Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

VIR AANDAG

Skool verdaag vroeër: Vrydag, 28 Okt.

Neem kennis dat die skool Vrydag, 28 Okt., vroeër gaan verdaag omdat baie onderwysers betrokke is by die sport op daardie dag en ons te min toesig het vir die res van die skooldag.
  • Graad 1-3 12:30
  • Graad 4-7 12:45

Tegnologie Vraelys

Soos in die Nuusbrief van 22 Julie gekommunikeer, is ons skool besig om van Google Worksuite af te migreer na die Microsoft Education platform. Om ons tegnologie strategie te help finaliseer, wil ons graag verstaan hoe ons Jannies bestaande tegnologie gebruik. Ons versoek dat een ouer per huisgesin asseblief 'n tegnologie vraelys wat ons volgende week gaan uitstuur teen Donderdag, 27 Oktober, sal voltooi. Dit is ‘n kort vraelys en behoort binne 6 minute voltooi te kan word.

Nuwe Skooldrag

Ons wou vreeslik graag al die nuwe skooldrag aan julle bekendstel. Daar is egter 'n paar goed wat nog nie afgehandel is nie. Ons sal dit spoedig moontlik probeer afhandel. Indien jy enige navrae het, kontak gerus vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za).

OOV-voorsitter nominasies

Ons is opsoek na ‘n OOV-voorsitter vir 2023. Ria Hertzog het die afgelope 2 jaar as OOV-voorsitter opgetree en is gereed om hierdie leisels aan 'n opvolger te oorhandig. Ons is uiters dankbaar vir die tyd en inisiatief wat Ria aan ons skool gewy het.

Stuur gerus nominasies direk aan Naas Beets (skoolhoof@jvrprim.co.za). Ons beplan om oor ‘n paar weke ‘n aanlyn OOV-verkiesing te hou waartydens die voorsitter verkies sal word. Ons nooi almal hartlik uit om hieraan deel te neem. Hou die nuusbrief dop vir die datum waarop die verkiesing sal plaasvind.

AKADEMIE

November-eksamenrooster 2022

Kliek op die foto om die rooster in PDF te sien en af te laai.

KULTUUR

Konsert video-opname

Die konsert se video-opname kan op Karri bestel word.

Indien jy 'n boodskap gekry het dat jy perongeluk te veel vir die konsertfoto's betaal het (vir meer as een kind of dubbel toe dit die tweede keer opgelaai is), sal jy nie die Karri versameling vir die video-opname sien nie, maar sal die video outomaties ontvang sodra ons dit uitstuur.

SPORT

Swemgala: 4 November 2022

Op Vrydag, 4 November, neem ons weer by Laerskool Kenridge aan 'n swemgala deel. Die formaat van hierdie gala gaan effens anders wees as die een waaraan ons op Woensdag, 19 Oktober, deelgeneem het. Die gala in November se program het langer afstande en die dogters en seuns sal apart deelneem.

Die program bevat die volgende items vir dogters en seuns:

  • Vryslagaflos / Freestyle relays (4 x 50m)
  • Borsslagaflos / Breaststroke relays (4 x 50m)
  • Vlinderslag / Butterfly relays (4 x 25m)
  • Wisselslag (rug, bors, vlinder en vryslag) / Medley relays (back, breast, fly, free) (4 x 50m)
  • Leeraflosse / Ladder relay (U/10-U/14) (4 x 50m)
Ons het voorlopig 'n span saamgestel om te kyk of ons as span kan saam oefen. Volg die skakel vir die voorlopige span.

Die span is weer volgens die uitslae van die Senior swemgala van Februarie saamgestel. Indien enige iemand aan die gala wil deelneem, maar nie in die span is nie, moet hulle 'n vinniger tyd as die nommer 4 swemmer van die betrokke slag kan swem. Leerders wat belangstel en 'n vinnger tyd kan opstel moet met Juffrou Bibi Janse van Rensburg (bibi@jvrprim.co.za) of Juffrou Razelle Hanekom (sport@jvrprim.co.za) kontak maak teen Dinsdag, 25 Oktober. Ons sal dan reël dat hy/sy teen die ander swemmers uitswem indien dit nodig is.

ALGEMEEN

Welwillendheidsprojek

Prysuitdelingbekers

Ons wil ouers graag vra om alle bekers wat by verlede jaar se prysuitdeling ontvang is, asseblief so gou as moontlik terug skool toe te stuur. Dit moet reeds gegraveer wees wanneer dit skool toe gestuur word. Dankie vir jul samewerking!

TERUGVOER

James Marais presteer in fietswedlope.

James Marais (Gr. 4) het 25 September 2022 deelgeneem aan die Western Cape Enduro bergfiets wedren. Hy het die eerste plek behaal in die Nipper Boys kategorie. Die wedren het bestaan uit 3 tydtrajekte wat getel het tot ‘n totale tyd. Die dag uit op die fietse vir hulle was so 18,5km se totale ry, met 720m se totale vertikale klim. In Enduro word deelnemers se tyd geneem vir afdraende trajekte. Ry tussen die trajekte (liaison stages) tel nie tot die totale tyd nie. Deelnemers met die vinnigste totale tyd wen.
Op 2 Oktober het James ook deelgeneem aan die "Western Cape Downhill" 4de ronde wat by Zevenwacht aangebied is. Hy het 'n 4de plek behaal in die Nipper Boys kategorie.

Jannies woon Varsity Cup netbalfinale by: 17 Oktober 2022

Maties wen 68 - 55 teen NWU. Dit is darem naby.
Maandag, 17 Oktober, het ons wonderlike onderwysers ons na die Maties vs. NWU Varsity Cup netbalfinale in Stellenbosch geneem.

Hierdie vroues speel verskriklik goed en ons het duidelik nog baie om te leer. Ons en die 0.13's was gelukkig genoeg om hierdie intense wedstryd in lewende lywe te sien.

Halftyd het ek en Emma aan 'n doelskiet-kompetisie teen 2 ouer meisies deelgeneem. Dit het maar moeilik gegaan, maar Emma het gewen! Ons is almal baie trots op haar. Na die wedstryd kon ons afgaan en die spelers se handtekeninge op ons sakke kry! Dit is 'n oomblik wat ons almal sal onthou.

Op pad terug huis toe het ons by McDonald's gestop en McFlurries gekry! Ons is so dankbaar vir ons juffrouens vir hierdie onvergeetlike ervaring.

Geskryf deur Carmen Barnard (o.12-Speler)

Baie dankie aan al ons ouers wat gehelp het om kaartjies te koop voordat alles uitverkoop is asook die onderwysers (juf. Ischké en Shahneé Felix, Heidré Ehlers, Sharon Mabena, Razelle en Leon Hanekom) wat ons spelers vergesel het. Dit sal verseker 'n aand wees wat hulle vir baie jare sal onthou.

Tennisuitslae: 19 Oktober 2022

Ons het Woensdag, 19 Oktober, met vyf spanne teen verskillende skole wedstryde gespeel. Vir sommige van ons spelers was dit hul eerste wedstryd vir die skool.
  • Noord-liga, o.13 Dogters A vs. Eversdal verloor 1-5
  • Noord-liga, o.13 Seuns A vs. Eversdal verloor 0-6
  • Noord-liga, Gemengdespan vs. Koos Sadie wen 0-6
  • Table View-liga, Gemengdespan 1 vs. Elkanah House Senior verloor 1-5
  • Table View-liga, Gemengdespan 2 vs. CBC St John's wen 2-4

Swemgala by Kenridge: 19 Oktober 2022

Ons swemmers het Woensdag, 19 Oktober, aan 'n aflos pret-gala by Laerskool Kenridge deelgeneem. Daar was 8 spanne waarvan Laerskool Jan van Riebeeck 'n 5de plek vir die dag behaal het. Baie geluk, Jannies!

Nina Lubbe verwerf haar swartbelt

Nina Lubbe is uitgenooi om by die Wêreld Goju Kai Hoofkwartiere in Japan haar swartbeltgradering vanaf 1 - 10 Oktober te doen. Hierdie gradering word deur die hoogste gegradeerde Japanese Karate Meester van die Legendariese Yamaguchi familie, wat terugdateer tot die 19de eeu, gedoen.

Sy het tydens hierdie gradering haar eerste volle swartbelt ontvang. Sy het Maandag, 17 Oktober, by haar dojo haar swartbelt ontvang en word nou internasionaal erken en geregistreer in Japan as 'n 1st Dan (‘n Shodan).

Baie geluk, Nina, ons is onsettend trots op jou!

Hoërskool Jan van Riebeeck Einstein 6

MicrosoftTeams-image (124)
Ses van ons graad sesse het Dinsdag aan Hoërskool Jan van Riebeeck se heel eerste Einstein 6-kompetisie deelgeneem. Die groepie moes allerhande uitdagings aanpak wat wiskunde, teater, musiek, biologie en chemie ingesluit het. Hulle het omtrent pret gehad en is boonop as die wenskool gekroon. Dankie aan Stella Lamprecht, Gemma de Vries, Lida-Mari Bosman, Liza Hertzog, Jan-Willem Silvis en Katia van Wyk wat puik ambassadeurs vir ons skool was. Geluk ook aan Hoërskool Jan van Riebeeck met hierdie indrukwekkende inisiatief!

Eisteddfod Prestige-aand

Ons is so trots op 13 van ons leerders wat die afgelope Vrydag (14 Okt.) by die Eisteddfod se Prestige-aand medaljes ontvang het. Ons salueer julle vir jul harde werk en opoffering! Jan van Riebeeck het, soos gewoonlik, kop en skouers bo die res uitgestaan.

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Die eerste week van die kwartaal het op ‘n besondere hoogtepunt geëindig met die vieringe van Ouma- en Oupadag op Vrydag, 14 Oktober 2022.

Oupas en oumas het van heinde ver gekom om die spesiale dag by hul kleinkinders se skool te spandeer. Die vreugde en dankbaarheid om die belangrike rol van ouma en/of oupa te vertolk, was amper tasbaar tydens die dag. Vir ons as skool is dit belangrik dat grootouers ook vir ‘n kort rukkie die skoolomgewing kan ervaar sodat hulle kan sien waar hul kleinkinders soveel tyd met betrekking tot hul opvoeding spandeer. Ek glo dit is belangrik vir die grootouers om te kan sien dat hul kleinkinders gelukkig by die skool is en baie belangrik dat die kinders ook die skoolervaring geniet. Alhoewel ek ongelukkig nie self die dag kon bywoon nie, is ek doodseker dat ons oumas en oupas die bederfdag terdeë geniet het en baie trots op hul kleinkinders is. Die spesiale dag is verder afgerond met ‘n insiggewende boodskap deur die gasspreker, naamlik Helen Zille. Helen Zille is ‘n formidabele vrou en ‘n dinamiese ouma met ‘n pragtige kleinkind by Huppelland. Baie dankie ook aan ons Beheerrraad-Voorsitter, Merwe Scholtz, vir sy pragtige boodskap tydens die geleentheid. Graag wil ek al die oumas en oupas hartlik bedank wat al die moeite gedoen het om ‘n dag tydens skooltyd deel te wees van hul kleinkinders se lewens. Dit is baie spesiaal vir die kinders en oumas en oupas moet nooit vergeet die belangrike rol wat julle in jul kleinkinders se lewens speel nie. Julle mag maar aanhou om hulle lekker te bederf! Laat my ook toe om Marinda en haar span hartlik te bedank wat die suksesvolle dag gereël en georganiseer het.

Week 2 het kenmerkend met die somersport se buitemuurse program afgeskop. Ons leerders het dadelik met somersportoefeninge begin en selfs die afgelope week aan ‘n aflos-swemgala te Laerskool Kenridge deelgeneem en ‘n algehele 5de plek uit 8 behaal. Die opgegradeerde sportveld aan die agterkant van die skool is onmiddellik vir liggaamlike opvoeding, die afrigting van mini-kriket asook vir speelarea voor skool en tydens pouses aangewend. Ons leerders en opvoeders geniet die nuwe spasie en onder die wakende oog van Seinheuwel word daar lekker rond gehardloop en gespeel soos kinders behoort te doen.

Die heining ("clearview fencing") om die agterste sportveldjie is opgerig. Die heining rond nie net die sportveldjie esteties af nie, maar dien ook as ‘n veiligheidsmeganisme om te keer dat leerders agter balle aan en voor voertuie in die parkeerarea sal hardloop. Ons beplan ook om wedstryde op die nuwe sportveldjie te speel. Verder beplan ons ook om later aanwysings (verkeer en glybane) asook die parkeerareas op die teer- en plaveiselareas aan te bring. Vir die interim periode versoek ek julle vriendelik om tydens die af- en oplaai van jul kinders asseblief die "drop and go / fetch and leave"-beginsel toe te pas. Moet asseblief nie so stop dat jou voertuig die verkeer belemmer nie. Indien ouers/voogde wel uit hul voertuie wil klim, moet hulle asseblief hul voertuie in die parkeerareas parkeer sodat die vloei van verkeer nog steeds so effektief as moontlik kan plaasvind. Baie dankie vir almal se samewerking in die verband.
Die Opgradering van die Vierkant: Die projek vorder baie goed en ek is baie beïndruk met die vakmanskap wat deur die kontrakteur en bouers aan die dag gelê word. Hierdie projek maak ons baie opgewonde en ons kan nie wag om die opgegradeerde vierkant en spasie vir funksies aan te wend nie.
Laat my ook toe om Huppelland geluk te wens met hul puik kunsuitstalling wat jaarliks as ‘n fondsinsameling dien. Dit het hierdie week in die klubhuis plaasgevind. Die tema van die jaar se kunswerke is Suid-Afrikaanse Kunstenaars. Elke ouderdomsgroep se kunswerk is deur ‘n ander kunstenaar soos volg geïnspireer:
  • Gr. 00 – Christo Coetzee
  • Gr. 0 – Maggie Laubser
  • Gr. R – Chris Spies
Die besondere ‘Onthouboekies’ van elke klassie is ook tydens die onderskeie geleenthede onthul. Baie geluk aan Louise Neser en haar dinamiese Huppellandspan. Julle maak ons baie trots!
Ek sluit af met die volgende woorde wat op ons waarde vir die kwartaal fokus, naamlik Respek en wens julle ‘n wonderlike naweek toe.

“6 + 3 = 9, maar so ook 5 + 4 = 9"
Die manier hoe jy iets doen, is nie altyd die enigste manier nie. Respekteer dus ook ander mense se manier van dink.

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies 21 Oktober 2022

Kliek HIER vir die Jannies besigheidsregister

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet