Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Geesweek: 12 - 16 September

Geesweek Sept 2022

KULTUUR

Algemene konsertreëlings: 19, 21, 22, 26 en 27 September 2022

1. Ingang en veiligheid: Voorste hek (Kloofstraat)
  • Een veiligheidswag sal die voorste voetgangershek beman.
  • Elkeen wat die voetgangershek gebruik, moet bewys van ‘n kaartjie lewer óf in besit van ‘n bandjie wees wat aan elke leerder uitgedeel sal word om vir hulle ouers/voogde te gee.
  • Leerders sal die bandjie aan die persoon(e) gee wat hulle kom af- of oplaai. Hierdie bandjie sal jou toegang tot die skoolperseel wees.
  • Neem kennis dat twee verskillende kleure bandjies gebruik sal word om die onderskeie weke van konsert aan te dui.
2. Ingang en veiligheid: Agterste hek (Nuwe Kerkstraat)
  • Daar sal by die agterste parkering vier wagte aan diens wees.
  • Twee wagte sal die aflaai-en-ry-sone beman. Indien enige iemand in hierdie area parkeer, sal daar foto’s geneem word en hulle sal aangepraat word.
  • Elkeen wat die hek binnekom, moet bewys van ‘n kaartjie lewer of in besit van ‘n bandjie wees wat aan elke leerder uitgedeel sal word om vir hulle ouers te gee.
3. Parkering
  • Slegs personeel mag van die parkeerplek aan Kloofstraat se ingang gebruik maak.
  • Ongelukkig mag niemand op die sportveld aan die Nuwe Kerkstraat se ingang parkeer nie. Hierdie area sal afgesper word. Indien jy nie binne die skoolterrein parkering vind nie, beveel ons aan dat julle moontlik van Uber gebruik maak of rondom die skool parkeer. Julle kan selfs van die Lifestyle Sentrum se parkering gebruik maak.
4. Veiligheid en kontrole: Afhaal van leerders by hul klaskamer
  • Na afloop van die konsert moet elke ouer of voog self hul kind in die bepaalde klaskamer kom afhaal en uitteken.
  • Onderwysers sal elke aand ‘n register byderhand hou om geteken te word.
  • Ongelukkig sal geen kind sonder ‘n volwassene teenwoordig die klas mag verlaat nie.
  • Leerders moet betyds gehaal word.
ONS IS ALMAL VIR ONS LEERDERS SE VEILIGHEID VERANTWOORDELIK!

5. Toesig: Onderwysers sal toesig by die onderskeie klasse hou.

6. Skooltye:
  • Tydens die week van die skoolkonsert sal die skool smiddae vroeër verdaag.
    Gr.1 – 3 om 12:45
    Gr. 4 – 7 om 13:00
  • Bus vertrek om 13:05
  • Nasorg sal steeds voortgaan.
7. Konserttye: (19:00 - ongeveer 21:00)
  • Leerders moet asb. betyds by hul registerklasse aanmeld.
  • Sommige grade het reeds gekommunikeer indien leerders by die klas met grimering moet arriveer. Sommige klasse se grimering word by die skool gedoen.
  • Neem ook kennis dat die grade op 19, 21, 22 en 26 September verskillende tye tydens die konsert klaar maak. Sien hier onder die tye wat die onderskeie grade by hul registerklasse moet aanmeld en afgehaal kan word. Indien jou kind nie op hierdie aande vroeër kan huis toe gaan nie, sal daar steeds toesig wees tot 20:30 wanneer die konsertvertoning verby is.
Konsert 2022 aanmeld en afhaal tye
8. Grande Finale

Die Grande Finale sal slegs tydens die laaste vertoning, Dinsdag (27 Aug), plaasvind. Alle leerders van Gr. 1 - 7 moet dan tot die einde van hierdie konsertvertoning bly. Die konsert behoort nie langer as 2 ure te duur nie. Ouers wat nie die konsert bywoon nie, moet asb. seker maak dat hulle reeds vir die leerders wag wanneer die konsert klaarmaak. Leerders moet by hul registerklasse gehaal en uitgeteken word.

9. Buitemuurse aktiwiteite:

Leerders moet asb. so ver moontlik smiddae probeer rus aangesien dit ‘n lang en uitputtende twee weke vir hulle raak. Daar sal geen buitemuurse skoolsport aangebied word nie en daar sal nie huiswerk gegee word nie. Ons fokus spesifiek op die konsert gedurende die tydperk.

10. Etes:

Dieselfde konsep (bestelling deur Karri-toep) wat gevolg word om etes vir pouses te bestel, sal smiddae (19, 21, 22, 26 en 27 Aug.) gevolg word. Die etes sal teen 17:00 elke middag gereed wees om by die snoepie afgehaal te word.

Die Karri-bestellings sal op 9 September deur die loop van die dag beskikbaar gestel word. Bestellings sluit Woensdag, 14 September.

Geen kosstalletjies of wynverkope sal beskikbaar wees nie.


11. Restaurante wat afslag gee:

Ria Hertzog het moeite gedoen om spesiaal met restaurante in Kloofstraat te gesels sodat ons ouers/personeel wat gedurende die konsertaande wil, gebruik kan maak van die dienste. Spesiale afslag word aan ons skool gegee met bewyslewering van konsertkaartjies.

Sommer lekker om ook Kloofstraat te vier veral in die lig dat hierdie mooi en ‘lekker’ straat waarin ons skool geleë is met ‘n noemenswaardige prys weggestap het. Loer gerus na hierdie skakel: LOOK: Cape Town street named ‘one of the COOLEST’ in the world!

a. Blondie
Geen besprekings nie … “first come, first serve” … tussen 17:00-19:00.
50% afslag op kos.

b. Van Hunks
“Daily Specials” elke dag van die week.

c. Societi Bistro
Bespreek plek tussen 17:00-19:00
20% afslag op kos

d. ëlgr
Bespreek plek tussen 17:00-19:00
Pizza en Rose

SPORT

Somer Buitemuurse program 12-15 September

Ons versoek dat leerders by die onderskeie afrigters aanmeld om hulle in kennis te stel dat hulle by die spesifieke sportkode betrokke wil raak. Al woon hulle nie die oefeninge gedurende die week van 12-15 September by nie. Ons gebruik die bywoningslyste van die week om die kommunikasie groepe met ouers op te stel.

SWEM:

Leerders hoef nie vooraf te registreer vir swemsessies nie, maar ons vra dat ouers/leerders by die oefensessie hou waarby hulle aanmeld. Ons moet steeds die hoeveelheid swemmers per sessie vir almal se veiligheid beperk. Met die vooraf registrasie het dit ongelukkig te veel gebeur dat leerders net nie vir hul sessie opdaag nie. Ons wil graag vir soveel moontlik leerders die geleentheid bied om te swem en hoop dat bywoning in kwartaal 4 beter sal lyk, anders sal ons weer 'n ander stelsel probeer. Ons gaan gedurende 12-15 September moontlik 'n landgebaseerde program volg alles onderhewig aan die weer.

NETBAL o.12 en o.13 vir 2023:

Daar sal nie Donderdag, 15 September, 'n oefening wees nie. Die afrigters is by 'n toernooi betrokke. Leerders wat wil netbal speel moet hul name op die lys buite Juf. Ischké Felix se klas skryf.

Kliek HIER vir die buitemuurse sportprogram.

ALGEMEEN

Roomysverkope: 16 September

Nasorg is Tops: 23 September

Opedag: Graad 1 van 2023

Opedag: 11 November
Die graad 1's van 2023 besoek die laerskool.

Piekniek: 11 November
Die graad 1's en hul ouers/voogde van 2023 hou piekniek (18:00 - 20:00) op die Laerskool se sportveld. Gebruik Nuwe Kerkstraat se ingang.

Gholfdag: 4 November 2022

Die Jan van Riebeeck Gholfdag wat op Vrydag, 4 November, by die Royal Cape Gholfkub plaasvind, is byna vol bespreek. Daar is enkele plekke beskikbaar. Vir besprekings kontak vir Alet by 083 703 4433.

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Die Wintersportprogram staan einde se kant toe alhoewel Moeder Natuur nog nie Kaapstad en omgewing van haar koue wil verlos nie en eindig op 8 September terwyl die somersportprogram vanaf Maandag, 12 Sept., tot Donderdag, 15 Sept., geskied. Die kort transissie vanaf winter- na somersport is as gevolg van die konsert wat vanaf 19 - 27 September geskied.

Daar heers ‘n groot opgewondenheid met die konsert wat op hande is. Die pandemie het vir ‘n baie lang tyd skole nie toegelaat om enige vorm van konserte, veral binnenshuis aan te bied nie. Vanjaar bied Laerskool Jan van Riebeeck weer ‘n glanskonsert met die spoggerige naam van "ÔSIM" aan met ‘n kontemporêre tema , naamlik Die Seelewe is Magic! Ons Jannies en opvoeders oefen daagliks baie hard om seker te maak dat vanjaar se konsert, dié konsert sal wees wat vir jare onthou sal word. Baie dankie aan die personeel vir julle leeue-aandeel in die verband. Ons is so dankbaar vir ons ma’s wat dag en nag werk om seker te maak dat die kostuums perfek is. Vertrou my dat die kostuums nie ‘n enkele tree terugstaan vir kostuums wat by die werêldbekende musikale vertonings by Broadway, New York, gebruik word nie. Ek is verstom oor die kreatiwiteit en die kwaliteit van die kostuums. Laat my toe om vir mnr. Ben hartlik te bedank wat aan die stuur van die konsert staan en wat ook die uitsonderlike teks geskryf het. Juf. Jana en van die graad 7’s is hard aan die oefen aan spesifieke karakterrolle. Om eerlik te wees, kan ek self nie meer wag dat die konsert amptelik moet begin nie. Ek weet die volgende klink baie anglisisties, maar hou die spasie dop!

Ons trotse laerskool het die Vrouemaand met ‘n elegante Damesontbyt afgesluit. Dit het op Saterdag, 3 September 2022, in die geskiedkundige Welgemeend van Hoërskool Jan van Riebeeck plaasgevind. Karin van Wyk, voormalige Mev. Afrika Klassiek en Mev. SA finalis het as gasspreker opgetree. Die geleentheid het ook met ‘n heerlike wynproe deur Karin de Villiers van Klein Roosboom ingesluit. Dames uit ons skoolgemeenskap het heerlik saam gekuier en vrouwees op ‘n besondere wyse gevier. Baie dankie aan Marinda Brink vir die wonderlike inisiatief en dat sy die dag gereël het. Hartlike dank ook aan mnr. Ben vir die verfraaiing en afronding wat tot die suksesvolle dag bygedra het.

Die jaarlikse Wiskundekamp vir Gr. 6 en 7-leerders is op Saterdag, 3 September 2022, deur mnr. Leon en juf. Andri aangebied. Hierdie wonderlike akademiese inisiatief om die liefde vir Wiskunde te bevorder, is terdeë deur ons Jannies geniet. Die lekker Wiskundepretdag is deur 57 Jannies vanaf 08:00 - 17:00 bygewoon. Die pretdag het ook lekker aktiwiteite soos skattejag ingesluit asook om die Springbokke aan te moedig om die Aussies ore aan te sit. Tussen al die pret is daar ook hard gewerk om sekere wiskundigebeginsels vas te lê.

Op Woensdag, 7 September, het ons ‘n junior sportdag teen Durbanville Voorbereiding aangebied. Die seuns se hokkie- en rugbyspanne het tuis gespeel en die dogters se hokkie- en netbalspanne het weg gespeel. Die weer het vir ‘n slag wonderlik saamgespeel en ons spanne het baie goed teen die sterk teenstaanders gevaar. Die ligging van die Conradieveld met asemrowende uitsig oor die stad, die ikoniese Tafelberg as agtergrond, die pragtige omgewing en waardering van ouers het kollektief bygedra tot die perfekte afsluiting van ‘n baie lang winterseisoen. Graag wil ek vir juf. Razelle en haar wintersportkodehoofde, naamlik juf. Ischké (netbal), juf. Maricqe (hokkie), juf. Raché (skaak) en mnr. André (rugby) hartlik bedank vir hul harde werk, passie en toewyding om seker te maak ons Jannies kry genoeg geleenthede en geniet die onderskeie sportkodes. Dan wil ek graag vir juf. Razelle hartlik gelukwens wat haar puik van haar taak gekwyt het. Haar uitstekende beplanning, reëlings en ekstra moeite het verseker dat ons Jannies die nodige wedstryd- en toernooiblootstelling ontvang het. Ons sien uit na die komende somerseisoen wat voorlê en moedig al ons Jannies aan om al die geleenthede wat hom voordoen, aan te gryp.
Ek sluit dan weer af met die volgende aanhaling wat op ons waarde vir die kwartaal fokus, naamlik Eerlikheid en wens julle ‘n wonderlike naweek toe.

“When you walk a life of honesty, you live a life of truth.”

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies 9 September 2022

Kliek HIER vir die Jannies besigheidsregister

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet