Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Begrotingsvergadering vir 2023

Begrotingsvergadering 2022 vir 2023

Huppelland op Sosiale Media

Ons is baie opgewonde om aan te kondig dat Huppelland nou op sosiale media is. Volg ons gerus:
Facebook
Instagram
Deel dit gerus ook met ander belangstellende ouers.

AKADEMIE

November-eksamenrooster 2022

Kliek op die foto om die rooster in PDF te sien en af te laai.

KULTUUR

Redenaars 2023

Daar is hierdie week briewe uitgedeel rakende redenaarsdeelname vir 2023. Indien enige iemand belangstel en nie ‘n brief ontvang het nie, kontak asseblief vir Andri de Villiers (andri@jvrprim.co.za).

Alle voorlopige deelnemers moet teen Vrydag, 18 November, bevestig word.

Storieskip, 24 November

Storieskip gaan op 24 November 'n toneel vir alle graad 1-3-leerders in die saal kom opvoer. Hierdie opvoering vind tydens skooltyd plaas. Die kostes beloop R10 p.p. en ouers kan dit op die Karri-toep betaal. Maak asb. die betaling voor 18 November om 14:00.

Dramaklasse

Volgende week Vrydag, 11 November, is daar ongelukkig geen dramaklasse nie. Die saal word ongelukkig deur dansmaats beset.

Die dramamaats kan Maandag en Woensdag kom inhaal.
  • Graad 1 - 3 Maandag en Woensdag 14:10 - 15:10
  • Graad 4 - 7 Maandag en Woensdag 15:10 - 16:20
Baie dankie!

Groete,
Jana

Kooroptrede, 27 November

Ons is baie opgewonde om weer op te tree! Albei kore sing op Sondagaand, 27 November, om 19:00 by Tamboerskloof NG Kerk se Kerssangdiens. Dis altyd 'n baie mooi (kort) aand. By hierdie geleentheid sit koorlede by hulle ouers in die kerk. Hulle dra nie skoolklere nie, maar wel enigiets WIT (met 'n tikkie kersfees "bling"). Ons sien daarna uit om julle daar te sien.

SPORT

Sportfotodag, 8 November

Neem kennis van die volgende kleredrag vir die sportfotodag op 8 November.

ALGEMEEN

Nuwe skoolklere bestellings

Ons het in verlede week se nuusbrief die nuwe skooldrag aangekondig. Sien gerus die volgende inligting vir bestellings:

Nuwe hemde vevang beide die LO- en skoolhemp met die wapen. Graad 1-7-leerders se hempies lyk presies dieselfde. Dit mag nie saam met grys skoolbroeke gedra word nie.
Leerders kan huidige skoolklere of die nuwe kombinasie dra.

Sportbroek/skort/formele kortbroek
  • Gr. 1 - 3 Seuns en Dogters: Slegs sportbroek/skort
    Bestellings
  • Gr. 4 - 7 Seuns: Dra sportbroek op LO-dae, andersins die skool se nuwe donkerblou formele kortbroek en donkerblou strepieskouse.
    Bestellings
  • Gr. 4 - 7 Dogters: Dra sportbroek/skort op LO-dae, andersins die skool se nuwe formele kortbroek/huidige skoolromp, slegs tot geruite romp beskikbaar is.
    Bestellings

Nuwe Skooldrag: Somer (kw.1) 2023

Nuwe Skooldrag Okt 2022

Prysuitdeling 2022

Maak asb. 'n aantekening in jou dagboek om die prysuitdelingsgeleenthede in ons skoolsaal by te woon.

Maandag, 5 Des:
Gr. 1 - 08:30
Gr. 2 - 10:00
Gr. 3 - 12:00

Dinsdag, 6 Des:
Gr. 4 - 08:30
Gr. 5 - 10:00
Gr. 6 - 12:00

Donderdag, 8 Des:
Gr. 7 - 18:00

Welwillendheidsprojek

TERUGVOER

o.11 en o.13 Westman-tennistoernooi

Op Vrydag, 21 Oktober, het die Jannies-bus vroegoggend na Ceres vertrek met die o.11-seuns en -dogters tennisspan vir die jaarlikse Westman-tennistoernooi. Ons het almal by ‘n gastehuis oorgebly. Beide seuns- en dogtersspanne is in die A-liga ingeskryf. Ons het elkeen 10 wedstryde gespeel oor die twee dae. Dit was maar ‘n moeilike paar wedstryde vir die dogters, maar ons het deur die hitte ons beste gegee en ‘n hele paar wedstryde gewen. Die seuns het egter skoonskip gemaak en 2de plek behaal. Hulle het met net ‘n punt of twee eerste plek gemis, so ons is vreeslik trots op hulle!

Die naweek was vet pret! Ons tennis Jannies het vreeslik baie gees gehad en ons naam hoog gehou! Baie, baie dankie aan die onderwysers en ouers wat hierdie naweek moontlik gemaak het. ‘n Spesiale dankie aan juffrou Anja wat so mooi na ons gekyk het en ons ondersteun het.

Geskryf deur Stella Pansegrouw

Ons het 'n baie lekker naweek in Ceres gehad. Vrydagaand het ons Spur toe gegaan en daarna het ons in die koshuis geslaap. Die meisies het deur die loop van die naweek 9 wedstryde gespeel en die seuns 10. Tussendeur al die kuier het ons ook die geleentheid gehad om baie van mekaar te leer. Ons is ook baie trots op beide van ons spanne wat tweede in die onderskeie B-ligas geëindig het.

Geskryf deur Katia van Wyk

Tennis: Dawid-Wiese en span wen goud!

Op 8 en 9 Oktober het Dawid-Wiese Viljoen die o.12 A WP-span by die Synergy Cup in Robertson verteenwoordig. Hulle span het met 98 punte goud gewen, die Cavaliers het met 72 punte die 2de plek beklee en die Eagles met 37 punte die 3de plek. Dawid-Wiese is ook as die Players Player of the Tournament aangewys. Baie geluk Dawid-Wiese!

Atletiek: Bredasdorp Top 10

Nege van ons atlete het Vrydag, 28 Oktober, deelgeneem aan die Bredasdorp Top 10 byeenkoms nl. Albert Griesel, Sophia Liebenberg, Helene Greeff, Jean Petrie, Liza Hitge, Sebastian Senekal, Delmar Benecke en Sofia Newton. Daar was ongeveer 60 spanne van 34 verskillende skole wat deelgeneem het. Dit beteken dat daar meer as 500 atlete by die byeenkoms was.

Ons atlete het baie goed presteer. Die volgende atlete het onder die top 8 posisies geëindig vir hul onderskeie items:

Albert Griesel: 800m en 1500m
Sophia Liebenberg: Verspring en spiesgooi
Helene Greeff: 400m
Jean Petrie: 400m
Liza Hitge: Hoogspring
Delmar Benecke: 1200m

Die byeenkoms word in twee afdelings verdeel, skole groter as 600, en skole kleiner as 600. Tydens die byeenkoms neem skole van albei groepe teen mekaar deel. Skole se posisies aan die einde van die byeenkoms word bepaal deur die punte wat aan atlete volgens die ASA-puntestelsel toegeken word. Punte word slegs toegeken aan die top 8 posisies per item. Ons span het algeheel 22ste uit 53 spanne geëindig en 8ste van 21 skole kleiner as 600.
WhatsApp Image 2022-11-03 at 20.26.32

Moderne Dans prestasies

Baie geluk aan die dansers wat hul Moderne Dans Assessering gedoen het!

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Ons somersportbuitemuurse program is in volle swang met leerders wat aan verskeie wedstryde en toernooie deelneem. Ongelukkig is die buitemuurse aktiwiteite vir kwartaal 4 van korte duur aangesien daar die laaste kwartaal van die jaar heelwat tyd aan die finale assesserings afgestaan word. Novembermaand het so stilletjies sy vriendelike opwagting gemaak en dit is onvermydelik om te dink dat die somervakansie en Kersfees net om die draai lê terwyl die wêreld stadig maar seker vir 2023 gereedmaak.

Soos genoem in verlede week se nuusbrief het ons o.11-tennisspelers tydens die naweek van 21 – 22 Oktober 2022 puik in die Ceres-Tennistoernooi presteer. Die afgelope naweek was dit die o.13-seuns en -dogters se beurt. Hulle het glad nie op hulle laat wag nie en in die spreekwoordelike voetspore van die o.11’s gevolg met die seuns- en dogterspanne wat beide silwer medaljes tydens die gewilde tennistoernooi verower het. Dit is duidelik dat ons tennis by die skool baie ‘gesond’ is en kan ons teen heelwat groter skole kompeterend meeding. Baie geluk aan die volgende o.13-dogters en -seuns met hul puik prestasie. Ons is baie trots op julle:

Dogters:
Stella Lamprecht
Katia van Wyk
Liza Hertzog
Cara Swanepoel

Seuns:
Dawid-Wiese Viljoen
Gustav Pansegrouw
Johan Symington
Pierre-Jaque Smit

Baie dankie aan Andri en Maricqe wat die bogenoemde o.13-tennisspelers oor die naweek vergesel het. Ons is ook baie dankbaar vir al die ouers wat die leerders so mooi tydens die toernooi ondersteun en aangemoedig het.

Op Woensdagmiddag, 1 November, het ons vir die eerste keer op die ‘nuwe’ sportveld agter die skool o.9 mini-krieketwedstryde teen Laerskool Kampsbaai aangebied. Dit was heerlik om saam met ons ouers agter op die veld onder die skadu van die bome ons spanne te ondersteun. Hoe bevoorreg is ons nie, met die ikoniese Tafelberg in die agtergrond, Leeukop en Sienheuwel wat ‘glimlag’ terwyl ons saam met die Kampsbaai-ouers die mini-krieketwedstryde kon geniet. Ons beplan om heelwat somer- en wintersportwedstryde op die nuwe sportveld aan te bied. Ons bespaar soveel tyd deurdat ons nie meer ons Grondslagleerders heen-en-weer tussen die skool en die Conradieveld hoef te vervoer nie. Ek kan nie anders as om weer vir Gerhard Conradie hartlik te bedank vir sy leeue-aandeel in die verbetering van die skoolfasiliteite nie!
Ons atlete het op Vrydag, 28 Oktober, aan Laerskool Bredasdorp se Top 10 atletiekbyeenkoms gaan deelneem. Ons atlete het goed gevaar en baie dankie aan Leon en André wat ons atlete vergesel het. Baie dankie aan die volgende netbalafrigters wat die naweek van 28 - 29 Oktober te Drie Susters aan ‘n afrigtingskamp aangebied deur Patrys van der Merwe en Elize Kotze bygewoon het: Ischké, Shahneé, Sharon, Razelle, Michelle, Heidré, Naomi en Liezel. Ons glo dat hul heelwat nuwe afrigtingstegnieke oor die naweek aangeleer het om te verseker dat ons netbal van krag-tot-krag gaan.
Ons waarde vir die kwartaal is respek. Hierde afgelope week tydens die saalbyeenkoms het juffrou Liezel vir ons ‘n baie mooi boodskap rakende respek gebring. Graag versoek ons ouers en voogde om ons as opvoeders te help om vir ons leerders die belangrikheid van respek vir mense, diere en eiendom vas te lê. Vir my is dit so belangrik dat ons leerders verstaan dat hulle ander mense moet behandel soos hulle self behandel wil word. Deesdae is dit algemeen dat mense mekaar openlik en blatant sonder respek behandel. Dit is ‘n kollektiewe proses waar personeel en ouers/voogde ons leerders moet help om te leer dat alle mense met waardigheid behandel moet word. Ons brose samelewing roep uit vir respek en medemenslikheid.

Graag herinner ek ons ouers/voogde aan die 2023 begrotingsvergadering op Maandag, 07 November 2022, om 18:00 in die biblioteek. Tydens die vergadering word die verhoging van die 2023 skoolfooie goedgekeur.

Ek sluit af met die volgende anonieme aanhaling wat op ons waarde vir die kwartaal fokus, naamlik Respek en wens julle ‘n wonderlike naweek toe.

“Treat people the way you want to be treated,
Talk to people the way you want to be talked to,
Everyone deserves respect’’

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies 4 November 2022

Kliek HIER vir die Jannies besigheidsregister

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet