Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

19 April, 2024 - Rugby: o.7 - o.13 Curro Durbanville (TUIS) 00:00-23:59
19 April, 2024 - Toets: Engels (gr. 4 en 6), Afrikaans (gr. 5 en 7) 07:45-09:10
20 April, 2024 - Kaperjolle 12:00-18:00
21 April, 2024 - Marietjie de Kock (OLSO) verjaar 00:00-23:59
21 April, 2024 - Annet Wilke (Terapeut) verjaar 00:00-23:59
22 April, 2024 - Graad 1-3 uitstappie: Junior Suidoosterfees 08:00-13:00
23 April, 2024 - Graad 4-5 uitstappie: Junior Suidoosterfees 08:00-13:00
23 April, 2024 - Wêreldboekedag 08:00-14:00
23 April, 2024 - Skrywersbesoek Gr. 1-6 - Wendy Maartens 08:30-09:00
24 April, 2024 - Netbal: o.7-o.13 De Tyger (WEG) 00:00-23:59
24 April, 2024 - Rugby: Laerskool Edgemead (TUIS) 00:00-23:59
24 April, 2024 - Graad 6-7 uitstappie: Junior Suidoosterfees 08:00-13:00
25 April, 2024 - Hokkie Seuns: Sunningdale (TUIS) 00:00-23:59
25 April, 2024 - Hokkie Dogters: Sunningdale (WEG) 00:00-23:59
25 April, 2024 - Oueraand 18:00-20:00
26 April, 2024 - Sivvies 07:45-14:00
26 April, 2024 - Toets: Aardrykskunde ass. (gr. 4 - 6), NW (gr. 7) 07:45-09:10
26 April, 2024 - Landloopwedloop: Sweet Valley 14:15-15:15
27 April, 2024 - Keenen Faro (Onderwyser) verjaar 00:00-23:59
27 April, 2024 - Hokkietoernooi: o.9 & o.10 Seuns en Dogters by Laerskool Tableview. 00:00-23:59
27 April, 2024 - Hokkie: o.9 en o.10 Seuns en Dogters Toernooi Laerskool Tableview (WEG) 00:00-23:59
29 April, 2024 - Netbal: o.7-o.13 Monte Vista (TUIS) 00:00-23:59
30 April, 2024 - Graad 6-uitstappie: Wonderdal Science Centre 08:00-14:00
1 Mei, 2024 - Werkersdag 00:00-23:59
2 Mei, 2024 - Hokkie Seuns: Milnerton (WEG) 00:00-23:59
2 Mei, 2024 - Hokkie Dogters: Milnerton (TUIS) 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Hokkie: Edgemead 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Ursula Williams (Nasorg) verjaar 00:00-23:59
3 Mei, 2024 - Toets: Wiskunde (gr. 4 - 7) 07:45-09:10
3 Mei, 2024 - Uitstappie gr. 5 en 6: Peter and the Wolf by Artscape 10:30-12:30
3 Mei, 2024 - Landloopwedloop: Camps Bay 14:15-15:15




>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Ek bly verstom oor hoe vinnig tyd eenvoudig verby snel. Ek onthou goed toe ek nog ‘n kind was, wou ek net ‘groot’ word, want ek het telkemale gesê dat ek eendag die wêreld wil sien, projekte wil aanpak om die wêreld ‘n beter plek te maak en baie ander dinge wat ek graag wou doen. Ek glo julle sal ook daarna kan verwys. Die probleem wat ons egter ervaar nou dat ons wel ‘groot’ is, is dat ons nie die tyd het om die dinge te doen waarna ons nog altyd gehunker het nie. Ons werk hou ons 24/7 besig en ons hardloop van bakboord na stuurboord om ‘n lewe te maak en so gaan die lewe ongemerk vinnig verby.

Dit voel amper asof ons dié jaar soos passasiers op ‘n hoëspoedtrein was - Iewers in ‘n eerste wêreld land, waar die trein eenvoudig nie by enige stasie wou stop nie. Ek weet aan die einde van die jaar geniet meeste van ons ‘n welverdiende ruskans waar ons die vinnige pas tot halt roep. Die sogenaamde "rat race" sluk ons so maklik in en ons jaag onverpoosd voort na sukses terwyl ons eintlik elke oomblik met ons kinders, familie en vriende moet waardeer sodat daar geen kosbare oomblikke verlore gaan nie. Dit gee ‘n mens weer 'n bietjie perspektief van wat belangrik is en wat ons dink belangrik is.

Die muur by die nasorg (gr. 1 en 2 se parkie) in Kloofstraat neem mooi gestalte aan en behoort binnekort voltooi te wees. Hierdie verbetering ten opsigte van ons skool se infrastruktuur is nie net esteties van waarde nie, maar eerder ook om die veiligheid en sekuriteit van ons leerders en personeel te verseker. Die speelarea word beslis nie net vir die nasorgleerders aangewend nie, maar ons beplan om vanaf 2022 die area meer gereeld vir opelugklaskamerdoeleindes te gebruik. Sonder die muur was dit ‘n groot uitdaging vir enige opvoeder om sy/haar klas daarheen te neem, want hulle was dikwels die slagoffers van ongewenste- en krutaal komende vanaf die ‘Kloofstraatgebruikers’. Graag wil ek weer aan al die ouers wat ‘n donasie gemaak het om die oprigting van die muur moontlik te maak, hartlik bedank en indien jy dalk ook ‘n bydrae wil maak, is jy welkom om Marili by finansies@jvrprim.co.za te kontak.
Bou van muur 26 Nov
Verder hoop en vertrou ek dat dit met al ons Jannies tydens die eksamen en finale assesserings of sal ek eerder sê die kontroletoetse, goed gaan. Baie dankie aan julle wat seker maak dat jul kinders vroegtydig voorberei het asook om ‘n omgewing by die huis te skep waar hulle rustig kan leer en voorberei. Voor ons ons oë uitvee is die eksamens verby en beplan die skool heelwat pretdae vir ons Jannies om die jaar op ‘n hoogtepunt af te sluit.

Ek sluit dan graag week 7 af met die gedagte om in elke oomblik te leef as agtergrond met die bekende aanhaling deur Dalai Lama en wens ek julle ‘n wonderlike naweek toe:

"There are only two days in the year that nothing can be done.
One is called yesterday and the other is called tomorrow,
so today is the right day to love, believe and mostly live."

ALGEMEEN

Prysuitdelings

'n Herinnering aan die onderskeie prysuitdelingsgeleenthede. Ouers/voogde is welkom om dit by te woon.

Vrydag, 3 Des:
Gr. 1 - 8:30
Gr. 2 - 10:45
Gr. 3 - 12:00

Dinsdag, 7 Des:
Gr. 4 - 9:00
Gr. 5 - 11:00

Donderdag, 9 Des:
Gr. 6 - 9:00
Gr. 7 - 18:00 (aandfunksie)

Skooltye na eksamen

Let wel dat die skool die volgende tye sal uitkom na eksamen totdat die skool sluit:
  • Vrydag, 3 Desember 2021 - 13:00 (Gr.1-3) en 13:15 (Gr.4-7)
  • Maandag, 6 Desember 2021 - 13:00 (Gr.1-3) en 13:15 (Gr.4-7)
  • Dinsdag, 7 Desember 2021 - 13:00 (Gr.1-3) en 13:15 (Gr.4-7)
  • Woensdag, 8 Desember 2021 - 13:00 (Gr.1-2) by die skool, ongeveer 14:00 (Gr.3-7) by die Hoërskool se veld
    *Die skool sal 'n WhatsApp op die dag stuur sodra ons 'n meer definitiewe tyd vir die Gr.3-7's het.
    *Leerders wat by Nasorg is, sal met die skoolbus teruggebring word skool toe.
  • Donderdag, 9 Desember 2021 - 13:00 (Gr.1-3) en 13:15 (Gr.4-7)
  • Vrydag, 10 Desember 2021 - 14:00 (Gr.1-7) by die Hoërskool se veld
    *Die skool sal 'n WhatsApp op die dag stuur sodra ons 'n meer definitiewe tyd vir die Gr.1-7's het.
    *Leerders wat by Nasorg is, sal met die skoolbus teruggebring word skool toe.
  • Maandag, 13 Desember 2021 - 13:00 (Gr.1-3) en 13:15 (Gr.4-7)
  • Dinsdag, 14 Desember 2021 - 13:00 (Gr.1-3) en 13:15 (Gr.4-7)
  • Woensdag, 15 Desember 2021 - 10:30 (Gr.1-3) en 10:45 (Gr.4-7)
*Die bus vertrek altyd 5 minute na die Gr.4-7-leerders verdaag.

Hoe om buitemuurse foto’s te bestel:

  • Stap 1: Voltooi ALLE inligting op die fotokoevert.
  • Stap 2: Voorbeelde van ALLE foto’s is in die glaskas by die damesbadkamers opgesit.
  • Stap 3: Kies die foto’s wat jy wil bestel en skryf dan die KORREKTE KODE onder die foto op die koevert.
  • Stap 4: Plaas die korrekte bedrag geld in die koevert en stuur dit terug skool toe.
  • LAASTE DAG VIR BESTELLINGS: Maandag, 6 Desember 2021
Bestel ook aanlyn deur HIER te kliek. Die kode om aanlyn te bestel is JVR2020

Sinkroniseer die skool se kalender met joune

Kliek HIER vir stappe om die skool se kalender en/of jou kind se taak- en toetsrooster met jou eie kalender te sinkroniseer. Jy kan dit ook op die webtuiste onder die myJvR tab by V&A (vraag en antwoord) kry. Ons gaan in die vervolg meer stappe daar laai vir vrae wat ouers gereeld vra.

Verlore Goedere uitstalling

Alle verlore goedere sal Dinsdag, 30 November, vanaf 11:00 - 14:30, agter die skool uitgestal word. Ouers is welkom om te kom kyk. Alle verlore skoolklere wat nie Dinsdag terug geëis word nie, word aan die tweedehandse klerebank geskenk. Die tweedehandse klerebank sal dit dan verkoop.

Vir enige navrae, stuur gerus vir Annami Gerber 'n e-pos na biblioteek@jvrprim.co.za.

Graad 7-Fondsinsameling: Roomysverkope

AKADEMIE

November-eksamen 2021

NOVEMBER-EKSAMEN 2021

KULTUUR

Barbara Schreuder Dansskool

UITSLAE: AMERICAN BALLET "PERFORMANCE AWARDS"

Die volgende dansers het op Saterdag, 13 Nov 2021, aan die gewilde Ballet kompetisie deelgeneem. Hulle was pragtig en ouers, familie en vriende het hulle wonderlik ondersteun en die vertoning terdeë geniet! Dankie aan almal wat ons daarmee gehelp het. Ons sien uit na ons Dans Demo en Prysuitdeling op 4 & 11 Desember 2021 by JvR waar 'n verskeidenheid van Ballet en Moderne danse en uittreksels uit bekende musiekblyspele vertoon word. Kom ondersteun ons asb.

Kliek op die titel van hierdie nuusbrokkie om die uitslae van die balletdansers te sien.

SPORT

Uitstaande sportklere

Alle atletiek-, krieket-, rugby- en netbalklere wat by die sportkantoor geleen is, moet asseblief skoon aan die skool terugbesorg word. Ons wil graag voorraadopname afhandel.

o/9 se eerste krieketwedstryde vir die seisoen

Die O/9 A en B-spanne het op Dinsdag, 16 November, albei twee wedstryde gespeel. Elke span het teen Reddam House ASB en Herzlia gespeel. Dit was ons eerste wedstryde vir die seisoen en die kinders het dit baie geniet. Dit was 'n goeie middag vir albei ons spanne en ons het die meeste van die wedstryde gewen.

Johan Symington presteer by skyfskietkompetisie

Johan Symington (graad 5) is 'n junior lid van Tafelberg Tak se SA Jag- en Wildbewaringvereniging. Behalwe vir jag en bewaring, neem die sowat 700 lede van die tak ook gereeld aan jaggebaseerde skyfskietkompetisies deel. Johan het hierdie jaar algeheel 2de onder al die skuts (junior en senior) geëindig in die sogenoemde “jakkals tabel” kompetisie. Die skuts skiet uit die lê posisie (“prone”) 5 skote op 300m na 'n jakkalsteiken. Johan het 4 uit sy 5 skote in die “bullseye”, die Jakkals se “hart”, geskiet en dis die eerste keer in die tak se geskiendenis dat so 'n jong skut onder die top 3 algeheel eindig. Baie geluk, Johan!

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies 26 Nov

Kliek HIER vir die Jannies besigheidsregister

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
MailPoet