Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Ons visie vir leer in die 21ste eeu

Lees asb. deur die aangehegde dokument in verband met ons visie vir leer in die 21ste eeu.

Kliek op die foto vir die PDF:
Visie 2022

Skoolgelde 2023

Hiermee weer die boodskap soos in verlede week se nuusbrief onder Uit die Hoof se Kantoor genoem:

Die jaarlikse begrotingsvergadering, waartydens die daaropvolgende jaar se skoolfondsverhoging bespreek en besluit word, is op Maandagaand, 07 November 2022, om 18:00 in die biblioteek gehou. Die skoolfondsverhoging is eenparig soos volg goedgekeur:
  • Huppelland = 6% verhoging
  • Laerskool = 12% (sien onder)
Graag wil ek al die ouers wat die belangrike vergadering bygewoon het, bedank. Baie dankie aan ons BR-Voorsitter (Merwe Scholtz), ons Tesourier (Susan van der Walt), ons finansiële bestuurder (Liesel Hammond) en al ons begrotingsbestuurders vir jul waardevolle insette en tyd om die effektiewe begroting saam te stel. Daar is ook tydens die vergadering uitgewys dat daar vanjaar meer as R4M aan projekte by die skool en Huppelland spandeer is wat nie uit die skool se begroting kom nie, maar wel uit ruim donasies van ouers. Ons salueer al ons ouers wat die agfelope jaar ‘n finansiële bydrae gemaak het of kosbare tyd by die skool spandeer het om ons skool van krag-tot-krag te neem.

Prysuitdeling: Doen aansoek vir toekennings

Gr. 4 - 7-leerders het die geleentheid om aansoek toe doen vir 'n sport-, kultuur-, of algemene veelsydigheidsprys (gr. 6 en 7) by die prysuitdeling. Belangstellende leerders het vandag 'n vorm ontvang wat voor of op Vrydag, 25 November, by juf. Razelle Hanekom (sport@jvrprim.co.za) ingehandig moet word. Alle bewyse van provinsiale kleure of enige ander prestasies moet die vorm vergesel.

Kliek HIER vir die inskrywingsvorm.

Personeelskuiwe vir 2023

Neem kennis van die volgende skuiwe en veranderinge soos in verlede week se nuusbrief onder Uit die Hoof se Kantoor genoem:

Graag wens ons die volgende Gr.1-juffrouens sterkte toe wat so mooi na die graad 1's gaan kyk en hulle help om hul volle potensiaal te bereik:
  • Liezel Theron
  • Nicola Swanepoel
  • Helene Slabbert
Ons het ook aanpassings aan die res van die grondslagfase aangebring en deel dus graag met almal:
  • Graad 2: Rache Turner, Anja Nauta (graadhoof) en Naomi Uys
  • Graad 3: Maricqe Coetzer, Heidré Ehlers en Michelle Compion
Ons is hartseer om te noem dat Benita Smit (Grondslagfase Departementshoof) aansoek om ‘n bevorderingspos gedoen het. Ons het nog niks formeel ontvang om te bevestig dat sy wel die pos by Laerskool De Hoop as Grondslagfase Adjunkhoof ontvang het nie. Ons hou egter duimvas dat sy hierdie pos wel sal ontvang, want ons weet dat sy suksesvol in hierdie posisie sal wees. Ons hou almal op hoogte sodra ons formele nuus in die verband ontvang.

Op hierdie noot is ons ook spyt dat Bibi Janse van Rensburg (gr. 5), Nadia Meiring-Stahmer (gr. 4) en Razelle Hanekom (sportorganiseerder) ons aan die einde van die jaar sal verlaat. Beide Bibi en Nadia se mans het bevordering by hul onderskeie werke gekry. Ons is baie dankbaar vir hul puik werk wat hulle by die skool gedoen het en ons wens hulle baie sterkte toe met hul pad vorentoe. Razelle het 'n pos by die Hoërskool aanvaar. Sy gaan 'n groot leemte laat, maar ons is opgewonde saam met haar vir hierdie nuwe fase. Sy was vir lank deel van die Laerskool se span en het die sportprogram help op die been kry tot waar dit vandag is. Ons is baie dankbaar vir alles wat sy vir die skool oor die jare gedoen het!

Ons het reeds goeie onderwysers in Bibi en Nadia se plekke aangestel, nl. Erick Snyman (gr. 5) en Ilse-Marie Holtzhausen (gr. 4). Ons weet dat hulle sommer baie maklik by ons skoolgemeenskap sal inskakel. Verder is ons so gelukkig om Suné Swanepoel in die kodering en robotika pos te kon aanstel wat vir 'n rukkie in Korea skool gehou het. Baie dankie aan Marnus Visser wat ons hierdie jaar in die pos uitgehelp het!

AKADEMIE

November-eksamenrooster 2022

Kliek op die foto om die rooster in PDF te sien en af te laai.

KULTUUR

Dramatye tydens eksamen

Ons dramakonsert is Maandag, 12 Desember, om 18:30 in die skoolsaal. Ons sal in skooltyd na elke dag se eksamensessie met die leerders oefen.

Die tye na skool is as volg:
Maandag 13:30 - 14:30 (gr. 4 - 7)
Woensdag 13:00 - 14:00 (gr. 1 - 3)
Woensdag 14:00 - 15:00 (gr. 4 - 7)
Vrydag 13:00 - 14:00 (gr. 1 - 3)

Sterkte met die eksamen!
Groete, Jana

Redenaars 2023

Daar is hierdie week briewe uitgedeel rakende redenaarsdeelname vir 2023. Indien enige iemand belangstel en nie ‘n brief ontvang het nie, kontak asseblief vir Andri de Villiers (andri@jvrprim.co.za) of kliek HIER vir die brief en e-pos die nodige inligting na Andri.

Alle voorlopige deelnemers moet teen Maandag, 21 November, bevestig word.

Kooroptrede, 27 November

Ons is baie opgewonde om weer op te tree! Albei kore sing op Sondagaand, 27 November, om 19:00 by Tamboerskloof NG Kerk se Kerssangdiens. Dis altyd 'n baie mooi (kort) aand. By hierdie geleentheid sit koorlede by hulle ouers in die kerk. Hulle dra nie skoolklere nie, maar wel enigiets WIT (met 'n tikkie kersfees "bling"). Almal is welkom. Dit is die laaste kooroptrede vir die jaar. Ons sien daarna uit om julle daar te sien.

SPORT

Uitstaande Sportklere

Alle atletiek-, krieket-, rugby- en netbalklere wat by die sportkantoor geleen is, moet asseblief skoon aan die sportkantoor terugbesorg word. Ons wil graag voorraadopname afhandel.

Atletiek- en swemoefening tydens die eksamen

Gedurende die eksamentyd gaan ons vir die gr. 3 - 6-leerders die geleentheid bied om steeds aan atletiek- en swemoefeninge deel te neem. Hierdie sessies is slegs vir leerders wat dit graag wil bywoon. Leerders wat nie hul kant bring nie, sal terug na hul klasse gestuur word. Ons gaan dit nie vir gr. 1 en 2-leerders beskikbaar maak nie omdat hulle die meeste van die dag aan assesserings spandeer. Die gr. 7-leerders het ook baie ander finale take wat afgehandel moet word daarom dat hulle ook nie onttrek sal word nie. Voltooi asseblief die google form indien jy wil hê jou kind(ers) moet aan die sessies deelneem.
  • Kom met sportdrag skool toe op dae wat sport geoefen word sodat aantrektyd verminder word.
  • Atletiek- en swemoefeninge: 12:00 - 13:15 direk na tweede pouse op agterste sportveld / swembad.
  • Atletieksessies sal meestal op die sportveld by die skool plaasvind. Ons sal leerders vir enkele oefeninge na die Hoërskool se velde met busse aan ry.
Dinsdag, 22 Nov: gr. 5 en 6 (Baanitems)
Woensdag, 23 Nov: gr. 3 en 4 (Baanitems)
Donderdag, 24 Nov: gr. 5 en 6 (Velditems)
Vrydag, 25 Nov: gr. 3 en 4 (Velditems)
Maandag, 28 Nov: gr. 5 en 6 (Baanitems)
Dinsdag, 29 Nov: gr. 3 en 4 (Baanitems)
Woensdag, 30 Nov: gr. 5 en 6 (Velditems)
Donderdag, 1 Des: gr. 3 en 4 (Velditems)

GOOGLE FORM

Atletiekkliniek: 26 November 2022

George (Sors) Joubert en sy span gaan op Saterdag, 26 November 2022, by Laerskool Kampsbaai 'n atletiekkliniek vir enige belangstellende atlete teen R350 p.p. aanbied. Die sessies gaan in twee afdelings verdeel word: tegniek en basiese toepassings / beweging. Enige iemand wat belangstel kan die kliniek bywoon. Voltooi die Google Form om in te skryf.

Saterdag, 26 November 2022

PLEK: Symmondsveld, Kampsbaai
TYD: 09:00 - 13:00

Afrigterspan vir die dag:
  • Sprints: Henricho Bruintjies Suid-Afrikaanse Sprinter (100 m 9.97 sek.)
  • Hoogspring: Jess Perez Suid-Afrikaanse Tienkampatleet – African Medallist
  • Biomeganika: Dr GF Joubert Ex Suid-Afrikaanse atleet, Hoof van Sprints / Hekkies afrigter by Stellenbosch Universiteit
  • Hekkies: Abri van Heerden ASA Vlak 2 afrigter, Hekkiesafrigter by Paarl Gym/Impossible Athletics Academy
  • Gewigstoot / Spiesgooi: Muller Joubert ASA Vlak 2 afrigter, - Gooiafrigter by La Rochelle
  • Verspring: Keanan Watson Ex Suid-Afrikaanse atleet, Wes-Kaapse Unitversiteit
GOOGLE FORM

ALGEMEEN

Skooltye vanaf volgende week Donderdag

Die skool verdaag vanaf net voor die eksamen tot die einde van die kwartaal vir die hele skool vroeër.

Donderdag, 17 November - Dinsdag, 13 Desember

13:00 (Graad 1 - 3)
13:15 (Graad 4 - 7)

*Bus vertrek op hierdie dae om 13:20

Woensdag, 14 Desember

10:30 (Graad 1 - 3)
10:45 (Graad 4 - 7)

*Bus vertrek om 10:50

TERUGVOER

Barbara Schreuder Dansskool

Geluk aan die dansers van Barbara Schreuder Dansskool JvR wat op 13 Nov. aan die American Academy of Ballet deelgeneem het.
Laurence Kaplan, Direkteur van AAB NY, was vanjaar ons beoordelaar. Dit was 'n pragtige funksie en die dansers het baie goed gevaar en hul beste gelewer. Ons deel met trots hul sertifikate tydens die saalbyeenkoms uit en ook by ons Dans End of Year op 10 Des 2022.

Gradering:
"Distinction "= Onderskeiding
Bronze Distinction
Bronze Double Distinction (X2)
Silver
Silver Distinction
Silver Double Distinction (X2)
Gold
Gold Distinction

Geluk aan:
Gr.1 Pre-Level
Christa-Bella Swart Silver, Annabelle Enslin Silver Dist, Christina du Toit: Silver

Gr.1 Level 1
Isla Jooste: Silver Dist x2

Gr.2 Level 2
Noah Karusseit, Heidi van Heerden, Natalie Lawson: Silver Dist x2

Gr.3 Level 3
Jana v Gijsen: Gold
Solange Stevens: Gold Dist

Gr.4 Level 3
Danielle Fourie: Silver Dist
Sadie Gillmer: Silver Dist x2
Gabriella Buckenham, Ella Grey: Gold

Gr.5 Level 5
Daniella Boshoff, Michaan Naylor, Larah Opperman: Gold
Jessica Schincariol: Gold Disct

Gr.6 Level 5
Karlien vd Walt, Kerala Allewell: Gold Dist

Gr.7 Level 6
Emma Liebenberg, Jana Basson: Silver Dist

Chrystal wen goud op die ys!

Op Saterdag, 12 November, het die eerste Interklub Ysskaats Kompetisie by Grand West sedert die begin van Covid plaasgevind. Een van ons leerders, Chrystal Conradie (graad 6), wat al vanaf 3 jarige ouderdom by die Junior Blades ysskaats, het deelgeneem. Sy het 'n goue medalje in die graad 6-afdeling teen die Black Panters verower. Baie geluk, Chrystal. Ons is baie trots op jou!

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Hierdie week het ons op Dinsdag, 15 November 2022, die laaste saalbyeenkoms voor die eksamen begin, gehou. Graag wil ek die Gr. 7’s (Mia Boshoff, Kate Mouton en Liam Botha) wat ‘n pragtige boodskap met praktiese wenke aan die leerders gelewer oor hoe om die komende eksamen aan te pak en nie onnodig angstig te raak nie, hartlik bedank vir die voortreflike aanbieding. Ek besef net weer elke dag die voorreg wat ons het om met merkwaardige leerders te werk.

Vandag begin die Gr. 7’s met hul finale laerskooleksamen en hulle skryf Wiskunde. Die Gr. 4 - 6’e begin op Dinsdag, 22 November 2022, met hul eksamen. Die Grondslagfase het reeds met finale assesserings op Maandag, 14 November 2022, begin. Graag wil ek al ons leerders sterkte met die eksamen toewens. Ons weet julle gaan jul beste gee.

Ek wil julle as ouers/voogde by voorbaat bedank dat julle ons opvoeders kollektief sal help om te verseker dat die komende assesseringsreeks/eksamen nie ‘n angswekkende en stresvolle ervaring vir jul kinders sal wees nie.

Hiermee ‘n paar praktiese wenke om jou kind so goed moontlik vir die komende eksamen voor te berei:
  • Stel ‘n studierooster saam met jou kind op en verdeel werk in kleiner porsies wat nie oorweldigend is nie. Beperk ook die studietyd tot 30 minute per sessie, want laerskoolkinders sukkel om langer as 20 - 30 minute op ‘n slag te konsentreer. Gereelde blaaskanse is belangrik en daar moet ook tyd vir ontspanning geskeduleer word anders mag jou kind die eksamenstudie baie negatief ervaar. Doen gerus saam met jou kind ‘n bietjie oefening deur byvoorbeeld ‘n entjie te gaan stap.
  • Skep ‘n ruimte waar studie in ‘n stil omgewing kan plaasvind sonder dat hul aandag afgelei kan word. ‘n Leerder moet verkieslik by ‘n tafel of ‘n lessenaar sit waar daar genoeg lig is en vars lug sirkuleer. Dalk is dit nie ‘n goeie idee vir ‘n kind om bo-op sy/haar bed te leer nie. Organiseer hul studie-area sodat hulle gemaklik kan fokus en effektief kan leer.
  • Maak seker jou kind eet gesond tydens die eksamen en kry genoeg slaap om optimaal tydens die tydperk te funksioneer.
  • Praat gereeld met jou kind oor hoe hulle elke dag van die eksamen ervaar. Maak dit duidelik dat jy hul vermoë vertrou en gee positiewe terugvoering. Moedig hulle aan om net hul beste te doen.
  • Moet asseblief nie jou kind/ers vir die eksamens bang maak deur hulle byvoorbeeld te dreig dat indien jy nie nou harder gaan leer nie, dan gaan jy die jaar herhaal nie. Dit werk nie, inteendeel dit maak kinders nog meer angstig.
Gedurende week 6 het ons ook die jaarlikse ouerinligtingsaande onderskeidelik op 15 en 16 November 2022 vir die huidige Gr. 3-ouers wie se kinders volgende jaar na Gr. 4 vorder asook die huidige Gr. 6-ouers wie se kinders na Gr. 7 vorder, gehou. Hierdie tipe gesprekke is baie informatief en help om ouers se angstigheid rakende ‘n nuwe fase met meer vakke te verminder. Baie dankie aan al die ouers wat dit bygewoon het asook aan Marinda en die Gr. 4- en Gr.7-opvoeders vir jul puik aanbieding. Laat my ook toe om die huidige Gr. 4- en 7-leerders hartlik te bedank vir die spesiale video’s wat hul onderskeidelik voorberei het om hul wonderlike ervaring van die onderskeie grade vanjaar met die voornemende ouers te deel. Dit is spesiaal en beklemtoon weereens die unieke etos by ons skool.

Baie dankie aan Marlize wat vir ons die afgelope week weer ‘n boekverkoping vanuit die biblioteek gereël het. Die grondslagfase leerders was ook baie bevoorreg om ‘n skrywersbesoek deur Riaan Manser te ontvang. Boekverkopings en voorlees van stories maak leerders baie opgewonde en in die proses promoveer ons die leeskultuur by ons skool. Motiveer gerus jul kinders om boeke by die biblioteek te kom uitneem en dit te lees. Ons weet almal hoe belangrik en verrykend lees is.

Die somerbuitemuurse program het op Donderdag, 17 November 2022, as gevolg van die eksamens tot 'n einde gekom. Ons beplan egter ter voorbereiding van die kleure-atletiekbyeenkoms (07 en 09 Desember) om atlete gedurende skooltyd, net na die aflê van die daaglikse eksamenvraestelle, vir die byeenkoms voor te berei. Hierdie deelname is vir die atlete vrywillig.

Graag versoek ek weer dat die "drop and go / fetch and leave"-beginsel toegepas sal word wanneer ouers hul kinders kom aflaai/haal. Moet asseblief nie so stop dat jou voertuig die verkeer belemmer nie. Indien ouers/voogde wel uit hul voertuie wil klim, moet hulle asseblief hul voertuie in die parkeerareas parkeer sodat die vloei van verkeer nog steeds so effektief as moontlik kan plaasvind. Baie dankie vir die samewerking in die verband.

Ek sluit af met die volgende anonieme aanhaling wat op ons waarde vir die kwartaal fokus, naamlik Respek en wens julle ‘n wonderlike naweek toe.

“To be one, to be united is a great thing,
But to respect the right to be different is maybe even greater’’

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies 18 November 2022

Kliek HIER vir die Jannies besigheidsregister

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet