Weeklikse Nuusbrief banner
Liewe Ouers

DATUMS

9 Mei, 2024

00:00 Hokkie: o.9-o.13 teen Laerskool Rallim (Seuns - TUIS en Dogters - WEG) (+)

10 Mei, 2024

00:00 Hokkie Sportdag: o.7 - o.13 seuns en dogters Mikro (Tuis) (+)

07:45 Toets: NW / NWT (gr. 4 - 6), Aardrykskunde (gr. 7) (+)

10:00 Moedersdagverkope (+)

14:15 Landloopwedloop: Vishoek (+)

11 Mei, 2024

00:00 Rugby en Netbal: o.7 - o.13 Sportdag Laerskool Mikro, Kampsbaai, Durbanville (TUIS) (+)

00:00 Bernadine Zitha (Snoepie) verjaar (+)

13 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 6 (+)

15 Mei, 2024

14:15 Musiekkonsert: Graad 7 (+)

16 Mei, 2024

00:00 Hokkie Dogters: Blouberg Ridge en Curro Century City (TUIS) (+)

00:00 Hokkie Seuns: Blouberg Ridge (WEG) (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.9A & B Laerskool Durbanville (+)

17 Mei, 2024

00:00 Fair Cape Netbal: o.8A & B Laerskool Durbanville (+)

07:45 Toets: Gesk. ass. (gr. 4 - 7) (+)

14:15 Landloopwedloop: Rondebosch & Rustenberg (+)

18 Mei, 2024

00:00 Rugby: Porterville (+)

00:00 Fair Cape Netbal: o.7A & B Laerskool Durbanville (+)

20 Mei, 2024

00:00 Grondslagfase Assesserings begin (+)

18:00 Beheerraadvergadering (+)

21 Mei, 2024

00:00 Eksamen begin vir Graad 7 (+)

00:00 Winter Buitemuurs eindig (+)





>> SIEN DIE VOLLEDIGE DAGBOEK <<

UIT DIE HOOF SE KANTOOR

Geagte Ouers / Voogde

Hartlike welkom terug by die skool na die heerlike kort Oktober-vakansie. Ek glo almal het die ruskansie terdeë geniet en hul spreekwoordelike ‘batterye’ herlaai sodat ons as skoolgemeenskap die laaste kwartaal die bul by die horings kan pak.

Dit is natuurlik Oktober-maand: die mooiste, mooiste maand veral in Kaapstad met die langverwagte arrivering van die heerlike sonnige weer terwyl Moeder Natuur haar winterkloue stadig maar seker uit die Moederstad onttrek. Ek kan nie anders as om in die maand na C. Louis Leipodlt se pragtige gedig te verwys nie, want dan is alles mos so mooi, vars en nuut terwyl die voeltjies tjirp vanaf vroeg soggens tot laat saans vol lewenslustigheid:

Viooltjies in die voorhuis - Viooltjies blou en rooi!

Viooltjies oral op die veld,
En oral, ai, so mooi!

Dit is die maand Oktober, die mooiste, mooiste maand!

Op hierdie pragtige noot van ‘mooimaak’, glo ek dat julle waargeneem het dat daar ook hard tydens die vakansie aan die volgende twee opwindende projekte gewerk is:
  • Die sportveld, plaveisel en teerwerk (agter die skool): Die gras op die uitgebreide sportveldjie het baie mooi gevestig en ons kan die ‘nuwe’ spasie nou baie meer doeltreffend aanwend. Die plaveisel onder die bome naaste aan die uitgang dra by tot die estetiese effek van die hele projek. Hier gaan ons nuwe bankies vir leerders, ouers en personeel plaas om sommer lekker voor-, tydens en na skool te ontspan. Die teerwerk is op Saterdag, 08 Oktober, onder die wakende oog van Gerhard Conradie perfek voltooi. My mond het letterlik oopgehang terwyl ek die indrukwekkende proses aanskou het. ‘n Baie fyner tipe teer is gebruik en met moderne toerusting en kompakteerde rollers (‘bomag’ rollers) perfek gevestig om die gladde oppervlakte te bewerkstellig. Gerhard Conradie ons salueer jou vir wat jy alles vir die skool doen.
  • Die Opgradering van die Vierkant: Die projek het op Maandag, 03 Oktober 2022, begin en sal ongeveer 2 maande duur. Hierdie area is vir die tydperk buite perke vir leerders, personeel en ouers tot verdere kennisgewing. Ons is baie opgewonde oor hierdie projek om onder andere esteties die vierkant aan te spreek sodat ons dit in die toekoms meer effektief vir buitelugfunksies asook netbalwedstryde kan gebruik. Die befondsing van die vierkant geskied deur die opbrengs van die veiling vanjaar.
Ons het ook 'n nuwe tellingbord op die Conradieveld te danke aan ouers se borgskappe opgerig. Dit gaan verseker baie help in die toekoms! Baie dankie aan almal wat 'n bydrae gelewer het.
Kwartaal 3 is op ‘n hoogtepunt d.m.v die konsert afgesluit en gesprekke hieroor gaan nog lank duur. Die laaste dag van kwartaal 3 is tradisoneel met ‘n saalbyeenkoms afgesluit waartydens ons die Gr. 7’s se Top 10 akademiese presteerders vir kwartaal 3 aangekondig het. Die Top 10-leerders het elk ‘n spesiale sertifikaat ontvang om erkenning aan hul harde werk en pligsgetrouheid te gee. Ons glo dat dit ook die res van ons Jannies sal inspireer om skouer aan die wiel te sit en verantwoordelikheid vir hul eie leer te neem. Hiermee dan die Graad 7’s se Top 10 akademiese presteerders (alfabetiese volgorde) soos einde kwartaal 3:
  • Lara Basson
  • Lea Basson
  • Mia Janse van Rensburg
  • Liza Hitge
  • Adele Holtshauzen
  • Luja Marx
  • Kate Mouton
  • Elsabé Scholtz
  • Cara Swanepoel
  • Emke van Wyk
  • Nell von Lieres
  • Owen Wiese
Welgedaan aan die bogenoemde leerders, julle maak ons baie trots.

Baie geluk aan Susan van der Walt wat formeel tot die Beheerraad as Tesourier verkies is! Dankie vir die werk wat sy alreeds as gekoöpteerde lid verlede kwartaal vir die Beheerraad gedoen het.

Ek wens almal ‘n wonderlike laaste kwaartaal toe en sluit af met die volgende aanhaling van Hussein Nishah wat op ons waarde vir die laaste kwartaal fokus, naamlik Respek.

“Treat people the way
You want to be treated.
Talk to people the way you want to be talked to.
Respect is earned,
Not given.’’

Vriendelike groete

Naas Beets
SKOOLHOOF

VIR AANDAG

Nuwe Skooldrag

Beste Ouers

Ons wou vreeslik graag vandag al die nuwe skooldrag aan julle bekendstel. Daar is egter 'n paar goed wat nog nie afgehandel is nie. Ons sal dit spoedig moontlik probeer afhandel. Indien jy enige navrae het, kontak gerus vir Marinda Brink (marinda@jvrprim.co.za).

OOV-voorsitter nominasies

Ons is opsoek na ‘n OOV-voorsitter vir 2023. Ria Hertzog het die afgelope 2 jaar as OOV-voorsitter opgetree en is gereed om hierdie leisels aan 'n opvolger te oorhandig. Ons is uiters dankbaar vir die tyd en inisiatief wat Ria aan ons skool gewy het.

Stuur gerus nominasies direk aan Naas Beets (skoolhoof@jvrprim.co.za). Ons beplan om oor ‘n paar weke ‘n aanlyn OOV-verkiesing te hou waartydens die voorsitter verkies sal word. Ons nooi almal hartlik uit om hieraan deel te neem. Hou die nuusbrief dop vir die datum waarop die verkiesing sal plaasvind.

AKADEMIE

Eksamenrooster

Die eksamenrooster sal in volgende week se nuusbrief beskikbaar wees.

KULTUUR

Konsertfoto's en -kostuums

Konsertfoto's: Die Karri-invordering sluit vandag om 18:00. Indien jy onseker is of jy dit reeds betaal het, kan jy onder Transaction op die toep kyk.

Konsertkostuums: Ouers wat hul kinders se kostuums wil koop, kan tot vandag om 17:00 daarvoor op Karri teen R200 per kostuum betaal. Sodra die betaling ontvang is, kan die kostuum by die registeronderwyser afgehaal word.

Konsert video-opname

Die konsert se video-opname sal vanaf Maandagmiddag op Karri bestel kan word.

Indien jy 'n boodskap gekry het dat jy perongeluk te veel vir die konsertfoto's betaal het (vir meer as een kind of dubbel toe dit die tweede keer opgelaai is), sal jy nie die Karri versameling vir die video-opname sien nie, maar sal die video outomaties ontvang sodra ons dit uitstuur.

Kooroptrede: 20 Oktober

Onthou: Albei kore tree hier op.
Waar: Laerskool Sunningdale.
Tyd: 19:00
Kaartjies: Laat weet asb. vir Helecia indien jy ekstra kaartjies het (helecia@jvrprim.co.za)
Drag: Netjiese somerskooldrag
  • Senior koor moet om 17:30 daar wees om vir die massakoor te oefen.
  • Junior koor moet om 18:15 daar wees.
  • Die program sal net 'n uur duur.
  • Ouers moet asseblief tot aan die einde bly.
  • Ouers parkeer op die veld of in die strate om die skool.
  • Ouers kan vooraf terwyl hulle wag iets by die snoepie nuttig.
  • Leerders mag nie die snoepie gebruik nie. Laat hulle asseblief iets by die huis eet.
  • Moenie onnodige waardevolle artikels saamneem nie.
  • Kore sit in die saal en luister na die ander kore.

SPORT

Skaaktoernooi - Dogters: 22 Oktober 2022

WP-skaak bied op Saterdag, 22 Oktober, 'n skaaktoernooi vir o.7 tot Ope dogters aan. Ouer(s) wat belangstel om hul dogter(s) in te skryf, kan na die PDF-dokument gaan en die skakel daarin volg om in te skryf. Lees asseblief die inligting in die dokument sorgvuldig deur.

Die skool het nie toegang tot die inskrywings nie en versoek dat ouer(s) wat hul dogter(s) inskryf vir juf. Raché Turner (rache@jvrprim.co.za) in kennis sal stel van die inskrywing sodat ons met die skaakafrigters kan reël.

Somer Buitemuurse Sportprogram: Kwartaal 4

Let asseblief daarop dat ons die klein veldjie by die skool vir die o.7 - o.9 krieketoefeninge gaan gebruik.

SWEM:

Leerders hoef nie vooraf te registreer vir swemsessies nie, maar ons vra dat ouers/leerders by die oefensessie hou waarby hulle aangemeld het.

Kliek op die foto hieronder vir die buitemuurse program vir kwartaal 4 onderaan:
Buitemuurse Sportprogram Kwartaal 4 - 2022

ALGEMEEN

Prysuitdelingbekers

Ons wil ouers graag vra om alle bekers wat by verlede jaar se prysuitdeling ontvang is, asseblief so gou as moontlik terug skool toe te stuur. Dit moet reeds gegraveer wees wanneer dit skool toe gestuur word. Dankie vir jul samewerking!

Roomysverkope: Vrydag, 21 Oktober

Skooldrag vir 4de kwartaal

Leerders kan self besluit of hulle winter- of somerdrag gedurende 11 - 28 Okt. wil dra. Verpligte somerdrag is vanaf 31 Okt. - 14 Des.

Afskaffing van die wit LO-hempie

In die lig dat ons skooldrag in 2023 aangepas word, versoek ons dat wit LO-hempies wat nie meer pas nie, maar nog netjies is om te dra skool toe gestuur moet word sodat ons dit gratis kan versprei aan leerders wie se hempies nie meer pas nie. Ons faseer die hempies uit. Stuur dit asseblief na jou kind se registerklas. Daar is ongelukkig geen nuwe hempies beskikbaar nie. Ons is seker dat daar genoeg wit hempies in sirkulasie is waarmee ons skoolgemeenskap mekaar kan help. Die nuwe hempies is in produksie en dus nog nie hierdie kwartaal beskikbaar nie.

Neem asseblief die vrymoedigheid om die donkerblou feeshempies tydens LO-periode te dra indien dit wel nog pas. Hierdie hempies sal volgende jaar glad nie toegelaat word nie.

Neem asseblief die vrymoedigheid om nuwe hempies by Eda (jvrklerebank@gmail.co.za) te bestel sodat sy betyds voorraad kan aankoop.

TERUGVOER

Unisa Musiekeksamens

Baie geluk aan die volgende leerders wat uitstekend in die Unisa musiekeksamens gevaar het:

Robyn Lister - Graad 2 - 87%
Lisa van As - Graad 3 - 85%
Karu Rademeyer - Voor- Graad 1 - 90%
Philip van Rooyen - Graad 3 - 87%
Lara Basson - Graad 4 - 82%
Susan Burger - Graad 3 - 74%
Willem Burger - Graad 2 - 78%
Katia van Wyk - Graad 3 - 92%
Ané Swanepoel - Graad 2 - 85%
Susie Samuel - Graad 2 - 90%
Chanelle van Wyk - Graad 2 - 90%
Neill Ferreira - Voor- Graad 1 - 94%
Stella Zulch - Graad 1 - 84%
Ruben de Ridder - Graad 1 - 88%
Sabine Barnard - Graad 1 - 85%

Ons is BAIE trots op julle!!

Kliek HIER vir advertensies van die week

Advertensies 14 Oktober 2022

Kliek HIER vir die Jannies besigheidsregister

Vriendelike groete
Naas Beets
SKOOLHOOF
Waardes Email Footer
Email Marketing Powered by MailPoet