Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Skooltye en Kleredrag: Laaste week

Maandag - Woensdag (26 - 28 Sept.)

Skooltye:

08:15 - 12:45 Graad 1 - 3
08:15 - 13:00 Graad 4 - 7
13:05 Bus vertrek

Kleredrag:

Sportdrag (wit hempie word met blou eeufeeshempie afgewissel)

Donderdag (29 Sept.)

Skooltye:

07:45 - 12:45 Graad 1 - 3
07:45 - 13:00 Graad 4 - 7
13:05 Bus vertrek

Kleredrag:

Sivvies

Vrydag (30 Sept.)

Skooltye:

07:45 - 10:30 Graad 1 - 3
07:45 - 10:45 Graad 4 - 7
10:50 Bus vertrek

Kleredrag:

Sivvies

AKADEMIE

Graad 7-Entrepreneursdag: 28 September

KULTUUR

Konsert: Laaste reëlings

  • Ouers kry 'n geel bandjie vir die laaste twee aande van die konsert. Die persoon wat die leerder by die klas gaan haal, moet die bandjie dra.
  • Daar word 'n video van die konsert gemaak. Ons sal later meer inligting in die verband stuur.
  • Onthou om op Karri te betaal om konsertfoto's te bestel.
  • Kliek HIER vir al die konsertreëlings soos in verlede week se nuusbrief gekommunikeer. Die ekstra inligting wat later gekommunikeer is, is ook daarby ingesluit.

Dramareëlings

Liewe Drama-ouer/voog

Reëlings vir die volgende week is as volg:

Maandae, 26 September:
Gr.1-3: Geen klas nie
Gr.4-7: Geen klas nie

Woensdag, 21 September: Geen drama nie (geen lokaal beskikbaar nie)

Woensdag, 28 September: Drama-afsluiting
Gr.1-3: 13:00 - 14:00
Gr.4-7: 14:00 - 15:00

Vrydag, 23 September:
Gr.1-3: 13:00 - 14:00 (Bibl.)
Gr.4-7: 14:00 - 15:00

Baie dankie!

Groete
Jana

Kooroptrede: Belangrike kennisgewing

Albei ons kore tree op 20 Oktober by die Weskus Koorfees te Laerskool Sunningdale op.
  • Kaartjies sal op Quicket teen R75 per persoon verkoop word.
  • Kaartjieverkope maak Woensdag, 21 September, oop en sluit op Maandag, 26 September. Daarna sal moontlik net 'n paar plekke nog beskikbaar gemaak word. Indien ouers nie self kan gaan nie, reël asb. vervoer met ander ouers.
  • Kinders onder 3 jaar mag gratis op 'n skoot sit.
  • Ons skool kry 170 geallokeerde kaartjies.
  • Verdere inligting volg later.

SPORT

Somer: buitemuurseprogram Kwartaal 4

Baie dankie aan alle leerders wat by die onderskeie afrigters aangemeld het om hulle in kennis te stel dat hulle by die spesifieke sportkode betrokke wil raak. Ons gebruik die bywoningslyste van 12 - 15 September om die kommunikasiegroepe met ouers op te stel. Indien hulle nie aangemeld het nie, moet ouers asb. die betrokke onderwyser by daardie sportkode (sien sportprogram) in kennis stel deur 'n e-pos met jou kind/ers se naam, van en graad en watter sessie hy / sy gaan bywoon te stuur.

Let asseblief daarop dat ons vanaf die 4de kwartaal die klein veldjie by die skool vir die o.7 - o.9 krieketoefeninge gaan gebruik.

SWEM:

Leerders hoef nie vooraf te registreer vir swemsessies nie, maar ons vra dat ouers/leerders by die oefensessie hou waarby hulle aangemeld het.

Kliek op die foto vir die buitemuurse sportprogram vir kwartaal 4:
Buitemuurse Sportprogram Kwartaal 4 - 2022

ALGEMEEN

Markdag: 30 September

  • Markdag sal Vrydag, 30 September, vanaf 09:15 tot 10:10 plaasvind.
  • Grondslagfase leerders wat iets wil verkoop, kan vanaf Maandag tot Donderdag om 12:00 tafels op Karri bespreek.
  • Om te verhoed dat daar te veel stalletjies is en dat almal 'n beurt kry om iets te verkoop, sal slegs die grondslagfase hierdie kwartaal kan verkoop. Die intersenfase sal weer volgende kwartaal 'n beurt hê.
  • Geen lewende hawe of klappers van enige aard mag verkoop word nie.

Prysuitdelingbekers

Ons wil ouers graag vra om alle bekers wat by verlede jaar se prysuitdeling ontvang is, asseblief so gou as moontlik terug skool toe te stuur. Dankie vir jul samewerking!

Vakansiesorg

Vakansiesorg Oktober 2022

Ouma- en Oupadag: 14 Oktober

Ons beplan 'n spesiale oggend waartydens ons hulde aan al die oumas en oupas van Laerskool Jan van Riebeeck-leerders bring. Hou solank Vrydag, 14 Oktober 2022, in jou dagboek oop. Kaartjies is vanaf volgende week op Karri teen R150 per persoon beskikbaar.

TERUGVOER

Melkbos-Wiskundekompetisie: Ses in 'n ry

Vir die laaste 2 maande is daar hard gewerk met graad 6 en 7-leerders ter voorbereiding vir die Melkbos-Wiskundekompetisie. Van oggendsessies tot 'n Wiskundekamp het ons leerders met oorgawe die sessies bygewoon. In totaal was daar 62 leerders. Ongelukkig kon net 16 leerders aan die kompetisie deelneem, maar dit was 'n uitstekende leerervaring vir al ons leerders.

Gister het die 16 leerders saam met mnr. Hanekom en juf. de Villiers die kompetisie bygewoon. Dit is 'n verrykingskompetisie waar leerders verskeie afdelings in spanverband moet beantwoord. Werk wat eers in graad 8 en 9 behandel word, word in die kompetisie gevra.

Daar was 10 skole wat deelgeneem het: Gene Louw, Welgemoed, Van Riebeeckstrand, Table View, Elkanah House, Swellendam, Melkbos Privaat, Vredekloof en Jan van Riebeeck. Baie van die skole het meer as 'n 1000 leerders. Elke skool kan 4 spanne inskryf en in totaal was daar 38 spanne wat op die dag deelgeneem het. Daar was groot opwinding onder die leerders, alhoewel die senuwees ook hoog geloop het. Ons 4 spanne was:
  • Owen Wiese, Luja Marx, Cara Swanepoel en Katia van Wyk
  • Emke van Wyk, Kate Mouton, Liza Hertzog en Lea de Ridder
  • Lea Basson, Noah Blomerus, Albert Griesel en Markus de Ridder.
  • Adan Eksteen, Nicolaas Grutter, Sam Ward en Mïlla Joubert.
Daar is twee afdelings waar leerders pryse kan wen - die wenspan op die dag en die skool wat die beste presteer het. Hier kyk hulle na al die spanne se punte per skool om die wenner te bepaal.

Net voor die laaste rondte was die spanne uiters naby aan mekaar en dit kon enige kant toe gaan. Ons vier spanne het 1ste, 5de, 10de en 11de geeïndig. 'n ongelooflike prestasie! Baie geluk aan Owen Wiese, Luja Marx, Cara Swanepoel en Katia van Wyk wat die kompetisie se beste spanafdeling gewen het. Daarna het hulle die beste skool aangekondig en ons het die afdeling ook gewen. Dit is ses in 'n ry vir Laerskool Jan van Riebeeck waar ons beide afdelings van die kompetisie gewen het. 'n Spesiale woord van dank aan mnr. Hanekom en juf. de Villiers wat die ekstra myl geloop het en 'n spesiale dankie aan al die leerders wat die moeite ingesit het en elke sessie met oorgawe bygewoon het. Dit is weer bewys dat Wiskunde pret kan wees. Tot volgende jaar.

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Kwartaal 3 staan nou vinnig einde se kant toe en week 10 bereik ‘n hoogtepunt met die afskop van ons ongelooflike konsert. Laerskool Jan van Riebeeck bied aan ’Ôsim’ (Ons Seelewe is Magic). Dit is soveel meer as ‘n konsert en ek glo dié van julle wat die afgelope week alreeds die konsert bygewoon het, sal volkome saamstem dat dit eerder ‘n skouspel van formaat is. Die ‘Ôsim’ is “awesome”!

Baie geluk en hartlike dank aan mnr. Ben, juf. Jana en span met die manjifieke vertoning. Julle sal op enige dag vir Broadway ‘n ding of twee van “show business” kan leer. Die teks van ‘n sprokie seelewe wat in die mooiste gety-poel afspeel, is deur mnr. Ben geskryf. Die voorportaal is prentjiemooi en glansryk, opgemaak en versier met herwinbare materiaal wat die lewe van die sprokieswêreld baie gepas uitbeeld. Die kleurryke kostuums met al die detail laat ‘n mens skoon sprakeloos. Die kreatiwiteit aan die dag gelê, spreek boekdele van ons mammas en onderwysers se innovasie en vaardighede. Graag wil ek al ons mammas en onderwysers wat so hard aan die kostuums en die voorportaal gewerk het, namens die hele skoolgemeenskap hartlik bedank. Julle bydraes spreek van uitnemendheid en dit is waarvoor ons skool staan, nie omdat ons dink ons is beter nie, maar eerder om kollektief te streef na ons visie van uitnemendheid op alle gebiede.

Ek hoop van harte dat die van julle wat die eerste week van die konsert bygewoon het, dit terdeë geniet het. Ek woon elke aand die konsert by, nie omdat ek dit moet doen nie, maar eerder om my gate uit saam met die leerders en personeel te geniet. ‘n Mens kan nie anders as om saam te sing of saam te dans op die ritme van die lekker musiek nie. Julle sou my iewers agter in die saal naby die klank- en ligtepersoneel sien staan het, langs mnr. Ben en juf. Jana waar ons sommer almal lekker saam met die musiek sing, dans en die ongelooflike vlakke van energie omhels. Ek is so trots op ons skool, sy leerders, ouers en personeel wat aan die einde van die kwartaal al ons suksesse sommer so d.m.v. die konsert kan vier. Nie eers ESKOM kon ons pret bederf nie! Baie dankie aan mnr. Leon en sy span vir die reël en bestuur van die kragopwekkers asook die effektiewe sekuriteit. Laat ons nie van die klasonderwysers vergeet wat die danse uitgewerk en met die leerder ingeoefen het en elke konsertaand so mooi na die leerders voor en na die konsert omsien nie. Juf. Rentia, baie dankie dat jy die skoolgange so gepas vir die konsert versier het.

Laerskool Jan van Riebeeck het nie net die afgelope kwartaal op sport- en kultuurgebied presteer nie. Ons akademie is ons ‘spogvoertuig’ en ons presteer meer as gereeld wanneer dit by ons kernbesigheid kom. Ons het onlangs vir die WKOD se skryfkompetisie ingeskryf. Weereens presteer ons Jannies! Sien gerus die name van die leerders en hul prestasies onder die Terugvoer-afdeling.

Vanoggend vertrek ons o.13A-netbalspan op ‘n naweektoer langs die Weskus. Hulle het ‘n uitstekende seisoen agter die rug en sluit die seisoen dan op hierdie manier vir oulaas af aangesien hulle volgende jaar na verskillende hoërskole gaan en nie weer as ‘n span sal kan saamspeel nie. Baie dankie en geluk juf. Ishcké met haar span en al haar kosbare tyd wat sy ingesit het om hul sukses te verseker. Baie dankie ook aan juf. Shahneé en mnr. André wat ook die toergroep vergesel asook aan juf. Razelle vir al die puik toerreëlings. Veilig reis en geniet elke oomblik.
WhatsApp Image 2022-09-23 at 09.12.45
Ek sluit dan weer af met die volgende aanhaling van William Shakespeare wat op ons waarde vir die kwartaal fokus, naamlik Eerlikheid en wens julle ‘n wonderlike naweek toe.

“No legacy is so rich as honesty.”

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies 23 Sept-1

Kliek HIER vir die Jannies besigheidsregister

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet