Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

'n Nuwe baadjie vir 'n nog nuwer Jannie!

Beste Ouer/Voog

Ons bly deeglik bewus van wat ons skool so uniek en uitnemend maak, die ou storie!
  • ‘n Ontspanne en gelukkige omgewing
  • Klein klasse en uitstekende akademiese onderrig
  • En ‘n Wees Jouself manier van doen en wees
Ter selfde tyd het ons ‘n verskerpte fokus op vernuwing ten einde ons skool op alle fronte aan te hou uitbou as dié Kaapse laerskool. So is ons leuse onlangs verander na Wees Jouself (u is weg!), wesenlike infrastruktuurontwikkeling is onderweg en die buitemuurse aanbieding en -prestasievlakke geniet groot aandag.

As deel hiervan het die beheerraad vele gesprekke gehad oor die moderniseer van ons skooldrag. Ons het met kundiges ontmoet, plaaslike en internasionale tendense ondersoek en ‘n balans tussen tradisie, wees jouself, netheid, bekostigbaarheid, omgewingsvriendelikheid en minder verlore goedere gevind. Daar word ook ‘n onderskeid tussen die grondslagfase (informeel) en die intersenfase (effe meer formeel) getref.

Ons glo ons kinders en ouers gaan vele voordele ervaar en mag selfs soggens ‘n paar minute later kan slaap.

Ons sal voor die einde van die kwartaal die nuwe kleredrag raamwerk publiseer en in die 4de kwartaal ‘n modeparade reël waartydens ons ouers die nuwe kleredrag in lewende lywe kan sien. Wees gerus dat 2023 ‘n oorgangsjaar sal wees, dus sal die nuwe kleredrag eers verpligtend vanaf 2024 wees.

Met opwindende en vriendelike groete,

Naas Beets en Marinda Brink

KULTUUR

Algemene konsertreëlings: 19, 21, 22, 26 en 27 September 2022

1. Ingang en veiligheid: Voorste hek (Kloofstraat)
  • Een veiligheidswag sal die voorste voetgangershek beman.
  • Elkeen wat die voetgangershek gebruik, moet bewys van ‘n kaartjie lewer óf in besit van ‘n bandjie wees wat aan elke leerder uitgedeel sal word om vir hulle ouers/voogde te gee.
  • Leerders sal die bandjie aan die persoon(e) gee wat hulle kom af- of oplaai. Hierdie bandjie sal jou toegang tot die skoolperseel wees.
  • Neem kennis dat twee verskillende kleure bandjies gebruik sal word om die onderskeie weke van konsert aan te dui.
2. Ingang en veiligheid: Agterste hek (Nuwe Kerkstraat)
  • Daar sal by die agterste parkering vier wagte aan diens wees.
  • Twee wagte sal die aflaai-en-ry-sone beman. Indien enige iemand in hierdie area parkeer, sal daar foto’s geneem word en hulle sal aangepraat word.
  • Elkeen wat die hek binnekom, moet bewys van ‘n kaartjie lewer of in besit van ‘n bandjie wees wat aan elke leerder uitgedeel sal word om vir hulle ouers te gee.
3. Parkering
  • Slegs personeel mag van die parkeerplek aan Kloofstraat se ingang gebruik maak.
  • Ongelukkig mag niemand op die sportveld aan die Nuwe Kerkstraat se ingang parkeer nie. Hierdie area sal afgesper word. Indien jy nie binne die skoolterrein parkering vind nie, beveel ons aan dat julle moontlik van Uber gebruik maak of rondom die skool parkeer. Julle kan selfs van die Lifestyle Sentrum se parkering gebruik maak.
4. Veiligheid en kontrole: Afhaal van leerders by hul klaskamer
  • Na afloop van die konsert moet elke ouer of voog self hul kind in die bepaalde klaskamer kom afhaal en uitteken.
  • Onderwysers sal elke aand ‘n register byderhand hou om geteken te word.
  • Ongelukkig sal geen kind sonder ‘n volwassene teenwoordig die klas mag verlaat nie.
  • Leerders moet betyds gehaal word.
ONS IS ALMAL VIR ONS LEERDERS SE VEILIGHEID VERANTWOORDELIK!

5. Toesig: Onderwysers sal toesig by die onderskeie klasse hou.

6. Skooltye:
  • Tydens die week van die skoolkonsert sal die skool smiddae vroeër verdaag.
    Gr.1 – 3 om 12:45
    Gr. 4 – 7 om 13:00
  • Bus vertrek om 13:05
  • Nasorg sal steeds voortgaan.
7. Konserttye: (19:00 - ongeveer 21:00)
  • Leerders moet asb. betyds by hul registerklasse aanmeld.
  • Sommige grade het reeds gekommunikeer indien leerders by die klas met grimering moet arriveer. Sommige klasse se grimering word by die skool gedoen.
  • Neem ook kennis dat die grade op 19, 21, 22 en 26 September verskillende tye tydens die konsert klaar maak. Sien hier onder die tye wat die onderskeie grade by hul registerklasse moet aanmeld en afgehaal kan word. Indien jou kind nie op hierdie aande vroeër kan huis toe gaan nie, sal daar steeds toesig wees tot 20:30 wanneer die konsertvertoning verby is.
Konsert 2022 aanmeld en afhaal tye
8. Grande Finale

Die Grande Finale sal slegs tydens die laaste vertoning, Dinsdag (27 Aug), plaasvind. Alle leerders van Gr. 1 - 7 moet dan tot die einde van hierdie konsertvertoning bly. Die konsert behoort nie langer as 2 ure te duur nie. Ouers wat nie die konsert bywoon nie, moet asb. seker maak dat hulle reeds vir die leerders wag wanneer die konsert klaarmaak. Leerders moet by hul registerklasse gehaal en uitgeteken word.

9. Buitemuurse aktiwiteite:

Leerders moet asb. so ver moontlik smiddae probeer rus aangesien dit ‘n lang en uitputtende twee weke vir hulle raak. Daar sal geen buitemuurse skoolsport aangebied word nie en daar sal nie huiswerk gegee word nie. Ons fokus spesifiek op die konsert gedurende die tydperk.

10. Etes:

Dieselfde konsep (bestelling deur Karri-toep) wat gevolg word om etes vir pouses te bestel, sal smiddae (19, 21, 22, 26 en 27 Aug.) gevolg word. Die etes sal teen 17:00 elke middag gereed wees om by die snoepie afgehaal te word.

Die Karri-bestellings sal op 9 September deur die loop van die dag beskikbaar gestel word. Bestellings sluit Woensdag, 14 September.

Geen kosstalletjies of wynverkope sal beskikbaar wees nie.


11. Restaurante wat afslag gee:

Ria Hertzog het moeite gedoen om spesiaal met restaurante in Kloofstraat te gesels sodat ons ouers/personeel wat gedurende die konsertaande wil, gebruik kan maak van die dienste. Spesiale afslag word aan ons skool gegee met bewyslewering van konsertkaartjies.

Sommer lekker om ook Kloofstraat te vier veral in die lig dat hierdie mooi en ‘lekker’ straat waarin ons skool geleë is met ‘n noemenswaardige prys weggestap het. Loer gerus na hierdie skakel: LOOK: Cape Town street named ‘one of the COOLEST’ in the world!

a. Blondie
Geen besprekings nie … “first come, first serve” … tussen 17:00-19:00.
50% afslag op kos.

b. Van Hunks
“Daily Specials” elke dag van die week.

c. Societi Bistro
Bespreek plek tussen 17:00-19:00
20% afslag op kos

d. ëlgr
Bespreek plek tussen 17:00-19:00
Pizza en Rose

e. Tiger's Milk
300ml Bier of glas wyn saam met enige kosbestelling.
Konsert restaurante afslag

Kooroptrede: Belangrike kennisgewing

Albei ons kore tree op 20 Oktober by die Weskus Koorfees te Laerskool Sunningdale op.
  • Kaartjies sal op Quicket teen R75 per persoon verkoop word.
  • Kaartjieverkope maak Woensdag, 21 September, oop en sluit op Maandag, 26 September. Daarna sal moontlik net 'n paar plekke nog beskikbaar gemaak word. Indien ouers nie self kan gaan nie, reël asb. vervoer met ander ouers.
  • Kinders onder 3 jaar mag gratis op 'n skoot sit.
  • Ons skool kry 170 geallokeerde kaartjies.
  • Verdere inligting volg later.

Dramareëlings

Liewe Drama-ouer/voog

Reëlings vir die volgende 2 weke is as volg:

Maandae, 19 & 26 September:
Gr.1-3: 13:30 - 12:30 (ek is by Huppelland tot dan)
Gr.4-7: Geen klas nie

Woensdag, 21 September: Geen drama nie (geen lokaal beskikbaar nie)

Woensdag, 28 September: Drama-afsluiting
Gr.1-3: 13:00 - 14:00
Gr.4-7: 14:00 - 15:00

Vrydag, 23 September:
Gr.1-3: 13:00 - 14:00 (Bibl.)
Gr.4-7: 14:00 - 15:00

Baie dankie!

Groete
Jana

ALGEMEEN

Ouma- en Oupadag: 14 Oktober

Ons beplan 'n spesiale oggend waartydens ons hulde aan al die oumas en oupas van Laerskool Jan van Riebeeck-leerders bring. Hou solank Vrydag, 14 Oktober 2022, in jou dagboek oop. Kaartjies is vanaf volgende week op Karri teen R150 per persoon beskikbaar.

Nasorg is Tops: 23 September

TERUGVOER

Eisteddfod: Klavier

Baie geluk aan die volgende leerders wat a.g.v. netbal die Klavier Eisteddfod aanlyn gedoen het:

Cara Swanepoel 78%
Emke van Wyk 80%
Katia van Wyk 88% en 96%

Ons is trots op julle! Puik uitslae!

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Alhoewel ek in my vorige nuusbrief genoem het dat die buitemuurse wintersport op 9 September 2022 tot ‘n einde kom, het ons op Saterdag, 10 September, ons eie suksesvolle Rugby Sewestoernooi aangebied. Ter selfde tyd het ons o.12A en o.13A-Netbalspanne spreekwoordelik koning gekraai tydens die "Cape Town League Finals" in Kuilsrivier. Hartlike dank aan BSC wat ons o.11- en o.13-Rugby Sewestoernooi op Saterdag, 10 September, by die Conradieveld geborg het. Alhoewel die Cape Town 7’s ook in ons pragtige Moederstad oor die naweek plaasgevind het, het ouers van die volgende deelnemende skole in hul hordes by die Conradieveld opgedaag om die dag te ondersteun:
  • Laerskool Bastion
  • Laerskool Kampsbaai
  • Laerskool Milnerton
  • Laerskool Parkslands
  • Curro Durbanville
  • Laerskool Jan van Riebeeck
Selfs die weer het vir ‘n slag saam gespeel om die dag verder te komplimenteer. Opvallend was die sportmangees wat deur al die spanne aan die dag gelê is. Geen algehele wenners is op die dag aangewys nie, want die hooffokus van die dag was om ‘n baie lang winterseisoen op ‘n baie gepaste wyse af te sluit, en dit is presies wat Razelle en haar span met die puik dag reggekry het. Ek is so trots op die standaard van ons toernooi-aanbieding, aangesien uitnemendheid altyd ons fokus is.

Dan is dit my voorreg om die merkwaardige prestasie van ons o.12A- en o.13A-netbalspanne met die skoolgemeenskap te deel. Op Saterdag, 10 September, was daar sake in die verskillende ligas uitgespook om te bepaal watter span as die wenner van die onderskeie ligas aangewys word. Groot opwinding heers nog steeds met beide ons o.12A- en o.13A-netbalspanne wat goud verower het deur hul onderskeie liga-finales te wen. Hierdie merkwaardige prestasies kan slegs behaal word deur harde werk en toewyding van beide afrigters en spelers. Laat my assbelief toe om die afrigters van beide spanne, naamlik Ischké Felix hartlik geluk te wens met die puik pretasies. Baie geluk ook aan haar onderskeie o.12A (juf. Shahnee & juf. Heidre) en o.13A-ondersteuningspanne (juf. Shahneé en juf. Sharon) vir hul leeue aandeel in die sukses van beide spanne. Baie dankie aan al die betrokke ouers wat nie net getrou elke wedstryd en/of toernooi ondersteun het nie, maar ook dikwels gehelp het met die vervoer na wedstryde en toernooie. Hierdie is weereens ‘n bewys dat sport in die algemeen by Laerskool Jan van Riebeeck op die regte pad is en dat daar selfs meer geleenthede vir ons Jannies in 2023 beplan word. Ons beoog ook om die 2023 sportkalender so spoedig moontlik met julle te deel sodat julle lank voor die tyd ook jul beplanning kan doen en in die proses verseker dat ons Jannies vir al die opwindende sportdae en toernooie beskikbaar sal wees.

Gee my 'n G, gee my 'n E, gee my nog 'n E en gee my 'n S ... hierdie kreet is vir seker iets wat die Jannies hierdie week ten volle uitgeleef het. GEES hardloop in die Jan van Riebeeckers se are! Dankie aan die leerderraad wat elke dag van hierdie week so besonders vir elke leerder en onderwyser gemaak het. Die gange het omtrent gegons met entoesiasme ... opgewonde stemme is dit wat ons koester! Leerders en personeel kon dan aantrek volgens die onderstaande temas:
  • Maandag, 12 September: "Funky Socks"
  • Dinsdag, 13 September: Alternatiewe Tasse
  • Woensdag, 14 September: Gunsteling Filmkarakter
  • Donderdag, 15 September: "Funky" Haredag
  • Vrydag, 16 September: Pajamadag
Ons Jannies en onderwysers het beslis die ekstra myl geloop om behoorlik gees te vang en veral op Woensdag, 14 September, het daar baie bekende en gewilde filmkarakters by ons skool ‘opgedaag’ wat aan almal baie vermaak verskaf het.
Ek sluit dan af met die volgende aanhaling wat op ons waarde vir die kwartaal fokus, naamlik Eerlikheid en wens julle ‘n wonderlike naweek toe.

“Speak with honesty
Think with sincerity
Act with integrity.”

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies 16 September 2022

Kliek HIER vir die Jannies besigheidsregister

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet