke onderwyser by daardie sportkode (sien sportprogram) in kennis stel deur 'n e-pos met jou kind/ers se naam, van en graad en watter sessie hy / sy gaan bywoon te stuur.

Let asseblief daarop dat ons vanaf die 4de kwartaal die klein veldjie by die skool vir die o.7 - o.9 krieketoefeninge gaan gebruik.

SWEM:

Leerders hoef nie vooraf te registreer vir swemsessies nie, maar ons vra dat ouers/leerders by die oefensessie hou waarby hulle aangemeld het.

Kliek op die foto vir die buitemuurse program vir kwartaal 4:
Buitemuurse Sportprogram Kwartaal 4 - 2022

ALGEMEEN

Skooldrag vir 4de kwartaal

Leerders kan self besluit of hulle winter- of somerdrag gedurende 11 - 28 Okt. wil dra. Verpligte somerdrag is vanaf 31 Okt. - 14 Des.

Afskaffing van die wit LO-hempie

In die lig dat ons skooldrag in 2023 aangepas word, versoek ons dat wit LO-hempies wat nie meer pas nie, maar nog netjies is om te dra skool toe gestuur moet word sodat ons dit gratis kan versprei aan leerders wie se hempies nie meer pas nie. Ons faseer die hempies uit. Stuur dit asseblief na jou kind se registerklas. Daar is ongelukkig geen nuwe hempies beskikbaar nie. Ons is seker dat daar genoeg wit hempies in sirkulasie is waarmee ons skoolgemeenskap mekaar kan help. Die nuwe hempies is in produksie en dus nog nie hierdie kwartaal beskikbaar nie.

Neem asseblief die vrymoedigheid om die donkerblou feeshempies tydens LO-periode te dra indien dit wel nog pas. Hierdie hempies sal volgende jaar glad nie toegelaat word nie.

Neem asseblief die vrymoedigheid om nuwe hempies by Eda (jvrklerebank@gmail.co.za) te bestel sodat sy betyds voorraad kan aankoop.

Ons kommunikeer in die eerste nuusbrief van kwartaal 4 met behulp van foto's hoe die nuwe somerdrag van 2023 sal lyk.

Prysuitdelingbekers

Ons wil ouers graag vra om alle bekers wat by verlede jaar se prysuitdeling ontvang is, asseblief so gou as moontlik terug skool toe te stuur. Dankie vir jul samewerking!

Begrotingsvergadering vir 2023

Begrotingsvergadering 2022 vir 2023

Ouma- en Oupadag: 14 Oktober

Ons beplan 'n spesiale oggend waartydens ons hulde aan al die oumas en oupas van Laerskool Jan van Riebeeck-leerders bring. Hou solank Vrydag, 14 Oktober 2022, in jou dagboek oop. Kaartjies is op Karri teen R150 per persoon beskikbaar.

TERUGVOER

o.13 Weskus Netbaltoer: 23-25 September 2022

Tien netbaldogters het die naweek van 23-25 September hulle sakke gepak en die pad Weskus toe gevat.

Die meisies was moeg na die week se konsert en almal het eers 'n uiltjie geknip om hulle kragte op te bou vir die eerste wedstryde in St Helenabaai. Die slapie was ongelukkig nie genoeg nie en hulle het die eerste wedstryd teen St Helenabaai primêr 9-14 verloor. Na die verloor was almal skielik wakker en wen die volgende wedstryd teen HP Williams 13 - 5. Meneer Lourens het die aand vir almal lekker hamburgers langs Jacobsbaai se waters gebraai. Vrydagaand se spanbousessies het nie te laat aangehou na die week se aktiwiteite nie en almal is vroeg bed toe.

Niemand het omgegee om vroeg op te staan toe hulle Saterdagoggend die ontbyt sien wat mnr. Lourens en Gladdys vir hulle voorberei het nie. Met die magies vol en die sakke gepak, was hulle reg vir die vol dag wat voorgelê het by Hoërskool Hopefield. DCAS in samewerking met Weskusnetbal het 'n dag by die skool aangebied ter viering van die Wêreldbeker Netbal wat in Julie/ Augustus 2023 in Kaapstad aangebied word. Dit was 'n dag vol opwinding waar ons saam met Hopefield se o.13-span Engeland verteenwoordig het. Ons is met ope arms en baie kos ontvang. Daar was drie stasies die oggend waar Weskus se federasiespelers vaardighede en speletjies met die spelers gedeel het. Die Tornado's speler, Amber Coraizin, het haar ervarings met die spelers gedeel en hulle gemotiveer om aan te hou werk aan hul drome.
Teen 11:30 was die tyd vir speletjies verby en het ons die Jannie-wapenrusting (rokkies) aangetrek en Hopefield se o.13 /o.14-span op die baan aangevat. Halftyd was ons 8-5 voor en almal het reeds aan hul lywe gevoel dat dit 'n baie fisiese wedstryd gaan wees. In die tweede helfte van die wedstryd het Hopefield verskeie spanveranderinge gemaak, maar dit het ons Jannies net meer woema gegee en hulle het dit alles op die baan gelos. Ons wen die wedstryd 19-12. In juffrou Ischké Felix se woorde "Elkeen het 100% en meer gegee. Dit is verewig in my hart gegraveer."

Sophia Liebenberg word aangewys as speler van die dag. Dit is 'n ongelooflike prestasie omdat dat daar o.11 tot o.15 spanne betrokke was. Bennie Saayman, President van die Wes-Kaap netbalfederasie en voormalige Proteasafrigter, het haar prys aan haar oorhandig.

Na die oggend / middag se opwinding was die gees hoog in die bus op pad terug Jacobsbaai toe. Hulle is verras met 'n "Sunset cruise" op Langebaan se lagoon en het daarna heerlik by Mykonos geëet.

Dit was 'n ongelooflike toer met spesiale dogters. Ons wens hulle alle voorspoed toe vir die toekoms en kan nie wag om hulle dop te hou op die pad vorentoe nie.

Baie dankie aan juffrou Ischké Felix (afrigter), juffrou Shahneé Felix (skeidsregter), mnr. André Lourens (busbestuurder en sjef) en Gladdys wat die leerders vergesel en versorg het.

Tennis leerders word gekies vir Kaapstad Metro Suid-spanne

Baie geluk aan die volgende Jannies wat vir die Kaapse Metro Suid tennispanne gekies is:

Seuns o.10
  • Nils le Roux
  • Rafa Lamprecht
Seuns o.11
  • Adriaan Wessels
  • Gustav van der Linde
Seuns o.12
  • Dawid-Wiese Viljoen
  • Johan Symington
Dogters o.10
  • Jeanne van Heerden
  • Stella Pansegrouw
Dogters o.11
  • Ané Swanepoel
  • Stella Zulch (reserwe)
Dogters o.12
  • Stella Lamprecht
  • Klara Maree
Die leerders verteenwoordig nou die Suid-span in die Intersone byeenkomste van 15, 16 en 23 Oktober. Baie sterkte aan almal!

o.13 Netbal vs. Personeel

'n Besige program en konsert gaan beslis nie enige van ons personeel keer om Donderdag hul ninja turtle pakkies of tutus aan te trek nie. Op Donderdag, 29 September, het die personeel drie spanne saamgestel om teen ons o.13-netbaldogters te speel. Die musiek het gepomp en almal wat vir skool opgedaag het, het om die baan saamgedrom. Almal was gereed vir die kragmeting en die aksie het begin. Ons terreinpersoneel het nie terug gestaan nie en het die o.13 C-span 4 - 2 gewen. 'n Paar van die graad 7-seuns het ingespring om die spanne vol te maak of in te ruil na halftyd. Die Ninja turtles het daarna die o.13 B-span oortuigend met 10 - 4 gewen. Al brom van die A-span onderwysers dat die skeidsregters te streng was, het hul steeds 7-6 gewen. Baie dankie aan almal wat ondersteun of saamgespeel het.

Netwerk24 - Finale rondte

Luja Marx het gister die finale rondte van die Netwerk24 Wiskundekompetisie geskryf. Slegs die top 20 leerders in die Wes-Kaap was uitgenooi om die rondte te voltooi. Dit is 'n ongelooflike prestasie en ons is uiters trots dat sy reeds so ver in die kompetisie gekom het. Nou hou ons duimvas vir die finale resultate!

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies 30 September 2022

Kliek HIER vir die Jannies besigheidsregister

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet