Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Tegnologie Vraelys

Baie dankie vir almal wat reeds die tegnologie vraelys voltooi het. Indien die vraelys nog nie namens julle gesin voltooi is nie, voltooi dit asseblief vandag, 28 Oktober, voor 20:00. SKAKEL NA VRAELYS

Ons sal binnekort ‘n skrywe uitstuur wat verduidelik hoe ons tegnologie gebruik om dit wat ons reeds in leer en onderrig doen, uit te brei en te verryk. Wees gerus dat ons tegnologie as hulpmiddel aanwend om ons tradisionele benadering tot onderrig aan te vul, nie om dit te vervang nie.

Nuwe Skooldrag: Somer (kw.1) 2023

Kliek op die foto vir die dokument:
Nuwe Skooldrag Okt 2022

Prysuitdeling 2022

Maak asb. 'n aantekening in jou dagboek om die prysuitdelingsgeleenthede in ons skoolsaal by te woon.

Maandag, 5 Des:
Gr. 1 - 08:30
Gr. 2 - 10:00
Gr. 3 - 12:00

Dinsdag, 6 Des:
Gr. 4 - 08:30
Gr. 5 - 10:00
Gr. 6 - 12:00

Donderdag, 8 Des:
Gr. 7 - 18:00

OOV-voorsitter nominasies

Ons is opsoek na ‘n OOV-voorsitter vir 2023. Ria Hertzog het die afgelope 2 jaar as OOV-voorsitter opgetree en is gereed om hierdie leisels aan 'n opvolger te oorhandig. Ons is uiters dankbaar vir die tyd en inisiatief wat Ria aan ons skool gewy het.

Stuur gerus nominasies direk aan Naas Beets (skoolhoof@jvrprim.co.za). Ons beplan om oor ‘n paar weke ‘n aanlyn OOV-verkiesing te hou waartydens die voorsitter verkies sal word. Ons nooi almal hartlik uit om hieraan deel te neem. Hou die nuusbrief dop vir die datum waarop die verkiesing sal plaasvind.

AKADEMIE

November-eksamenrooster 2022

Kliek op die foto om die rooster in PDF te sien en af te laai.

KULTUUR

Kooroptrede, 27 November

Ons is baie opgewonde om weer op te tree! Albei kore sing op Sondagaand, 27 November, om 19:00 by Tamboerskloof NG Kerk se Kerssangdiens. Dis altyd 'n baie mooi (kort) aand. By hierdie geleentheid sit koorlede by hulle ouers in die kerk. Hulle dra nie skoolklere nie, maar wel enigiets WIT (met 'n tikkie kersfees "bling"). Ons sien daarna uit om julle daar te sien.

Konsert: Video-opname en foto's

Die konsertvideo-opname se bestellings op Karri sluit volgende week Dinsdag. Sodra dit gesluit het, sal die skakel met die gesinne wat 'n bestelling geplaas het, dit ontvang.

Die foto's behoort binnekort gereed te wees en sal ook dan met ouers wat dit bestel het, gedeel word.

SPORT

Sportfotodag, 8 November

Neem kennis van die volgende kleredrag vir die sportfotodag op 8 November.

WPNA Netbal vaardigheidskliniek

Die Karri-invordering het reeds gesluit. Ouers wat leerders nog wil inskryf, kan kontant vir die sessie betaal.
MicrosoftTeams-image (137)

Swemgala: 4 November 2022

Op Vrydag, 4 November, neem ons weer by Laerskool Kenridge aan 'n swemgala deel. Die formaat van hierdie gala gaan effens anders wees as die een waaraan ons op Woensdag, 19 Oktober, deelgeneem het. Die gala in November se program het langer afstande en die dogters en seuns sal apart deelneem.

Die program bevat die volgende items vir dogters en seuns:

  • Vryslagaflos / Freestyle relays (4 x 50m)
  • Borsslagaflos / Breaststroke relays (4 x 50m)
  • Vlinderslag / Butterfly relays (4 x 25m)
  • Wisselslag (rug, bors, vlinder en vryslag) / Medley relays (back, breast, fly, free) (4 x 50m)
  • Leeraflosse / Ladder relay (U/10-U/14) (4 x 50m)
Ons het voorlopig 'n span saamgestel om te kyk of ons as span kan saam oefen.

Die span is weer volgens die uitslae van die Senior swemgala van Februarie saamgestel. Indien enige iemand aan die gala wil deelneem, maar nie in die span is nie, moet hulle 'n vinniger tyd as die nommer 4 swemmer van die betrokke slag kan swem. Leerders wat belangstel en 'n vinnger tyd kan opstel moet met Juffrou Bibi Janse van Rensburg (bibi@jvrprim.co.za) of Juffrou Razelle Hanekom (sport@jvrprim.co.za) kontak maak teen Dinsdag, 25 Oktober. Ons sal dan reël dat hy/sy teen die ander swemmers uitswem indien dit nodig is.

ALGEMEEN

Welwillendheidsprojek

TERUGVOER

Radikale Redenaars

Karu Rademeyer het die afgelope naweek aan die Radikale Redenaars se nasionale kompetisie in Boksburg deelgeneem. Sy is as die wenner in die Engelse afdeling aangewys en het 'n tweede plek in die Afrikaanse afdeling losgeslaan! Wat 'n fenomenale prestasie! Ons is baie trots op jou, Karu!

Moderne Dans

Die volgende 14 dansers doen hul Cape Studio Moderne Dans Assessering op Saterdag, 29 Okt. 2022, by die skool. Almal is baie opgewonde!

Graad 1
"Cheetahs"

Mika vd Walt
Karen James
Gia Kruger
"Pop Kittys"
Christa-Bella Swart
Annabella Enslin
Isla Jooste
"BlueBirds"
Stella Rabie
Christina du Toit
Lucy le Roux
Graad 2
Heidi v Heerden
Miekela Myburgh
Graad 3
Ella vd Walt
Alida Loubser
Graad 5
Isabella Marais

Lekker dans en dankie dat julle so mooi voorberei het!

Krieketuitslae: 26 Oktober 2022

WhatsApp Image 2022-10-28 at 08.33.10
Ons o.11 A-krieketspan het Woensdag, 26 Oktober, teen Herzlia Highlands met 22 lopies gewen. Die o.11 B-span het teen Groote Schuur tuis gespeel en met 3 lopies gewen. Stephan Holtzhausen het 45 lopies vir die B-span aangeteken. Baie geluk aan hierdie leerders!

Tennisuitslae: 26 Oktober 2022

Ons het Woensdag, 26 Oktober, met vier spanne teen verskillende skole wedstryde gespeel. Die uitslae was soos volg:
  • Noord-liga, o.13-dogters A vs. Durbanville A verloor 2-4
  • Noord-liga, o.13-seuns A het 'n BYE gehad
  • Noord-liga, Gemengdespan vs. Curro Brackenfell wen 6 - 0
  • Table View-liga, Gemengde span 1 vs. Blouberg Ridge wen 6 - 0
  • Table View-liga, Gemengde span 2 vs. Table View wen 1-5

Tennis o.12-dogters neem goud!

MicrosoftTeams-image (138)
Twee van ons o.12 dogters het die afgelope naweek deel van die Intersone Suidelike span gevorm wat teen spanne van die ander sones moes kompeteer. Stella Lamprecht en Klara Maree het saam die res van hul spanmaats die toernooi gewen en verseker dat Suid-sone met die goud wegstap. Hulle het in die 3 rondes 101 punte aangeteken. Sentrale sone het die naaste aan hulle gekom met slegs 93 punte. Stella het ook vir elke lid van die span 'n armband gemaak. Welgedaan, meisies! Ons is ongelooflik trots op julle spel en gesindheid.

Oud-Jannies tot leiers verkies

Ons is baie trots op die volgende Jannies wat tot hul skole se leerderraad verkies is. Laat weet ons gerus indien julle van nog oud-Jannies weet wat by ander skole verkies is (marinda@jvrprim.co.za).
Henry Potgieter verkies as Onderhoofseun 2023 van HS Rondebosch Boys
Adrian Huysamen en Gerard Snijders is tot Hoërskool JvR se leerderraad as hoofseun en onderhoofseun verkies. Annabelle de Jager, Tiana van den Berg, Johan Jordaan en Adam Liebenberg is ook op volgende jaar se leerderraad.

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Die spreekwoordelike mooiste, mooiste maand van 2022 is stadig maar seker besig om plek vir die vrolike Novembermaand te maak soos tyd ongesiens en onverpoos verby snel. Kwartaal 4 mag dalk kort wees, maar sluit heelwat opwindende aktiwiteite asook finale eksamens en assesseringsweke in. Ons toegewyde opvoeders en die RO-opvoeders is tans hard aan die werk om ons leerders deeglik voor te berei en te bemagtig om die uitdagings van die finale assesserings met gemak te hanteer.

Ons skool het sommer vinnig na die Oktober-vakansie sy operasionele ritme gevind en ons leerders het aan verskeie sportwedstryde, ‘n swemgala en kultuuraktiwiteite deelgeneem. Baie geluk aan ons senior koor met hul puik optrede laasweek tydens die Weskus Koorfees te Laerskool Sunningdale. Onder leiding van die Helecia en Ben het hulle as ware ambassadeurs vir ons spogskool opgetree en ons senior- en junior koor eenvoudig van krag-tot-krag geneem. Maak asseblief ‘n nota in jou dagboek om op Sondag, 27 November 2022, die Kerssangdiens by die NG Kerk, Tamboerskloof vanaf 19:00 by te woon. Meer inligting sal binnekort volg.

Ek wil nie graag ‘n leerder spesifiek uitsonder nie, maar ek sal my plig versuim indien ek nie vir Karu Rademeyer hartlik gelukwens met haar merkwaardige prestasie nie. Karu het vanaf 21 – 22 Oktober 2022 aan die nasionale Radikale Redenaarskompetisie in Boksburg deelgeneem. Sy is as nasionale wenner in die Engelse afdeling aangewys en het ‘n tweede plek in die Afrikaanse afdeling behaal. Welgedaan, Karu. Jy maak ons baie trots.

Ons o.11-tennisspelers het ook oor die naweek van 21 – 22 Oktober 2022 tydens die Ceres-Tennistoernooi puik presteer. Hierdie gewilde tennistoernooi word deur die meeste top tennisskole ondersteun en ons seunspan het op die einde van die dag ‘n ongelooflike tweede plek behaal. Merkwaardig om te dink dat ons en LS De Hoop se seunspanne presies op dieselfde punte na 2 dae van tennis vir eerste plek geëindig het, maar ongelukkig by die uittel vir die meeste aantal potte gewen, is hulle as die wenners aangewys. Baie geluk aan Anja wat die spanne (seuns en dogters) vergesel het en natuurlik die volgende seuns: Adriaan Wessels, Gustav van der Linde, Nils le Roux en Rafa Lamprecht. Baie geluk aan Rafa wat nog maar in Gr. 3 is m.a.w. nog o.9 is, wat al sy wedstryde oor die naweek gewen het. Welgedaan, Seuns. Ons is baie trots op julle!

Op Vrydagaand vanaf 18:00 – 20:00 het die inwyding van die opgradering van die kroegfasiliteit by die klubhuis te Conradieveld saam met spesiale gaste plaasgevind. Laat my toe om spesiaal vir Oloff Sieberhagen (ouer by Huppelland en by die skool) hartlik te bedank wat die projek befonds en self bestuur het. Die estetiese en die funksionele verbetering aan die klubhuis maak ‘n ongelooflike verskil en ek glo die skoolgemeenskap gaan nog daar sommer heerlik in die toekoms saam kuier.

Die opgradering van die parkeerarea en aanbring van duidelike rigtingwysers op die teer aan die agterkant van die skool is nog nie afgehandel nie. Dus vir die interim periode rig ek ‘n vriendelik versoek dat tydens die af- en oplaai van jul kinders om asseblief die "drop and go / fetch and leave"-beginsel toe te pas. Moet asseblief nie so stop dat jou voertuig die verkeer belemmer nie. Indien ouers/voogde wel uit hul voertuie wil klim, moet hulle asseblief hul voertuie in die parkeerareas parkeer sodat die vloei van verkeer nog steeds so effektief as moontlik kan plaasvind. Baie dankie vir almal se samewerking in die verband.

Ek sluit af met die volgende aanhaling deur Albert Einstein wat op ons waarde vir die kwartaal fokus, naamlik Respek en wens julle ‘n wonderlike naweek toe.

“Everyone should be respected as individuals,
But no one idolized’’
.
Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies 28 Oktober 2022

Kliek HIER vir die Jannies besigheidsregister

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet